top of page

4. DIE SEWE GEMEENTES VAN OPENBARING

 

SEWE BOODSKAPPE AAN SEWE KERKE

Die Nuwe Testamentiese boeke is hoofsaaklik briewe wat deur die apostels aan gemeentes of individue geskryf is. Christene aanvaar hierdie briewe as God se gesaghebbende woord aan Sy kerk in alle eeue.

Een belangrike Nuwe Testamentiese boek, "Die Openbaring van Jesus Christus," verkry in ons tyd ongelukkig die minste aandag. Jesus begin Openbaring met sewe spesiale briewe aan Sy kerk. Hierdie briewe bevat belangrike raadgewings wat ons allerbeste aandag behoort te geniet.

Dit is tragies dat hierdie sewe spesiale briewe feitlik geïgnoreer word. Satan is verheug omdat die meeste Christene nie Jesus se raadgewings in Sy liefdesbriewe navolg nie. God sy dank, dit is nog nie te laat nie! Mag die Heilige Gees ons lei terwyl ons hoofstukke 2 en 3 van Openbaring bestudeer en na Jesus se raad vir die hedendaagse Christen luister.

SPIEëLBEELD - DIAGRAM No. 2


OOREENKOMSTE TUSSEN DIE HISTORIESE PARALLELLE VAN OPENBARING 2 EN 3 EN DIE PROFESIE VAN DANIëL 2.

In Daniël 2 sien ons die verloop van die wêreld se geskiedenis vanaf die tyd van Nebukadnesar (Babilon), in 605 v.C. tot en met die Rotskoninkryk (Wederkoms van Jesus).

Die sewe briewe van Openbaring was oorspronklik aan sewe gemeentes in Asië gerig. Tog is die briewe aan die 7 gemeentes, net soos al die ander Bybelboeke, ook op die hedendaagse Christen van toepassing.  

Met verdere studie sal ons agterkom dat die briewe aan die 7 Gemeentes in Openb 2 en 3, ook profeties van aard is, want dit dek die tydperk vanaf die Nuwe Testament tot en met die Wederkoms van Jesus - dieselfde tydperk as Daniël 2, se laaste gedeelte naamlik die tydperk vanaf die Romeinse Ryk tot en met die Rotskoninkryk (Wederkoms).

SEWE SPESIFIEKE GEMEENTES

In die tyd van die apostel Johannes was daar ook heelwat ander gemeentes buiten die 7 wat in Openb 2 en 3 genoem word, nl: Jerusalem, Rome, Antiochië en Korinthe. Selfs in Klein Asië het daar ander gemeentes bestaan, bv: Troas, Assos, Miletus, Kolosse, Hierapolus, Tralles, Magnesië, en vele ander. Die sewe gemeentes is uitgesonder omdat hulle die verskillende fases van die Christelike Kerk in die geskiedenis uitbeeld. Hul name en die toestand binne die verkose gemeentes, is tipies van elke fase van die kerk se geskiedenis, soos dit deur die eeue ontvou. Die getal 7, wat volmaaktheid, volkomendheid of volledigheid aandui, word meer as 50 keer in die boek Openbaring gebruik.

DIE BASIESE BOODSKAP VAN ELKE BRIEF

Daar is drie basiese dele waaruit elkeen van die briewe aan die 7 Gemeentes bestaan,  nl:
a.    “Ek ken jou werke” -  God weet alles aangaande my lewe.
b.    “Aan hom wat oorwin” - Om te oorwin is noodsaaklik.
c.    ”Hoor wat die Gees aan die gemeentes sê”- Ons moet gehoorsaam wees aan die wil van God.


7 GEMEENTES:


1.    EFESE             31 – 100nC*
2.    SMIRNA           100 – 313nC
3.    PERFAMUS      313 – 538nC    
4.    THIATIRE          538 – 1565nC
5.    SARDIS            1565 – 1740nC
6.    FILADELFIA      1740 – 1844nC
7.    LAODICEA        1844 – EINDE VAN TYD              

       W  E  D  E  R  K  O  M  S!

 

*Datums aangegee vir die verskillende Christelike Tydperke, is in die meeste gevalle net by benadering. Tydperke in die menslike ondervinding en denke begin en eindig gewoonlik nie op spesifieke oomblikke nie, maar is meer gelydelik van aard.

 

Gaan na die volgende studie:  No. 1 - DIE BRIEF AAN EFESE

bottom of page