top of page

DANIËL 8 EN 9
DIE DATUM VIR HEMELSE OORDEEL GEWAARBORG


Dan 8:9-14; 9:21,22,24    

En uit een van dié [vier windstreke] het ‘n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.  En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap.  Selfs tot by die Vors van die leër  het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.  En ‘n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.  Toe hoor ek ‘n heilige spreek; en ‘n ander heilige het aan die een wat spreek gesê: Hoe lank sal die gesig duur - van die van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid - sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?  En hy het vir my gesê: Tweedui-send-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word...  Terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.  En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee...  Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sonde vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. ”

In Dan 7 toon die Here aan Daniël dat God na die hemelse Oordeel, die Dier en Horinkie sal vernietig en Sy eie ewige koninkryk sal oprig. In Dan 8 word die langste tydprofesie in die Bybel aan Daniël gegee. God se hemelse Oordeel sal aan die einde van 2300 jaar begin.

In Dan 9 gee Gabriël aan Daniël die begindatum vir die 2300 jaar profesie. Dit word gedoen aan die hand van ‘n kleiner profesie, die 70-Weke profesie. Die korter profesie se doel is om die egtheid van die langer profesie te bevestig.

Die 70-Weke profesie sou die verskyning van die Messias (Jesus Christus), die verbond wat Hy met die Joodse volk sou sluit en die tyd wat spys- en slagoffer sal ophou (in die middel van die 70ste en laaste week - 31 nC.), bekendmaak.

Jesus word as Messias gesalf met sy doop in 27 nC. In helfte van laaste week (3½ jaar later - 31nC.), sterf Jesus aan kruis en slagoffer en spysoffer kom tot ‘n einde. Rome verwoes Jerusalem. Dit bevestig die egtheid van die 2300 jaar profesie (hemelse oordeel). Dit bevestig dat God die oordeel oor die Dier en Horinkie sal voltrek, waarna die wederkoms sal plaasvind en Jesus die ewige koninkryk in besit sal neem waarin God se volk sal deel.

 

Gaan na die volgende studie:  DANIËL 11 EN 12

bottom of page