top of page

DANIËL 11 EN 12
DIE VERLOOP VAN DIE HEILSGESKIEDENIS TOT BY DIE WEDERKOMS VAN JESUS


Dan 11:44,45; 12:1-3 

“Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom [koning van die noorde] verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.  En hy sal sy paleis tente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.  En in dié tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.  En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.  En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.”
 
D.m.v. rekapitulasie (herhaling van vorige visioene, met meer inligting) gee God aan Daniël inligting oor die verloop van die res van die geskiedenis van volke wat God se volk sou bedreig. Hy begin by die geskiedenis van Medo-Persië en volg dit op met die van Griekeland, Rome, Pouslike Rome en laastens met die van die koning van die Noorde (Moderne Babilon) wat God se volk in die groot verdrukking sal plaas. Migael, (Jesus) verskyn skielik en red God se volk uit hul groot benoudheid. Ons verwys net na enkele grepe en hoogtepunte uit die visioen:

Dan 11 en 12 bevat verbasende detail oor die verloop van die geskiedenis van die wêreld koninkryke en magte, soos dit met God se volk verband hou. God se volk was verdruk deur die Meders en Perse, verdruk deur heidense Rome (beide Jode en Christene), vervolg deur Christelike Rome (middeleeuse Pousdom) en met die Tyd van die Einde sal hulle weer onder ‘n groot verdrukking verkeer onder Moderne Babilon (Satan - Spiritisme, 1ste Dier - Moderne Pousdom en 2de Dier - Afvallige Protestantisme). Maar die uiteinde van die visioen is die langverwagte redding deur Migael (Jesus) tydens die Wederkoms. Al God se getroue volgelinge (deur die eeue) word dan opgewek en ontvang onsterflikheid en deel in Jesus se ewige koninkryk.

 

VERGELYKENDE TABEL VAN DANIËL SE VISIOENE

bottom of page