top of page

BYBEL-TEKENS OOR DIE EINDTYE -

 

Toe Noag en Lot hul onderskeie mense gewaarsku het oor God se toekomstige oordeel, wou die mense nie luister nie. Inteendeel, hulle het Noag en Lot soos “radikales” behandel. Die verwoesting wat wel gekom het, het die mense onvoorbereid gevang. So sal dit wees wanneer Jesus Christus terugkeer. Soos in die dae van Noag en Lot sal die spoedige terugkeer van die Here Jesus ‘n strik wees vir mense wat nie gehoor gee aan die waarskuwings nie en hul lewens nie vir Hom gee nie. (Lukas 17: 26–30)

Hierdie wêreld hoor en sien die laaste waarskuwingsboodskap van God.

"Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!" (Joel 3:14)

Wat jy op hierdie blad gaan ontdek, is ongelooflike bewyse dat ons in 2018 reg aan die einde van tyd lewe. Die Bybelse tekens is duidelik vir almal om te sien. Selfs die spotters, sou hulle met oop oë deur hierdie blad lees, sal dit moeilik vind om daarteen te stry. Dit is so dat baie mense regdeur die geskiedenis aangekondig het dat hulle in die laaste dae lewe en dat die einde van die wêreld naby is en ook dat sommige van die Bybel-tekens van die vroegste dae wel sigbaar was. Maar nog nooit was daar ‘n tyd soos die hede waar al die gebeure in so ‘n verskeidenheid van plekke en met sulke frekwensie en intensiteit sigbaar is nie. Ons generasie is die eerste generasie wat AL die Bybeltekens in vervulling sien gaan. Ons sal jou vervolgens die menigte tekens op hierdie en ander blaaie wys, dat sonder twyfel, ons in die finale jare wat die Bybel voorspel het, lewe. 

Neem asseblief kennis: Ons is nie hier om spesifieke datums of tye te stel nie. Ons is hier om die wêreld te waarsku dat die wederkoms van Jesus Christus NABY is, selfs “voor die deur.”

 

As jy al die tekens in ag neem, is daar geen twyfel dat ons generasie werklik in die laaste dae, naby die tweede koms van Jesus, lewe nie. Die probleem is dat Satan kan sien hoe naby ons aan die einde van die wêreld is. Dit is hoekom hy mense gebruik wat valse datums vir die wederkoms aankondig en wanneer hierdie tye kom en gaan dit dan veroorsaak dat baie mense geheel en al van die waarheid wegdraai - die waarheid dat ONS NOU in die eindtye leef. Die Bybel is baie duidelik hieroor: Ons kan net nie spesifieke datums vir Jesus se terugkeer vasstel nie maar ons KAN weet wanneer die einde naby is … Mattheus 24:33 … ‘So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.’… En ons sien wel verseker “ál hierdie dinge”...

Voor jy verder lees, let op die volgende punt. In Mattheus 24, praat Jesus oor oorloë, aardbewings en meer, maar sê in vers 6 … “maar dit is nog nie die einde nie” en in vers 8 … “al hierdie dinge is die begin van smarte.” Die woord “smarte” in die oorspronklike taal beteken “geboorte-kontraksies” en die soort kontraksies praat van frekwensie en intensiteit. Soos ‘n swanger vrou nader aan geboorte-skenk kom, volg die geboorte-kontraksies kort op mekaar en die intensiteit neem toe. Netso is dit ook waar vir die tekens van die eindtye. Hierdie tekens het nie lank na Jesus se hemelvaart begin nie, en soos Jesus voorspel het, sou dit nog nie die einde wees nie want dit was net die begin van smarte. Regdeur die geskiedenis sien ons hierdie “kontraksies” (tekens) neem toe in frekwensie en intensiteit wat opeindig in die dag waarin ons nou lewe waar die kontraksies so dikwels en intens is dat ons op die nippertjie van ‘bevalling” MOET wees, wanneer Jesus gaan terugkeer. Daarom, moenie dat iemand jou mislei om te glo dat die tekens vandag nog die begin stadium van smarte is en die einde nie naby is nie.

“Die begin van smarte” het sowat 2000 jaar gelede begin met die vervolging van die vroeë kerk en die vernietiging van Jerusalem. Vriend, ons lewe aan die einde van tyd.

EINDTYD-TEKENS - HISTORIESE BEWYSE (Daniel 2) -

 

Ons lewe reeds vir 1500 jaar in die "eindtyd" - Die Bybel toon dit akkuraat aan:

 

Daniel 2:31-45

… ‘U, o koning, het ‘n gesig gehad—kyk, daar was ‘n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê: U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het, en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het—ú is die hoof van goud. En ná u sal daar ‘n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers; en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.

En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was—dit sal ‘n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is—’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees. Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan— net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.’

 

Meer as net ‘n “teken” van die tye, is hierdie ‘n historiese FEIT waar ons staan ten opsigte van die aarde se geskiedenis. Die gesig wat God vir Koning Nebukadnésar gegee het in die bostaande Bybelverse en die daaropvolgende uitleg aan die profeet Daniël, behels ‘n beeld van ‘n man wat al die “eras” en heersende koninkryke vergestalt - vanaf die tyd van Babilon tot die naderende wederkoms van Christus Jesus (die verbryselende Klip is die ewigdurende koninkryk van God).

 

Terloops, as jy nie oortuig is dat die Bybel geloofwaardig is nie, gaan studeer dan die profesieë van Daniel 2. Dit voorspel akkuraat die komende koninkryke van die wêreld tot en met die einde van tyd en die geskiedenis bevestig die akkuraatheid daarvan!

Soos gesien kan word aan die bostaande uitbeelding, verteenwoordig die verskillende dele van die man die verskillende “eras” en heersende koninkryke van hierdie wêreld. Wat is die laaste “era”? Dit is die voete van die beeld. Wanneer het die laaste era aangebreek? Dit het begin in die jaar 476 NC toe Rome tot ‘n val gekom het en in die tien koninkryke van Europa verdeel is. Dit beteken die wêreld reeds vir 1500 JAAR in die "laaste dae" is! Voeg dit by al die ander ongelooflike tekens van die laaste dae, op hierdie blad te siene, en jy sien ongetwyfeld dat ons lewe reg aan die einde van die tone van die beeld en reg aan die einde van tyd, om eersdaags die wederkoms van Christus Jesus te beleef.

EINDTYD-TEKEN - VERMEERDERING VAN KENNIS -

 

Daniel 12:4

… ‘En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.’

 

Hierdie eindtydteken is merkwaardig, want dit verwys duidelik na ons tyd vandag, en niemand kan dit weerspreek nie. Regdeur die geskiedenis het ons stadige en klein spronge in die vermeerdering van kennis gewaar. Kyk nou na die ONTPLOFFING van kennis oor die laaste 150 jare! Tot onlangs was die perd die vinnigste manier van vervoer. Nou beweeg die mens duisende kilometers per sekonde tussen die aarde en die maan! Tegnologie het ongelooflik vinnig ontwikkel, wat groot verbetering in rekenaarspoed, wetenskaplike ontdekkings en in die mediese professie teweeg gebring het. Kyk net hoeveel ons oor die menslike liggaam, DNA en sellulêre stukture geleer het.

Dié Bybelteken eindig nie hier nie… ‘baie sal dit deursoek’… verwys direk na ‘n vermeerdering van Bybelse waarhede in die laaste dae. Gedurende die Middeleeue, vir meer as ‘n 1000 jaar, is Bybelse kennis deur die Rooms Katolieke Kerk onderdruk. Gedurende die Protestantse Hervorming en meegaande wegbreek vanaf Rome, het God se kinders die Woord in vryheid “deursoek” en groot Bybelse waarhede is ontdek. God het nou ‘n eindtyd ‘oorblyfsel’ - kerk wat die volle evangelie-waarheid het om met die wêreld te deel voor die einde aanbreek. Hierdie ware evangelie word meer breedvoerig op hierdie blad behandel.

Kennis vermeerder:

Die Bybel is vandag baie meer

toeganklik as ooit tevore...

EINDTYD-TEKEN - DIE VERMOë OM DIE MERK VAN DIE DIER AF TE DWING -

 

Openbaring 13:16-17

… ‘En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.’

 

Hierdie is ‘n teken wat die meeste mense miskyk! Dink daaroor na… Wat moet gebeur vir die “Dier-Sisteem” om dit reg te kry om mense sonder die Merk, te verhoed om te koop en te verkoop? Ons sal ‘n wêreldwye finansiële stelsel moet hê waar alles elektronies gekoop en verkoop word en kontant nie ‘n opsie is nie.

 

Was daar vantevore ‘n tyd in die geskiedenis waar dit kon gebeur? Nee. Lewe ONS in die tyd waar dit kan gebeur? Verseker, ja! Die heersende mag van hierdie wêreld is besig om kontant uit te faseer en alle vorms van elektroniese oorbetaling moontlik te maak (voorbeelde daarvan is “PayPal” en “Google Wallet”) Kyk na nuusgebeure en jy sal hierdie neiging in lande regoor die wêreld sien gebeur.

 

 

 

 

 

 

Hierbo is net ‘n paar voorbeelde van die groot dryf regdeur die wêreld vir ‘n kontantlose gemeenskap. Ons het die tegnologie om dit nou te doen, wat in die verlede nie moontlik was nie. Kyk maar na die finansiële beroering regoor die wêreld. Dit gaan die totstandkoming van ‘n “universele” geldeenheid moontlik maak wat op sy beurt die afdwinging van die Merk van die Dier moontlik gaan maak. Tegnologie is nie die Merk nie, maar tegnologie is nodig vir die juiste afdwinging daarvan. Hierdie is ‘n SEKERE teken van die eindtye!

Elektroniese betalings is maklik en gerieflik,

en betaling opsies word meer en meer...

 

EINDTYD-TEKEN - MENS VAN SONDE GEOPENBAAR -

 

2 Tessalonisense 2:3

… ‘Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf.’

 

Paulus sê hier dat die wederkoms van Christus nie sal aanbreek alvorens (a) die “afval” plaasvind en (b) die “mens van sonde” geopenbaar is nie. Hierdie “afval” is die tragiese verloop van gebeure tydens die vroeë kerkgeskiedenis waar Christen- en Heidense praktyke vermeng geraak het – die toedoen van die Rooms Katolieke Kerk. Die “mens van sonde” wat gedurende die Protestantse Hervorming aan die wêreld “geopenbaar” is, is niemand anders as “die” Pous van die Rooms Katolieke Kerk nie. 

 

Die profetiese studies van Daniël asook die in Openbaring toon genoegsame bewyse dat die Katolieke Pousdom die Mens van Sonde is. Hierdie Babiloniese sisteem (soos in die boek Openbaring genoem) is godslasterlik op bykans elke gebied en vertrap die Bybelse waarheid en God se Naam deur haar vele heidense praktyke.

Die Katolieke Pousdom: Die WARE Antichris

​BAIE BELANGRIK: Vriend, ons is nie hier om gelowiges in die Katolieke geloof te kritiseer nie, ons oogmerk is om die waarheid uit te lig sodat die misleiding herken kan word en jy die geleenthede tot jou beskikking kan gebruik om aanpassings te maak. Die owerhede in die Katolieke geloof verkeer in groot dwaling en beinvloed die lidmate van daardie geloof en mislei baie in ander gelowe... "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug." Efesiers 6:12.

Kyk Video: Die verskil tussen BYBELSE Christenskap en Katolisisme

 

Haar verdraaiing en vertrapping van die Bybelse waarheid is TALRYK, hier is slegs 'n paar voorbeelde:

Vals_leer.PNG

DUS, DIE "AFVAL WEG VAN DIE GELOOF" HET REEDS PLAASGEVIND EN DIE "MENS VAN SONDE" IS REEDS GEOPENBAAR! DAAROM KAN DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS NOU PLAASVIND EN DIT WYS ONS LEWE IN DIE EINDTYD.

EINDTYD-TEKEN - GEWELD EN SEKSUELE IMMORALITEIT -

 

Matteus 24:37

‘En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.’

 

Lukas 17:28-30

… ‘Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig. Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.’

 

Hoe was dit in die dae van Noag en Lot? Ons moet na twee ander verse gaan om te sien:

Genesis 6:13 vertel ons dat in die dae van Noag “die aarde is …vervul met geweld”. Juda 1:7 sê dat in die dae van Lot, Sodom en Gomorra “gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het.

Geweld het geheers in die dae van Noag en seksuele immoraliteit (insluitende homoseksualiteit) in die dae van Lot. Dit sou die teken wees van eindtye voor Christus Jesus terugkeer.

 

“2014 was ‘n katastrofiese jaar vir miljoene vasgevang in geweld.” (bron)

Die vraag nou is of geweld en seksuele immoraliteit (insluitende homoseksualiteit) vandag heersend is in die wêreld? Verseker so, ja! Nie net is geweld en ontug regoor die wêreld buite beheer nie, maar homoseksualiteit het die “norm” geword. Sedert 2001 het ten minste 14 lande homoseksuele huwelike gewettig: Argentinië, België, Kanada, Denemark, Ysland, Nederland, Noorweë, Portugal, Spanje, Suid-Afrika, Swede, New Zealand, Uruguay, Frankryk, sommige dele van Mexico en ook Amerika. Meer en meer lande word deel van hierdie lys…

 

Verenigte State se Hooggeregshof verklaar Gay-Huwelike WETTIG in Historiese uitspraak

 

Daar is tans 110 MILJOEN gevalle van seksuele oordraagbare siektes met 20 MILJOEN nuwe gevalle elke jaar in Amerika alleen! (Bron)

 

Die wêreld vandag is GEVUL met geweld en seksuele immoraliteit. Skakel die TV aan en jy sien oraloor tonele van geweld, ontug en homoseksualiteit. Die stede van die wêreld veral loop sleg deur en is nie meer veilige plekke nie.

 

Wat word ons vertel in Juda 1:7?... ‘soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is,…Ons word vertel dat wat God aan Sodom en Gomorra gedoen het was gedoen as ‘n voorbeeld vir ons vandag. Wat het God gedoen? Hy het Sodom en Gomorra met vuur VERNIETIG as gevolg van hulle boosheid, wat homoseksualiteit ingesluit het!

EINDTYD-TEKEN - OPKOMS EN VOORUITGANG VAN SPIRITISME -

 

1 Timotius 4:1

‘Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.’

 

Hoe staan sake vandag rakende Spiritisme en die okkult in die wêreld? Is dit sigbaar in ons samelewing? Kyk weer eens na die TV en flieks vandag. "Twilight", "Harry Potter", "Lord of the Rings" en ‘n hele aantal TV-reekse en flieks wat spiritisme en die okkulte bevat. Dit het ons lewens ingeneem soos nog nooit tevore nie. Wat is die oorsaak hiervan? Dit is die valse lering aangaande die onsterflikheid van die ‘siel’.

 

Spiritisme is ook die oorsaak van “na-doodse ervarings” waarmee Satan meer en meer mense mislei.

 

Baie mense besef nie dat spiritisme die meerderheid kerke, regoor die wêreld ingeneem het nie – BAIE kerke leer die vals lering dat die siel onsterflik is. Kyk ons na wat die Bybel leer is dit baie duidelik “… die dooies weet glad niks nie…” (Prediker 9:5), en dat wanneer ons sterf ons “tot stof sal… terugkeer” (Genisis 3:19). Kerke het die vals lering aangaande die onsterflikheid van die siel omhels, wat nog ‘n teken is van die tye waarin ons leef.

 

“’n Geloof in geestelike manifestasies open die deur na verleidelike geeste en doktrines van duiwels, gevolglik sal die invloed van bose engele in die kerke ondervind word .” (E.White, The Great Controversy, p.603-604)

 

Ondersoek die waarheid oor wat met ons gebeur wanneer ons sterf… sien meer hier

EINDTYD-TEKEN - MASSA DIER-VREKTES -

 

Hosea 4:3

… ‘Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.’

 

Hierdie teken is ‘n relatiewe nuwe verskynsel. Gedurende die laaste paar jare het ons visse, voëls en ander diere in groot hoeveelhede gesien vrek. Sedert 2010 het miljoene visse in mere, riviere en in die see uitgespoel, met die dodelike ‘rooi gety’ as gedeeltelike oorsaak. Netso is voëls besig om letterlik in groot getalle uit die lug te val. Ook sien ons ander ongewone diere-vrektes regoor die wêreld. Dit sluit mijoene Bye- en Vlermuis-vrektes in.

 

“Massa diere-uitwissings besig om te styg, biljoene vrektes wat vrae ontketen.” (bron)

 

Die Heuningby-krisis verdiep as bewyse dat daar ‘n dramatiese styging in vrektes is. Tot soveel as 50 persent van Bye is besig om te vrek wat kommer wek oor voedselsekuriteit. (bron)

 

Die toename in Jellievis oor die laaste paar dekades is ‘n teken van die ongesonde toestand van die wêreld se oseane! (Bron)

 

Die Oseane is op die Afgrond van ‘n Katastrofe! (Bron)

 

Die book Hosea is nie net heenwysend na die nasie van Israel nie. Dit is ook heenwysend na ons dag en bevat profesieë rakende die toestand van die wêreld waarin ons vandag leef. Word Hosea 4:3 dus in ons dag vervul? Is dit ‘n teken van die eindtye? Verseker!

EINDTYD-TEKEN - NATUURLIKE RAMPE -

 

Lukas 21:25-26

… ‘En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.'

 

Wat van hierdie Bybelse teken? Is hierdie teken sigbaar meer as enige ander tyd voor ons? Alte seker. Kyk net na al die natuurlike rampe reg oor die wêreld wat ons nou elke jaar trotseer. Wêreld-kaart van natuurlike rampe. Is die “see en branders dreunend”? Dit is. Tien tot honderde duisende mense word uitgewis met vloede en Tsunamies (groot golwe) en mense se harte beswyk verseker van vrees en verwagtinge van die dinge wat nou met die wêreld gebeur. In Amerika in 2010, is ‘n rekord aantal Federale rampe in daardie jaar aangekondig - ‘n Totaal van 81 amptelike rampe. In 2011 is daardie hoeveelheid weer met 99 amptelike Federale rampe oorskry. Rampe wat 32 Biljoen Dollar gekos het. In 2012 is nog ‘n rekord hoeveelheid rampe aangeteken. Dr Robert Hartwig het verklaar … “Die hoeveelheid Amerikaanse rampe aangekondig, neig skerp opwaarts, veral oor die laaste 15 jaar.” (Bron) … Ons sien werklik dat dinge in die wêreld aangaande die vervulling van Bybelse profesieë aan die gebeur is.

 

"Hoe Natuurlike Rampe die Wêreld in 2012 Verander Het" ' Na beraming is 32.4 miljoen mense wêreldwyd ontwortel as gevolg van natuurlike rampe. (Bron)

 

VULKANIESE UITBARSTINGS NEEM TOE IN STERKTE (Klik Om Te Vergroot)

Ons sien ‘n toename in vulkaniese aktiviteit wêreldwyd (Bron)

 

EINDTYD-TEKEN - AARDBEWINGS -

 

Matteus 24:7

… “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.”

 

Die spotters spot lekker oor hierdie teken, maar met beskikbare bewyse is dit duidelik dat aardbewings nie net toeneem in frekwensie nie maar ook al hoe meer voorkom op “verskillende plekke”, net soos die Bybel voorspel. Onthou, hierdie tekens gaan in die laaste dae toeneem, en dit is presies wat gebeur met aardbewings.

 

Kyk na die volgende inligting en besluit self:

  • Groot aardbewings het in 2014 verdubbel in vergeleke met elke jaar sedert 1979 (bron).

 

  • ‘n Groot TOENAME in groot aardbewings tussen 2004 – 2014 (bron).

 

  • “Huidige grafieke wys duidelik ‘n verontrustende wêreld wye neiging van toenemende aardbewings in sterkte en frekwensie. Hierdie resultate is in ooreenstemming met die USGS statistieke blad wat wys die steiging in frekwensie van sterker aarbewings (M > 5.0).” (bron).

 

  • Sedert Junie 2015 was daar sowat 3407 aardbewings maandeliks. (Bron).

God gee ons genoegsame waarskuwings deur hierdie gebeure en ons sal sonder verskoning wees as die dag van Christus se wederkoms ons onkant vang “soos ‘n dief in die nag”.

Ons moet ag slaan op hierdie tekens (hulle sien as waarskuwings soos die Bybel dit bedoel) en ons moet regmaak!

Kyk na hierdie video wat ‘n grafiese kykie gee na die aardbewings rondom die wêreld tussen Jan 2001 – Des 2015. Christus het gesê daar sal aardbewings op “verskillende plekke” voorkom, en hierdie ongelooflike video toon die vervulling van daardie profesie.

EINDTYD-TEKEN - ONVERSEëLDE PROFESIEë -

 

Daniel 12:4

… ‘En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe.”

         

God sê vir Daniël om die boek te verseël. Daniël moes met ander woorde die profesie wat daarin vervat is, verseël. Dit moet verseël bly “tot die tyd van die einde toe” waar die seël dan verwyder sou word sodat ons kon verstaan wat hulle beteken.

 

  • Die seëls van beide die profesieë van Daniël hoofstuk 2 en 7 is REEDS VERWYDER!

  • Die seël van Daniël se 70 weke profesie is REEDS VERWYDER!

  • Die seël van die 2300 dae profesie is REEDS VERWYDER!

 

Sien ons profesie-bladsye (Daniël en Openbaring) vir die uitleg van elk van hierdie profesieë.

 

Die seëls wat reeds verwyder is, bevestig dat ons in die laaste dae leef. As ons al die ander tekens byvoeg, sien ons hoe naby ons aan Christus Jesus se wederkoms is, die Seun van die lewende God, en die einde van die wêreld.

EINDTYD-TEKEN - VALSE CHRISTUSSE EN PROFETE -

 

Matteus 24:4-5

… “En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.” Vers 11: … “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.”

 

Verskeie kere al het valse Christusse hul verskyning regoor die wêreld gemaak. Ons sien vandag baie vals godsdienste wat valse weë tot saligheid verkondig, soos die Rooms Katolisisme, Islam, Hinduïsme, Buddhisme, Sikhisme, Afrika-Godsdiente, en vele ander “New Age” bewegings. Valse profete soos die pous, Muhammed, Krishna, Buddha, ensovoorts staan aan die voorpunt van hierdie godsdienste.

 

Ons het ook menigte vals profete en leiers in “Christen” kerke, soos die “voorspoed”-Evangeliste en mense soos Oprah Winfrey wat aan die voorpunt van die “New Age” bewegings staan. Miljoene mense is ingesuig en deur hierdie ‘valse profete’ mislei. Daar is ook baie ‘wolwe in skaapsklere’ in die wêreld vandag. Mense soos Rick Warren (Purpose Driven Life) wat net genoeg waarheid verkondig om die onoplettendes te paai om hulle te volg in die verderf in! Ja, hierdie teken word verseker in ons tyd vervul.

Soek asseblief biddend die waarheid vir jouself deur die Woord van God in die Bybel te BESTUDEER.

EINDTYD-TEKEN – ‘n WêRELD WAT 'DRUK VIR VREDE' -

 

1 Tessalonisense 5:3

… ‘Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.’

 

Is hierdie teken besig om in ons dag in vervulling te gaan? JA. Daar bestaan vandag ‘n Universele Beweging met die uitsluitlike doel om die wêreld te verenig in ‘n poging om wêreldwye vrede te vestig. Maar hierdie Universele Beweging is nie van God nie want ons as God se kinders is nie geroep om te verenig met die wêreld of met enige valse godsdienste nie. Amos 3:3 … ‘Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?’ 2 Korintiërs 6:17 … ‘Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem.’ Openbaring 18:4 … ‘En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.’

 

Wanneer hulle sê “Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle” (1 Tessalonisense 5:3). Sien meer oor die misleidende boodskappe van "saamkom in vrede" wat TANS wêreldwyd verkondig word en gretig omhels word.

EINDTYD-TEKEN - OORLOG -

 

Matteus 24: 6-7

… ‘En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë…Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.’

 

Baie mense sê hierdie is nie ‘n teken van eindtye nie want daar was oorloë van die begin af. Ja, daar was oorloë van die begin af maar wanneer jy kyk na die hoeveelheid en intensiteit van oorloë dan is dit duidelik dat hierdie ‘n teken bedoel is vir die tyd waarin ons nou lewe.

 

Gedurende die 20ste eeu alleen is meer mense as gevolg van oorloë gedood as al die vorige eeue saam. Die gevolg is dat Honderde Miljoene mense gedood is in die Eerste en Tweede Wêreld-oorloë, die Russiese Burger-oorlog, Kongo-oorlog, Koreaanse oorlog, Vietnam, Iraq, ensovoorts. Vandag is daar meer as 50 konflikte en oorloë wat regoor die wêreld gevoer word (Bron).

 

Is oorloë dus ‘n teken vir vandag? Natuurlik is dit. Maar onthou, ons moet nie enige van hierdie tekens op HUL EIE neem nie. Jesus het gesê … “So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.” (Matteus 24:33).

 

Om een teken soos hierdie op sy eie te vat sal nie bewys dat ons in die laaste dae lewe nie. Al die tekens moet vervul word.

EINDTYD-TEKEN - HONGERSNOOD -

 

Matteus 24:7

… ‘en daar sal hongersnode wees…’

 

Kyk net hoe droogtes en hongersnood die wêreld getref het oor die laaste 30 jaar. Duisende sterf daagliks van gebrek en volgens hierdie artikel raak globale hongersnood sowat 1 Biljoen mense rondom die wêreld. Voeg dan by die hoeveelheid swak oeste rondom die wêreld wat veroorsaak word deur natuur uiterste toestande, bye-vrektes in groot hoeveelhede en ons het binnekort ‘n wêreldwye voedsel-tekort.

 

Nie net dit nie, ons het ook Koöporasies soos Monsanto wat die oeste wat oor is, vergiftig!

 

2.4 Biljoen mense oorleef met minder as 2 Dollar per dag!

 

Die hartseer van hierdie teken is dat die hoeveelheid kos wat in die ontwikkelde lande vermors word, dié kan voed wat hongergebrek het! Dink daarom aan diegene in nood die volgende keer as jy jou inkopie-trollie laai met kos wat vermors gaan word. Die Bybel leer ons om die armes en behoeftiges te help deur vir hulle van ons brood en klere te gee eerder as om weg te gooi dit wat ons nie meer nodig het of wil hê nie.

EINDTYD-TEKEN - CHRISTENE WORD VERMOOR -

 

Matteus 24:9-10

… ‘Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.’

 

Christene is in die eerste eeu asook gedurende die donker eeue toe die Rooms Katolieke kerk geheers het vir hul geloof vermoor.  Miljoene van God se kinders is vermoor en dit is besig om herhaal te word in plekke soos Irak, Iran, China, Noord Korea, Pakistan, India, Nigerie, Egipte, waar baie Christene daagliks vir hul geloof in Christus Jesus vermoor word. Sodra die Merk van die dier afgedwing gaan word, sal die vervolging na die Westerse Wêreld versprei.

EINDTYD-TEKEN - TOENAME IN SONDE -

 

Matteus 24:12

‘En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.’

 

Afgod aanbidding, Ontrouheid, Geweld, Wellus, Hebsug, Minagting, Homoseksualiteit, Diefstal, Leuns, Aggressie, Selfsig. Word hierdie Bybel-tekens in ons dag vervul? Verseker! Gaan 50 jaar terug en jy sou nie die helfte van die sondes en boosheid sien wat vandag in die wêreld heers nie. Kyk wat word op ons TV skerms en in flieks en video-speletjies uitgebeeld! Geweld, wellus en allerlei kwaad. Hierdie is een van die groot eindtyd-tekens. Ons wêreld dra vandag swaar aan die las van sonde en ek is seker God gaan dit nie meer vir lank laat aanhou nie.

 

Weet jy wat is vandag die ergste van “Sonde”? Dit word gesien as “VERMAAK”! Deur flieks, televisie-programme, radio, tydskrif, strokies prente, ensomeer! Die meerderheid mense in hierdie wêreld vandag word heel gelukkig vermaak deur presies dit wat die Seun van God op die kruis geplaas het!

 

Neem asseblief kennis: Ek praat nie net van sonde van nie-Christene nie. ‘n Duidelike teken dat ons in die eindtyd lewe, is die feit dat die Christenkerke gevul is met ongeredde, sonde-liefhebbers! Baie van hulle dink hulle hoef nie die 10 Gebooie te hou nie, en dink hulle kan aanhou sonde doen, solank hulle in Jesus “glo” en een keer per week kerk toe gaan. Ja, ongeregtigheid het verseker vermeerder!

EINDTYD-TEKEN- CHRISTENE DRAAI WEG VAN DIE WAARHEID -

 

2 Timoteus 4:3-4

‘want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.’

 

Hierdie teken van die tye het verseker in ons generasie tot vervulling gekom. ‘n Groot meerderheid van belydende Christene studeer deesdae nie meer die Bybel nie. Hulle steun eerder op hulle predikant se interpretasie van die waarheid. Neem die Protestantse Reformasie as voorbeeld. Baie mense het gesterf omdat hulle rotsvas vir die waarheid van God se Woord gestaan het. God het ‘n groot waarheid oor wie die Antichris is, aan die wêreld geopenbaar. Al die Gereformeerdes het die waarheid geweet dat die Rooms Katolieke Kerk die Bybelse Antichris is. Maar soos tyd verloop het, het valse profete die kerk binnegedring en in so mate beïnvloed dat die meerderheid Protestante vandag hierdie waarheid wat God aan die eerste Protestantse leiers getoon het, VERWERP - tot so ‘n mate dat hulle die Antichris-kerk nou OMHELS en deel van Babilon geword het!

Die bostaande eindtyd-teken van Timoteus sê ook dat hulle “hulle sal wend tot fabels”. Laat ek ‘n paar van hierdie fabels wat die meerderheid Christene aangeneem het, opnoem. 1) Die wegraping. 2) Om hul oë gerig te hou op Israel vir die vervulling van eindtyd-profesieë (Sien video) 3) Dat die Merk van die dier ‘n mikro- (rekenaar) skyfie is. 4) Dat die Slag van Armageddon ‘n fisiese geveg is. Daar is vele meer fabels…

 

(Ons Openbaring profetiese-blad brei in detail uit oor hierdie onderwerpe)

 

Groot en waardevolle waarhede is aan die mense van die Protestantse Reformasie geopenbaar maar die Reformasie het gefaal omdat die mense nie na waarheid aanhou soek het nie. Alhoewel God ‘n oorblyfselkerk het met die volle evangelie-waarheid, lewe ons nou in ‘n tyd waar die meerderheid van die waarheid na fabels weggedraai het. Hierdie teken van die eindtyd het verseker in ons generasie tot vervulling gekom.

EINDTYD-TEKEN – GOD VERDERF DIE VERDERWERS VAN DIE AARDE -

 

Openbaring 11:18

… ‘En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.’

 

Is die nasies vandag vertoornd? Ja, ons het oproere, konflik en oorloë REGOOR die aarde. Wat van die mens wat die aarde verwoes ("verderwers van die aarde")? Reg deur die geskiedenis was die gevaarlikste wapen wat die mens gehad het die pyl en die boog. Die mens kon die aarde nie veel skade aanrig nie. Maar kyk nou wat die mens kan doen en WEL doen deur industrieë, wapens van massa-vernietiging, chemikalieë, olie-ontginning, ontboming van woude, ensomeer. Kyk net na die masiewe olie-stortings wat oor die laaste 30 jaar regoor die wêreld plaasgevind het.

Net onlangs het dit aan die lig gekom dat Rusland enorme hoeveelhede radioaktiewe material in die oseaan gestort het, insluitende 17000 houers van radioaktiewe afval, 19 skepe met radioaktiewe afval, 14 kernkrag-reaktors, insluitende vyf wat steeds uitgewerkte kernkrag-aandrywing het; 735 ander stukke van radioaktiewe gekontamineerde swaar masjinerie, asook die K-27 kernkrag-duikboot met sy twee reaktors steeds gelaai met kernkrag aandrywing (Bron).

Die riviere en oseane word totaal gekontamineer, en die mens is verseker besig om die aarde soos nooit tevore in die verlede nie, te verwoes. God se toorn is gereed om op hulle neer te kom!

Ons lewe sedert 1844 in die “tyd van die oordeel en sodra die oordeel eindig, dan gaan Christus Jesus terugkeer met Sy “loon” aan sy diensknegte en “verwoesting aan die wat die aarde verwoes”.

EINDTYD-TEKEN - EVANGELIE WORD WêRELDWYD VERKONDIG -

 

Matteus 24:14

… ‘En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.’

 

Neem kennis Jesus sê “HIERDIE evangelie”! Daar is baie “evangelies” wat daar buite verkondig word, maar dit is die WARE EVANGELIE wat aan die wêreld verkondig moet word voor die einde kan kom.

 

Wat dink jy, is hierdie teken besig om in ons tyd vervul te word as een van die eindtydtekens? Beslis ja, want God se kinders is besig om die ware evangelie soos nog nooit tevore, regoor die wêreld, te verkondig - deur die internet, TV, satelliet, radio, vanaf die kansels, en deur die gedrukte media. Ons het nog nooit die hulpbronne beskikbaar gehad om die wêreld soos nou te bereik nie. Hierdie Bybel-teken WORD nou vervul.

Watter eindtyd-boodskap is God se ware diensknegte besig om die wêreld in te neem? DIE EWIGE EVANGELIE VAN OPENBARING 14

 

Kyk na hierdie interessante aanhaling van die 1980s… "Before the final end, the world is to hear the message of the Lord's coming. Had no more rapid means of conveyance and communication been found than existed a century ago, it would have been impossible to communicate such a message to one generation. But such a work must be done for the last generation ... Then the last generation everywhere must hear the message, and this calls for rapid transit, and lightning couriers to bear the tidings to various parts of the earth." (Bible Readings for the Home, 1988 Ed.)

 

Wat het ons nou tot ons beskikking om hierdie “vinnige vervoer” van die evangelie-boodskap rondom die wêreld moontlik te maak? Die internet en satelliete! Ons lewe in ‘n tyd soos nooit tevore nie, en die evangelie-boodskap gaan spoedig die finale uithoeke van die aarde bereik, en DAN sal die finale stadium van die aarde se geskiedenis aanbreek.

Maar wat van al die verskillende tale? Wel, bedieninge soos “Faith Comes By Hearing” verskaf klank-toepassings verniet wat die Bybel beskikbaar maak in 883 tale! En hierdie hoeveelheid tale bly groei. Ja, die tale van die wêreld word deur die Woord van God bereik.

​Ek hoop jy kan uit bostaande Bybel-tekens van die eindtye sien dat ons generasie waarlik in die laaste dae leef, naby die tweede koms van Christus Jesus. Ons lewe in ‘n tyd soos NOOIT tevore. Die wêreld is onderstebo en ons moet onsself regkry! As jy nie ‘n Christen is nie en jy besef ons lewe in die eindtye, en jy weet nie wat om te doen om gered te word nie, gaan na hierdie skakel. Gee jou hart aan Christus Jesus. Hy is so te sê oppad om oordeel te bring oor die hele wêreld.

So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.” Mattheus 24:33-34

 

Gaan na een van die volgende studies:

 

 

"En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het." Openbaring 14: 7

bottom of page