top of page

5. Eer Jou Vader En Jou Moeder -

Die Vyfde van die 10 Gebooie lees:

“Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.”

Hierdie Gebod is sò belangrik dat dit een van die enigste Gebooie is in die hele Bybel WAT ‘n REDE GEE om dit te hou.

“…dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.”

Baie lees hierdie laaste deel van die Vyfde Gebod as ‘n tipe vergoeding, maar terwyl dit wel beskou kan word as ‘n vergoeding, staan die feit dat dit ‘n rede is. As jy ‘n beskawing bou waarin kinders hulle ouers eer, sal so ‘n beskawing lank oorleef. Die teendeel is waar, ‘n beskawing waarin kinders hul ouers nie eer nie, is tot selfvernietiging gedoem.

In ons tyd word die verhouding tussen “eer betoon aan ouers” en “onderhouding van die beskawing” nie wyd erken nie. In teendeel, menigte van die bes-opgevoede ouers glo nie dat hul kinders hulle eer hoef te betoon nie, want “eerbetoon” impliseer ‘n outoriteitsfiguur, en dit is ‘n status wat menigte moderne ouer verwerp! Daarby soek baie ouers eerder om liefgehê te word, nie geëer te word nie. Nie die 10 Gebooie en ook nie enige ander plek in die Bybel is daar ‘n Gebod waarin kinders verplig word om hul ouers LIEF te hê nie. Dit is baie opvallend gegewe dat die Bybel beveel dat ons ons naaste moet liefhê, God moet liefhê, en die vreemdeling moet liefhê.  

Die Bybel verstaan dat daar altyd individue sal wees wat, vir watter rede ookal, nie ‘n ouer sal liefhê nie. Daarom eis dit ook nie iets wat sielkundig of emosioneel onmoontlik is nie. Maar dit eis wel dat ons eer teenoor ons ouers sal betoon.

Waarom dan, is eerbied vir ouers so belangrik? Waarom glo die 10 Gebooie dat die beskawing nie kan voortbestaan as hierdie Gebod grootliks oortree word nie?

  • Eerstens, ons kinders het dit nodig. Ouers mag voel hul wil geëer word (en hul behoort so te voel), maar kinders MOET hul ouers eer. ‘n Vader en ‘n moeder wat nie geëer word nie is dan eintlik hul kinders se volwasse portuur, nie hulle ouers nie. Geen generasie weet beter as ons s’n wat die verskriklike gevolge is om sonder ‘n vader groot te word nie. Vaderlose seuns is by verre meer geneig om groot te word en geweldadige misdaad te pleeg, vrouens te mishandel, of op een of ander manier verkeerd teenoor die beskawing op te tree. Meisies wat nie ‘n vader gehad het om te eer (en hopenlik lief te hê) nie, is meer geneig om die verkeerde mans te kies en om op ‘n jong ouderdom losbandig te verkeer.

  • Tweedens, om ouers te eer, is hoe die meeste van ons tot die besef kom dat daar ‘n Morele Gesag bokant ons is teenoor Wie ons moreel verantwoordelik is. Daarsonder kan ons nie ‘n morele beskawing skep of onderhou nie. Natuurlik, vir die 10 Gebooie is God die hoogste Morele Outoriteit, en daarom ook bokant ons ouers verhewe is. Maar dit is baie moeilik om tot dié punt te kom om God te eer sonder dat ons ouers gehad het (veral ‘n vader) om te kon eer. Sigmund Freud, die vader van psigiatrie en self ‘n Ateïs, het korrek beweer dat mens se houding teenoor jou vader grootliks mens se houding teenoor God sal vorm.

  • Daar is een ander rede hoekom eerbetoon teenoor ouers fondamenteel is vir ‘n goeie beskawing - om eer te betoon aan ouers, is die beste teenmiddel teen ‘n “een-wet-staatstelsel”. Van die eerste dinge wat ‘n “een-wet-staatstelsel” probeer doen, is om die ouer-kind-band te probeer verbreek. Die kind se trou verskuif dan van ouer oor na die staat. Selfs in ‘n demokratiese beskawing, hoe groter die staat word hoe meer word die ouer-rol onderdruk.

 

Laastens is daar verskillende maniere om ouers te eer. Die algemene reël is dit: Hulle kry “spesiale behandeling”. Ouers is uniek, daarom moet hulle op ‘n unieke manier behandel word. Jy praat nie met hulle op presies dieselfde manier as enigiemand anders nie. Byvoorbeeld: Jy mag dalk kru taal gebruik wanneer jy met ‘n vriend praat, maar nie met ‘n ouer nie.

Jy noem hulle nie op hul naam nie, en wanneer jy uit hul huis trek en jy jou eie huis het, dan behou jy kontak met hulle. Deur geen kontak met ouers te hê nie, is die teenoorgestelde van hulle eerbiedig.

Ja, ons almal erken dat sommige ouers al so wreed opgetree het, (baie wreed, nie irriterend nie) dat mens dit moreel onmoontlik vind om hulle te eer. Daar is sulke gevalle, maar hulle is skaars.

Onthou dat as jou kinders sien dat jy jou ouers eer, maak nie saak hoe moeilik dit partykeer is nie, is die kanse veel groter dat hulle jou ook sal eer.

'n Liefdesverklaring: "Omdat U in my lewe is, is dit vir my ’n voorreg om my ouers te eer en lief te hê. Dit is nie vir my moeilik nie, want agter hulle sien ek U wat hulle vir my uitgekies het!"

bottom of page