top of page

EINDTYD BYBEL-PROFESIEë (Deel 1) -

 

Hier gaan ons kyk na die voorspellings (of profesieë) wat die Bybel ons gee oor eindtyd gebeure. In hierdie gedeelte gaan ons hoofsaaklik kyk na die profesieë in Daniël. Die profesieë in Daniël is die sleutel wat die profesieë in Openbaring oopsluit. In deel 2 kyk ons na die profesieë in Openbaring.

Die studie van die profesieë in Daniël en Openbaring word breedvoerig gedek op die 'Strominge van die Tyd' lesings. Ons beveel hierdie reeks ten sterkste aan...Kyk die reeks hier.

WEES YWERIG IN JOU STUDIE VAN DIE PROFESIEë -

 

Wanneer ons die profesieë lees dan is dit gevul met beelde en simboliese taal. Waarom dan? Vir dieselfde rede waarom Jesus altyd in gelykenisse met die Jode gepraat het. Jesus wil hê ons moet die Bybel IN DIEPTE deursoek om die waarheid te ontdek. Mense het sluiers voor hulle ore en oë en is traag om te hoor en te sien maar God se ware dienaars sal die dieptes van die Bybel opsoek om die waarheid te ontdek, want hulle het Hom lief.

 

Jou beskouing van die waarheid mag verskil van wat jy hier dalk gaan lees en ervaar. Tessalonisense 5:21 sê ... "Beproef alle dinge; behou die goeie." In die vorige vers (vers 20) word gevra dat ons nie die profesieë moet verag nie. Ons gaan die profetiese boeke Daniel en Openbaring studeer en die uitlegte gee. Dis jou plig om moeite te doen en hierdie uitleg te TOETS met wat jy reeds verstaan deur eerstens jou BYBEL biddend na te slaan en 'n deeglike studie te doen. Gaan toets dit verder met jou geestelike vriende en kry SEKERHEID. Mag jy ‘n ryke seën ontvang in jou soeke na die waarheid!

AGTERGROND -

 

Afrikaner, 'n groot meerderheid van ons voorvaders is afkomstig oorspronklik vanuit Europa. Hierdie mense is wreed in Europa vervolg vir wat hulle geglo en uitgeleef het. Ken jy hierdie merkwaardige stukkie eie geskiedenis? Wat het hulle geglo? Waarvoor is hulle vervolg? Wie het hulle vervolg? Die antwoorde op hierdie vrae wys die MISLEIDING uit wat ingesluip het vanaf ons voorvaders se tyd tot en met die hede. Dié vrae beantwoord ook wie die Antichris was (en steeds is), want wie anders sal die heiliges vir hul geloof vervolg? Openbaring 13:7 ... 'Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.'

Die meerderheid van ons Afrikaners stam van die Hugenote af wat gedurende 1688 - 1689 as vlugtelinge uit Frankryk in die Kaap van Goeie Hoop gearriveer het. Die “Hugenote” was Franse Protestante wat uit Frankryk gevlug het omdat die "Amptelike" kerk, van die dag, hulle as ketters bestempel het en wreed vervolg het. Die "Amptelike" kerk (wat die Katolieke kerk was) het hierdie Protestante aangekla dat hulle “afgedwaal het” vanaf die “ware geloof” soos deur die heersende Katolieke Pousdom bepaal is.

Ja, ons voorvaders het geweet wie die antichrist is want hulle is DIREK deur hom vervolg: die Katolieke Pousdom!

Hoor wat erkende en geëerde geestelike leiers van daardie tyd oor die Pousdom tesê gehad het:

 

  • Stigter van die Luther Kerk en Vader van die Reformasie: Martin Luther (1483 – 1546) “Ons hier is van die oortuiging dat die pousdom die setel is van die waaragtige en ware Antichris." (Aug. 18, 1520)

 

  • Een van die stigters van die Presbeteriaanse Kerk (NG): Johannes Calvyn (1509 – 1564) “Ek ontken hom as die verteenwoordiger van Christus, wie, in brutale vervolging van die Evangelie, demonstreer deur sy dade dat hy die Antichris is..."

 

  • Stigter van die Metodiste Kerk: Johannes Wesley (1703 – 1791) “Dit is hy...wat homself verhef bo alles wat God genoem word, of wat aanbid word...wat die hoogste autoriteit toeeien, asook hoogste eer...wat die prerogatiewe wat aan God alleen toekom vir homself toeeien." Albert Close, Antichrist and His ten Kingdoms, 1917, p.110.

 

  • Ander geëerde manne: “Wycliffe, Tyndale, Cranmer; John Bunyan, die vertaler van die King James Bible en Baptist confessions of faith; Sir Isaac Newton, George Whitfield, Jonathan Edwards; Charles Spurgeon… hierdie manne tesame met menigte ander het almal die Pousdom as die Antichris uitgewys.”

Ons moet nie hierdie geskiedenis afmaak as onbelangrik of van vergeet nie. Die aksies van die Katolieke Pousdom en die uitsprake van bostaande manne wys dat die Katolieke Pousdom die ware Antichris is. Die Katolieke Pousdom word vandag "só anders" beleef, "só eerbaar", "die verteenwoordiger van Christus Homself", "die Groot vredemaker", "die brugbouer tussen verskillende gelowe", MAAR PASOP vir die misleiding! Openbaring 13:3 … ‘En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.’

Met die bostaande agtergrond val ons as te ware met die "deur in die huis", die Antichris IS niemand anders as die Rooms Katolieke Pousdom nie. Die Bybel identifieer hom baie duidelik en wanneer jy die Bybel saam met die geskiedenis deurwerk kom jy agter hoe akkuraat die geskiedenis die Bybelse gebeure reflekteer.

Meer oor die Pousdom

Hoekom die antichris nie ISLAM is nie

BAIE BELANGRIK: Vriend, ons is nie hier om gelowiges in die Katolieke geloof te kritiseer nie, ons oogmerk is om die waarheid uit te lig sodat die misleiding herken kan word en jy die geleenthede tot jou beskikking kan gebruik om aanpassings te maak. Die owerhede in die Katolieke geloof verkeer in groot dwaling en beinvloed die lidmate van daardie geloof en mislei baie in ander gelowe.... "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug." Efesiers 6:12.

Kyk Video: Die grootste probleem wat Katolieke het

Kyk getuienisse van Christene in die Katolieke geloof wat tot die waarheid gekom het

Mag hierdie reis vir jou 'n seën wees, mag jou oë oopgaan en die totale waarheid jou vrymaak!

HOE IS ONS PROFETIESE UITLEG ANDERS?

 

As jy kyk na die menigte eindtyd profetiese web tuistes daar buite sal jy ‘n algemene tema in die meerderheid van hulle opmerk. Meeste glo dat die Nasie van Israel die hoof fokus is en sal wees in die eindtye en dat die finale gebeure van Bybelse profesieë vervul sal word in die Midde Ooste. Daar is ook ‘n algemene denke dat wanneer Christus Jesus terugkom, Hy sy millennium koninkryk sal opstel en vanaf Israel gaan heers.

 

HIER is ons egter nie geinteresseerd om blindelings te volg wat die meerderheid glo nie. Ons baseer ons geloof op die Bybel en die Bybel alleen. Dit plaas hierdie webblad in ‘n unieke posisie teenoor die meerderheid van profetiese web tuistes op die Internet. Hier sal jy vaste Bybelse feite aangaande die eindtye kry in plaas van “tradisionele sieninge” of wilde spekulasies.

HOE ONS BYBELSE PROFESIEë INTERPRETEER -

 

Daar is ‘n eenvoudige formule om te help met die interpretasie van profesieë, en dit is om die Bybel te gebruik om ditself te interpreteer… EN… soos reeds genoem, gebruik historiese gebeure om die profesieë te staaf. Dit is waar menigte studente en kenners van profesieë verkeerd gaan. Hulle ignoreer die laaste 2000 jaar se fantastiese geskeidenis en plaas die grootste deel van Bybel profesieë in die toekoms teen die einde van tyd. So, ons vraag aan hulle is, sal God stil bly vir meer as ‘n derde van ons aardse geskiedenis en net fokus op die laaste dae? Nee, kan nie wees nie, want ons interpretasie van eindtyd profesieë sal dan suiwer duimsuig werk wees as ons nie historiese gebeure het om ons geloof te staaf nie.

 

Neem kennis wat die Apostel Johannes sê in die eerste hoofstuk van Openbaring:

 

  • Openbaring 1:1 … ‘Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur,…’

  • Openbaring 1:19 … ‘Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur.’

 

Soos jy kan sien, dit wat aan Johannes geopenbaar is het plaasgevind in sy dag en sou volg ‘n ruk nadat hy dit geskryf het. Die Bybel bevat daarom profesieë wat reeds vervuld is regdeur die geskiedenis. Dit beteken ons moet ‘n historiese benadering volg wanneer ons met Bybelse profesieë te make het, wat ons al die feite en data sal gee om waarlik eindtyd gebeure te help verstaan. Waarom dink jy kry ons soveel wilde sieninge oor wie die Antichris dier is? Waarom dink jy kry ons soveel wilde sieninge oor wat Armageddon is? En waarom dink jy ons soveel wilde sieninge het oor wat die Merk van die dier dan nou is?

 

Die rede is dat die mense wat hierdie spekulasies maak geen historiese bewyse het om die profetiese uitlegte te staaf wat hulle probeer interpreteer nie. Hul beste pogings is slegs raaiwerk, niks meer nie.

INLEIDING TOT DIE BOEK DANIëL -

 

Menigte van vandag se mees bekendste profesieë, insluitende die opkoms van die Antichris en die slag van Armageddon, is opgeskryf deur die profeet Daniël in die sesde eeu Voor Christus. Daniël het sy profesieë geskryf gedurende die 70 jaar wat die volk van Israel gevangenes was in die land van Babilon.

 

Daniël het in die koninklike huis van Koning Nebukadnésar gedien, wat geheers het in Babilon van 605 - 562 VC. Die profesieë het gekom in die vorm van drome, beide die koning se droom asook Daniël se drome en gesigte. In meeste gevalle het God aan Daniël die interpretasie gegee, maar nie alles nie. Gelukkig vir ons kan ons terugkyk en het die voordeel van die geskiedenis, asook die verduideliking van latere geskrifte, en kan duidelik sien wat selfs Daniël nie kon nie.

Hou in gedagte dat elk van die profesieë nie bedoel is om alleen te staan nie. Dit is slegs wanneer ons na al die profesieë kyk dat ons 'n duidelike geheel prent uit die Bybel kry oor eindtyd gebeure.

Daniel_all.png

PROFESIE 1: KONING NEBUKADNéSAR SE DROOM...LEES DANIëL HOOFSTUK 2

 

In die profesie van Daniël 2 lees ons hoe God vir Koning Nebukadnésar 'n droom gee van 'n groot en vreeslike beeld van 'n man, gemaak uit verskillende metale (en voete gedeeltelik van klei), en hoe God die interpretasie van die droom aan sy profeet Daniël gee. God het die droom aan Nebukadnésar gegee en die interpretasie aan Daniël rondom die jaar 603 voor Christus. Dit is verbasend dat hierdie ou profesie so akkuraat voorspel watter koninkryke hierdie wêreld sou heers van Daniël se tyd tot die eindtyd, wat ons nou kan bevestig deur historiese bewyse. Kyk ook dieper na die detail van die voete van yster en klei en jy sal nog meer verbaas staan hoe akkuraat hierdie profesie werklik was.

 

KLIK op die onderstaande prent en volg die navigasie pyl na regs om deur hierdie studie te lees.

Jy kan ook die studie aflaai deur op die PDF skakel te klik. Lees studie in teks alleen

Daniel2_Studie

PROFESIE 2: DANIëL SE EERSTE DROOM...LEES DANIëL HOOFSTUK 7

 

In bostaande profesie (koning Nebikadnesar se droom) het ons 'n belangrike raamwerk behandel vir alle eindtyd profesieë. Hierdie raamwerk word duideliker as ons verby Koning Nebikandesar se droom kyk en Daniël se drome en gesigte oor die eindtye ondersoek.

 

Daniël se drome en gesigte bestaan uit twee drome en een besoek van 'n hemelse wese wat Daniël se vrae beantwoord. In hoofstuk 7 lees ons oor Daniël se eerste droom waar hy vier groot diere sien opkom uit die 'groot see'. Deurgaans sal jy merk dat hierdie diere terug verwys na die beeld in koning Nebikadnesar se droom en is dieselfde koninkryke maar vanuit ‘n ander simboliese hoek.

 

Hierdie profetiese studie is intens en in baie opsigte radikaal en vreemder selfs as fiksie, hoop jy is reg!

 

KLIK op die onderstaande prent en volg die navigasie pyl na regs om deur hierdie studie te lees.

Jy kan ook die studie aflaai deur op die PDF skakel te klik. Lees studie in teks alleen

Daniel7_Studie

PROFESIE 3: DANIëL SE TWEEDE DROOM (GESIG) ...LEES DANIëL HOOFSTUK 8

 

Daniël hoofstuk 8 belig meer van die Griekse ryk, wat ons reeds in Daniël hoofstuk 2 en 7 mee kennis gemaak het as onderskeidelik die ‘Heupe van Brons’ en ook die ‘Luiperd dier’ met vier vlerke en vier koppe. Daniël 8 verskyf dan die fokus na die vierde en laaste aardse koninkryk en belig hierdie koninkryk, wat tot die eindtyd optree, in baie meer detail.

 

Verder, hierdie hoofstuk bevat verdere sleutel waarhede wat jy nodig het om die profesieë in Openbaring oop te sluit. Die korrekte verstaan van hierdie hoofstuk is absoluut noodsaaklik. Ons gebed is dat die Heilige Gees jou verstand sal verlig om die verskillende konsepte te vertaan.

 

Wees voorbereid: Van die interpretasies in hierdie hoofstuk mag vir jou nuut en daarom vreemd wees, maar as jy getrou deurdruk totdat jy die geheel aanskou sal jy nie anders as om saam te stem dat die legkaart netjies in mekaar pas nie.

 

KLIK op die onderstaande prent en volg die navigasie pyl na regs om deur hierdie studie te lees.

Jy kan ook die studie aflaai deur op die PDF skakel te klik. Lees studie in teks alleen

Daniel8_Studie

PROFESIE 4: TYDLYN VAN 70 WEKE EN 2300 AANDE EN MORES...LEES DANIëL HOOFSTUK 9

 

Daniël hoofstukke 2, 7 en 8 (ook 10 tot 12) speel af binne 'n spesifieke tydperk. In hoofstuk 8:14 vertel die engel Gabriël vir Daniël dat oor 'n tydperk van  'Twee duisend drie honderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.’ Daniël verstaan egter nie presies wanneer hierdie tydperk sou begin nie. Nou in Daniël hoofstuk 9 is die engel Gabriël terug om hierdie gesig aan Daniël verstaanbaar te maak maar brei ook uit dat daar 'n 'sewentig sewetalle' tydperk afgesny is van die 2300 aande en môres tydperk wat spesifiek op Daniël se volk en sy heilige stad van toepassing is.

 

KLIK op die onderstaande prent en volg die navigasie pyl na regs om deur hierdie studie te lees.

Jy kan ook die studie aflaai deur op die PDF skakel te klik. Lees studie in teks alleen

Daniel9_Studie

SLOT -

 

Hierdie bring ons aan die einde van die profetiese studies wat ons van Daniël op hierdie blad gaan behandel. (Ons behandel die profesieë van Daniël in meer detail in die profetiese studie van die boek Openbaring). As jy deur die vier profetiese studies op hierdie blad gewerk het, het jy 'n goeie fondasie om die profesiëe in Openbaring te verstaan.

Indien u wel 'n diepte studie van die boek Daniel wil maak kan ons die volgende baie deeglike studie aanbeveel: "Daniel, Wisdom To The Wise" deur Zdravko Stefanovic. Klik op die onderstaande prent om die PDF dokument oop te maak (22 MB).

Daniel_Wisdom to the Wise.jpg

(Verdere) Video Studie:

 

Gaan na die volgende studie:

 

bottom of page