Is Ons Steeds Onder Die Wet?

 

Die vraag – Is ons steeds onder die wet? – word gereeld gevra in ‘n poging om die belangrikheid van die wet van God in die lewe van ‘n Christen te verminder. Daar word gesê, “Omrede ons nie onder die wet is nie maar onder genade, hoef ons nie die 10 Gebooie te onderhou nie.”

Maar is dit ‘n geldige redinasie?

Die Bybel sê verseker dat ons nie onder die wet is nie, maar beteken dit dat ons vry is van die verpligting om die wet te gehoorsaam? Die verse van bepreking is in Rom.6:14-15: “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

 

Hoe maklik sou dit nie wees om misleiding te verhoed deur net presies dit te aanvaar wat die Bybel sê nie? Paulus gee sy eie verduideliking van hierdie presiese verklaring. Na sy verklaring “julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade” vra hy: “Wat dan?”, wat eintlik net beteken: “hoe moet ons dit dan verstaan?”

Neem kennis van sy eie antwoord. In afwagting dat sommige sy woorde sou verkeerd verstaan, dat mens die wet mag breek omdat ons onder genade is, sê hy, “Sal ons sonde doen, [die wet breek] omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!” In die sterkste moontlike taal het Paulus verklaar dat om onder genade te wees nie gesien moet word as ‘n lisensie om die wet te breek nie. Tog is dit presies wat miljoene vandag glo en Paulus se verduideliking totaal mis.

As ons onder genade verkeer nie beteken dat ons vry verklaar is om die wet te onderhou nie, wat was Paulus se bedoeling dan deur te sê dat Christene nie onder die wet is nie? Paulus gee die antwoord in Rom.3:19: “Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees.”

 

Hierso vergelyk Paulus dat om onder die wet te wees beteken om “skuldig voor God” te wees. Met ander woorde, diegene wat onder die wet is is skuldig aan die verbreking daarvan en is onder die veroordeling daarvan. DIT is hoekom Christene nie onder die wet is nie. Hulle verbreek dit nie – daarom is hulle nie skuldig daaraan nie en word ook nie daardeur veroordeel nie. Daarom is hulle nie onder dit nie, eerder, hulle is onder die krag van genade. Later in sy argument wys Paulus uit dat die krag van genade grootter is as die krag van sonde.

 

Dit is die rede hoekom hy uitdruklik verklaar, “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.” Rom.6:14

Genade oorheers die mag van sonde, wat krag verleen om God se wet te gehoorsaam. Genade is die doeltreffende rede hoekom ons nie onder die wet skuldig en veroordelend staan nie en hoekom Paulus verklaar dat ons nie sal aangaan om te sondig nie.

Byvoorbeeld:

Veronderstel ‘n moordenaar word ter dood veroordeel in die elektriese stoel. Terwyl hy wag op die teregstelling is hierdie man “onder die wet” in elke sin van die woord –skuldig, onder die veroordeling, en onder die doods vonnis. Die land se President gaan die veroordeelde man se vonnis na en voor die teregstelling datum, gee hy hom ‘n volledige kwytskelding. Nou is daardie man nie meer onder die wet nie maar onder genade. Die wet veroordeel hom nie meer nie. Hy word beskou as geregverdig ten opsigte van die aanklagte van die wet. Hy is vry om uit die tronk uit te stap en geen polisieman mag sy hande op hom lê nie.

Maar, noudat hy onder genade is en nie langer onder die wet nie, kan ons sê hy is vry om die wet te breek? Nee, verseker nie! Tog het hy ‘n ander rede om hierdie keer die wet te gehoorsaam – as ‘n liefdevolle gebaar vir sy kwytskelding. In dankbaarheid sal hy sensitief wees om die wet te onthou en te eer in die land wat hom genade betoon het.

Is dit wat die Bybel sê oor vrygespreekte sondaars?Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Rom.3:31).

 

Hier is die antwoord op die totale probleem! Paulus vra of die wet nietig vir ons verklaar is net omrede ons geloof openbaar in Christus se reddende genade. Sy antwoord is dat die wet gevestig en her-afdwingbaar is in die lewe van ‘n begenadigde Christen.

Die waarheid hiervan is eintlik so eenvoudig, maar die foutiewe redenasies van diegene wat probeer om gehoorsaamheid aan God se wet te wil verminder, noodsaak ons om die verduideliking van hierdie punt een stap verder te neem: Is u al ooit deur ‘n verkeers beampte gestop vir die oorskryging van die spoed beperking? Dit is ‘n groot verleentheid, veral as u weet u skuldig is. Maar veronderstel dat u regtig haastig was omrede ‘n werklike nood situasie, en u stort u oortuigende verduideliking uit teenoor die beampte terwyl hy besig is om die boete uit te skryf. Terwyl hy luister vou hy die boete kaartjie en skeur dit op, en sê “Goed dan, ek gaan u verskoon hierdie keer, maar…” Wat sou u sê bedoel hy met die woordjie “maar”? Sekerlik beteken dit, “…maar ek wil jou nooit weer vang die spoedgrend oortree nie.” Beteken hierdie kwytskelding (genade aan u betoon) dat u nou kan voortgaan om die wet te ongehoorsaam? Nee! Die teendeel is waar – dit dra 'n dringendheid by u besluit om NIE weer die wet te ongehoorsaam nie.

Waarom dan, sal enige ware Christen probeer om regverdiging te soek om gehoorsaamheid aan die wet van God te systap? “As julle My liefhet [sê Jesus], bewaar my gebooie.” Joh. 14:15.

Ten slotte

(Sien die illustrasie hieronder) Vir beleide gelowiges in Christus is ongehoorsaamheid aan die wet van God losbandigheid en ongebondenheid. Bekeer jouself daarvan en soek na ware vrymakende VRYHEID. Vryheid is om in gehoorsaamheid aan God se geopenbaarde wil te lewe SONDER om oor te kantel terug in losbandigheid of oor in wettisisme (‘n geneigheid of ingesteldheid om oordrewe en slaafs volgens die letter van die wet te handel en te beoordeel.)