top of page

TEKENS IN DIE SON, MAAN EN STERRE -

Hierdie wêreld hoor en sien die laaste waarskuwingsboodskap van God!

Baie mense vandag glo dat die hemelse tekens relatiewe nuwe verskynsels is, met gebeurtenisse soos sonuitbarstings, ‘solar flares’, wat op die son gebeur en die ‘bloed-maan’ verskynsels. Maar die waarheid is dat die Bybelverse in Matteus en Lukas, waar Jesus praat oor die hemelse tekens in die sterre, son en maan reeds plaasgevind het. Verseker sal daar, soos ons die laaste dag nader, steeds steurings wees in die hemel, maar hierdie spesifieke profesie van die son, maan en sterre het reeds tot vervulling gekom! Dit is selfs nog meer bewyse dat ons in die eindtye leef. Laat ons kyk wat hierdie Bybel verse sê:

(Lees asseblief deur hierdie inligting want daar is ‘n direkte verband tussen hierdie hemel-tekens en die “groot verdrukking” wat gedurende die donker eeue plaasgevind het, wat wys op die akkuraatheid van hierdie inligting.)

 

Matteus 24:29

… ‘En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.’

 

Lukas 21:25-26

… ‘En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.’

Vergelyk nou die bostaande eindtyd-verse met die sesde seël in Openbaring hoofstuk 6 en Joël 2 :

 

Openbaring 6:12-13

… ‘En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval.’

 

Joël 2:31

… ‘Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.’

 

Ons kan aanvaar dat die hemelse tekens wat Jesus ons in Lukas 2 gegee het dieselfde hemelse tekens van Openbaring 6 en Joël 2 is, want beide het temake met die eindtyd. So, is hierdie tekens in die son, maan en sterre alreeds vervul? Wat van die “groot aardbewing” in die sesde seël?

Ja, hierdie hemelse tekens van die eindtye is reeds vervul soos jy hieronder sal sien.

 

Neem kennis: Daar is geen bevestiging in die bostaande verse dat hierdie gebeure wêreldwyd sou wees nie, en dat die hele wêreld dit sou aanskou nie.

HEMELSE TEKENS VERVUL -

 

Jy sal sien dat die volgende eindtyd-gebeure in die 18de en 19de eeu plaasgevind het. Hoekom dit dan “eindtyd-gebeure" noem as ons hier in 2018 nog nie Jesus se wederkoms beleef het nie? Wel, onthou dat hierdie Bybelse tekens nie bedoel was om Jesus se onmiddellike koms te voorspel nie, maar eerder was dit tekens om aan te kondig die BEGIN van die laaste dae van hierdie wêreld. Jy kan sê dat toe hierdie hemelse tekens plaasgevind het, God die finale hoofstuk van menslike geskiedenis laat begin het. Sedert daardie tyd kom ons nader en nader aan die einde van tyd. Die tekens van die eindtyd, gesien op hierdie webtuiste, word sterker en ons sal sekerlik Jesus se terugkeer eersdaag sien. Kom ons kyk na die vervulling van hierdie Bybelse hemel-tekens.

TEKENS IN DIE SON EN MAAN -

 

Die "Donker Dag" van 1780: Op 19 Mei 1780 het ‘n donker dag in New England in Amerika plaasgevind. Hierdie donker dag het die state van New England en gedeeltes van Kanada gedek. Hierdie donkerte was waarneembaar so ver noord as Portland, Maine, en het sover Suid gestrek tot New Jersey. Die donkerte was so erg dat kerse nodig was van die middel van die dag tot in die middel van die volgende nag.

“Drie eeue gelede in gedeeltes van Noord-Amerika het ‘n eienaardige gebeurtenis die dag in nag verander. Dit bly ‘n verborge raaisel – so, wat het die Donker Dag veroorsaak? Die Donker Dag, soos dit bekend geword het as, het op 19 Mei 1780 in New England en gedeeltes van Oos-Kanada plaasgevind. Vir die laaste 232 jaar sit geskiedkundiges en wetenskaplikes vas oor die oorsaak van hierdie eienaardige gebeurtenis.” (BBC News – bron)

 

As jy die hele bostaande artikel lees sal jy sien hoe mens hul bes probeer om hierdie gebeurtenis ‘weg te redineer’ deur die donker dag toe te skryf aan ‘n groot vuur, maar daar is geen melding van enige groot vure gedurende dieselfde tyd nie. Die ‘wetenskaplikes’ van vandag probeer desperaat om redes te gee om hierdie profetiese gebeurtenis af te water in ‘n poging om mense weg te hou om God se waarheid te aanvaar.

 

“Die 19de van Mei, 1780, was ‘n merkwaardige donker dag. Kerse was aangesteek in baie huise; die voëls was stil en het verdwyn, die hoenders is terug nes toe. … ‘n Baie algemene opinie, dat die dag van oordeel op hande was, het geheers” Aangehaal in die Connecticut Historiese Versamelings, deur John Warner Barber.” (2nd ed.; New Haven: Durrie & Peck and J.W. Barber, 1836, p.403)

“Dit was op ‘n dag in Mei van sewentien honderd en tagtig, dat daar oor die vars en soete lente-lewe, oor die vars aarde, in die middel van die dag, die verskrikking van donkerte gekom het. Mans het gebid, en vroue het gehuil; almal se ore was skerp gespits, wagtend vir die geklank van die eindtyd-trompet wat die donker hemel sou verskeur.” (J.G.Whittier, 'Abraham Davenport')

 

Op die nag van hierdie donker dag, is daar gesê dat die maan bloedrooi was.

 

“Die gevoel dat ‘n beslissende oomblik aan die gebeur was, is versterk deur die feit dat gedurende die voorafgaande dae, die son en maan rooi gegloei het.” (Bron)

 

“Die maan wat vol was, het die gedaante van bloed gehad.” (Milo Bostick, Stone's History of Massachusetts)

TEKENS IN DIE STERRE –

 

Op 13 November 1833 het die groot sterreën plaasgevind, waar, soos sommige beweer het dat sowat 200 000 verskietende sterre per uur geval het. Dit het die hele hemel vir ure verhelder. Hierdie hemel-teken, is in die media as volg beskryf:

“Die dag toe die hemel geval het!” (bron)

 

“Moontlik die mees uitstaande meteoriet-storting in die geskiedenis wat gedurende die vroeë oggend van 13 November 1833 op verskillende plekke oor die Verenigde State insluitende ‘Upper Michigan’ gesien is.” (bron)

 

“Vir byna vier ure lank was die hemel letterlik aan die brand.” Peter A. Millman, "The Falling of the Stars", The Telescope, 7 (May-June, 1940)

 

“Op die nag van 12-13 November 1833 het ‘n hewige storm van vallende sterre oor die aarde losgebars…Die hemel was in elke rigting deurtrek met blink-skynende strepe van helder vuurballe. In Boston, was die hoeveelheid sterre beraam om omtrent dieselfde hoeveelheid te wees as die helfde van sneeu vlokkies in ‘n matige sneeu-storm. Die hoeveelheid sterre was heelwat meer as wat getel kon word; maar soos dit afgeneem het, kon ‘n poging aangewend word om die hoeveelheid te tel. Daar is gereken dat sowat 240 000 gedurende die nege ure wat hulle geval het, sigbaar was.” (Agnes Clerke's, Victorian Astronomy Writer)

 

“Ek dink dat geen filosoof of geleerde ooit van tevore van ‘n gebeurtenis soos wat gister-oggend plaasgevind het, vertel of waargeneem het nie. Agtienhonderd jaar gelede het ‘n profeet dit akkuraat voorspel. As ons moeite doen om te probeer verstaan of sterre wat val vallende sterre beteken, is al wat sin maak is dat dit letterlik waar is.” (Henry Dana Ward, Nov. 1833)

 

Sedert 1833 was daar meer meteor stortings, veral in 1966, 1998, 1999, 2001 en 2002. Geen van hierdie stortings kom naby die 1833 gebeurtenis nie.

 

Ek is seker dat sommige mense, sal sê hierdie gebeure kwalifiseer nie as eintyd-tekens soos deur Jesus beskryf nie omdat hulle net in Amerika plaasgevind het. Wel, waar het Jesus gesê hierdie hemelse tekens sou wêreldwye tekens wees? Hy het nie, daarom kwalifiseer hierdie gebeure wel as die hemelse tekens wat Jesus voorspel het. En moenie vergeet van die “groot aardbewing” nie!

Wat van die Groot Aardbewing?

 

Soos in Openbaring 6 hierbo gesien, het ‘n groot aardbewing hierdie hemelse tekens vooraf gegaan. Het ‘n groot aardbewing die 1833 sterre-reën vooraf gegaan? Ja, die grootste aardbewing in menslike geskiedenis het op 1 November 1755 die stad Lisbon in Portugal geruk. ‘n Megaskudding van nagenoeg 9.0, meer bekend as die Lisbon aardbewing, het tot in dele van Europa, Afrika en selfs Amerika gestrek. Dit was in Groenland, die Wes- Indies, die eiland Maderia, Noorweë, Swede, Britanje en Ierland gevoel. Dit het ‘n area van nie minder nie as vier miljoen vierkante meters gedek. Die skudding in Afrika was amper so erg soos in Europa. ‘n Groot deel van Algerië was verwoes; en ‘n klipgooi vanaf Morocco is ‘n dorp, met agt tot tien duisend inwoners total ingesluk. ‘n Groot golf het oor die kus van Spanje en Afrika beweeg en stede oordek asook groot verwoesting gesaai. Die stad Lisbon was so te sê totaal verwoes.

 

Die groot Lisbon aardbewing is een van die, indien nie DIE mees skrikwekkende aardbewing ooit aangeteken. En vandag, 250 jaar later, is geoloë steeds besig om die tektoniese raaisel wat hierdie kragtige aardbewing veroorsaak het, te ontrafel, 

(Klik op prent om te vergroot)

Die impak-area van die Lisbon aardbewing se groot golf

MERKWAARDIGE HISTORIESE BEVESTIGING –

 

Daar is iets anders wat bevestig dat hierdie gebeure die tekens is wat Jesus na verwys het. In Matteus 24:29, sê Jesus …‘‘En dadelik ná die verdrukking van daardie dae…” is wanneer hierdie hemelse tekens in die son, maan en sterre sigbaar sou wees.  Watter ‘verdrukking’ verwys Jesus na? Hy praat van die verdrukking wat die heiliges gedurende die Donker Eeue gely het. Dit was gedurende die 1260 jare wat die Rooms-Katolieke Kerk oor die tien miljoen Christene wat nie die knieg voor haar vals leringe wou buig nie, vervolg en vermoor het. Die tydlyn strek vanaf 538 NC tot 1798 NC. Maar die ‘verdrukking’ (vervolging) van God se mense het rondom die jaar 1770 tot ‘n einde gekom. En wanneer het die eerste hemelse teken plaasgevind? 1780! - dadelik na die tyd van die verdrukking van God se mense, netsoos Jesus voorspel het.

Hierdie hemelse tekens, soos geprofeteer in die Bybel, het verseker reeds tot vervulling gekom, wat wys dat ons in die tydperk van die eindtyd IS. En wanneer jy na al die ander eindtyd-tekens op hierdie tuiste kyk, kan daar nie onsekerheid heers dat ons generasie in die laaste dae lewe nie, en SPOEDIG gaan ons die wederkoms van Jesus beleef!

Die Grootste Leuen Wat Die Duiwel Wil Hê Jy Moet Glo Is... "Nie NOU Nie, Daar is Nog Tyd..."

bottom of page