top of page

EINDTYD-TEKENS OP DIE AARDE -

 

Die jaar is 2018 en baie mense regoor die aarde wonder of die einde van die wêreld naby is.

Hierdie wêreld hoor en sien die laaste waarskuwingsboodskap van God!

Daar was nog nooit so ‘n wêreldwye belangstelling in hierdie onderwerp soos daar nou is nie. As ons kyk na wat met ons wêreld aan die gebeur is, kan ons mense nie verkwalik as hulle so dink nie. Die tekens van die einde is algemeen teenwoordig: Oorloë, hongersnood, natuur-rampe, die snelle vermeerdering van kennis, besoedeling van die lug en waterbronne, groot hoeveelheid vrektes van voëls en visse, is slegs enkele voorbeelde van Bybelse tekens wat hier om ons aan die gebeur is. Meer hiervan is beskikbaar op ons Bybel-Tekens Blad.

Video: Wetenskaplike bewyse wat die Bybel ondersteun - DIE WêRELD IS BESIG OM TE STERF !

Hierdie tekens is nou só prominent en die bewyse só duidelik dat enige persoon wat gewillig is om die waarheid te aanvaar, kan sien dat die wêreld, soos ons dit ken, se einde naby is.

 

Die tekens van die einde, waarna ons op hierdie blad kyk, word gevind in 2 Timotius 3: 1-5 … ‘Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

 

Hierdie verse voorspel ‘n GROOT MORELE VERVAL in ons samelewing.

Voor ons egter in diepte na hierdie laaste-dae-tekens kyk, gaan ons eers na die volgende Bybelverse in 2 Petrus 3:3-4 kyk: ‘Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.’ ..

 

Lewe ons in die dae van spotters? Verseker! Praat oor eindtye en baie mense, insluitende menige Christene, lag dit af deur te sê “alles gebeur steeds soos vanaf die begin van die skepping af” – ‘n perfekte vervulling van die bostaande Bybelse profesie!

 

Kom ons kyk nou na slegs sommige van die tekens soos in die bostaande Bybel verse in Timotius en pas dit op ons tyd toe om te sien of ons in die eindtyd van die wêreld, net voor die wederkoms van Jesus, lewe.

Onthou, die volgende tekens wat ons hier noem, het slegs te make met die morele verval van ons samelewing.

(Sien gerus ons eindtyd-tekens-blad vir meer algemene Bybelse tekens)

WêRELD-EINDTYD-TEKEN - SWAAR TYE -

 

Lewe ons in swaar tye? Sonder twyfel. Kom ons neem net een voorbeeld. Daar is opstande regoor die wêreld van mense wat protesteer en in opstand kom en regerings deur hulle optrede wil omverwerp. Mense besef die krag wat hulle het as hulle kragte saamspan. Hierdie is ‘n baie gevaarlike situasie en een wat gaan lei tot die afforsering van die dier se merk. (Pasop vir die misleiding! Die merk is nie 'n fisiese merk, tatoeëer-merk of rekenaar-skyfie nie. Duidelikheid hieroor in die volgende studie).

 

Met die ekonomiese ineenstorting regoor die wêreld en met lande naby bankrotskap, is die wêreld ryp vir ‘n een-wêreld-geld-eenheid, wat die totstandkoming van die merk gaan vergemaklik. Dit gaan diegene wat die merk weier, verhinder om te kan “koop en verkoop” (Openbaring 13).

 

“2014 was ‘n katastrofiese jaar vir miljoene wat in geweld vasgevang was” (bron)

WêRELD-EINDTYD-TEKEN - LIEFHEBBERS VAN PLESIER MEER AS VIR GOD -

 

Hierdie eindtyd-teken is kragtig op sy eie! Lewe ons in ‘n wêreld vol van plesier- soekers? Sekerlik. Weer eens, om die vervulling van hierdie eindtyd-teken waar te neem, moet ons net gaan kyk na die beleidende christenkerke. Groot getalle beleidende Christene is liefhebbers van plesier meer as wat hulle God liefhet. Hul vul hul lewens met televisie, partytjies, sosiale verkeer, die lees van goedkoop boeke, speel speletjies, verkwis tyd op sosiale netwerke, en God kry weinig van hul tyd.

Die flieks, TV-programme en musiek wat baie “Christene" vandag gemaklik na kyk en luister is eenvoudig skokkend! Daar is vandag geen onderskeid tussen jou gewone Christen en 'n wêreldling nie. Die ware Christen behoort hom nie op te hou met musiek, lees- en kyk-stof van lae standaarde wat volop in die media beskikbaar is nie.

Die programme en flieks waarna beleide Christene vandag kyk, is 'n GRUWEL vir God.

Gaan 50 jaar in die geskiedenis terug en dit sou nie die geval gewees het wat dit vandag is nie. Die lewe was toe baie eenvoudiger sonder al die wêreldse afleidings en vermaaklikheid. Hoeveel Christen-huise spandeer nog daagliks tyd om God as ‘n gesin te aanbid? Nie veel nie as ek moet raai, want hulle is te besig om hul gunsteling TV-program te kyk, of hul gunsteling boek te lees, of hul gunsteling speletjie te speel. Ons lewe verseker in ‘n plesier-soekende wêreld. Hierdie teken van die laaste dae het in ons leeftyd tot vervulling gekom.

 

Die mens leef steeds asof niks gaan gebeur nie. Plesier-liefhebbers vul die kroeë, teaters, dobbelhuise en sport-arenas. Die najaag na die uiterste vorm van opwinding vier hoogty, en tog is die uur van afrekening vinnig op hande, waartydens elke saak ‘n ewige oordeel gaan ontvang. Satan sien sy tyd is kort, en hy is volstoom aan die werk sodat die mens in misleiding, verleiding en verwondering verkeer, tot die dag van oordeel aanbreek en die genade-deur vir ewig sluit.

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: MENSLIKE BESITLIKHEID -

 

Wel, ons lewe sekerlik in ‘n era waar besitlikheid hoogty vier, waar mense skarrel om die nuutste en die beste te wil besit. En nie net begeer mense besittings nie, hulle begeerstes is agter ander mans en vrouens aan, getroud of nie. Die meeste mense vandag is soekend na wêreldse rykdom, eerder as na ewige hemelse rykdom.

 

Weer eens, hierdie eindtydteken is ook van toepassing op die kerke van vandag. Kyk net wat die “voorspoed”-teologie produseer: beleidende Christene jaag EKSKLUSIEF aardse rykdom na.

 

Dink ook hoe wellus en seksuele begeertes na vrouens in skamele en stywe kleredrag 'n alledaagse realiteit is. Nie net op die straat nie, maar selfs in die kerke ook! Weer eens, die televisie, Internet, tydskrifte, advertensie-borde, ensovoorts, maak dat ons begeer en skarrel na die nuutste dinge wat die wêreld ons bied. Geen twyfel, ons leef in die mees besitlike tyd van alle tye.

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: MENSE SAL ARROGANT EN TROTS WEES -

 

Trots en hoogmoed was die oorspronklike sonde wat Satan van sy verhewe posisie in die hemel afvallig laat word het, en dit is vandag steeds die sonde wat die meeste mense in die wêreld koester . "KYK NA MY" is die algemene slagspreuk van mense vandag. Te trots om nederig voor God te wees en vir hul medemens die ander wang te draai. Te trots om te stop en iemand in nood te help, want dalk net "sien ander mense hulle"...

Soos reeds gemeld, die manier hoe mense deesdae aantrek in vergelyking met die verlede is ongelooflik! Stywe, ‘in’ en knapse kleredrag om mense sover te kry om na hulle te kyk en van hulle te hou. Hulle bestuur die nuutste motors en bly in die mooiste huise. "KYK NA MY", "EK HET DIT IN HIERDIE WêRELD GEMAAK!"

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: MENSE SAL ONDANKBAAR WEES -

 

Baie mense is ondankbaar omrede hulle deur die wêreld gekondisioneer is om dinge vanselfsprekend te aanvaar. Dink net oor jou eie lewe. Is jy werklik dankbaar teenoor God vir die baie seëninge wat Hy jou laat geniet? Sê jy dankie vir Hom dat Hy jou in die oggend laat wakker word? Vir voedsel? Vir ‘n werk en ‘n inkomste? Dank jy Hom vir Sy wonderlike skepping? En meer nog, dank jy God elke dag dat Hy Sy Seun, Christus Jesus, vir ons gegee het? Oordink jy die wonderlike offer wat Hy gemaak het? As Christene dus ondankbaar is, hoeveel te meer die wat buite die geloof is? Ons lewe verseker in ‘n tyd van ondankbaarheid. Neem tyd en dink na oor dié wat nie het nie, die minder bevoorregtes, materiële sowel as geestelike behoeftiges!

Miskien is daar iemand wat hier lees wat waarlik groot probleme en moeilikhede in hul lewens ervaar. Maar jy kan dankbaar wees. Dankbaar dat God ‘n vreugdevolle ewige toekoms belowe vir die wat glo in Sy Seun Jesus Christus, en Hom volg. (Geestelik bedruk? Hoop en bemoediging hier)

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: MENSE SAL ONHEILIG WEES -

 

Hierdie teken van die einde van die wêreld is ‘n ongelooflike een. Hoekom? Kom ons praat net hier van beleidende Christene. Sowat 50 jaar gelede sou jy ‘n wêreld vind met Christene ver meer heilig en nederig as vandag. Baie glo dat ons nie die 10 gebooie meer hoef te onderhou nie, solank ons net "in Jesus glo". Tot waartoe gee dit aanleiding? Mense wat aanhou in sonde en onheiligheid lewe.

Judas 1:4

… ‘Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.’

 

Hierdie mense het verseker die kerke ingesluip en gevolglik is kerke vandag vol onbekeerde, onheilige mense, wat die genade van God omgekeer het in ‘n geleentheid om te sondig! Baie meer so vandag as in die verlede. Vandag het kerke eerder sosiale bymekaarkomplekke, teaters en konserte geword eerder as heilige plekke van aanbidding. Christene het die Bybelse waarheid van hoe om in die Kerk te aanbid, verloor.

 

Dit blyk dat Christene dink dat hulle gered gaan word in hul sondes, eerder dat Jesus hulle vanuit 'n sondige wêreld gaan kom red. Daar is weinig pogings wat vandag aangewend word om weg te draai van sonde en ‘n heilige lewe vir God te leef. As dit die algemene toestand van die meerderheid Christene is, wat is dan die toestand van die res van die wêreld? Waarlik, hierdie einde-van-die-wêreld-teken kom vandag tot vervulling. Ons lewe verseker in die laaste dae.

(Klik om die video te toon)

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: MENSE SONDER NATUURLIKE LIEFDE -

 

Nog ‘n groot teken van die einde van die wêreld! Kyk net hoe homoseksualiteit vandag regoor die wêreld aanvaar en omhels word. Selfs vorige Presidente soos Obama ondersteun nou openlik die Gay- en Lesbiese gemeenskap deur te sê dat huwelike tussen dieselfde geslag paartjies net so gewyd soos tussen ‘n man en vrou is.

 

Daar word deesdae "ruimte" gemaak vir sonde en ongeregtigheid. Ons sien nou ook kerke wat aktiewe homoseksualiteit goedkeur. Die video hierbo is een van baie onlangse uitsprake wat wys hoe homoseksualiteit die nuwe “normaal” is. Kommentaar soos "Elke kerk kan nou maar vir homself besluit wat reg is", is aan die orde van die dag. Nie dit alleen nie, baie kerke plaas hierdie mense in leierskap-posisies! Homoseksualiteit word ook deur televisie bevorder, met baie programme wat homoseksualiteit as "normaal" uitbeeld.

 

Dit alles is in direkte ongehoorsaamheid aan God se duidelike Woord … 1 Korintiers 6:9-10 … ‘Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.’

"Homosexuality is NOT like any other sin. No other sin seeks to be so normalized in the public square. No other sin seeks to be a protected class by law. No other sin seeks to rewrite education and rewire our children. No other sin claims to love so much, yet manifests such hate towards anoyone who dare stand against it. I have seen no thief, no murderer, no rapist, no adulterer, no liar, no addict, etc... militantly propagating and promoting their deviance in every avenue of life. No other sin has its own flag and its own month. No, this sin is different. This sin seeks to divide and conquer. This sin seeks to silence all those who would oppose. This sin is the biggest bully on the block.

The only cure....Jesus."

Ons sonder sodomie hier uit want dit is 'n sonde wat deur die wêreld as hoog-modies gepromoveer word! Om hierdie tipe sonde sy regmatige plek onder die son te gee, word verkeerdelik "liefde" genoem. NEE, DIS WARE LIEFDE OM JOU TE WAARSKU!

  • Wil jy die koninkryk van God beërwe?

  • Deel jy in een van die bogenoemde sondes?

 

God se vergifnis en genade kanselleer hierdie sondes uit MITS jy dit OPREG BELY en WEGDRAAI NA GOD SE WEG EN OM DEUR SY INWONENDE KRAG HIERDIE GENEIGDHEID TOT SONDE TE OORWIN! 1 Kor 6:11 sê: "En so WAS party van julle ook." Daar is hoop!

(Vir verdere studie - Engelse PDF dokument: 'n Verstaan van die Bybelse Siening Rondom Homoseksuele Praktyke en Pastorale Versorging)

​​Verseker is daar baie tekens wat aantoon dat ons in die laaste dae is!

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: SONDER LIEFDE VIR DIE GOEIE -

 

Ons lewe vandag in ‘n tyd waar mense nie teregwysing van hul sondes wil aanvaar nie. As jy Christene teen verkeerde gedrag waarsku, sê baie van hulle “moenie my oordeel nie!”  Hulle aanvaar geensins korreksie nie, selfs al sê die Bybel dat die Woord van God daar is vir lering, weerlegging en teregwysing.

 

2 Timotius 3:16

… ‘Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.’

 

Baie mense word gekritiseer omdat hulle vroom en godsvresend lewe. In baie gevalle, as jy ervaar word as ‘n goeie en eerbare persoon, dan is die wêreld geneig om neer te sien op jou en word jy geëtiketteer as ‘n “soet seuntjie” en "pretbederwer". Die wêreld is so vol sonde, dat dit nie mense verdra wat goeie lewens lewe nie. Hierdie Bybel-teken is meer van toepassing op ons tyd vandag as ooit tevore en wys ons ons lewe in die laaste dae.

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: MENSE SAL LIEFHEBBERS VAN HULLESELF WEES -

 

Kyk mooi hoe Paulus hierbo in 2 Timotius praat oor die tyd waarin ons lewe. Die “liefhebbers van self” -teken van die laaste dae praat SO DUIDELIK oor ons generasie. Het mense vandag hulself lief deur hulself bo God of hul naaste te plaas? Verseker ja. Ons is blykbaar meer besorgd oor hoe ons aan die buitekant lyk, as hoe ons aan die binnekant lyk (die toestand van ons harte)!

 

Alles is tot die uiterste gekommersialiseerd om mense net aan die self te laat dink, EK, EK en nogmaals EK!  50 Jaar gelede sou die meeste mense wat die straat af stap, goed gekleed wees met netjiese, en smaakvolle kleredrag, wat die hele lyf bedek het. Stap vandag die straat af en die meerderheid is geklee in noupassende, ontblotende kleding om hulself meer “aantreklik” te laat lyk.

 

Vandag is die televisie, radio, koerante, tydskrifte en Internet vol advertensies wat probeer om ons te oorreed om die nuutste en beste te besit, sodat ons beter as die volgende persoon sou lyk of wees (..."want jy verdien dit"...). Ja, dit is verseker ‘n teken van die tyd waarin ons lewe. Hierdie teken het betrekking op die MEERDERHEID Christene ook! Die kerk is gevul met mense wat nie weet wat dit is om God waarlik te aanbid nie, en wat meer van hulself dink as van God of van ander mense. Beleidende Christene is te besig met hulself as om hul te bekommer oor die behoeftes van ander om hulle.

 

Satan het die meerderheid Christene mislei om te dink dit is reg om die geld, wat God aan hul toevertrou het, op hulself te spandeer, eerder as om dit te gebruik om die armes te help en om God se koningkryk daarmee uit te brei.

WêRELD-EINDTYD-TEKEN: MENSE WAT (SLEGS) 'N GEDAANTE VAN GODSALIGHEID HET -

 

Dit is ‘n eindtyd-teken wat suiwer na Christene wys. Kom die teken tot vervulling in ons dag? Absoluut. Die Christelike kerke is gevul met mense wat net ‘n “vorm” van godsaligheid het. Hoeveel Christene LEEF werklik die geloof uit wat hul aanhang? Hoeveel LEEF volgens die weg wat uitgelê is in die Bybel? Nie baie nie, dis waarom Jesus gesê het … “sal Hy geloof op die aarde vind?” (Lukas 18:8). En dis hoekom Hy ook gesê het “weinig” is die wat die smal weg vind want die meerderheid sal die breë weg na die verderf volg. Hoekom? Want hulle het die wêreld meer lief as vir God!

 

Ja, daar mag dalk vandag  “herlewings” regoor die wêreld plaasvind, maar baie van die het slegs ‘n “vorm” van Godsaligheid en is nie gevul met die ware Gees van God nie. Enigeen kan ‘n sport-arena huur, ‘n populêre “Christelike” musiekgroep op die verhoog plaas, mooi dinge sê om mense goed te laat voel en baie mense trek en dit dan “herlewing” noem. Maar weet jy wat WARE herlewing is? OM WEG TE DRAAI VAN SONDE EN HEILIG VOOR GOD TE LEWE. Die sogenaamde herlewing wat vandag gebeur, is niks meer as wêreldse vermaak nie.

LEEF ONS IN DIE LAASTE DAE?

 

Daar is HOEGENAAMD GEEN twyfel dat die tekens van die einde van die wêreld in die Bybel na ons generasie heenwys nie. Enigiemand kan die groot morele verval wat oor die laaste 50+ jaar plaasgevind het, sien. Die morele verslegting van hierdie wêreld het so ‘n laagtepunt bereik dat ons nou is soos Sodom en Gomorra was voor God die stede met vuur verwoes het. … 2 Petrus 2:6 … ‘en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees.’


Gaan die wêreld tot ‘n einde kom in die volgende klompie jare? Gaan Jesus terugkeer voor die einde van 2018? Ons weet nie, maar dit is onwaarskynlik want daar is steeds gebeurtenisse, wat eindtyd profesieë openbaar, wat nog moet plaasvind. Byvoorbeeld die merk van die dier wat afgevorseer moet word. Sodra die merk van die dier afgevorseer word, weet ons dat ons in die absolute laaste dae is, reg aan die einde van die wêreld.

 

Maar asseblief, moet nie wag tot dit gebeur om dan eers reg te probeer maak nie. Ons moet NOU GEREED MAAK EN ELKE DAG LEEF vir Christus Jesus en die Koninkryk van die Hemele.

Moet nie vergeet nie, geeneen van ons weet wanneer ons laaste dag gaan wees nie. Ons moet dus elke dag reg wees. Satan se misleiding en versoekings gaan al hoe intenser word. Daarom, asseblief, soek die waarheid van God se Woord in die Bybel en begin vir Christus Jesus leef.

As jy wonder wat jy moet doen, KYK HIER VIR DIE WAARHEID OOR WAT JY MOET DOEN OM GERED TE WORD.

Kyk weer na 2 Timotius 3 hierbo. Elke teken in daardie verse wys spesifiek na ons tyd vandag. Hierdie tekens wys dat die einde van die wêreld naby is. Ons lewe in die laaste dae, sonder enige twyfel! … ‘Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

...2 Timotius 3: 1-5

 

Gaan na een van die volgende studies:

 

 

"Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord." Romeine 13: 12

bottom of page