top of page

EINDTYD TYDLYN -

Is jy opsoek na ‘n tydlyn van eindtyd gebeure? Wel, alhoewel ons vir jou ‘n verloop van eindtyd gebeure kan gee van wat nog vervul moet word, kan ons nie spesifieke datums gee vir hierdie tydlyn nie want alle tyd spesifieke profesieë is reeds vervul. Die “70 week” profesie van Daniël 9 is vervul. Netso is ook die “2300 aande en môres” profesie van Daniël 9 reeds vervul. Verder is die 3 ½ jaar profesie, wat tedoen het met die dier (van Openbaring 13) en die klein horing (van Daniël 7 en 8), ook reeds vervul. Dus, alhoewel ons die verloop van toekomstige eindtyd gebeure kan gee, kan ons nie enige tye of datums daarvoor gee nie.

Bybel Profesieë Wat Nog Vervul Moet Word:

Wat is die gebeure in Bybel profesie wat nog vervul moet word? Hier sal jy ‘n uitleg kry van eindtyd gebeure wat nog vervul moet word voor die wederkoms van Jesus en die meegaande einde van die wêreld. Terwyl ons nie enige spesifieke tye vir elk kan gee nie glo ons wel dat al hierdie geprofeteerde gebeure in ons leeftyd vervul sal word. Groot gebeure is tans besig om plaas te vind regoor die wêreld en ALLE Bybel profesieë sal spoedig vervul word. Laat ons dus kyk na die tydverloop van toekomstige finale gebeure.

GROOT VERANDERINGS GAAN SPOEDIG PLAASVIND IN ONS WêRELD, EN DIE FINALE GEBEURE GAAN VINNIG PLAASVIND.” 9T 11.2

1. Waar is Ons Vandag: - Ons is in die jaar 2018.

 

2. ‘n Moontlike Groot Krisis Is Oppad: - Ons kan sien dat die wêreld in ‘n krisis is met die ekonomie wat in duie stort, opstande, betogings, oorloë, aardbewings, orkane, tsunamis, vulkaniese uitbarstings, terrorisme, hongersnood. Daar is egter nog ‘n moontlike groot krisis oppad wat die wêreld gaan tref. Hierdie krisis sal gevolglik veroorsaak dat die regerings van die wêreld die merk van die dier gaan voorstel en afdwing. Dit kan dalk nog ‘n soort 9/11 “terreur” gebeurtenis wees, of ‘n groot natuur ramp. Watookal dit gaan wees, dit gaan ‘n wêreld wye krisis wees. [Wanneer om die groot stede te verlaat?]

​3. Die “konings van die Aarde” Gee Hul Krag en Mag Oor Aan Die Dier: - Openbaring 17 beskryf die hoer van Babilon wat die hele wêreld mislei het om haar te volg en te aanbid. In Openbaring 17:12 wys dit dat die konings van die aarde mag ontvang vir “een uur lank saam met die dier.” Hierdie gedeelte praat van 'n "nuwe wêreld orde" wat beoog word.

 

Wie sit op (beheer) die skarlakenrooi dier? Die hoer van Babilon en sonder enige twyfel is hierdie hoer van Babilon die Rooms-Katolieke Pousdom.

Die wêreld is nou besig om te verenig onder die “klimaats verandering” agenda. [Kyk die video: Climate Change, Is it real?] Dus, die leiers van die wêreld sal verenig en hul krag, mag en ondersteuning gee aan die Pousdom, en dan gaan die wêreld in ‘n posisie wees om die merk van die dier af te dwing.

NEEM KENNIS: Die oproep vir wêreld eenheid en “vrede” groei by die dag omrede al die probleme in die wêreld, en die Pous word uitgewys as die een met die oplossings.

4. Die Merk van die Dier Afgedwing Deur Wetgewing: - Hierdie is ‘n groot Bybel profetiese eindtyd gebeurtenis wat vervul moet word. Openbaring 13 wys dat die merk van die dier sal afgedwing word op die hele wêreld … Openbaring 13:16 … “En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word.” … As gevolg van al die onrus in die wêreld sal die kerk leiers (van Babilon) en die regerings verenig deur die wêreld te oortuig dat die merk van die dier die “oplossing” is vir die wêreld se probleme. Hulle sal die wêreld oortuig (deur misleiding) dat al hierdie probleme die oordeel van God is omrede ons nie Sy wette onderhou nie. Hierdie is alreeds aan die gebeur! Leiers in Amerika het reeds rampe wat gebeur toegeskryf aan God se oordeel op die wêreld.

Alhoewel hierdie gedeeltelik waar is, is die “oplossing” wat hul sal voorstel en afdwing teenstrydig met God se 10 Gebooie. Die hartseer hiervan is, terwyl die meerderheid van die wêreld wagtend is vir ‘n fisiese merk van die dier om afgedwing te word, soos ‘n Mikroskyfie of tatoeëermerk, die REGTE merk ‘n geestelike merk is en slegs God se ware eindtyd heiliges sal dit kan identifiseer, en die meerderheid van die wêreld sal mislei word om dit te aanvaar. (Leer wat die merk van die dier is).

5. Die Drie Engele Boodskap Verkondig Aan Die Wêreld: - Voor enigiemand vir of teen die merk van die dier sal kies sal God, deur Sy oorblyfsel kerk op Aarde, ‘n finale boodskap bring aan die wêreld. Hierdie boodskap bevat die drie engele boodskap van Openbaring 14 wat God se laaste oproep van genade tot die wêreld is.

 

Openbaring 14:6-12 … “En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.”

 

“En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.”

 

“En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. (Meer oor hierdie Openbaring 14 Boodskap).

 

Hierdie “ewige evangelie” is die volledige evangelie boodskap wat God se oorblyfsel kerk besig is om wêreldwyd uit te dra. God sal krag verleen aan hierdie finale boodskap aan die wêreld deur Sy Heilige Gees, en menigte harte sal oortuig word van die waarheid en sal uit Babilon uitkom.

6. Die Finale Keuse Vir die Seël of Vir Die Merk: - In die eindtyd tydlyn van finale gebeure, is hierdie die mees belangrikste vir elke man, vrou en kind op die aarde. Ons sal almal in hierdie tyd ‘n finale keuse moet maak. ‘n Keuse om aan die kant van Christus Jesus te staan deur die seël van God te ontvang (Openbaring 7:1-3; 14:1) of, onder ekonomiese druk en vrees vir vervolging deur die wêreld, die merk van die dier te aanvaar (Openbaring 13:16). Dan sal ons in ’n wêreld verkeer met slegs twee groepe mense: Diegene met die merk (wat verewig verlore gaan) en diegene met God se seël (wie die ewige lewe sal beerwe).

7. Die Deur van Verlossing Sluit: - Wanneer almal hul finale besluit gemaak het vir die merk van die dier of die seël van God, dan gaan die deur van genade gesluit word en almal sal geoordeel word, of regverdig of vuil: Openbaring 22:11 … “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.” By hierdie punt sal daar nie meer ‘n geleentheid wees om gered te kan word nie. As jy verlore is, sal jy verlore bly, en as jy gered is, sal jy gered bly. Netsoos in die dae van Noag, toe die deur van die ark gesluit is en niemand dit kon oopmaak om gered te word nie, so sal dit wees teen die einde van tyd, wanneer God se genade finaal tot ‘n einde kom vir diegene wat gekies het om hulle nie na Hom te keer nie. (Meer oor die Genadedeur)

 

WIE SAL JOU TROU ONTVANG? Die dier sisteem (Pousdom), of onse Hemelse Vader?

8. ‘n Tyd van Benoudheid Vir God Se Volk: - Die tyd van benoudheid, die groot verdrukking is geprofeteer in Daniël 12:1 … “En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.” Wanneer “Mígael” optree, soos hierbo beskryf, is die genade deur gesluit. Terselfdertyd sal die Gees van God onttrek van die aarde en die wêreld sal verval in groot geestelike duisternis, met Satan wat al sy boosheid, in volle woede, sal laat neerkom op die heiliges van God: Openbaring 12:17 … “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

 

Hierdie tydperk word ook beskryf in Openbaring 13:15 “… en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.” Hierdie is ‘n tyd wanneer menigtes van God se volk, wat die merk van die dier verwerp het, sal vlug na die berge om die vervolging wat op hul geplaas is deur die vyand, te kan ontvlug. Satan sal God se volk uitsoek om hul dood te maak, maar soos in Daniël 12:1 genoem is dit nie nodig om te vrees nie want “in dié tyd sal jou volk gered word!” Prys die HERE! (Meer oor die Tyd van Benoudheid!)

​9. Die Sewe Laaste Plae: - Noudat almal besluit het aan wie se kant hulle is, Jesus of die dier, gaan God se finale oordeel begin val op die wêreld in die vorm van die sewe laaste plae. Hierdie plae sal die “…wyn van die grimmigheid van God [wees] wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn…”, soos genoem in Openbaring 14:10. Dus sal diegene met die merk van die dier die volle grimmigheid van God ontvang, en Sy oordeel (plae) sal “ongemeng” (nie gemeng met Sy genade) toegedien word.

 

Hierdie plae val slegs op die wat verlore is. Dit val slegs op diegene wat ongehoorsaam aan God se Gebooie is en die merk van die dier ontvang. Die plae sal nie naby diegene kom wat die seël van God het nie, want God se volk sal volledig beskerm word, netsoos die Israeliete gedurende die 10 plae in Egipte beskerm was. (Meer oor die sewe laaste plae).

10. Die Slag Van Armageddon: - Hierdie eindtyd gebeurtenis is die finale slag tussen goed en kwaad. Hierdie is die wêreldwye geestelike aanslag tussen Satan se magte en God se volk. Die slag van Armageddon is die klimaks van die geestelike stryd wat woed tussen Christus en Satan van voor die begin van tyd af. Gedurende hierdie groot slag gaan Jesus Christus terugkeer as “KONING VAN DIE KONINGS EN HERE VAN DIE HERE” om Satan en sy magte te vernietig en om die heiliges te verlos.

 

Neem Kennis: Sou ons ‘n definitiewe tydlyn “kon” verskaf vir bostaande gebeurtenisse, sou ons die bostaande drie gebeure (die tyd van benoudheid; die sewe laaste plae en die slag van Armageddon) naby mekaar plaas, want al drie is nou verbind. (Meer oor die Slag van Armageddon).

​11. Die Wederkoms Van Christus Jesus: - Hierdie is DIE EINDTYD GEBEURTENIS wat al die heiliges voor uitkyk en voor wag! Die tweede koms van Christus sal heerlik en sigbaar wees. Hierdie vurige gebeurtenis sal alle ander eindtyd gebeure gewoon laat lyk! Vergesel deur biljoene magtige engele sal Jesus terugkeer in groot heerlikheid om Sy volk te verlos. Daar sal geen “stil” wegraping wees soos wat menigtes glo nie want die Bybel verklaar duidelik dat ELKE OOG Jesus se terugkeer sal sien, en dat Sy tweede koms vurig en oorverdowend sal wees (Matt 24:27; 1 Thess 4:14-17; Matt 24:30-31; Openb 1:7; 2 Pet 3:10). (Meer oor die Wederkoms van Christus).

12. Die Opstanding Van Die Heiliges: - Wanneer Jesus Christus terugkeer tydens Sy wederkoms sal die grafte oopgaan en die geregverdiges sal opstaan met verheerlikte liggame. Tesame met die heiliges wat deur die groot verdrukking gegaan het en steeds leef, sal hulle Jesus tegemoet gaan in die lug: … 1 Thess 4:16-17  “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.” Die oorblywende dooies (verlorenes) sal nie weer lewe tot die 1000 jaar verby is nie: Openbaring 20:5  “En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie…” (Meer oor die Opstanding van die Heiliges).

​13. Die 1000 Jarige Millennium: - Nadat Christus teruggekeer het tydens Sy wederkoms en die heiliges opgewek is, neem Hy ons huistoe na die Hemelse Koninkryk en die Nuwe Jerusalem. Daar sal ons woon vir ‘n 1000 jaar terwyl Satan gebind is op die verlate Aarde, met niemand om te verlei nie omrede al die bose gedood is tydens Christus se wederkoms. Ten spyte van die gewilde siening, vertoef ONS NIE die 1000 jaar tydperk op die aarde nie. (Sien die lesing “Die 1000 jaar van Openbaring 20”).

large.jpg

​14. Die Bose Word Vernietig: - Na die 1000 jaar in die Hemel keer ons terug na hierdie Aarde in die Nuwe Jerusalem stad (Openb 21:2). Die bose word opgewek, Satan word losgelaat en versamel die bose om die Nuwe Jerusalem in te val en oor te neem … Openbaring 20:9-10 … “En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.” So word die bose dan uiteindelik in die poel van vuur en swawel gewerp, waar hulle opbrand en ophou om te bestaan (verslind word). Selfs Satan word finaal vernietig en hou op om te bestaan. SONDE WORD HIER FINAAL VERNIETIG. (Sien die waarheid oor die hel).

15. Die Aarde Word Vernuwe En Die Heiliges Lewe VEREWIG!! – Die vuur wat God laat neerdaal op die bose het ‘n dubbele doel. Eerstens verslind dit die bose, insluitend Satan self. Tweedens gebruik God hierdie vuur om die Aarde skoon te brand en te vernuwe. In Noag se dag is die Aarde gereinig en vernuwe deur water. Hierdie keer gaan die Aarde vernuwe word deur vuur … Openbaring 21:1 … “En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.” So, die Aarde word nuut gemaak en die heiliges lewe vir ewig saam met Christus waar sonde nie meer is nie! Prys die HERE!

New_Heaven2.jpg

Hierdie is die eindtyd gebeure, die Bybel profesieë, wat nog vervul moet word. Soos ons in die begin genoem het kan ons nie duidelike eindtyd tydlyne verskaf nie want ons weet nie hoe lank hierdie eindtyd gebeure sal duur nie. Die een ding wat ons wel verseker KAN sê is dat wanneer die merk van die dier afgedwing word, dan weet ons ons lewe in die heel laaste dae, net voor die wederkoms van Jesus en die einde van die wêreld, soos ons dit nou ken.

Slide1.PNG

Profetiese terugblik asook chronologie van laaste dae gebeure

(KLIK op die prent om 'n duideliker een af te laai)

Ons gebed is dat jy elk van die genoemde eindtyd gebeure sal bestudeer en die waarheid sal soek met jou hele hart. Jesus is oppad! Hou aan om te waak, te wag en God te dien vanuit jou hele hart, siel, verstand en krag.

Gaan na een van die volgende studies:

 

bottom of page