top of page

OPENBARING SE SEWE SEëLS, STEPHEN BOHR

(Engelse video studies)


Openbaring se sewe seëls (Open 6:1 - 8:1) is lank reeds 'n onderwerp van lewendige en passievolle bespreking onder gelowiges, en die wêreld in die algemeen.

Wat beteken die 7 Seëls? Moet ons dit letterlik of simbolies verstaan? Watter beginsels moet ons toepas om hul ware betekenis te verstaan?

In die ANKER studie klas word 'n hele week gewy om die betekenis van die seëls te verstaan deur die toepassing van die historiese metode van profetiese uitleg. Nie net word die sewe seëls bestudeer nie maar ook die wonderlike inleiding visie van hoofstuk vier en vyf, asook die profetiese tussenspel van Openbaring hooftuk 7. Antwoorde op vrae soos die volgende sal beantwoord word:

 

  • Watter beginsels moet ons toepas met die bestudering van die sewe seëls?

  • Stel hoofstuk vier en vyf die oordeels tonele voor wat in 1844 begin het of verwys dit na Christus se inhuldiging tydens Sy hemelvaart?

  • Wie is die vier lewende wesens en die 24 Ouderlinge?

  • Wat verteenwoordig die vier perde en hoekom is hulle verskillende kleure?

  • Wie is die siele wat uitroep van onder die altaar?

  • Moet ons die groot aardbewing en die tekens in die son, maan en sterre letterlik verstaan?

  • Wie is die 144,000 en wanneer sal hulle leef? Is die getal letterlik of simbolies?

  • Wat is die half-uur van stilte in die hemel wanneer die sewende seël oopgemaak word?

  • Wat is die betekenis van die sewe seëls vir my persoonlik in my wandel met Christus?


Jy kan die Engelse Studie Notas aankoop deur op hierdie skakel te klik
 

bottom of page