top of page
Voorwoord_banier.jpg

OOR ONS -

 

Weereens Welkom! Ons is 'n self ondersteunende Internet bediening wat noodsaaklike Bybel waarhede deel met die Afrikaner gemeenskap. Ons glo dat die wederkoms van Jesus Christus naby is. Ons vorm deel van die Protestantse beweging wat teen die ware Antichris-dier sisteem protesteer net soos die Hugenote van ouds. Ons staan vir die Bybel Alleen, Genade Alleen, Geloof Alleen, Christus Alleen en Heerlikheid aan God Alleen.

 

Wat Ons Glo -

 

Ons glo die Bybel is waarlik die geinspireerde Woord van God en dat dit die enigste autoriteit is waarop ons ons geloof en doktrines moet baseer. God se Woord in die Bybel is bo enige "kerk" of wêreld leier en moet gebruik word vir alle leering, doktrines, weerlegging en instruksie. Ons glo dat Christus Jesus die eniggebore Seun van God is, en dat Hy sy verhewe posisie in die hemelse koninkryk opgegee het en na die wêreld gekom het as volledige mens, gebore in die vlees om te betaal die prys vir ons sondes van die verlede. Dit is slegs deur ware berou en te glo in die offer van Christus dat ons sondes vergewe kan word. En omdat Christus 'n perfekte lewe van gehoorsaamheid tot Sy Vader in die hemel gelewe het, kan ons kom na die Vader deur Christus Jesus, Sy enig Gebore Seun. Ons glo dat ons slegs gered word deur die vry gawe van genade wat God ons geskenk het, en nie deur ons werke nie. Maar, ons glo dat 'n ware gelowige in Christus gehoorsaamheid tot God se Wette en Woord sal voortbring en 'n ware gelowige sal goeie werke voortbring uit liefde vir Hom. Ons glo dat as ons elke dag saam met Jesus wandel, dan sal Hy sy Heilige Gees stuur om ons te lei en te help om in Sy voetspore te volg en 'n heilige toegeweide lewe te leef.

 

Ons glo dat AL die tekens van die eindtye, soos in die Bybel gegee, in ons generasie tot vervulling gaan kom. En dat die finale gebeure van Bybelse profesie spoedig gaan plaasvind, en dat die tweede koms van Christus Jesus in ons leeftyd gaan plaasvind. Meer oor wat ons glo.

Kopiereg -

 

Christus Jesus is die Eienaar van al die inligting op hierdie Web blad, daarom kan ons nie kopiereg daarop eis nie. U is vry om enige inligting op hierdie blad vir persoonlike gebruik te gebruik. Sou U enige van hierdie inligting op 'n Web blad sou publiseer vra ons U om ons Web blad te noem. Dankie.

 

Kontak Besonderhede -

 

Jy kan ons kontak deur 'n epos te stuur aan: eindtydgebeure@gmail.com

Algemene Terugvoer -

Kontak

Thanks! Message sent.

Skyn.jpg
bottom of page