top of page

10 DAE VAN GEBED 2025

 

INLEIDING

 

Welkom by die Tien Dae van Gebed 2025! Ons glo dat gebed die begin van herlewing is. Die Here het soveel wonderwerke in die afgelope jare gedoen terwyl ons Hom saam gesoek het in gebed en vas. Die Heilige Gees het mense tot bekering gebring, hernude passie vir evangelisasie het ontstaan, kerke het herleef en verhoudings is genees.

 

Hier is 'n paar getuienisse van die vorige jaar:

  • “Gedurende hierdie jaar se Tien Dae van Gebed het ons Almagtige God soveel ontsagwekkende wonderwerke gedoen. . . . In die omgewing van een van ons kerke is daar al byna twee jaar lank geen elektrisiteit nie. . . . Die leraar was geïnspireer om die kerk te vra om elke oggend te bid tydens die Tien Dae van Gebed, sodat die elektrisiteitsverbinding herstel kon word. Daardie gebed is verhoor tot eer van God. (P.C.O.)

  • [Gedurende Tien Dae van Gebed] was daar hernieude toewyding, motivering, ywer en opregtheid onder God se kudde. Persoonlik het ek dit verfrissend gevind, en selfs meer so tydens die hoogtepunt met 'n vrugbare nag van gebed! Ons het meer van sulke wonderlike sessies nodig wat ons nader aan die voete van Jesus bring. (E.A.)

  • My toewyding om die Bybel te lees en tyd aan gebed te spandeer, was nie vantevore so ernstig vir my nie. Na die Tien Dae van Gebed het ek my houding oor gebed grootliks verander. Ek het meer tyd in gebed begin spandeer, God geprys, vir ander gebid en die Bybel gelees. Ek het hoë bloeddruk gehad, maar my lesings het sedertdien verlaag. Al my dank aan die Almagtige. (H.R.)

  • Tydens Tien Dae van Gebed het almal gebid vir een van die susters wat 'n werksonderhoud gehad het. Sy is die pos aangebied—'n pos wat die hoogste kwalifikasies vereis het, maar die pos is vir haar aangebied. Ons was verbaas oor wat God gedoen het, nadat sy baie jare moes sukkel en wag. Hoeveel keer het ons al gebid? Ons kan nie tel nie. Ek wil elkeen aanmoedig om aan te hou bid, want ons gebede sal nie tevergeefs wees as ons glo nie. (L.B.)


Het God se stem jou tot herlewing geroep? Die Bybel is vol beloftes vir jou:

  • “As my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulleself sal verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees” (2 Kronieke 7: 14).

  • “En julle sal My soek en vind as julle na My soek met julle hele hart” (Jeremia 29:13).

  • “En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Joël 2:32).

  • “Nader tot God en Hy sal tot julle nader” (Jakobus 4:8).

  • Kyk, ek staan by die deur en klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom en saam met hom maaltyd hou, en hy met My” (Openbaring 3:20).

 

Waar jy jou ook al in jou lewe bevind, God is nader as wat jy dink. Hy wil Sy seëninge op jou gesin, jou kerk, jou gemeenskap en jou wêreld uitstort

Ons Gebedstema: Maar wanneer jy bid...
Hierdie jaar is ons daaglikse lesings voorberei deur Dr. Pavel Goia, redakteur van die tydskrif “Ministry”. Hy gebruik stories uit sy eie bediening om die Onse Vader en ander leringe van Jesus te verken. Volg saam terwyl hy die dieper en geestelike betekenis van bekende reëls uitlê. Wat beteken dit om God se naam te "heilig"?


Hoe lyk God se koninkryk hier op aarde? Hoe kan vergifnis van ander ons verhouding met God verander? En lei God mense ooit in versoeking?


Of jy nou reeds 'n leeftyd lank bid of net 'n paar dae gelede begin bid het, hierdie storie-gevulde lesings sal jou gevoel van behoefte en begeerte wakker maak om Jesus elke dag op jou knieë te ontmoet. Lees bedagsaam en hou jou Bybel byderhand. En indien moontlik, soek 'n groep gelowiges om saam mee te bid gedurende hierdie tien dae. Wanneer twee of drie in die Naam van Jesus bymekaarkom, gebeur wonderwerke!

Voorgestelde riglyne vir gebedstye

  • Hou jou gebede kort—net 'n sin of twee oor een onderwerp. Gee ander dan 'n beurt. Jy kan soveel keer bid as wat jy wil, doen dit net soos jy in 'n gesprek sal praat.

  • Moenie bang wees vir stilte nie, want dit gee almal tyd om na die Heilige Gees te luister.

  • Om saam liedere te sing soos die Gees lei, is ook 'n groot seën. Jy het nie ’n klavier hiervoor nodig nie; om acapella te sing is goed.

 

Eerder as om waardevolle gebedstyd te gebruik om oor jou gebedsversoeke te praat, bid eenvoudig eerder daaroor. Dan kan ander ook vir jou versoeke bid en beloftes vir wat jy benodig op eis.

Eis die beloftes
Dit is ons voorreg om God se beloftes in ons gebede op te eis. Al Sy gebooie en raad is ook beloftes. Hy sou nooit iets van ons vra wat ons nie in Sy krag kan doen nie.


Dit is so maklik om op ons behoeftes, ons probleme, ons uitdagings te fokus—en om te kerm en te kla oor ons situasie wanneer ons bid. Dit is nie die doel van gebed nie. Gebed is bedoel om ons geloof te versterk. Daarom moedig ons jou aan om God se beloftes in jou gebedstyd op te eis. Haal jou oë van jouself en jou swakhede af en kyk na Jesus. Deur Hom te aanskou, word ons verander na Sy beeld.


Ellen White gee hierdie aanmoediging: “Elke belofte in die Woord van God is vir ons. Bied in jou gebede die belofte van Jehova aan en maak deur geloof aanspraak op Sy beloftes. Sy woord is die versekering dat as jy in geloof vra, jy alle geestelike seëninge sal ontvang. Hou aan om te vra, en jy sal meer as alles ontvang wat jy vra of dink” (In Heavenly Places, bl. 71 Vry Vertaal).


Hoe kan jy aanspraak maak op Sy beloftes? Wanneer jy byvoorbeeld vir vrede bid, kan jy Johannes 14:27 op eis en sê: “Here, U het vir ons in u Woord gesê: ‘Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.’ Gee my die vrede wat U beloof het om by ons te laat.” Dank die Here dat Hy vir jou vrede gee, al voel jy dit dalk nie dadelik nie.

Vas
Ons moedig u aan om gedurende hierdie tien dae 'n Daniël vas te doen. Om die jaar te begin met gebed en vas is 'n wonderlike manier om ons lewens aan God toe te wy vir die komende jaar. Ellen White sê vir ons, “Nou en verder tot die einde van die tyd moet die volk van God ernstiger wees, meer wakker, nie vertroue in hul eie wysheid nie, maar op die wysheid van hul Leier. Hulle moet dae opsy sit vir vas en gebed. Volledige onthouding van kos hoef nie vereis te word nie, maar hulle moet spaarsamig eet van die eenvoudigste kosse” (Counsels on Diet and Foods, pp. 188, 189, Vry Vertaal).


Ons weet van Daniël, wat tien dae lank vrugte en groente geëet het. Ons moedig jou ook aan om gedurende hierdie tien dae 'n baie eenvoudige diëet aan te neem. As ons ‘n helderder verstand wil hê om God se stem te hoor, en as ons nader aan Hom wil kom, moet ons seker maak dat ons diëet ons nie verhinder nie.


Vas gaan nie net daaroor om ons van kos te onthou nie. Ons moedig jou ook aan om van TV, flieks, rekenaarspeletjies en selfs Facebook, YouTube en ander sosiale media te vas. Soms kan dinge wat op sigself nie sleg is nie, soveel van ons tyd in beslag neem. Sit alles moontlik opsy sodat jy meer tyd kan hê om saam met die Here tyd deur te bring.


Vas is nie 'n vinnige manier om 'n wonderwerk van God te verkry nie. Vas gaan alles daaroor om onsself te verootmoedig sodat God in ons is om deur ons te kan werk. Kom ons nader Hom deur gebed en vas, en Hy sal nader aan ons kom.

Heilige Gees
Maak seker dat u die Heilige Gees vra om u te wys waarvoor u in 'n spesifieke persoon se lewe of in 'n spesifieke situasie moet bid. Die Bybel sê vir ons dat ons nie weet waarvoor om te bid nie en dat die Heilige Gees die Een is wat vir ons intree.


“Ons moenie net in die Naam van Christus bid nie, maar ook deur die ingewing van die Heilige Gees. Dit verduidelik wat bedoel word met die woorde: ‘Die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge’ (Romeine 8:26). Dit verheug die Here om sulke gebede te verhoor. Sulke gebede verhoor God graag. Wanneer ons met erns en intensiteit 'n gebed in die naam van Christus bid, is daar juis in daardie intensiteit 'n belofte van God dat Hy op die punt staan om ons gebed te beantwoord 'wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink' (Efesiërs 3:20).” (Gelykenisse van Christus, bl. 147, beklemtoning verskaf).

Geloof
Ons lees in die Gees van Profesie dat "gebed en geloof sal doen wat geen krag op aarde kan doen nie" (The Ministry of Healing, bl. 509 Vry Vertaal). Ons word ook vertel dat “om enige gawe wat Hy belowe het, kan ons vra; dan moet ons glo dat ons ontvang en God daarvoor dank dat ons dit sal ontvang het” (Opvoeding, p. 258).


Maak dus 'n gewoonte daarvan om God vooraf deur geloof te dank vir wat Hy gaan doen en hoe Hy jou gebede gaan beantwoord.

Bid vir ander
Gedurende hierdie tien dae moedig ons u aan om konsekwent te bid vir die mense wat God in u lewe geplaas het. Kies vyf tot sewe mense—hulle kan familie, vriende, kollegas, bure of bloot kennisse wees. Neem tyd om vir God te vra vir wie Hy wil hê u moet bid. Vra Hom ook om vir jou 'n werklike las vir hierdie mense te gee.


Skryf die name op ’n stukkie papier en hou dit op ’n prominente plek, soos in jou Bybel. U sal verbaas wees oor hoe God werk in reaksie op u gebede!

Uitreik uitdaging vir die tien dae van gebed
Jesus roep ons om nie net te bid nie, maar ook om in die praktiese behoeftes van diegene rondom ons te voorsien. “Want Ek was honger en julle het My te ete gegee; Ek was dors en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling en julle het My herberg gegee; Ek was naak en julle het My geklee; Ek was siek en julle het My besoek; in die gevangenis was ek en julle het na My toe gekom” (Mattheus 25:35, 36).


In die Ministry of Healing lees ons: "Ons moet 'n tweeledige lewe lei - 'n lewe van denke en dade, van stille gebed en ernstige werk" (p. 512 Vry Vertaal). Ons het soveel liefde van ons Verlosser ontvang en ons het die voorreg om daardie liefde met vriende, bure en vreemdelinge in nood te deel.


Vra God hoe u en u kerk ander kan dien tydens en na die Tien Dae van Gebed. Terwyl u werk om diensaktiwiteite te organiseer, moenie toelaat dat die reëlings u aandag aflei om u gebede na te laat nie.


“Persoonlike inspanning vir ander moet deur baie gebed voorafgegaan word; want dit verg groot wysheid om die wetenskap van die redding van siele te verstaan. Voordat u met mense kommunikeer, kommunikeer met Christus. Verkry by die Troon van Genade 'n voorbereiding om die volk te bedien” (Prayer, bl. 313 Vry Vertaal).


In die aanlyn tien dae van gebed hulpbronne, sal u 'n dokument met dosyne uitreik idees vind. Jesus nooi u uit om Sy hande en voete te wees vir 'n wêreld in nood!

Meer oor die skrywer
Pavel Goia, DMin, is 'n geordende predikant, openbare spreker en redakteur. Hy het sy pad na die bediening in sy tuisland Roemenië begin. Pavel en sy lieflike vrou, Daniela, het saam met hul twee seuns na die Verenigde State verhuis om Pavel se opleiding vir die bediening voort te sit. Hy het vervulling gevind in die feit dat hy 'n leraar van verskeie gemeentes in Roemenië en die Verenigde State was, en het deur die wêreld gereis om oor gebed en ander onderwerpe te praat. Hy was die onderwerp van een boek, “One Miracle After Another: The Pavel Goia Story” en is die skrywer van baie artikels en 'n boek, “In the Spirit and Power”. Pavel is tans 'n mede-ministeriële sekretaris vir die Wêreld Konferensie van Sewendedag Adventiste en hoofredakteur vir die tydskrif “Ministry, International Journal for Pastors”. Hy hou daarvan om soveel tyd as moontlik saam met sy dierbare vrou, Daniela, hul twee seuns, vier kleinkinders en sy getroue hond deur te bring.

Nag van Gebed
Oorweeg dit om 'n deurnag gebedsdiens te hou as deel van die Tien Dae van Gebed. U kan byvoorbeeld om 18:00 begin en eindig om 06:00. Kies 'n skedule wat geskik is vir u groep.

Waarom 'n nag van gebed?
Daar is niks “heilig” daarin om wakker te bly en die hele nag te bid nie. Die nag kan egter die enigste tyd wees wanneer mense nie besig is of haastig is nie. Ons glo dat u doel nie moet wees om die hele nag wakker te bly nie maar om te bid so lank as wat nodig is en totdat u gebid het vir alles waarvoor u voel God wil hê u moet bid.


Ons stel voor dat verskeie mense betrokke is en leiding neem. Maak seker dat u 'n paar rustye het gedurende die aand. As 'n leier kan u die atmosfeer aanvoel en weet wanneer 'n blaaskans nodig is en wanneer u moet aanbeweeg na die volgende deel van gebed. U kan ook die lees van Bybelgedeeltes in julle gebedstyd insluit. U sal dalk al die voorgestelde items wil navolg of net sommige daarvan, afhangende van wat die beste vir u groep is. Verander gerus die volgorde.

Moontlike formaat vir Nag van gebed
Begin met 'n sessie van lofprysing. Prys God in u gebede en ook deur liedere.


Neem tyd vir belydenis van sonde, maak seker dat niks God verhinder om u aan te hoor nie. Gee mense tyd vir private belydenis en gee 'n tyd vir korporatiewe belydenis. Moedig die mense aan om privaat sondes privaat te bely en om slegs die openbare sondes in die openbaar te bely. In Daniël 9:1-19 lees ons van Daniël, wat voorbidding gedoen het en die sondes van God se volk in die openbaar bely het.


Bid vir die behoeftes van mense wat by die gebedsbyeenkoms is. So baie mense het seer of het gebed nodig, of ken iemand anders wat dringend gebed nodig het. Maak 'n sirkel, sit 'n stoel in die middel, en nooi diegene wat 'n spesiale gebedsversoek het om een vir een te kom en hul versoeke te deel. Kom dan rondom die persoon bymekaar en laat twee of drie mense bid vir die persoon se spesifieke behoefte en om op God se beloftes aanspraak te maak.


Verdeel die groep in twee. Laat die dames in een kamer bid (met 'n vroulike leier) en die mans in 'n ander kamer (met 'n manlike leier). Baie persoonlike behoeftes kan en moet nie met almal gedeel word nie. Dit is makliker om met diegene van dieselfde geslag versoeke te deel.


Nadat julle weer bymekaar gekom het, bid vir behoeftes in julle gemeenskap en kerk. Neem ook tyd vir wêreldkerk gebedsversoeke (gelys in 'n aparte dokument in die Tien Dae van Gebed-materiaal).


Moenie voel dat u deur die hele lys moet jaag nie. U wil dalk in klein groepies verdeel en elke groep laat bid vir 'n deel van die lys

  • Bid vir die lys van vyf tot sewe mense vir wie u gedurende hierdie Tien Dae van Gebed wil bid.

  • Kies 'n Bybelgedeelte en bid daardeur.

  • Sluit die biduur af met nog 'n sessie van lofprysing en danksegging


Uitreik uitdaging vir Tien Dae van Gebed
Jesus roep ons nie net om te bid nie, maar ook om in die geestelike en fisiese behoeftes van diegene rondom ons te voorsien. “Want Ek het honger gehad en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling en julle het My herberg gegee; Ek was naak en julle het My geklee; Ek was siek en julle het My besoek; in die gevangenis en julle het na My gekom” (Mattheus 25:35, 36).

In die Ministry of Healing lees ons: "Ons moet 'n tweeledige lewe lei - 'n lewe van denke en dade, van stille gebed en ernstige werk" (p. 512 Vry Vertaal). Ons het soveel liefde van ons Verlosser ontvang, en ons het die voorreg om daardie liefde met vriende, bure en vreemdelinge in nood te deel.


Vra God hoe u en u kerk ander kan dien na die Tien Dae van Gebed. Terwyl u werk om die diensaktiwiteite te organiseer, moenie toelaat dat die reëlings u aandag aftrek om te bid nie.


“Persoonlike inspanning vir ander moet deur baie private gebed voorafgegaan word; want dit verg groot wysheid om die wetenskap van die redding van siele te verstaan. Voordat u met mense kommunikeer, kommunikeer eers met Christus. Verkry by die troon van hemelse genade 'n voorbereiding om die volk te bedien” (Prayer, bl. 313 Vry Vertaal).

Hier is 'n paar maniere om ander te help. Kies wat ook al die behoeftes van u gemeenskap aanspreek, en voeg gerus u eie idees by.

  1. Nooi 'n buurman/medewerker na 'n sosiale byeenkoms.

  2. Kook 'n maaltyd vir iemand wat siek was.

  3. Gee kos aan 'n hawelose persoon.

  4. Skenk klere wat jy graag aan jouself sal wil skenk.

  5. Neem 'n bejaarde aan. Besoek die persoon op 'n gereelde basis en help met takies, inkopies, kook of tuinwerk.

  6. Bak 'n brood en deel 'n brood met 'n buurman.

  7. Help met buurtprojekte.

  8. Bied aan om by 'n siek of gestremde persoon te bly sodat hul oppasser iets anders kan doen.

  9. Stel jouself voor aan nuwe bure deur vir hulle 'n maaltyd te neem. Laat hulle welkom voel in die buurt.

  10. Koop kruideniersware en lewer dit af by 'n behoeftige gesin.

  11. Skenk jou ou bril.

  12. Bied aan om 'n Bybelstudie te gee.

  13. Besoek mense in ouetehuise.

  14. Gee 'n bietjie "kos" geld vir 'n student.

  15. Versamel klere vir behoeftiges. Jy kan dalk 'n klerebank by u kerk begin om met ander te deel.

  16. Skenk jou ou skootrekenaar of ander elektronika.

  17. Skenk 'n gebruikte motor.

  18. Organiseer 'n "Gesondheids-ekspo."

  19. Organiseer 'n evangelisasie reeks.

  20. Bel jou bure en vra hoe dit met hulle gaan.

  21. Gee vir iemand 'n boek wat jy dink hulle sal wil hê.

  22. Deel GLOW-traktate uit (beskikbaar by: http://www.glowonline.org/).

  23. Nooi iemand om Jesus aan te neem.

  24. Hou 'n kookskool.

  25. Deel boeke uit oor Bybelse onderwerpe.

  26. Neem kos na iemand wat 'n geliefde verloor het.

  27. Besoek iemand in die hospitaal om hulle aan te moedig of op een of ander manier te help.

  28. Lees vir 'n bejaarde persoon.

  29. Besoek ’n kinderhuis en bied jou hulp aan.

  30. Begin 'n naaldwerk/brei/hekelgroep om klere te maak om weg te gee.

  31. Lees die Bybel hardop vir iemand wat nie kan sien of lees nie.

  32. Hou 'n jeug aand by jou huis.

  33. Werk vrywillig by 'n skuiling vir mishandelde persone.

  34. Skenk 'n paar boeke aan 'n kinderhuis of skuiling.

  35. Neem kinders uit jou kerk om 'n tehuis vir bejaardes te besoek. Bied 'n program vir hulle aan.

  36. Beplan en bied 'n prettige dag aan vir kinders met spesiale behoeftes en hul gesinne.

  37. Hou 'n gemeenskap skoon maak dag.

  38. Begin 'n gesonde leefklub in jou kerk. Nooi vriende en bure.

  39. Vra iemand of hulle saam met jou 'n video met 'n geestelike boodskap wil kyk. Terwyl julle saam kyk, bid dat die Heilige Gees tot die persoon se hart sal praat.

  40. Ontwerp jou eie projek.


Vir meer hulpbronne oor getuieniswerk, besoek www.revivalandreformation.org/resources/witnessing

Bybel beloftes om op te eis in gebed
(Alle Skrifte geneem uit 1933/53 Afrikaanse Vertaling)

Beloftes vir die Heilige Gees

  • “Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ‘n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.” Sagaria 10:1

  • “As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?” Lukas 11:13

  • “maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Johannes 14:26

  • “en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” Johannes 16:8

  • “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” Johannes 14:12-14

  • “Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.” Sagaria 4:6


Beloftes dat God gebed beantwoord

  • “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.” Johannes 15:7

  • “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Hebreërs 4:16

  • “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.” Markus 11:24

  • “en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” Psalm 50:15

  • “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Matthéüs 18:20

  • “En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.” Matthéüs 21:22

  • “En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen." Johannes 14:13-14

  • “En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” Johannes 16:23-24

  • “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.” 1 Johannes 5:14-15


Beloftes oor God se krag

  • “Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor ‘n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ‘n seun hê.” Genesis 18:14

  • “Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” Exodus 14:14

  • “Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.” Markus 10:27

  • “Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.” 1 Thessalonicense 5:24

  • “Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.” Job 42:2

  • “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?” Romeine 8:31-32

  • “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?” Numeri 23:19

  • “Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” Jesaja 40:28-31


Beloftes van God se leiding

  • “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.” Josua 1:9

  • “En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.” Genesis 28:15

  • “Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.” Exodus 23:20

  • “Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.” Deuteronomium 4:29

  • “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” Jeremia 33:3

  • “Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ‘n gelykte en die rotsagtige plekke ‘n laagte word. En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.” Jesaja 40:4-5

  • “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” Psalm 32:8

  • “En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.” Deuteronomium 31:8

  • “Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.” Psalm 25:12

  • “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.” Spreuke 3:5-6

  • “en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag. En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.” Jesaja 58:10-11

  • “En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.” Jesaja 65:24


Beloftes vir n veranderde hart

  • “En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.” Jeremia 24:7

  • “En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.” Deuteronomium 30:6

  • “En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.” Eségiël 36:26

  • “omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” Filippense 1:6

  • “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” 2 Korinthiërs 5:17

  • “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Galasiërs 2:20

  • “En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.” 1 Thessalonicense 5:23-24


Beloftes vir Vergifnis

  • “en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” 2 Kronieke 7:14

  • “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.” Psalm 86:5

  • “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.” Markus 11:25

  • “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.” Efesiërs 4:32

  • “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Johannes 1:9

  • “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” Jesaja 1:18

  • “Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.” Jesaja 43:25

  • “En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” Jeremia 31:34

  • “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,” Efesiërs 1:7


Beloftes vir oorwinning oor sonde

  • “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.” 1 Johannes 5:4

  • “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.” Romeine 8:37

  • “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.” 1 Korinthiërs 15:57

  • “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.” Jesaja 41:10

  • “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.” Efesiërs 6:16

  • “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Galasiërs 2:20

  • “want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” Filippense2:13

  • “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;” Galasiërs 5:16

  • “En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle!” Romeine 16:20

  • “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Romeine 12:2

  • “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.” 1 Johannes 2:15


Beloftes vir Gesondmaking

  • “As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.” Exodus 15:26

  • “Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.” Deuteronomium 33:25

  • “Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend." Psalm 103:2-5

  • “Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.” Spreuke 3:7-8

  • “Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Jesaja 53:3-5

  • “Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.” Jeremia 17:14

  • “Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.” Jeremia 30:17

  • “Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar ‘n oorvloed van duursame vrede.” Jeremia 33:6

  • “Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.” Maleagi 4:2

  • Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.” Jakobus 5:14-15


Beloftes vir krag om God se will te gehoorsaam

  • “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2 Korinthiërs 4:16-18

  • “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” Galasiërs 6:9

  • “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Filippense 4:13

  • want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” Filippense 2:13

  • En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” 2 Korinthiërs 12:9


Beloftes om God se getuies te wees

  • Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar ‘n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.” Jesaja 44:8

  • Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.” Jesaja 60:1

  • En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,” 2 Korinthiërs 5:18

  • Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.” Jeremia 1:7

  • maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Handelinge 1:8

  • Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,” 1 Petrus 2:9

  • Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;” 1 Petrus 3:15


Sabbatsviering
Beplan die laaste Sabbat van die Tien Dae van Gebed om God se goedheid en magtige dade te vier.


Deel met ander hoe u die krag van gebed en die waardevolle geestelike insigte wat u ontvang het gedurende die afgelope tien dae ervaar het. Wees bly oor wat God gedoen het, doen en sal doen. Die behoeftes van elke gemeente is uniek, so werk asseblief saam met u plaaslike leiers om 'n spesifieke plan vir u kerk te ontwikkel. Hier is 'n paar moontlike items om in jou finale Sabbat kerkdiens in te sluit.

Tema:

Maar wanneer jy bid . . . (Gebedsbeginsels van Jesus)

Tema Vers:
En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.” Lukas 11:1


Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” Mattheus 6: 9-13

Moontlike Liedere

  • Adventlofliedere 250 As Vrede My Pad Hier Op Aarde Verlig,

  • SDA Hymnal 530 It Is Well with My Soul

  • Adventlofliedere 247 Leef Uit U Lewe In My,

  • SDA Hymnal 316 Live Out Thy Life Within Me

  • SDA Hymnal 251 He Lives, SDA Hymnal 518 Standing on the Promises

  • SDA Hymnal 290 Turn Your Eyes Upon Jesus


Preek idees:
Laat 'n leraar, ouderling of gebedsleier 'n kort preek lewer oor hoe ons die beginsels van die Onse Vader kan uitleef.
[OF]
Laat die Tien Dae van Gebed-deelnemers om die beurt 1 of 2-minuut-opsommings vir elk van die 10 daaglikse gebedsgidse aanbied. Deel die titel, die hoofvers en 'n sleutelgedagte. (Beplan vooruit sodat die opsommings binne 1-2 minute klaar is. (Vir die meeste mense is een minuut 125-150 gesproke woorde.)
[OF]
Kort praatjies oor 'n verwante tema: Kry drie lede van verskillende ouderdomme om kort praaitjies (5–7 minute) oor 'n gekose tema te hou, soos die Onse Vader of gebedsverhale uit die Bybel.

Sluit af met 'n oproep op luisteraars om hul Christelike wandel meer Christus-gesentreerd, Bybels en betekenisvol te maak, gebaseer op die deugde en waardes in die Tien Dae van Gebed-lesings.


Ander program idees:
Lidmaat getuienis van verhoorde gebede, klein groepie bidure, aankondiging van toekomstige gebeds- of diensaktiwiteite, kinderverhaal, spesiale musiek keuses, ens.

Wêreldkerk Gebedsversoeke

  1. Here, laat asseblief 'n magtige herlewing van primitiewe godsaligheid U kerk oorspoel in hierdie laaste dae. Mag ons staan vir waarheid al val die hemele. Laat hierdie herlewing by my begin.

  2. Here, wys ons hoe om konsekwent te wees in ons daaglikse aanbidding, individueel en as 'n gesin.

  3. Here, maak ons oë oop vir die afleidings in ons lewens. Die dinge wat ons daarvan weerhou om heeltemal op U te fokus. Gee ons onverdeelde harte vir aanbidding.

  4. Here, help ons om U toe te laat om ons elke oggend wakker te maak, maak nie saak hoe vroeg nie, sodat ons genoeg tyd in U Woord en gebed kan hê.

  5. Ons bid dat U ons sal help om na U toe te kom soos ons is, met al ons gevoelens, ons onvolmaakthede, ons sondes en ons behoeftes, en sal toelaat dat U ons liefhet, en ons weer in die persone verander waarna U smag ons moet wees.

  6. Here, leer ons hoe om te pleit vir 'n daaglikse doop met die Heilige Gees.

  7. Ons bid vir die laat reën van die Heilige Gees om ons getuienis te bemagtig en ons in staat te stel om die werk wat God ons gegee het, te doen en te voltooi voor die wederkoms.

  8. Wys ons hoe om ons gesinne lief te hê en hoe om hulle dissipels vir die Koninkryk te maak, begin by ons eie kinders en geliefdes.

  9. Ons bid vir wysheid om God se Woord te ondersoek, te verstaan en te volg. Leer ons om die woorde van die waarheid reg te verdeel en dit getrou met ander te deel.

  10. Here, hernu asseblief ons waardering vir die geïnspireerde geskrifte van Ellen G White.

  11. Ons bid vir godsdiensvryheid en gewetensvryheid regoor die wêreld. Here, maak asseblief deure oop vir die verkondiging van U Woord in geslote gebiede.

  12. Here, mag U wêreldkerk die oproep aanvaar om die Drie Engele se boodskappe aan elke nasie,stam en taal te verkondig. Wys ons hoe om al hierdie leringe te fokus op die liefde en geregtigheid van Christus.

  13. Here, help ons om vir ons jeug en jongmense voorbeelde te wees hoe om die Drie Engele se boodskappe uit te leef.

  14. Here, mag Adventiste wêreldwyd “Ek sal gaan”(”Iwill go”) te verklaar en die oproep aanneem om U te dien en die goeie nuus van verlossing te verkondig. Ons bid dat Adventiste regoor die wêreld praktiese hulp en aanmoediging sal bied aan diegene wat swaarkry. Gee ons moed, kreatiwiteit en 'n onselfsugtige gees wanneer ons bure ons die nodigste het.

  15. Ons bid dat mediese beroepslui, wetenskaplikes, regeringsleiers en openbare gesondheidsbeamptes wysheid sal hê vir die baie besluite wat hulle moet neem.

  16. Ons bid dat Adventiste regoor die wêreld praktiese hulp en aanmoediging sal bied aan diegene wat swaarkry.

  17. Ons bid vir diegene wat finansieel geraak word deur werkverliese en die veranderende ekonomie.

  18. Here, wys asseblief vir ons kerklede hoe om diegene te help wat met geestesgesondheidskwessies of isolasie sukkel.

  19. Ons bid vir leraars en kerke om maniere te vind om kerklidmate aktief saam te laat bid. Here, trek asseblief U kerk nader aan mekaar in aanbidding en diens.

  20. Ons bid vir 'n geestelike herlewing onder Sewendedag Adventiste jongmense wat kolleges en universiteite wêreldwyd bywoon. Mag hulle lewendige ambassadeurs vir Christus word.

  21. Ons bid vir die 69 persent van die wêreld se bevolking wat nog nie 'n suiwere verkondiging van U woord ontvang het nie.

  22. Ons bid vir die 62 miljoen mense in die 28 minste bereikte stede van die voormalige Sowjet Unie (Euro-Asië Divisie).

  23. Ons bid dat God sendelinge sal roep wat bereid is om onder die 746 mense groepe in die 20 landevan die Midde-Ooste te werk.

  24. Ons bid vir 'n magtige oplewing van Adventiste wat God sal dien deur ander lief te hê en met mense van ander kulture en gelowe te werk.

  25. Here, rig asseblief hedendaagse Waldense studente op wat bereid is om U op moeilike plekke te dien.

  26. Ons bid vir Adventiste lidmate wat vervolging of tronkstraf in die gesig staar as gevolg van hulle oortuigings en geloof.

  27. Ons bid dat die 202 miljoen mense in die 41 minste bereikte stede van die Suider-Asië-Stille Oseaan-Divisie Jesus sal leer ken.

  28. Ons bid vir die Sabbatskool/Persoonlike Bediening-Departement van elke plaaslike kerk terwyl hulle God se plan soek en uitreik na hul gemeenskappe met liefdevolle diens, Bybelstudie en persoonlike getuienisse.

  29. Ons bid vir Adventist Development and Relief Agency (ADRA) soos hulle in praktiese behoeftes van mense regoor die wêreld voorsien.

  30. Ons bid vir die 16 miljoen mense in die 6 minste bereikte stede van die Suid-Stille Oseaan-Divisie.

  31. Ons bid dat die Heilige Gees ons sal help om te weet hoe om die 406 miljoen mense in die 105 minste bereikte stede van die Noord-Asië-Stille Oseaan-Divisie te bereik.

  32. Here, seën asseblief terwyl Adventiste Kapelaans bedieninge kapelane en belangstellende lede mobiliseer om mense in die tronke te bedien.

  33. Here, ons bid vir ons Sabbatskool onderwysers. Laat hulle verstaan hoe belangrik hul werk vir ons kinders is.

  34. Here, ons soek u leiding vir die vele Sentrums van Invloed, gesondheid en gesinsprogramme, en Baanbreker-klubs regoor die wêreld.

  35. Here, wys ons asseblief hoe om meer waarheid-gevulde lektuur (gedruk en elektronies) in ons gemeenskappe in te stuur. Ons bid dat mense dit sal lees en dat die Heilige Gees hulle sal oortuig van Bybelwaarhede.

  36. Here, ons vra U beskerming oor sendelinge wat op gevaarlike plekke werk.

  37. Roep litteratuur-evangeliste, studente vrywilligers, skrywers, mediaspesialiste en finansiële ondersteuners om woorde van hoop en lewe te versprei.

  38. Ons bid vir Adventiste skole, studente en onderwysers wêreldwyd. Mag hierdie skole getrou Bybelwaarhede leer en jongmense lei om sending, diens en 'n reddende verhouding met Christus te promofeer.

  39. Here, gee ons wysheid om sekulêre kulture te bereik wat geen belangstelling in godsdiens het nie. Laat U Heilige Gees die mure afbreek wat sekulêre harte omring.

  40. Seën ons terwyl ons uitreik na mense wat verslaaf is deur geesaanbidding, afgodery en animistiese oortuigings. Help ons om hul wêreldbeskouing te verstaan en om hulle aan 'n persoonlike Verlosser bekend te stel.

  41. Here, inspireer asseblief Sewendedag Adventiste regoor die wêreld om te bid soos nog nooit tevore nie. Leer ons om U beloftes op te eis en te verwag dat U berge sal versit wanneer ons bid.

  42. Ons bid vir die 541 mense groepe in die 18 lande van die Suider-Afrika-Indiese Oseaan-Divisie. Lei hulle asseblief na Bybelse waarheid.

  43. Wys ons hoe om in die praktiese en geestelike behoeftes van vlugtelinge te voorsien. Mag ons kerk bekend wees vir ons liefde vir alle mense, maak nie saak wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie.

  44. Ons vra U om stedelike sendelinge te roep om kerke te plant vir die 806 mense groepe in die 20 lande van die Inter-Europese Divisie.

  45. Stel asseblief 'n leër van werkers aan om kerke te plant vir die 948 mense groepe in die 38 lande van die Inter-Amerikaanse Divisie.

  46. Leer ons asseblief hoe om ons fundamentele leerstellings met duidelikheid, kreatiwiteit en Bybelse egtheid te verkondig. Mag die liefde van Jesus die kern wees van alles wat ons glo.

  47. Here, berei asseblief jongmense voor om kerke te plant vir die 789 mense groepe in die 9 lande van die Noord-Amerikaanse Divisie.

  48. Ons vra U om vrywilligers voor te berei om die 70 mense groepe in die Israel-veld te bedien.

  49. Ons vra U om mediese sendelinge te roep om kerke te plant onder die 830 mense groepe in die 11 lande van die Oos-Sentraal-Afrika-Divisie.

  50. Ons vra U om gebedstryders op te rig om in te tree vir die 2 568 mense groepe in die 4 lande van die Suider-Asië-Divisie.

  51. Laat asseblief ons gesinne U liefde in ons huise en gemeenskappe openbaar. Ons vra U om harmonie in huise te bring, gebroke verhoudings te genees, die kwesbares teen mishandeling te beskerm en U heiligmakende krag in oënskynlik hopelose situasies te openbaar.

  52. Ons vra U om verpleegsters en dokters te roep om nuwe kerke te plant onder die 1 978 mense groepe in die 22 lande in Wes-Sentraal-Afrika Divisie.

  53. Ons bid vir die 49 miljoen mense in die 19 minste bereikte stede van die Trans-Europese Divisie.

  54. Ons bid vir ons kinders. Bemagtig hulle asseblief om met vrymoedigheid vir U te staan wanneer hulle struikelblokke en druk teëkom. Help hulle om wyse keuses te maak en vir die waarheid te staan.

  55. Leer ons om Christus se onbaatsugtige voorbeeld te volg deur in die daaglikse behoeftes van mense na aan ons te voorsien. Rus ons toe om as mediese sendelinge, gemeenskapsvrywilligers en behoeftiges te dien.

GAAN NA DIE INHOUDSOPGAWE

bottom of page