BYBELSE RIGLYNE TOT DRANK EN DRONKENSKAP:
1) Genesis 9:20-26 - Noag het dronk geword; die resultaat was onsedelikheid en gesinsprobleme.
2) Genesis 19:30-38 - Lot was so dronk dat hy nie geweet het wat hy doen; dit het tot onsedelikheid gelei.
3) Levitikus 10:9-11 - God het priesters beveel om nie sterk drank te drink nie sodat hulle die verskil tussen wat heilig is en onheilig kan onderskei.
4) Numeri 6:3 - Die Nasireërs is aangesê om niks te eet of drink van die wingerdstok nie.
5) Deuteronomium 21:20 - ’n Dronk seun was hardkoppig en opstandig.
6) Deuteronomium 29:5-6 - God het geen druiwesap aan Israel gegee en ook nie bedwelmende drank in die wildernis nie.
7) Deuteronomium 32:33 - Bedwelmende wyn is soos die gif van slange, die wrede gif van adders.
8) Rigters 13:4, 7, 14 - Simson sou 'n Nasireër wees sy lewe lank. Sy ma is aangesê om nie wyn te drink of sterk drank te gebruik nie.
9) 1 Samuel 1:14-15 - Die beskuldigde, Hanna, het gesê dat sy geen wyn of sterk drank gedrink het nie.
10) 1 Samuel 25:32-38 - Nabal het gesterf na 'n gedrinkery.
11) 2 Samuel 11:13 - Deur Uria dronk te maak het Dawid gehoop om sy sonde te bedek.
12) 2 Samuel 13:28-29 - Amnon was dronk toe hy doodgemaak is.
13) 1 Konings 16:8-10 - Die koning was dronk toe hy vermoor is.
14) 1 Konings 20:12-21 - Ben-Hadad en 32 ander konings het gedrink toe hulle aangeval en verslaan is deur die Israeliete.
15) Ester 1:5-12 - Die koning het aan elkeen al die drank gegee wat hulle wou hê. Die koning was dronk toe hy die koningin beveel het om te kom.
16) Psalm 75:8 - Die Here se toorn word uitgebeeld as gemengde wyn wat deur die goddeloses uitgegooi en gedrink word.
17) Spreuke 4:17 - Alkoholiese drank word die wyn genoem van geweld.
18) Spreuke 20:1 - Wyn is 'n spotter, sterk drank ‘n lawaimaker.
19) Spreuke 23:19-20 - 'n Wyse mens sal nie nie onder die drinkers van alkoholiese drank wees nie.
20) Spreuke 23:21 - Dronkenskap veroorsaak armoede.
21) Spreuke 23:29-30 - Drank veroorsaak wee, hartseer, baklei, gebabbel, ‘n gewonde sonder oorsaak en rooi oë.
22) Spreuke 23:31 - God gee opdrag om nie na bedwelmende drankies te kyk nie.
23) Spreuke 23:32 - Alkoholiese drankies byt soos 'n slang en steek soos 'n adder.
24) Spreuke 23:33 - Alkohol veroorsaak dat die drinker vreemde en owerspelige gedagtes het, dit veroorsaak moedswilligheid, en verhoed hervorming.
25) Spreuke 23:34 - Alkohol maak die drinker onstabiel.
26) Spreuke 23:35 - Alkohol maak die drinker onsensitief vir pyn sodat hy dit nie as 'n waarskuwing ervaar nie. Alkohol is gewoontevormend.
27) Spreuke 31:4-5 - Konings, Prinse en ander wat regeer en regters is moet nie alkohol drink nie. Alkohol verdraai goeie oordeel.
28) Spreuke 31:6-7 - Sterk drank kon gegee word aan diegene wat op die punt staan om te sterf of diegene wat pyn het. (Beter narkosemiddels is vandag egter beskikbaar.)
29) Prediker 2:3 - Die koning het alles probeer, insluitend bedwelmende drank, om te sien of dit bevredig. Dit het nie. (Prediker 12:8)
30) Prediker 10:17 - 'n Land is geseënd wanneer sy leiers nie drink nie.
31) Jesaja 5:11-12 - Wee hulle wat vroeg opstaan om te drink en wat saans laat wakker bly om dronk te word.
32) Jesaja 5:22 - Wee die "kampioen" drinkers en "kenners" wat weet hoe om drankies te meng.
33) Jesaja 19:14 - Dronk mans wankel in hul braak.
34) Jesaja 22:12-13 - Die Israeliete kies om te drink; hul toekoms lyk vir hulle hopeloos.
35) Jesaja 24:9 - Drinkers kan nie die gevolge ontsnap wanneer God oordeel nie.
36) Jesaja 28:1 - God spreek wee oor die dronkaards van Efraim.
37) Jesaja 28:3 - Trotse dronkaards sal vertrap word.
38) Jesaja 28:7 - Priesters en profete waggel en steier as gevolg van wyn en sterk drank, hulle dwaal in visioen en struikel in oordeel.
39) Jesaja 28:8 - Drinkers se tafels is gedek met braaksel en vuilheid.
40) Jesaja 56:9-12 - Drinkers soek hul eie gewin en verwag dat môre net soos vandag sal wees.
41) Jeremia 35:2-14 - Die Rekabiete het geen druiwesap of bedwelmende wyn gedrink nie en was geseën.
42) Esegiël 44:21 - Weer het God die priesters opdrag gegee om nie wyn te drink nie.
43) Daniël 1:5-17 - Daniël het dié bedwelmende wyn van die koning geweier en was geseën daarvoor saam met sy vriende wat ook nie gedrink het nie.
44) Daniël 5:1 - Belsasar, owerste van Babilon, het mense gelei om saam met hom te drink.
45) Daniël 5:2-3 - Die koning, saam met sy edeles, vroue en byvroue het uit die bekers gedrink wat uit God se tempel geneem is.
46) Daniël 5:4 - Die drink van wyn is gekombineer met valse afgode aanbidding.
47) Daniël 5:23 - God het woord aan Belsasar gestuur dat straf vining sou wees vir die kwaad wat hy gedoen het.
48) Hosea 4:11 - Wyn wat dronk maak neem die intelligensie weg.
49) Hosea 7:5 - God bestraf prinse omdat hulle gedrink het.
50) Joël 1:5 - Dronkaars word wakker om God se oordeel te aanskou.
51) Joël 3:3 - Die vyand word geoordeel omdat hy meisies verkoop het vir wyn.
52) Amos 2:8 - Die onregverdige dade van Israel het ingesluit die drink van wyn wat geneem is vir die betaling van boetes.
53) Amos 2:12 - Israel word veroordeel omrede hulle Nasireërs gedwing het om wyn te drink.
54) Miga 2:11 - Israeliete is gretig om vals onderwysers te volg wat by baie bedwelmende drankies profeteer.
55) Nahum 1:10 - Die dronkaards van Nineve sal deur God vernietig word.
56) Habakuk 2:5 - 'n Man word deur wyn verraai.
57) Habakuk 2:15 - Wee hom wat sy buurman drank gee om te drink.
58) Habakuk 2:16 - Drank lei tot skaamte.
59) Matteus 24:48-51 - 'n Drinkende dienaar is onvoorbereid vir sy Here se wederkoms.
60) Lukas 1:15 - Johannes die Doper het nie druiwe sap of wyn gedrink nie.
61) Lukas 12:45 - Christus het gewaarsku teen dronkenskap.
62) Lukas 21:34 - Dronkenskap sal veroorsaak dat 'n persoon nie gereed is vir die Here se wederkoms nie.
63) Romeine 13:13 - Moenie in dronkenskap of onsedelikheid wandel nie.
64) Romeine 14:21 - Moenie enigiets doen wat jou getuienis as gelowige sal seermaak nie.
65) 1 Korintiërs 5:11 - As 'n Christenbroer 'n drinker is, moenie met hom assosieer nie.
66) 1 Korinthiërs 6:10 - Dronkaars sal nie die koninkryk van God beerf nie.
67) Galasiërs 5:21 - Die dade van die sondige natuur, soos dronkenskap, sal 'n persoon verhoed om die koninkryk van God te beerf.
68) Efesiërs 5:18 - In teenstelling met wyn wat dronk maak, moet die gelowige met die Gees vervul word.
69) 1 Tessalonisense 5:6-7 - Christene moet wakker wees en selfbeheersd, want hulle is van die dag. Drankies behoort aan die nag en duisternis.
70) 1 Timoteus 3:2-3 - Ouderlinge moet matig, nugter wees, en nie naby enige wyn kom nie.
71) 1 Timoteus 3:8 - Diakens moet waardig wees, gerespekteer wees en nie drinkers nie.
72) 1 Timoteus 3:11 - Diakensvroue moet gematig en nugter wees.
73) Titus 1:7-8 - 'n Opsiener moet gedissiplineer word.
74) Titus 2:2-3 - Die ouer mans en ouer vroue van die kerk moet gematig wees en nie aan wyn verslaaf wees nie.
75) 1 Petrus 4:3-4 - Die vorige lewe van dronkenskap en drinkpartye het geen plek in die Christen se lewe nie.
76) 1 Korinthiers 6:10 - Geen dronkaards sal die koninkryk van God beerf nie!