top of page

Net Een Ware God - Pieter Gey van Pittius

Deel 1 - Is Jesus Christus almagtig of slegs magtig? Is Jesus volkome God? Die Bybel is baie duidelik dat daar slegs Een ware God is. Hoe moet ons dus hierdie stelling verstaan in die lig van die Godheid? In hierdie eerste lesing in die reeks van 3 lesings oor Die Godheid delf ons in die Bybel op soek na die antwoorde op hierdie uiters belangrike vrae met ewigheidswaarde.

Deel 2 - In die tweede lesing in die Godheid reeks, bespreek ons die titels wat in die Bybel aan Jesus toegeken word nl. die Seun, Eniggeborene en Eersgeborene. Kom kyk saam wat sê die Bybel, en nie menslike filosofieë nie, oor hoe hierdie titels met betrekking tot die Godheid verstaan moet word.

Deel 3 - “… doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,” Mattheus 28:19. Is hierdie teks in die Bybel ingevoeg deur die Rooms Katolieke Kerk? In hierdie finale lesing in die Godheid reeks bestudeer ons die Bybel, geskiedenis en Gees van Profesie om te bevestig of dit wel ingevoeg is of nie. Kan ons die leer van ‘n Drie-enige God bevestig?

bottom of page