top of page

Verlaat die Stede ! Verlaat die Stede !

 

"... Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan – wie dit lees, moet dit goed begryp – dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug." Mat 24:15

Jesus waarsku Sy Kerk in die eerste eeu om op die uitkyk te wees vir die "gruwel van die verwoesting" en wanneer hy "in die heilige plek staan" moet hulle dit "goed begryp" en die "berge in vlug". Jesus het bogenoemde waarskuwing egter aan twee groepe mense gegee. Hy het dit as ‘n finale waarskuwing aan die Christene van die vroeë kerk gegee en ook aan die Christene wat in die heel laaste dae sal lewe. Vir die Christene wat in Jesus se tyd gelewe het, is hierdie profesie vervul met die verwoesting van Jerusalem in 70 NC. Toe die Christene die gruwel (die Romeinse Leër) wat in die “heilige plek” gestaan het in voorbereiding om Jerusalem aan te val, gesien het, was dit die finale teken dat hulle na die berge moes vlug. Baie Chistene het gevlug en is gered van die totale verwoesting van Jerusalem. Ongelukkig het die Jode nie aan die waarskuwing van Christus gehoor gegee nie en meer as een miljoen mense het omgekom!

 

Wat beteken hierdie profesie vir ons wat aan die einde van tyd lewe? Daar kom 'n uur wanneer gelowiges in die eindtyd ook "die berge in [sal moet] vlug". Sodra die merk van die dier deur wetgewing afgedwing word sal die ware gelowiges dit "goed begryp" en "die berge in vlug".

 

Ons word egter vermaan om reeds voor hierdie gebeurtenis plaasvind die stede te verruil vir 'n lewe in landelike gebiede. Daar is baie voordele hieraan verbonde en hierdie blad gee insig en raad om hierdie stap biddend, sover prakties moontlik, deur te voer.

"'n Verstandige mens sien onheil kom en sorg dat dit hom nie tref nie, onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor." Spreuke 27:12. Werk biddend deur elk van die studies in die voorgestelde volgorde om 'n geheelbeeld te vorm oor hierdie onderwerp.

bottom of page