top of page

God se Agt Wette Van Gesondheid: N.E.W.S.T.A.R.T.

 

Is God se Ou Testament gesondheidswette steeds van toepassing op ons vandag? (Meer hier)

 

"... Ware godsdiens en die wette van gesondheid gaan hand aan hand. Dit is onmoontlik om vir die redding van manne en vroue te werk sonder om aan hulle te toon die belangrikheid om weg te breek van sondige begeerlikhede, wat die gesondheid vernietig, die siel verneder, en dit onmoontlik maak vir goddelike waarhede om 'n indruk te maak op die verstand.

Manne en vroue moet geleer word om versigtig te kyk na elke gewoonte en elke praktyk, en onmiddelik dit te staak wat ongesonde toestande van die liggaam meebring en daarmee 'n donker skadu oor die gedagtes werp. God begeer dat Sy ligdraers voortdurend 'n hoë standaard voor hulle sal handhaaf.

Deur gebod en voorbeeld moet hulle hul perfekte standaard hoog hou bo Satan se valse standaard, wat, as dit nagevolg word, sal lei tot ellende, agteruitgang, siekte, en die dood: beide van die liggaam en die siel. Laat diegene wat 'n kennis verkry het van hoe om te eet, te drink en aan te trek, om daarmee gesondheid te bewaar, daardie kennis deel met ander.

Leer diegene wat nie het nie die evangelie van gesondheid vanuit 'n praktiese oogpunt, dat hul mag weet hoe om behoorlik om te sien na die liggaam, wat die tempel van die Heilige Gees is."
- Vry vertaal: The Health Food Ministry, p.37

Die 8 Wette van Gesondheid | NEWSTART  -

Begin 'n lewenstylveranderingsprogram wat deur 'n dokter gemonitor is en wetenskaplik nagevors word. Agt fundamentele beginsels sal jou help om optimale gesondheid te bereik: Voeding, Oefening, Water, Sonlig, Matigheid, Lug, Rus en Vertroue.

bottom of page