top of page
Genadedeur.jpg

Die oordeel van die lewendes en die sluiting van proeftydperk (genadedeur) -

As daar 'n oordeel op die oomblik in die hemel aan die gang is en as Jesus kom, met Sy beloning by Hom, is dit vanselfsprekend dat diegene wat op aarde lewe, op 'n sekere punt voor die wederkoms ook geoordeel sal moet word. In die ontwikkeling van hierdie idee het Adventiste ook begin verstaan dat daar 'n tyd sal wees wanneer hierdie oordeel voltooi sal wees en die proeftydperk (genadedeur) sal sluit. Die konsep van die sluiting van proeftydperk het egter geneig om vrees by baie Adventiste te wek en het dit veroorsaak dat ander Christene hulle met agterdog beskou. Maar, soos gewoonlik, is dit omdat die konsep verkeerd verstaan word.

Alle Christene glo dat daar 'n einde van die proeftydperk is, al gebruik hulle nie die term nie. Dit kan dalk by die wederkoms of na die millennium wees, maar alle Christene glo dat daar 'n punt is wanneer mense nie meer van kant kan wissel nie.

Anders as ander Christene glo Sewendedag Adventiste egter dat hierdie gebeurtenis 'n kort tydjie voor die wederkoms plaasvind. En, baie Adventiste dink dit beteken dat daar 'n dag sal kom wanneer God die deur van genade sal sluit en, al wil hulle berou hê, God hulle nie meer sal vergewe nie.

In chemie is daar sekere stowwe wat katalisators genoem word wat die tempo van 'n chemiese reaksie verhoog. As ons dus twee stowwe meng en vind dat dit gewoonlik 'n paar uur neem voordat die reaksie plaasvind, sal die byvoeging van 'n katalisator die reaksie tyd tot 'n paar minute verminder.

Iewers gedurende elke individu se lewe word 'n besluit geneem om Christus te volg aldan nie. Op enige gegewe tydstip het jy egter drie kategorieë mense – dié wat Christus gekies het, dié wat Christus verwerp het, en dié wat nog op die heining sit. Op een of ander stadium sal selfs diegene op die heining 'n besluit wel neem, maar teen daardie tyd sal meer mense weer gebore wees en sal daar 'n nuwe generasie heinings-sitters wees...

Voor die wederkoms wil God egter hê dat elkeen 'n besluit vir of teen Christus moet maak. Hy wil die heining-sittergroep uitskakel. En om dit te doen, voeg God 'n katalisator by. Hierdie katalisator is 'n kombinasie van die kerk wat 'n kragtige laaste-dag-boodskap verkondig en demonstreer terwyl natuurrampe, politieke en ekonomiese omwentelinge en ander vrees-induserende gebeure wydverspreid voortkom. Deur al hierdie dinge sal God die besluitnemingsproses bespoedig sodat almal sal besluit wie hulle sal dien.

Proeftyd sal nie sluit om te verhoed dat mense van plan kan verander nie, maar omdat mense nie meer van plan verander nie. Met ander woorde, as gevolg van die katalisator sal almal hul besluite geneem het en daar is geen sin dan daarin om die proeftydperk langer oop te hou nie.

Proeftyd sluit voor die wederkoms en nie by die wederkoms nie omdat God tyd wil laat verbygaan sodat dit vir engele en ongevalle wesens duidelik is dat mense finaal besluit het en nie meer gaan verander nie. 'n Tydperk gaan verby waar, soveel rede as wat God mense gee om hulle te bekeer, niemand meer wil bekeer nie. En dan stem hemelse wesens almal saam dat daar geen sin is om verder te wag nie, en dit is tyd dat Jesus terugkeer om Sy mense huis toe te neem.

Bron: Mike Manea (Vry vertaal)

Verdere studies:

 

  • VERDERE STUDIES OOR HIERDIE (EN ANDER) ONDERWERPE

bottom of page