top of page
Ontvang_selstudies.jpg

AWR360 Oudio Selfoon Bybelstudies -

Skakel in by AWR360 se selfoon uitsendings. Ontvang skakels na oudio Bybelstudies op jou selfoon op die Whatsapp, Telegram of Facebook Messenger toepassings. Hierdie Bybelstudies is inspirerende boodskappe wat jou sal help om sin te maak van die dinge wat oor die wêreld kom, wat mense se harte laat beswyk as gevolg van vrese en verwagtings.

Luister na hierdie tydige studies op jou eie tyd en teen jou eie tempo. Vra vrae en plaas gebedsversoeke en word persoonlik bedien deur 'n toegewysde selfoon Evangelis.

Dit is 'n gratis diens en is boonop maklik om te registreer:

Vraag: Hoe registreer ek op WhatsApp ?

Stap 1. (Op jou selfoon) Maak jou "Contacts" oop. (Sien volgende prent)

Screenshot_20220103-143522_One UI Home.jpg

Stap 2. Klik op die + (plus) icon en stoor die AWR360 Bybelstudies kontak nommer as 'n "new contact" op jou selfoon.

Die nommer is: +1 949 860 7007

Screenshot_20220103-143647_Contacts.jpg

Stap 3. Gaan in die WhatsApp toepassing in.

Stap 4. Soek vir die nuut gestoorde kontak (AWR360 Bybelstudies)

Stap 5. Tik in Hallo (Afrikaans) of Hello (Vir Engelse studies)

(Jy behoort dan 'n verwelkoming boodskap te ontvang soos in die volgende prent aangetoon)

Screenshot_20220103-143837_WhatsApp.jpg

Stap 6. Antwoord JA op die eerste vraag. (YES vir Engelse studies)

Stap 7. Tik jou eie NAAM of BYNAAM by die tweede vraag.

Einde van die registrasie proses! (Jy behoort dan direk daarna die eerste oudio studie se skakel te ontvang. Klik nou op die skakel om die oudio studie te luister)

Screenshot_20220103-143854_WhatsApp.jpg

Vraag: Hoe maak ek as ek die volgende studie wil ontvang?

Antwoord: Tik in VOLGENDE of NEXT (vir Engelse studies)

Vraag: Wat as ek vrae het oor die oudio studie se inhoud of iemand benodig om vir my te bid?

Antwoord: Tik jou vraag, of gebedsversoek, in Afrikaans en stuur dit direk op WhatsApp. 'n Selfoon Evangelis sal jou vrae ontvang en in verbinding met jou tree.

Vraag: Hoe kan ek die studie verlaat?

Antwoord: Tik in UITTEKEN of UNSUBSCRIBE (Vir Engelse studies)

Vraag: Hoe registreer ek op Telegram ?

Stap 1. Maak die Telegram toepassing oop

Stap 2. Soek die profiel @r360bot

Stap 3. Sluit aan by hierdie profiel en voltooi die vrae wat volg soos wat in die bostaande stappe verduidelik is.

Vraag: Hoe registreer ek op Facebook Messenger ?

Stap 1. Maak die Messenger toepassong oop

Stap 2. Soek die profiel @Inspire360Now

Stap 3. Sluit aan by hierdie profiel en voltooi die vrae wat volg soos wat in die bostaande stappe verduidelik is.

Vraag: Hoe registreer ek om 'n Selfoon Evangelis te word?

Antwoord: Kyk hierdie video vir meer inligting

Vraag: Wat as ek bykomende vrae het?

Antwoord: Rig 'n epos aan help@awr.org

 

Met groot dank en waardering aan AWR360 vir hierdie wonderlike studies! Alle eer aan die HERE!

bottom of page