top of page

WAT BAAT DIT JOU OM DIE PROFESIEë TE BESTUDEER?

 

Dit verbaas my dat mense sê ons moet eerder nie profesieë studeer nie. Sommige vrees dat dit na 'n fantasie wêreld lei. Ander dink profesieë is slegs die "bou van lig kastele." Weer is daar ander wat voel dat profesieë nie realisties is nie en nog 'n groep vrees dat hulle op dwaal weë gaan beland. Tog is 'n vierde van die Bybel op een of ander manier profeties van aard. Die studering van profesieë is bedoel om 'n seën te wees. Dit bring geloof mee en veroorsaak dat hoop en liefde in die hart opvlam. Kom ons kyk na nog 'n paar voordele hoekom ons profesieë behoort te studeer.

Profesie Sal Jou Lei Na Lofprysing

Openbaring 1:3 sê "Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby." In 'n wêreld wat blyk om gevul te wees met sporadiese dade van geweld en terrorisme is dit noodsaaklik om te sien dat God 'n duidelike plan het en dat die God van daardie plan lofwaardig is.

As jy profesie ken kan jy in hierdie deurmekaar tydperk terugsit en sê, "ek het reeds agter in die Bybel gekyk vir antwoorde. Die koninkryke van hierdie wêreld sal die koninkryke van God en Sy Christus word."

Profesie Sal Jou Help Sin Maak Van Al Die Swaarkry

As jy jou geloof bou rondom jou omstandighede sal jy hopeloos en verward word. Romeine 8:18 sê, "WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie."

Deur profesieë verstaan ons dat God nog nie klaar is nie. Die tragedies van hierdie wêreld sal omgekeer word in seëvieringe in die hemel.

 

Profesie Sal Jou Laat Verbly in God se Geregtigheid

Paulus skryf, "Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang." (1 Korinthiërs 4:5)

As jy 'n student van profesie is, sal jy verstaan dat dinge nie hier op aarde eindig met die mens se geregtigheid nie. God het die laaste sê in die oordeel saal van die ewigheid.

Profesieë laat ons toe om die raaisel van die geskiedenis te verstaan, om sin te maak van swaarkry, en om ons te verbly in God se geregtigheid soos profetiese gebeure in vervulling gaan.

Profesie Sal Jou Lei Na Gebed

Profesie lei na intersessie. Die laaste gebed in die Bybel is opgeteken in Openbaring 22:20, "...Amen, ja kom, Here Jesus!" Jesus het ons geleer om te bid "laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde" (Mattheus 6:10). Wanneer God profeteer dat iets gaan gebeur dan, op een of ander wyse sien ons daardie gebeurtenis as 'n gevolg van Sy kinders se gebede. Ek kan nie verduidelik hoe God se uiteindelike soewereine planne met ons gebede saamwerk nie, maar ek weet dit doen want Sy Woord sê so!

Profesie Sal Jou Lei Na Suiwerheid

1 Johannes 3:2-3 sê, "Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is." Profesie netjies opgesom! As jy regtig glo dat Jesus Christus weer gaan kom gaan jy 'n skoon lewe leef. Ons moet nooit ons oë afhaal van die feit dat Jesus oppad is nie.

Profesie Sal Jou Lei Na Verkondiging

Openbaring 19:10(c) sê, "...die getuienis van Jesus is die gees van die profesie." Enige profesie is 'n getuienis tot die waarheid dat Jesus terug kom - dat die mensdom moet gereed wees vir Sy terugkeer!

Wat doen jy om mense te waarsku om te vlug vir die naderende toorn van God? Paulus het geweet dat daar 'n ewige hel is (sien 2 Korinthiërs 5:10-11). Dit is nie genoeg vir ons om rond te sit om te probeer vasstel wat die goddelike raaisels van profesieë is nie. Ons moet mense na Jesus Christus lei!

Die ware toets of jy werklik die Bybelse profesieë glo is of jy betrokke is by siele-wen instede van jou kop heeldag in "profetiese wolke." As jy glo dat Jesus terugkom sal jy 'n brandende passie hê om mense na Hom te lei.

Jesus het gekom as 'n evangelis en Hy het jou geroep om dieselfde te doen. Sal jy bid, "Here, lê tog 'n siel op my hart en wen daardie siel deur my"?

Is daar voordele in die studering van profesie? Prys die Here, ja daar is! Wat 'n wonder om te weet dat ons eersdaags die Koning van die konings en die Here van die here gaan ontmoed!

Studeer nou die profesieë en kry ware hoop. Gaan na een van die volgende studies:

 

bottom of page