Miskien dink jy nie so nou nie, maar die waarheid is dat die mensdom in duisternis leef. Ons is siende blind. Ons weet nie wat ons nie weet nie...
Sonder iemand wat ons insig hieroor kan gee gaan ons deur die lewe en maak en dink ons soos ons wil en soos ons dink is reg. Ons verstaan van die wêreld om ons word beinvloed deur ons ouers, onderwysers, vriende, TV programme, sosiale media, hoe mense ons behandel (goed en sleg), ensomeer. Is hierdie bronne altyd betroubaar? Is ons insigte oor die lewe akkuraat? Weet ons wat werklik met ons aangaan en om ons aangaan? Kyk hierdie video. (The Pit. Tyd: 1:46)
https://www.youtube.com/watch?v=JmQJnk8WWd0
Die video wys ons ons lewe heel gemaklik in 'n sonde put van duisternis. Genadiglik kom daardie "iemand", die Opperwese wat die Hemel en Aarde gemaak het aarde toe en kom gee ons Sy insigte! God kom verduidelik en demonstreer aan ons wat die ware Lewe eintlik behels. Sy insigte is die Lig, die waarheid, wat beloof om ons werklik vry te maak. Sy Lig beloof om die duisternis in ons lewens totaal te verdryf. Omdat God ons waarlik liefhet wil Hy ons duisternis lewens, wat altyd uitloop op teleurstellings, bitterheid, haat en uiteindelik op ewige dood, vervang met ongekende vrede en vreugde.
Hierdie video studies is bedoel om ons te help om ons wêreldse beskouing (duisternis) te beinvloed met 'n Bybelse beskouing (Goddelike Lig).
Mag die Lig vir ons meer aantreklik word as die donker sonde pit! Mag die Lig ons donkerte verdryf en ons die Lewe ingaan soos God dit aanvanklik vir ons beplan en bedoel het.