top of page

Eden tot Eden -

Aanbieder: Ernie Rex

(Bestel hierdie DVD reeks en oudio reeks hier)

 

Elkeen wat regtig opsoek is na die waarheid sal vir altyd verander wees en met verstomming en verwondering na hierdie bekende onderwerp kyk.

Hierdie is ‘n reeks met ‘n unieke onderwerp, ‘n onderwerp wat nie dikwels oor gepraat word nie en nog minder oor gepreek word.  Dis ‘n onderwerp wat sentraal is in die Christelike geloof, ‘n onderwerp wat jou lewe gaan verander.  Aan die einde van die studies gaan jy nie dieselfde mens wees wat jy nou is nie. Om die waarheid te sê, hier is die hart van die Christene se geloof, hier is die hart waarvan ek en jy altyd geglo het, maar soos ons nou aan beweeg sal u moet erken dat dit nie is wat ons gedink of geweet het of selfs geglo het nie.

Iewers het iets van hierdie boodskap verlore gegaan.  Die hartseer is dat die oorgrote meerderheid van Christene vandag nie eers bewus is daarvan nie. Talle soos ek, het eers die lig op die onderwerp op ‘n baie later ouderdom gekry.  Ek het vir soveel jare in die skadu van godsdiens gelewe en nie tot die volle Lig gekom nie. Al wat ek kan aflei is dat die satan die volle lig weerhou het, ten spyte van die feit dat ek 7 jaar lank gestudeer het en baie jare op die kansel gestaan het en die evangelie boodskap verkondig het.

Verstaan hoe die Heiligdom (of Tabernakel of Tent van Ontmoeting) die kern is van die ware Christelike geloof.

Ook moet hulle vir My ‘n Heiligdom maak , dat Ek in hulle midde kan woon.”  Eksodus 25:8

bottom of page