

HANDELINGE VAN DIE APOSTELS OUDIO BOEK
Hierdie boek is miskien die belangrikste vir die Oorblyfselkerk. Hierdie bundel behoort op hierdie stadium in die geskiedenis van God se volk 'n vereiste leesstof te wees vir elke predikant, kerkleier en lidmaat - die tyd wanneer die kerk uitsien na die tweede Pinkster en die val van die laat reëns. In Die Handelinge van die Apostels en die Bybelse boek Handelinge vind die Oorblyfsel van God hulle geestelike wortels.
Om te verstaan wat God vandag van Sy kerk verwag, moet gelowiges hierdie twee boeke bestudeer. Hier kan die geestelike model vir die moderne kerk gevind word. Onder die krag van God se Gees word die kerk van God vandag tot diens geroep met die doel om die werk te voltooi wat deur die apostels twintig eeue gelede begin is.
Ons glo dat die student deur 'n studie van Die Handelinge van die Apostels 'n gevoel van sending en die visie van 'n voltooide werk sal verkry.
1. God se Bedoeling met Sy Kerk
2. Die Opleiding van die Twaalf
7. 'n Waarskuwing Teen Huigelary
10. Die Eerste Christenmartelaar
12. Van Vervolger tot Dissipel
16. Die Evangelieboodskap in Antiochië
17. Verkondigers van die Evangelie
18. Die Evangelieprediking Onder die Heidene
25. Die Briewe aan die Thessalonicense
28. Dae van Moeite en Beproewing
31. Die Boodskap ter Harte Geneem
33. Werk Onder Moeilike Omstandighede
37. Paulus se Laaste Reis na Jerusalem
40. Paulus Beroep Hom op die Keiser
47. Die Uiteindelike Gevangeneming
52. Standvastig tot die Einde Toe
