top of page
Hand-rain.png

Sewe Stappe Na 'n Intieme Lewe Saam Met God:

1. Besluit dat om God werklik te ken die heel belangrikste prioriteit in jou lewe is!

2. Stilte.

Sit 15 minute eenkant elke oggend om jouself geestelik "in te stel" op die Heilige Gees se stem en se werk in jou lewe. Hierdie tyd sal jou ingestel kry om Sy stem deur die res van die dag te hoor. Hierdie is die mees belangrikste deel van jou dag.

3. Gee oor.

Begin jou stiltetyd met 'n gebed van oorgawe aan God. Psalm 51 is 'n wonderlike gebed om hier te gebruik, of 'n gebed soos volg:

"HERE, neem my hart, want ek kan dit nie gee nie. My hart is U eiendom. Hou dit suiwer, want ek kan dit nie doen nie. Red my ten spyte van myself, my swak onchristelike self. Vorm my, skep my. Lig my op en bring my in U suiwer en heilige atmosfeer in, waar die ryke stroom van U liefde deur my siel kan vloei. Vorm my en skep my, Heer!"

(Christ's Object Lessons - Vry vertaal)

4. Dink na oor die Lewe van Christus.

Neem die oorblywende minute om te mediteer oor die lewe van Christus. Gebruik byvoorbeeld die boek Mattheus (begin by hoofstuk 2). Vat dit baie stadig, byvoorbeeld net 'n woord, 'n frase of 'n vers op 'n slag. Skryf jou waarnemings in 'n dagboek neer. Verwag dat die Heilige Gees jou gedagtes en jou hart gedurende hierdie tyd sal stuur.

 

(Bybelstudie en memoriseer tyd: NA jou stiltetyd, of in die oggend of in die aand kan jy dan in jou Bybelstudie tyd ingaan. Sien: Bybelstudie metode)

5. Toepassing.

Pas die les(se), wat die Heilige Gees jou geleer het gedurende die oordenking van die lewe van Jesus, toe. Doen dit nadat jy bevestiging gekry het dat dit in lyn met die Woord van God is.

Skryf jou toepassings (dit waaraan jy gehoorsaam wil wees) in jou dagboek neer.

Bid vir God se leiding en Sy wysheid soos jy nou begerig strewe om dit uit te leef wat jy geleer het.

6. Oefen om te luister na die Heilige Gees gedurende die res van die dag.

Jy het die Heilige Gees toegelaat om jou hart in te stel om Sy stem te hoor gedurende die stiltetyd, in God se teenwoordigheid. Bly nou ingestel gedurende die res van die dag. Wees bedag op aktiviteite wat moontlik jou hart van koers kan stuur en vermy dit.

7. Herfokus:

Neem tyd gedurende die dag om te herbevestig dat jou hart steeds op God se stem ingestel is. Sou jy van koers af wees, vat 'n minuut saam met God en laat toe dat die Heilige Gees jou hart weer terugbring in stemming met Sy stem.

Gaan na die volgende studies:

 

bottom of page