top of page

8 Noodsaaklikhede om die Bybel reg te studeer:

Jou lewe verander wanneer jy ophou om die Bybel te ‘lees’ en tyd maak om dit te studeer. Daar is baie te sê oor hoe om die Bybel te studeer, maar hier volg ‘n opsomming vir diegene wat die verborge Skatte van God se Woord vir hom/haarself wil ontdek.

Om die Bybel te wil studeer, gaan jy jouself moet forseer om van pas te verander om stadig en gefokus te raak. Ons wil die Bybel studeer om die Here Jesus te leer ken, Sy weë, Sy planne, en om Sy hart te ken. Om die Bybel te studeer, gaan jou laat groei, jou leer, jou lei, jou oortuig, jou bemoedig en versterk, en dit sal jou gefokus hou op dit wat ewig en waar is.

Daar moet niks wees wat jy meer koester as om daagliks gedissiplineerd jou Bybel te studeer nie. Mag dit vir jou ‘n seën wees in jou groei na geestelike heiligheid!

1. Gebed. Voor jy begin met Bybelstudie BID EERS.

a. Die Woord van God is geïnspireerde waarheid en ons het die Heilige Gees nodig om geïnspireerde waarheid te kan verstaan.

b. Vra spesifiek vir die Here om jou te reinig van dwaling en wat ookal nie van God is nie, en om jou standvastig te maak in Sy waarheid.

c. Vra die Here vir fokus en om jou studietyd te bewaar: Ons het ‘n vyand, en die laaste ding wat hy wil hê, is dat ons tyd sal inruim en stil sal raak om ewige waarheid te leer. (Die telefoon begin lui, boodskappe op die foon arriveer, kinders soek jou skielik, die honde begin blaf, ewe-skielik begin jy gaap en raak moeg – een steurnis volg op ‘n ander.)

2. Vra die Here om jou op ‘n spesiale manier in die bladsye van Sy Woord te ‘ontmoet’. Kies ‘n boek in die Bybel: Werk kronologies deur elke boek in die Bybel om die storielyn te ontdek en te volg. (Die Bybel bestaan uit 66 boeke en elkeen vorm deel van die geheel.)

d. Om ‘n hoofstuk op ‘n slag te studeer, is om die verse daarin in die regte konteks te lees en te verstaan. (Dit is maklik om verse buite konteks te verstaan en so ‘n verdraaide beeld van waarheid aan te kleef.)

e. Vir nuwe bekeerlinge: studeer die Bybelboeke in die volgende volgorde: 1 Johannes > Johannes > Matteus > Jakobus > Petrus se briewe > Weer 1 Johannes > Judas > Handelinge > Romeine tot Hebreërs > Psalms tot Prediker > Die hele Nuwe Testament > Die hele Bybel > Daniël > Openbaring.

f.  Begeleide Bybelstudies wat ons kan aanbeveel: Bestudeer hierdie Bybel temas of Bybel boeke (in Afrikaans of Engels).

 

3. Neem jou tyd en fokus op ‘n hoofstuk op ‘n slag.

a. As dit dae, weke of maande vat om deur ‘n hoofstuk te kom, dan is dit reg so – moenie jaag nie. Lees die Bybel gedeelte 'n paar keer en laat toe dat die Skrif self die interpretasie gee.

b. Vra baie vrae:

  • Wie? (Wie is die hoofrolspelers?)

  • Wat? (Wat is die hoofgebeurtenis of probleem in hierdie hoofstuk?)

  • Wanneer? (Wanneer het dit gebeur?)

  • Waar? (Waar het dit gebeur?)

  • Waarom?

(Antwoorde kom dalk nie dadelik nie, maar dit is ook reg so want jy is besig om te groei soos hierdie vrae in jou gedagtes vorm. Antwoorde sal mettertyd kom!)

 

4. Merk kernwoorde en -frases – dit laat jou Bybel lewendig word.

a. Kyk na kern woorde, temas en frases wat herhaal. Merk dit duidelik in jou Bybel. (Herhaling is ‘n sleutel-aanduiding van wat belangrik is en op gefokus moet word.)

b. Vra vrae rondom hierdie kernwoord of -frase.

(Vra, wat is die boodskap aan my hier, wat is die konteks waarin dit geskryf is? Hoe kan ek dit deel van my lewe maak?)

(Vra, wat is die gebod, instruksies, en lewens beginsels wat ek hier kan uitlig en toepas?)

(Vra, watse veranderinge sal ek God vra om in my lewe te maak om in lyn met hierdie Skrif gedeelte te kom?)

(Vra, wat leer ek aangaande God se karakter in die Skrif gedeelte?)

(Vra, hoe lei hierdie Skrif gedeelte my na Jesus toe?)

(Vra, hoe sien ek die Groot Stryd tussen goed en kwaad hier aan die werk?)

5. Ander Bybel vertalings.

a. Lees hierdie Skrif gedeelte in ander Bybel vertalings.

b. Ondersoek sleutel woorde in Grieks en Hebreers, of gebruik 'n Studie Bybel wat die sleutel woorde verduidelik.

c. Lees Ellen G White se kommentaar oor hierdie Skrif gedeelte.

6. Stop jou studie wanneer jy gestop word:

Jou plan is dalk om die hele hoofstuk deur te lees, maar deur die leiding van die Heilige Gees mag jy dalk op die derde vers op ‘n woord wat jou interresseer vir die hele studietydperk ‘vashak en kampeer’. Miskien voel jy aangespreek oor die vers of gedagte waaroor jy meer vrae moet vra of eers daaroor moet bid. Miskien is dit die antwoord op iets waarvoor jy ‘n week terug gebid het, vir jouself of vir iemand anders. (Onthou Bybelstudie is nie om so vinnig moontlik deur die Bybel te werk nie, maar is bedoel om aan die voete van Jesus te sit sodat Hy ons kan leer, kan verander en kan rig.)

7. Bid.

a. Bid hierdie gelese Skrif gedeelte vers-vir-vers oor jou lewe deur dit te verpersoonlik op jou eie lewe.

b. Soos jy bid, luister na wat die Heilige Gees aan jou openbaar maak.

 

8. Skryf Neer.

a. Skryf hierdie spesiale openbarings in 'n dagboek neer.

b. In reaksie op dit wat God aan jou openbaar: Skryf 'n gebed van aanbidding neer - sluit hierby in jou lof aan God, enigiets wat jy jouself van bekeer (wegdraai), dit waaroor jy bly is en dit wat jy aan God oorgee.

c. Skryf jou spesiale gebeds versoek neer, tesame met die Bybel beloftes wat jy aan vashou vir hierdie versoeke.

d. Skryf neer enige antwoorde vir gebede wat jy ontvang.

Neig julle oor en kom na My toe. Luister, en julle siel sal lewe.” Jesaja 55:3

 

Nog gedagtes oor die Bybel, die Ewige Woord van God.

Gaan na die volgende studies:

 

 

bottom of page