top of page

Kan ons nie op die Sabbat rus en op die Sondag aanbid nie?

 

Die idee van aparte rus en aanbiddings dae het onlangs pos gevat binne sekere kringe.

Byvoorbeeld, sanger/skrywer Michael Card en sanger Steven Green het gesê hulle rus op die Sabbat maar aanbid saam met lokale gemeentes op Sondae. Hierdie was egter nie die praktyk van Jesus of die apostel Paulus nie. Hulle het nie op die Sabbat gerus en op die Sondag aanbid nie (Luk.4:16; Hand17:1-2). Dit is noemenswaardig van hierdie manne om die Bybelse waarheid, aangaande die sewende dag Sabbat, te herken en erken, maar, as ons die Skepper God gaan aanbid (Open 14:7), hoekom dit nie doen op die dag wat Hy self uitgekies het nie? (Gen 2:1)

Wanneer ons vir iemand ‘n geskenk gee, kies ons meestal iets waarvan ons self hou. Maar, as ons werklik die ander persoon wil tevrede stel, sal dit nie beter wees om uit te vind waarvan hy of sy regtig hou nie? Netso, God het dit vir ons duidelik gemaak wat Hy verkies, en Hy belowe selfs: “die wat My eer, sal Ek eer…” 1 Sam 2:30 

Waarvan hou God dan? Wanneer alle ander stemme stilgemaak is, hoor jy nie God se stem uitroep vanuit die Woord na jou om met Hom tyd te spandeer nie?Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Matt 11:28

Een skrywer stel dit so: Deur eenkant te sit, alle [ander] verpligtinge, kan jy nie God gee wat Hom toekom deur vir Hom Sy dag te gee nie? (Sabbath Rest, Kevin Morgan).

GAAN NA: Verdere Bronne Rondom Die Rusdag Van Die Here

bottom of page