top of page

Beteken Hebreërs 4 nie dat Jesus ons Sabbat rus is nie?

Sommige leer dat Hebreërs 4 die sewende dag Sabbat Gebod definieër as ‘n skaduwee-tipe gebod wat vorentoe heenwys na ‘n geestelike rus in Christus. Hulle sien die Sabbat dieselfde as die Ou Testamentiese offers wat heenwys na Christus se plaasvervangende dood aan die kruis. Hulle leer dat wanneer ons “geestelike rus” in Christus gevind het, ons nie langer die Sabbat dag hoef te gedenk nie, en dat deur die Sabbat dag te gedenk dit ‘n vorm van slawerny is en ‘n daad van persoonlike werke.

Dit is waar dat die primêre boodskap van Hebreërs 4 is om die gelowige se rus in GENADE te beklemtoon. Die hoof doel van Hebreërs 3:7-4:11 is om Joodse Christene te vermaan om GELOOF te bewaar en nie in ongeloof en ongehoorsaamheid te verval soos hulle voorvaders gedoen het nie. Die verwysing na die Sabbat in Hebreërs 4 is egter nie ‘n skaduwee of tipe van die rus in Christus nie, maar eerder ‘n verwysing na rus in Christus se GENADE.

'n Skaduwee of tipe dui op ‘n vervulling wat in Jesus beeindig word. Byvoorbeeld, toe Christus as die offer Lam dood is het die voorhangsel in die tempel van bo tot onder geskeur. Dit het die einde van die offerstelsel beteken. Ons offer nie meer lammers nie want Jesus het die skaduwee-tipe vervul wat na die kruis heengewys het.

Die Tien Gebooie is nie deel van die tipes of seremonies wat God daargestel het om die Israeliete vooruit te laat kyk na die koms van die offer van Jesus nie. Die Tien Gebooie is God se morele wet en is ewigdurend en eindig nie (Psalm 119:160). Om die Sabbat as Joods voor te stel is ‘n tipiese poging om die vierde Gebod uit die wet van God uit te ruk en dit eenkant te werp. Dit word voorgestel as ‘n las wat deur Jesus weggeneem moet word. Maar God het nooit die Sabbat geskep om ‘n las te wees nie. Om die Sabbat ‘n las te noem is ‘n verdraaiing.

Die Sabbat is nie net vir die Jode nie, maar was ‘n geseënde instelling by die Skepping van die hele mensdom voor sonde nog die planeet binne geding het. Selfs die Ou Testament beskryf die ware Sabbat-onderhouding as ‘n toestand van vryheid, rus en verlustiging. Jes.58:13-14 beskryf dat daar ‘n baie besonderse seën betrokke is by die hou van die Sabbat:

“As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.

Wanneer ‘n gelowige Sabbat onderhou, erken hy die verlossende werk van Christus en staak van sy eie werke. “Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.” (Exodus 31:13). Die Sabbat is ‘n teken dat God ons red. Ons kan nie onsself red nie.

Die ware teken van verlossing deur geloof is tevinde in die Sabbat. Die teken van verlossing deur werke sal gevind word in ‘n plaasvervanger Sabbat wat deur die mens daargestel is. Wanneer mense vasberade is om God se wet tersyde te stel en ‘n dag van hul eie keuse te onderhou, dan rus hulle nie werklik in Christus se genade nie, maar is eerder besig om deur eie werke te poog om gered te word. Daar is geen beter manier om so ‘n misleidende godsdiens te identifiseer as deur ‘n onwaar of valse Sabbat nie. Uiteindelik kom dit daarop neer om te kies: my manier of God se manier.

Hebreërs 4 wys dat die Israeliete, gedurende die tyd van Exodus, geestelike rus in genade kon vind sou hulle aktiewe geloof in God beoefen het. Die offer stelsel het hulle vooruit laat kyk na die goeie nuus van die Messias. Netso ook kon die mense gedurende die tyd van Josua rus in genade ervaar het, asook die Israeliete in die tyd van Dawid.

Die belofte om God se genade te ervaar is steeds beskikbaar vir ons, maar dit sal slegs kom deur geloof in Jesus Christus te openbaar. So ‘n geloof sal openbaar word in gehoorsaamheid aan God se wet (Joh.14:15), nie in die navolging van tradisies van mense wat ons vertel om die vierde Gebod tersyde te stel nie.

GAAN NA: Verdere Bronne Rondom Die Rusdag Van Die Here

bottom of page