top of page
SkredenaChristus.jpg

SKREDE NA CHRISTUS OUDIO BOEK

​(Ellen G White)

Hierdie boek, Skrede na Christus, is een van die min boeke wat jy oor en oor sal lees. Dit is 'n verduideliking van die Christelike lewe, tog is dit 'n boek wat volwasse Christene geweldig inspirerend vind.

Die boek gee 'n uitleg van die "normale" Christen se lewe. Dit begin deur die liefde van God vir die mens te beskryf, dat selfs in die mens se gevalle toestand God steeds 'n verlange na ons het. Die boek beskryf verder die oorgang en die stappe wat volg wanneer 'n persoon wedergebore word - geloof, bekering, belydenis en toewyding.

Die boek beskryf wat die nuut gebore Christen kan verwag in hul wandel met God; dissipelskap, geestelike groei en diens in die wingerd van die Meester.

Skrede na Christus het die rare kwaliteit om die Christen hoop en moed te gee; maar ook om tot aksie oor te haal wanneer ons koud en selfvoldaan word.

Die boek was so vroeg soos 1892 gepubliseer maar die inhoud is tydloos. Skrede na Christus is 'n klasiek wat die leser nie ongeaffekteer sal laat nie.

(Lees die boek "Skrede Na Christus" aanlyn)

1. God se Liefde vir die Mens

2. Die Sondaar se Behoefte aan Christus

3. Bekering

4. Belydenis van Sonde

5. Toewyding

6. Geloof en Aanneming

7. Die Toets van Dissipelskap

8. Opwassing in Christus

9. Die Werk en die Lewe

10. ’n Kennis van God

11. Die Voorreg van Gebed

12. Wat om met Twyfel te Doen

13. Vreugde in die Here

.

bottom of page