top of page
Green Smoothie.jpg

DANIËL 10-DAG DETOX VAS VIR DIABETE

 

Die resultate van hierdie 10 Dae Daniël Detox Vas is 'n gegewe INDIEN AL 8 DIE GESONDHEIDSBEGINSELS (NEWSTART) GEVOLG WORD.

Die 8 basiese gesondheidsbeginsels vervat in die akroniem NEWSTART, is die basis vir hierdie Vas.

  • N (NUTRITION)– VOEDING

  • E (EXERCISE) – OEFENING

  • W (WATER) – WATER

  • S (SUNSHINE) – SONLIG

  • T (TEMPERANCE) – MAGTIGHEID

  • A (AIR) – LUG

  • R (REST) – RUS

  • T (TRUST) – VERTROU IN GOD

BAIE BELANGRIK: Lees eers deur elk van hierdie 8 beginsels voor jy met die Vas begin

ALGEMENE DAAGLIKSE BEGINSELS MET BETREKKING TOT GESONDE VOEDING
 

Maak die spysverteringstelsel wakker met 'n groot glas louwarm suurlemoenwater eerste ding in die oggend (6AM). Drink nog 2 glase water (kamertemperatuur) daarna tot 30 minute voor ontbyt. Dit sal die liggaam baie help om te Detox as jy die eerste liter water vir die dag voor ontbyt inneem. Om te help met die skoonmaak van die dikderm, drink 'n vol lepel heel linseed met elk van die 2 glase water. Binne 'n paar dae behoort jou dikderm "op datum" te wees met minstens 2 gesonde stoelgange per dag. (In die 1960's het 'n Dr. Beckitt, wat voorgestaan het dat ware gesondheid van 'n gesonde spysverteringstelsel afhang, dit so gestel: “Groot sagte stoelgange twee keer per dag = Klein hospital. ‘n Klein harde stoelgang een keer per dag of elke ander dag = Groot hospital.” Sy passie en studie as mediese dokter was om die spysverteringstelsel van sy pasiënte reg te stel deur gesonde voedingsbeginsels, wat deur genesing en omkering van siektes duidelik bewys is.

ALGEMENE BEGINSELS RAKENDE ONTBYT EN JOU 2DE ETE VAN DIE DAG

 

  • ONTBYT:

Berei 'n vars groen smoothie voor. 'n Groen smoothie is voldoende om jou bloedsuiker te stabiliseer. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel klapper olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!


Berei 'n Millet pap voor: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

’n Dadel puree kan ook vooraf gemaak word en in die yskas gehou word. (Sny ontpitte dadels in stukke, voeg in 'n pot saam met water en laat dit sag word op medium hitte. Sit dit deur 'n blender tot 'n lekker fyn en sagte puree.) Plaas nie meer as een opgehoopte eetlepel op die pap as versoeter nie.

 

(Bespaar elektrisiteit en tyd: Berei die millet pap vooraf deur die hotbox metode: Kook die kombinasie van korrels vir 10 minute met genoeg water, maak die pot toe met sy deksel en sit in 'n hotbox, maak die hotbox toe en laat dit oornag sit. Dit sal die korrels gaar en gereed laat wees die volgende oggend. As jy nie 'n hotbox het nie, gebruik jou koelsak. Sit 'n groot handdoek gevou in die koelsak. Sit 'n houtsnyplank of 'n bord op die handdoek, sit die warm pot daarop en maak toe met nog 'n groot opgevoude handdoek. Rits die koelsak toe en los dit oornag.)

4-Saad-Mengsel resep: 1 Koppie heel Linseed, 1/3 koppie Sonneblomsaad, 1/3 koppie Pampoenpitte, 1/3 koppie Sesame saad. Maak dit fyn en hou in die yskas in 'n glashouer met 'n digpassende deksel vir nie langer as 4 dae nie. Aangesien sade hoog in gesonde vette is, gaan dit vinnig af en moet nie te lank gehou word nie. Maal elke 3-4 dae 'n vars pot saadmengsel. GEEN ander versoeter, GEEN melk, GEEN botter of margarien nie.

Probeer om ontbyt om 09:00 te geniet indien moontlik en die tweede maaltyd om so lank as moontlik uit te rek. Ten minste tot 15:00 maar ideaal eers na 16:00. Die maag moet ook rus, so daar moet 5 uur tussen maaltye wees waartydens niks oor die lippe gaan nie, behalwe suiwer skoon water.

  • TWEEDE MAALTYD (Moet genuttig word 5 ure na ontbyt geëindig het.)

GEEN PEUSELHAPPIES TUSSEN DIE TWEE ETES NIE!

Berei 'n KLEIN rou slaai voor om voor die gekookte (of gestoomde) groentemaaltyd te eet. Die rou groenteslaai verskaf lewende ensieme wat help met die afbreek van voedingstowwe. (Moenie vrugte en groente in een maaltyd meng nie).

Slaaibestanddele: Jong spinasieblare, blaarslaai, kruie (soos roket, waterkers, pietersielie en basiliekruid), jong beetblare, wortels, komkommer, tamaties, seldery, ui, knoffel (sterkste antibiotika!), Avokado, rooikool, groenkool, rooi en geel Soetrissies. Rou beet kan ook gerasper en fyn gesny en rooi ui bygevoeg word – Dis heerlik! Onthou! 100% van die voedingswaarde word behou wanneer dit rou geëet word.

Geur alle slaaie met SLEGS 'n klein bietjie sout en vars suurlemoensap of geniet soos dit is. Gestoomde groente is beter as gaar: 80% voedingswaarde word behou wanneer dit gestoom word, baie min wanneer dit gekook word en 0% wanneer dit gaargemaak word in die mikrogolf oond. Sover moontlik, stoom net jou groente, indien geen stoompot beskikbaar is nie, kook dit in die minste hoeveelheid water moontlik. Gebruik net sout en vars suurlemoensap om te geur. GEEN OLIE VAN ENIGE AARD NIE!

Ons liggame vaar beter met nie te veel verskillende soorte kos in een maaltyd nie. Hou maaltye eenvoudig maar voedsaam en smaaklik.

Herontdek die regte smaak van regte kos en leer om dit te geniet, jou liggaam en gees sal jou daarvoor bedank! Ons is almal gewoond aan wat ons “partytjiekos” noem. Dit is ok om af en toe 'n partytjie te hou en 'n sny koek of nagereg, beskuitjies met smeer en 'n paar speserye te hê, maar dit is sekerlik nie waarop ons liggame floreer nie. Om goeie gesondheid te geniet, het ons gesonde bloed nodig en gesonde bloed word saamgestel uit wat deur ons monde ingaan, dus moet ons eet om gesond en vreugdevol te lewe en nie eet om net 'n oomblik se plesier in smaak te bevredig nie. Wysheid in ons eetgewoontes maak 'n wêreld van verskil!​​

Mealplan.jpg

DAG 1:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Berei 'n klein rou slaai voor om voor gekookte kos te geniet, dit verskaf lewendige ensieme en optimale voedingswaarde van die bestanddele: 1 koppie Spinasieblare, 1 koppie Blaarslaai, 1-2 Tamaties, 1/3 Engelse Komkommer, 1/2 Ui, 1 Wortel. Geur met baie min sout en vars Suurlemoensap, geen ander geurmiddels nie.

  • Groente: 1 heel Suikermielie per persoon. Sny 2 Botterskorsies in 4 stukke. 1 Heel blomkool vir die gesin. Die beste metode om optimale voedingswaarde te behou, is om in 'n stoompot te stoom, indien geen stoompot beskikbaar is nie, kook in so min water as moontlik op stadige hitte tot net gaar. Wanneer dit in te veel water gekook word, gaan voedingstowwe verlore in die oortollige water. Gebruik baie min sout en vars suurlemoensap om te geur. GEEN ander speserye vir die 10 Dae nie. Onthou die verhemelte moet aanpas by die smaak van eenvoudig voorbereide kos.

DAG 2:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Slaai: 1/3 Rooikool, 1/3 Groenkool en 1 Wortel, alles grof gerasper of fyn gesny.

  • Kook of Stoom: 1 Aartappel in skil per persoon. 1 hele Broccoli vir die gesin. 2 Wortels per persoon en ½ 'n Ui per persoon.

  • Drink voor 19:00 'n koppie rooibostee, berei op die stoof voor en voeg vars gemmerskywe of kruisementblare by om saam met die tee te kook. Of voeg vars suurlemoenskywe aan die einde by. Heerlik!

 

DAG 3:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Rouslaai: 1 koppie Spinasieblare, 1/3 Komkommer, ½ Ui, 1-2 Tamaties, 1 stingel Seldery. Maak 'n Avokado Mash: 1 ryp Avokado, Suurlemoensap en tikkie sout. Verdeel Avokadomengsel bo-op elke persoon se slaai. Sprinkel geroosterde sesamesaad bo-oor. Om sesamesaad te rooster: Verhit 'n droë pan (geen vloeistof nie) op die stoof, voeg 2 eetlepels sesamesaad by, rooster terwyl dit aanhoudend geroer word, verwyder van die stoof wanneer pitte begin verkleur, haal dit uit die pan en laat dit afkoel voor gebruik. Sonneblom- en pampoenpitte kan op dieselfde manier gerooster word en op slaai gebruik word. Die sade voeg by die Essensiële Vetsure (Omega 3, 6 en 9 natuurlike olies) wat ons daagliks nodig het, vandaar ook die sade op die Vrugteslaai elke oggend.

  • Kook of stoom vooraf: 2 medium Beet per persoon, laat afkoel voor ete. Beet kan sonder sout gaargemaak word, dit smaak heerlik en dit bevat sy eie suiker en kan gaar of geskil geëet word of rasper dit rou as ‘n slaai.

  • 1 Heel Blomkool vir die gesin, 'n halwe Botterskorsie per persoon en 'n halwe Mielie per persoon.

  • Voor 19:00: Berei Rooibostee in 'n pot op die stoof: Voeg Lemoenskil van die oggend se ontbyt aan die einde van die kookperiode by en laat trek en die geur ontwikkel, 'n heerlike Lemoen Rooibostee!

 

DAG 4:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Groenslaai: Bedek eers en week 1 koppie Bevrore Ertjies in kookwater vir 10 minute, berei dan die res van slaai voor.

  • 1 koppie Spinasie, 1 koppie Blaarslaai, 1 stingel Seldery, 1/3 Komkommer, 4 Broccoli Blomme fyn gesny, 1 Prei (Engels: Leek). Dreineer die Ertjies en laat dit heeltemal afkoel, voeg dit dan by die slaai. Jy kan bietjie geroosterde pampoenpitte byvoeg. Daar gaan jy, 'n volledige Groen Rouslaai!

  • Kook of Stoom: Berei 'n Spinasiebredie voor: 6 koppies fyn gesnyde Spinasie, 1 ui en 1 groot knoffelhuisie. Smoor gesnyde ui en knoffel vir 5 minute in 'n klein bietjie water, voeg 1 Aartappel in blokkies by en kook vir nog 10 minute, voeg die spinasie by en kook nog 5-7 minute. Skakel af, voeg bietjie sout en vars suurlemoensap by en roer goed. 1 Patat per persoon in die vel. 2 Wortels per persoon. As jy die wortels goed borsel voordat jy kook, hoef jy dit nie te skil nie. (Baie voedingstowwe gaan verlore as gevolg van skil. Dieselfde geld vir die rou slaaie.)

  • Voor 19:00: Geniet 'n koppie rooibostee met óf kruisement, gemmer óf suurlemoenskywe.

 

DAG 5:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Slaai: Rooster 1/2 koppie Sonneblomsaad vooraf en laat dit heeltemal afkoel. 1 koppie Slaaiblare, 1/2 rooikool, 1/2 rooi soetrissie, 1/3 komkommer, 1-2 tamaties, 1/2 rooi of wit ui of 1 prei. Voeg geroosterde sonneblomsaad by.

  • Berei 'n Wortelbredie: 1 Groot Ui, 1 Aartappel per persoon, 2 Wortels per persoon. Kook tot sag, voeg sout en vars Suurlemoensap by. 1 Broccoli vir gesin. Voeg geroosterde sesame- of pampoenpitte oor die Broccoli. Onthou om stadig te eet en die kos in sy eenvoudige geure te proe.

  • Voor 19:00. 1 koppie Rooibostee volgens jou voorkeur volgens die vorige voorstelle.

 

DAG 6:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Slaai: 1/2 van 'n groot Groen Kool fyn gerasper, voeg 4 wortels fyn gerasper by. Geen sout nie, kan 'n bietjie suurlemoensap byvoeg. 2 Eetlepels geroosterde sesamesaad ingemeng is heerlik.

  • Groenboontjiebredie: 1 Ui, fyn gesny met 1 knoffelhuisie, fyn gesny. Droogbraai dit in ‘n pot en voeg druppels water by soos nodig om te braai. Voeg 3 koppies vars Groenbone by, vars en gesny na jou smaak. Kook vir 10 minute voor jy 1 aartappelblokkies per persoon byvoeg. Net genoeg water om alles te laat kook. Voeg sout by aan die einde van kook en 'n bietjie suurlemoensap. Suurlemoensap dien eintlik as 'n smaakversterker, probeer dit ook op ander kosse.

  • Gebruik 'n halwe medium pampoen, geskil en in groot blokke gesny. Kook stadig in ‘n bietjie water. Vandag kan 'n bietjie kaneel en uitgedroogde klapper aan die einde van die kooktyd bygevoeg word, geen versoeter op hierdie stadium nie. Botterskorsies werk ook goed.

  • 1 heel Suikermielie per persoon, geur net met ‘n bietjie sout. Geniet dit!

  • Matigheid kom nie vanself nie, ons moet leer om goeie keuses te maak in matigheid, ooreet is nadelig vir ons gesondheid. Geen peuselhappie tussen maaltye nie. Vra ons Vader vir oorwinning, en as jy val, moenie moed opgee nie, ons het meesterskap oor eetlus nodig.

 

DAG 7:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Rouslaai: 2 koppies blaarslaai, 2 tamaties, 1/2 ui, 1/3 komkommer, 1/2 rooi soetrissie, 1 sagte avokado in blokkies. Geroosterde pampoen en sonneblomsaad oor slaai. Slegs sout en suurlemoensap as geurmiddels.

  • 1 Heel Patat gestoom of gaargemaak met die vel, per persoon. 2 Wortels per persoon, in skywe gesny, kook in so min moontlik water, wanneer gereed, voeg 1 x 250gram Ertjies by en maak net deurwarm. Hierdie groente het hul eie soetheid.

  • Rooibostee met vars gemmerskywe en 1 kaneelstokkie of 1/2 teelepel poeier, kook genoeg vir 'n yslike beker vir elkeen. Geniet voor 19:00.

 

DAG 8:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • 1/2 Gekookte/gestoomde Botterskorsie met skil, per persoon, verwyder pitte. Droogbraai 1 fyn gesnyde ui, 1 knoffelhuisie, 1 stingel Seldery, 3 koppies Gesnyde Spinasie, voeg so min moontlik water by om net deur te kook. Voeg sout aan die einde by. Vul die botterskorsies met hierdie mengsel. ‘n 1/2 Suikermielie per persoon. 1/2 koppie Groenbone per persoon, pas gaargemaak met sout en suurlemoensap bygevoeg aan die einde, gebruik so min as moontlik water. Sprinkel geroosterde sade van keuse oor die groenbone.

  • Rooibostee met klapperstukke en kaneelstokkie. Verwyder geurmiddels en geniet!

 

DAG 9:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Slaai: Berei jou gunsteling keuse van slaaiblare en ander rou slaaigroente voor. Voeg geroosterde sade mildelik by met ‘n knippie sout en ‘n bietjie suurlemoensap.

  • Berei vir vandag jou gunsteling groentebredie volgens die aanwysings gegee. Gebruik ½ van 'n pampoen, skil dit en sny in groot blokke. Kook/stoom met 'n knippie kaneel en 'n bietjie uitgedroogde klapper, voeg lemoenskille en/of vars gesnyde gemmer by na smaak.

  • Na 19:00: Geniet jou gunsteling gegeurde rooibostee.

 

DAG 10:

Ontbyt:

  • Berei 'n vars groen smoothie voor. Meng spenasie, komkommer, 1 groen appel, avocado, suurlemoen, selery saam met 1 teelepel coconut olie. Voeg een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) oor die smoothie en geniet!

 

  • Berei 'n Millet pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 of 2 dadels by. Voeg 'n bietjie pienk sout aan die einde by en versoet die pap met 1 of 2 dadels. Voeg ook 1 of 2 eetlepels peanut botter (ongesoet en ongesout) by. Gooi Amandel melk oor en voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap. Geniet! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.

 

2de Ete (Resep genoeg vir 2 volwassenes en 2 kinders)

  • Berei jou gunsteling Gooislaai voor, maak seker daar is ook genoeg groen blare, kruie en rooi en geel groente.

  • Blomkool/Broccoli/ Zucchini (of Baby Marrow) is heerlik in 'n slaai. Selfs vars rou mielies kan bygevoeg word. Wees liberaal met jou geroosterde sade.

  • Bak in die oond: 2 Aartappels, in die helfte gesny, per persoon. Geur met uie en knoffelpoeier, asook 'n knippie borrie en sout.

  • Vryf die aartappels totdat almal goed bedek is met die gesonde geurmiddels. Sit in die oondpan en bak tot sag. Terselfdertyd, in 'n ander oondpan, rooster dik ongeskilde skywe Butternut, bedek met 'n klapper-en-kaneelmengsel met 'n paar druppels water bo-op. Kook 2 Mielies en sny die mielies af. Ontdooi 'n 250gr sakkie Gevriesde Ertjies, voeg die Mielies en ontdooide Ertjies by in 'n pot met 'n paar druppels water en gooi net 'n bietjie sout by. Warm dit op en geniet dit!

  • Na 19:00: Spesiale bederf: 'n Beker rooibostee met 2 skywe vars suurlemoenskywe by die beker gevoeg en 1 plat lepel rou heuning vir elk.

Small Victories Win the War.png

BAIE GELUK, JY HET DIT GEDOEN! DEUR ONS HERE SE GENADE IS 'N NUWE, GESONDER, MEER ENERGIEKE, MAERDER EN POSITIEWE JY DIE RESULTAAT!

Na die Detox kan peulgewasse, gesonde brode, gesonde tuisgemaakte smere en souse bygevoeg word. Dit is egter tot ons voordeel om 'n eenvoudiger leefstyl en eetplan te leef, en spesiale lekkernye te geniet (steeds binne die gesondheids beginsels). Onthou! Spesiale lekkernye is net dit, vir spesiale geleenthede en nie vir elke dag nie. Vir diegene wat reeds die voorbereiding van maaltye geniet, begin deur ou resepte aan te pas om gesonder opsies in te sluit. Selfs 'n spesiale bederf moet gemaak word met gesonde items. Onthou om jou gesondheid opgehef te hou as 'n spesiale gebed tot ons Vader en Sy Seun. Jesus het oorwin waar Adam en Eva gevaal het... deur NIE GOD TE VERTROU NIE… en toe te gee aan wat begeerlik gelyk het om te eet... al het God NEE gesê.

Moedig ander aan deur jou getuienis van algehele beter gesondheid… en kry die hele gesin betrokke by die voorbereiding van heilsame maaltye. Ons moet ons maaltye met danksegging geniet en die seëninge wat dit bring met ander deel. Dit is belangrik om te onthou dat die Gesondheidsboodskap nie die evangelie is nie, tog kan dit nie van die Evangelie van die waarheid geskei word nie. Ons Here is genadig en nie 2 persone is dieselfde nie, vir sommige is dit dalk makliker om aan te pas, vir ander sal dit langer neem. Ons moet egter biddend daarna streef om hoër en hoër uit te styg tot eer van ons Lewegewer. Eetlus is vir baie 'n groot struikelblok en ons moet bedagsaam teenoor mekaar wees, en nooit oordeel nie. Ons moet eerder mekaar bemoedig met liefde en gebed.

Ons Here sal vir ons doen wat onmoontlik lyk, Hy het vir ons die Gesondheidsboodskap gegee en kan en sal ons help om te oorwin soos Hy oorwin het toe Satan Hom in die woestyn versoek het. Mag ons voorberei om die 3 Engele Boodskappe te bring…, die basuin 'n duidelike klank te gee…, en vasstaan ​​op die vaste fondament van Die Geloof.

As jy nie reeds jou eie groente plant nie, begin so gou as moontlik. Ons moet dit wat ons het met ander deel en dit wat ons het verruil vir ander produkte van ander.

“Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.” Judas 1:24-25

bottom of page