10-DAG DANIEL DETOX VAS
Die 10-Dag Daniël Detox Vas is 'n plant-gebaseerde dieet wat fokus op die eet van geen verwerkte voedsel nie.
-
Slegs twee etes word per dag genuttig:
-
Ontbyt: Vrugte en Graan pap
-
2de Ete: Slaai en Groente
-
-
Slegs suiwer water word gedrink met 'n rooibos tee saans
Die Daniël Detox Vas het baie potensiële voordele, insluitende:
-
Fisiese gesondheid
-
Gewigsverlies
-
Detox
-
Verbeterde vertering
-
Verminderde inflammasie
-
Verhoogde energie vlak
-
Verbeterde velgesondheid
-
Verbeterde hormonale balans
-
Laer risiko van hart siektes
-
Laer bloeddruk
-
Verminderde risiko van diabetes
-
-
Geestes-gesondheid en Geestelike gesondheid
-
Geestelike taaiheid en skerpheid
-
Herstelde smaak
-
Nouer verhouding met God
-
Verhoogde sensitiwiteit vir die stem van die Heilige Gees
-
Verhoogde effektiwiteit in voorbidding
-
Leiding in besluite
-
'n Hernieude gevoel van balans in die lewe
-
Wat het mens nodig en wat kos dit?
Is dit veilig vir diabete om aan hierdie Vas deel te neem?
-
'n Gewysigde vorm van hierdie Daniel Vas is verseker veilig. Trouens, die eet van vrugte en groente is 'n belangrike deel van 'n gesonde dieet vir mense met diabetes. Studies toon dat verhoogde vrugte-inname die risiko van komplikasies en sterftes by pasiënte met tipe 2-diabetes kan verminder.
-
VOLG HIERDIE SKAKEL NA DIE SPESIALE 10DAG-VAS EETPLAN VIR DIABETE
Kan mense op chroniese medikasie aan die Vas deelneem?
-
Ja. BAIE BELANGRIKE KENNISGEWING: INDIEN JY ENIGE CHRONIESE MEDIKASIE GEBRUIK, MOET ASSEBLIEF NIE JOU MEDIKASIE STAAK NIE.
Wat jy kan doen is om hierdie Daniël Detox Vas te begin nadat jy vir jou ondersoek was en jou jongste resultate van enige bloed- en ander toetse gekry het. Dan na die 10 Dag Daniël Detox Vas, kan jy 'n opvolg met jou dokter hê. As jy hierdie Vas volg en die beginsels wat uiteengesit word, sal 'n definitiewe positiewe uitkoms gesien word. MOET NOOIT enige verandering in chroniese medikasie maak sonder om met jou dokter te raadpleeg nie.
Hoe kry mens die beste resultaat uit hierdie Vas?
-
Die resultate van hierdie 10 Dae Daniël Detox Vas is 'n gegewe INDIEN AL 8 DIE GESONDHEIDSBEGINSELS (WAT HIER ONDER BESKRYF WORD) GEVOLG WORD. Ons het almal uitdagings, maar moenie enige verskonings maak om NIE die program daagliks te volg nie, behalwe as dit regtig onmoontlik is. Vir diegene wat ander uitdagings het, bv. om in 'n rolstoel te wees: Doen wat jy kan met wat jy het na die beste van jou vermoë. Beweeg wat jy kan beweeg om as oefening te tel. Die beginsel is om dinge anders te doen as die gewone leefstyl en om moeite te doen met hierdie program, SÓ 'N POGING sal dan geseënd wees en positiewe resultate sal ervaar word.
-
Hierdie 10 dae vas moet biddend aangepak word. Lees Daniël 1 in die Bybel vir verdere aanmoediging.
Die 8 basiese gesondheidsbeginsels vervat in die akroniem NEWSTART, is die basis vir hierdie Vas.
-
N (NUTRITION)– VOEDING
-
E (EXERCISE) – OEFENING
-
W (WATER) – WATER
-
S (SUNSHINE) – SONLIG
-
T (TEMPERANCE) – MAGTIGHEID
-
A (AIR) – LUG
-
R (REST) – RUS
-
T (TRUST) – VERTROU IN GOD
1. VOEDING
Met ons huidige leefstyl en eetgewoontes het ons gewoond geraak aan alle soorte geurmiddels, kleurstowwe, preserveermiddels en ander stowwe wat by alle verwerkte voedsel gevoeg word. Ons is ook geneig om meer verwerkte voedsel te eet weens die toeganklikheid en die gerief daarvan: bv. ingemaakte, verpakte, bevrore voedsel. Ekstra suiker en sout word by verwerkte, geriefs- en gemorskos gevoeg.
Eintlik kan die woorde GEMORS en KOS nie saam gebruik word as 'n beskrywing van regte KOS nie. Met al hierdie bymiddels het ons tonge se smaakpapille "verdraaid" geraak. Dit het verander om gewoond te raak aan iets anders wat ons nou as normaal ervaar, waar dit in werklikheid nie normaal is nie. Alhoewel dit mag lyk asof hierdie bymiddels tot voordeel van die verbruikers is, is dit eintlik tot voordeel van die verskaffer wat die produkte so lank as moontlik op die rakke wil hou, geen geld wil verloor nie en ons verslaaf wil hou aan hierdie smaakversterkte produkte. Met hierdie Vas sal jou tong se smaakpapille die ware smaak van regte en eenvoudige kos herontdek, nie deurdrenk in souse, speserye en ander stowwe nie. Soveel stowwe wat ons verbruik het 'n baie negatiewe uitwerking op die brein en op die liggaam, vandaar die simptome van ontgifting wat meestal gedurende dag 3 en 4 sal voorkom, afhangende van hoeveel suiker, sout, MSG, speserye, vet, alkohol, rook, koffie, tee en kafeïen waaraan jy gewoond is. Al hierdie bymiddels het 'n impak op ons liggaams- en breinfunksies. Simptome van ontgifting is: hoofpyne, styfheid van gewrigte en liggaamspyne, prikkelbaarheid, moeilikheid om te fokus en net 'n algehele onrustigheid in jou liggaam. Dit is gewoonlik die punt waar baie opgee, maar gaan ASSEBLIEF biddend voort met die Vas. Hierdie simptome sal verdwyn en dit sal makliker word om met die Vas voort te gaan.
Dit neem gewoonlik net 10 dae om ons smaak te herlei en om kos in sy eenvoudige en gesonde vorm te begin geniet. Na 'n leeftyd van eet soos ons doen, weerstaan ons natuurlik eers die nuwe smake. Kos sal waarskynlik beskryf word as "vaal", maar na die 10 Dae sal dit verander! Vir die liggaam om te funksioneer soos dit moet, is 'n eenvoudiger dieet nodig. As jy val, staan net weer op en gaan voort! Die voordele en seëninge sal op die ou end die moeite werd wees. 'n Plantgebaseerde dieet word deur die 10-dae-Daniel-Detox Vas gevolg. Jy het seker al die uitdrukking gehoor: JY IS WAT JY EET? Wel, dit is baie waar: ons bloed word gemaak van die kos wat ons eet. Goeie, suiwer bloed is van kardinale belang vir 'n gesonde liggaam. "Slegte bloed" laat die hele stelsel ly.
2. OEFENING
As jy reeds 'n oefenprogram het wat jy volg, is dit wonderlik! Gereelde oefening, spesifiek buite, het 'n wonderlike ontspanne effek en dit sal jou meer energie gee!!! Ja, MEER energie. Die hartspier sal versterk word, asemhaling sal toeneem, bloedsirkulasie sal toeneem, daarom word meer suurstof aan die hele liggaam verskaf wat die bron is van jou ekstra energie en duideliker breinfunksie.
Vir diegene wat lanklaas enige oefeninge gedoen het, begin stadig net met stap. Stap met 'n bottel water en drink terwyl jy loop, veral in die somer. Weerhou om buite te oefen in uiters koue of warm weer. As jy dit moeilik vind om te loop, begin deur net om jou huis of in die tuin te stap. Stap biddend elke dag 'n bietjie verder, bou dit op totdat jy 'n vinnige stap van 40 minute kan neem sonder om uitgeput te wees – gaan voort met die 40 minute 5-6 keer per week. Kry 'n vriend om by jou aan te sluit en moedig mekaar aan. 'n 10 minuut-lange stappie na albei maaltye sal net tot jou gesondheid bydra, veral om die spysverteringsproses aan die gang te sit, in teenstelling met sit of lê na 'n maaltyd.
3. WATER
Tydens hierdie vas word niks behalwe 2 liter skoon water per dag en een koppie rooibostee met suurlemoenskywe per dag toegelaat nie. Om die korrekte hoeveelheid water wat jy per dag moet drink te bereken, is die verhouding: 1-liter water vir elke 25 kg se gewig. Dikwels sal ons eerder tussen maaltye peusel, waar ons eintlik water behoort te drink. Elke sel van ons liggame werk in 'n "bad van water", ons liggame is 75% water, as ons dit nie voorsien nie, word die liggaam gedehidreer en sal al die selle aangetas word.
Die beginsels vir water-drink is: Begin die dag met 500ml lou water (met vars suurlemoenskywe indien moontlik) op 'n leë maag; dit sal jou spysverteringstelsel aan die gang sit. Die ideaal is om 1 liter water voor ontbyt te drink. Geen vloeistof 30 minute voor enige ete, geen vloeistof saam met enige ete en geen vloeistof tot een uur nadat jy klaar is met 'n maaltyd nie.
As jy geneig is tot hoofpyn, kan jy gedehidreer wees, so wanneer ‘n hoofpyn opkom, drink dadelik 2 glase water. Soos jou hidrasievlak na normaal terugkeer, sal baie kwale geheimsinnig verdwyn. Hardlywigheid sal verbeter, velprobleme sal begin opklaar, fokus en breinfunksie sal verbeter. Artritis sal verbeter; energievlakke sal verbeter namate die bloed makliker deur die liggaam beweeg. Goeie hidrasie help ook die liggaam om sy temperatuur te reguleer, nie meer yskoue hande en voete nie.
4. SONLIG
Sonlig op ons vel produseer natuurlike Vitamien D. Het jy geweet dat ‘n Vitamien D tekort dieselfde simptome as depressie het? Om buite te wees, om 20 minute se direkte sonlig op blootgestelde vel te kry, is genoeg om jou Vitamien D-vlakke op te hou. Al die 8 beginsels van gesondheid, en jou daaglikse dosis sonlig, sal help om bloeddruk te reguleer. Om aktief buite in sonlig te wees, help ook om beter te slaap.
Wanneer die vel aan direkte sonlig blootgestel word, word ongewenste bakterieë op die vel doodgemaak.
So hoe belangrik is ons daaglikse dosis direkte sonlig op ons velle?! Ons kan dus 3 van die gesondheidsvoordele in een sessie verkry wanneer ons buite in die natuur oefen, vars lug inasem en sonlig inneem. Net om in die natuur te wees lig die gees op want ons het ‘n geleentheid om die verstand na ons Skepper te rig met ons liggaam, wat Hy so vreeslik en wonderlik geskep het.
5. MATIGHEID
Die ware definisie van Matigheid is: Weerhouding van alles van jou dieet en leefstyl wat nadelig is vir jou gesondheid en om matig deel te neem aan dit wat wel goed is.
Dit sluit geen drink van Engelse/swart tee of koffie, geen alkohol, geen suiker- of gaskoeldranke, geen energiedrankies in nie. Met betrekking tot kos: geen gebraaide/olierige kosse, geen gemorskos, geen diereprodukte, geen suiwel- en suiwelprodukte, bv. kaas, roomys, jogurt, room en botter nie. Verkieslik geen verfynde suiker nie.
Die verstand moet die eetlus en passies beheer, nie andersom nie. Elkeen het 'n verantwoordelikheid teenoor sy/haar eie liggaam (hierdie wonderlik en vreesaanjaende sisteem wat ons met goeie funksie en denke onderhou) om volgens beginsel reg te kies… en nie deur swak besluite verkeerdelik tot verval te bring nie. Ons Skepper het ons gemaak, daar was nooit 'n fout aan Sy kant nie, en sal ons nie graag en met ernstige gebed Sy wil soek in hoe ons vir ons tempel moet sorg nie? Gedagte: Lees die skeppingsverhaal in Genesis 1, wat al die elemente van 'n gesonde leefstyl en maaltydplan insluit. As dit is wat ons Skepper ons eerste ouers as die beste manier van lewe gegee het, hoekom moet ons glo dat dit vandag anders is ... stof tot nadenke ... nie waar nie?
6. LUG
Vars lug is deurslaggewend vir die lewe! Het jy geweet dat die rekord om asem op te hou ongeveer 25 minute is? Dit word bereik in die sport van diepduik. Die meeste mense weet nie hoe om behoorlik asem te haal nie en vlak asemhaling is baie nadelig vir longfunksie. Het jy al gesien hoe 'n baba asemhaal? Diep en korrekte asemhaling is so: wanneer jy inasem, sak die diafragma en die maagarea beweeg vorentoe/uit terwyl die longe met suurstof vul. Wanneer jy uitasem, beweeg die diafragma opwaarts en die maagarea gaan in.
Jou skouers behoort NIE op en af te beweeg terwyl jy asemhaal nie, dit is onvoldoende en vlak asemhaling wat jou liggaam ontneem van die nodige suurstof wat alle selle nodig het om behoorlik te funksioneer. Klere moet nie te styf wees dat dit goeie en maklike asemhaling inhibeer nie!
’n Mistige brein en gebrek aan fokus gaan meestal saam met onvoldoende asemhaling. Jy kan begin deur asemhalingsoefeninge ten minste 3 keer per dag te doen. Staan regop, voete ongeveer 30 cm uitmekaar, kry 'n goeie balans. Vir diegene wat op chroniese medikasie is en wat soms aan lighoofdigheid of duiseligheid ly, word dit aangeraai om naby 'n muur, 'n tafel of rusbank te staan om aan vas te hou as jy enige duiseligheid tydens hierdie oefening sou ervaar.
Asem diep uit deur jou mond, laat al die ou lug in jou longe los. “Spoeg uit” selfs die laaste asem terwyl jy afbuig. Asem dan diep in deur jou neus terwyl jy stadig opkom in 'n regop posisie. Hou jou asem vir 10 sekondes op en asem weer uit deur die mond terwyl jy afbuig. Herhaal dit 3 keer, dit tel as een sessie van asemhalingsoefening. Dit is verkieslik om dit buite in die vars oggendlug te doen, indien nie moontlik nie, maak 'n venster oop waar jy vars lug kan inasem. Weerhou van asemhalingsoefeninge in lugbesoedelde gebiede. (Dit is nie tot jou voordeel om te gaan stap of hardloop waar daar verkeer is nie.) As jy duiselig word terwyl jy hierdie oefening doen en jy gewoonlik nie duiseligheid ervaar nie, is dit omdat jou brein nou oorstroom is met suurstof want dit het ontbreek. Die brein, die hele liggaam, het suurstof nodig om te oorleef, vir selvernuwing en selgenerering.
7. RUS
Sonder genoeg rus: fisies, sielkundig, emosioneel en geestelik, sal ons uiteindelik gesondheidsprobleme hê, die erns hang af van die gebreks-vlak. Slaapgebrek dreineer jou verstandelike vermoëns en stel jou fisiese gesondheid in gevaar. Kortliks, die volgende kan geraak word: geheueprobleme, buiveranderinge, verswakte immuniteit en die risiko vir diabetes, probleme om te fokus en helder te dink, ongelukke, hoë bloeddruk, risiko van hartsiektes, swak balans en selfs gewigstoename. Hoe belangrik dan om 'n goeie nagrus van ten minste 7-8 uur elke nag te kry, waarvan 2 uur voor middernag moet wees. ’n Koel, donker en geventileerde kamer is die beste. Alle elektronika moet ten minste 'n uur voor slaaptyd afgeskakel word. Ons behoort sonder 'n wekker wakker te word, ons sirkadiese ritme (liggaams-klok), wanneer dit goed funksioneer, sal duidelik vir ons sê wanneer dit tyd is vir rus/slaap en ons ook verfris wakker maak, met 'n helder verstand en gereed vir die dag.
8. VERTROU OP GOD
Wetenskap het bewys (Godsdiensbywoning en kognitiewe funksioneringstudie is gedoen deur die Universiteit van Texas in 2006) dat mense wat in God glo, vertrou en hoop op 'n hoër mag buite hulself, die agteruitgang stopsit van kognitiewe funksies van die brein.
Ons word in die Bybel vertel dat ons “Wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie”. Dit is een van vele verse wat verduidelik hoe ons fokus op die oneindige God… ons met hoop kan vul te midde van oënskynlik hopelose omstandighede. Hebreërs 11:1 gee vir ons die volmaakte definisie: "Geloof is dan 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop en 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie." So ware genesing op alle vlakke kom regtig met die herstel van 'n intieme verhouding met ons Skepper, Hy sal ons 'n nuwe hart en 'n regte gees in ons gee, soos koning Dawid voor gebid het.
Om die Woord van God te lees, daaroor na te dink, en deur gebed vind ons gemoedsrus en vreugde omdat ons 'n Vriend het wat heeltemal Betroubaar is!
DANIËL 10-DAG DETOX VAS
VOLG HIERDIE SKAKEL NA DIE SPESIALE 10DAG-VAS EETPLAN VIR DIABETE
ALGEMENE DAAGLIKSE BEGINSELS MET BETREKKING TOT GESONDE VOEDING
Maak die spysverteringstelsel wakker met 'n groot glas louwarm suurlemoenwater eerste ding in die oggend. Drink nog 2 glase water (kamertemperatuur) daarna tot 30 minute voor ontbyt. Dit sal die liggaam baie help om te Detox as jy die eerste liter water vir die dag voor ontbyt inneem. Om te help met die skoonmaak van die dikderm, drink 'n vol lepel heel linseed met elk van die 2 glase water. Binne 'n paar dae behoort jou dikderm "op datum" te wees met minstens 2 gesonde stoelgange per dag. (In die 1960's het 'n Dr. Beckitt, wat voorgestaan het dat ware gesondheid van 'n gesonde spysverteringstelsel afhang, dit so gestel: “Groot sagte stoelgange twee keer per dag = Klein hospital. ‘n Klein harde stoelgang een keer per dag of elke ander dag = Groot hospital.” Sy passie en studie as mediese dokter was om die spysverteringstelsel van sy pasiënte reg te stel deur gesonde voedingsbeginsels, wat deur genesing en omkering van siektes duidelik bewys is.
ALGEMENE BEGINSELS RAKENDE ONTBYT EN JOU 2DE ETE VAN DIE DAG
-
ONTBYT:
Berei 'n vars vrugteslaai van ten minste 3 verskillende ryp vrugte voor. Hou so ver moontlik die skille aan, jy kan selfs mangoskille eet, en druiwepitte is gesond! Geniet elke oggend 'n ander mengsel van vrugte vir 'n verskeidenheid voedingstowwe.
Ten minste een opgehoopte eetlepel van die gemaalde “4-Saad-Mengsel” (Flax/Linseed, Sonneblom, Sesame en pampoen sade) wat oor jou vrugteslaai gestrooi is.
Berei 'n 2-3 Graan pap (wat vooraf berei kan word deur die hotbox metode: Kook die kombinasie van korrels vir 10 minute met genoeg water, maak die pot toe met sy deksel en sit in 'n hotbox, maak die hotbox toe en laat dit oornag sit. Dit sal die korrels gaar en gereed laat wees die volgende oggend… en dit spaar ook op elektrisiteit. As jy nie 'n hotbox het nie, gebruik jou koelsak. Sit 'n groot handdoek gevou in die koelsak. Sit 'n houtsnyplank of 'n bord op die handdoek, sit die warm pot daarop en maak toe met nog 'n groot opgevoude handdoek. Rits die koelsak toe en los dit oornag.) Kies uit die volgende korrels: Koring, Spelt, Gars, Bruin Rys, Gerolde Hawer, Bokwiet en Quinoa of wissel af met 'n maaltyd Geel Polenta (Mielies) of Heel Rooi Sorghum (waarvan Maltabella pap gemaak word.) Kook tot sag, gewoonlik 30 – 40 minute vir die harder korrels. Voeg 'n bietjie sout aan die einde by en versoet die pap met rosyne of dadels. ’n Dadel puree kan ook vooraf gemaak word en in die yskas gehou word. (Sny ontpitte dadels in stukke, voeg in 'n pot saam met water en laat dit sag word op medium hitte. Sit dit deur 'n blender tot 'n lekker fyn en sagte puree.) Plaas nie meer as een opgehoopte eetlepel op die pap as versoeter nie. Voeg nog 'n opgehoopte eetlepel van die gemaalde 4-Saad-Mix dan oor die pap.
4-Saad-Mengsel resep: 1 Koppie heel Linseed, 1/3 koppie Sonneblomsaad, 1/3 koppie Pampoenpitte, 1/3 koppie Sesame saad. Maak dit fyn en hou in die yskas in 'n glashouer met 'n digpassende deksel vir nie langer as 4 dae nie. Aangesien sade hoog in gesonde vette is, gaan dit vinnig af en moet nie te lank gehou word nie. Maal elke 3-4 dae 'n vars pot saadmengsel. GEEN ander versoeter, GEEN melk, GEEN botter of margarien nie. Vir meer geur kan die volgende matig bygevoeg word: ½ Teelepel Kaneelpoeier (gee 'n soeter smaak en help om bloedsuiker te stabiliseer) of 1 teelepel uitgedroogde klapper (gesonde vet).
Probeer om ontbyt om 09:00 te geniet indien moontlik en die tweede maaltyd om 15:00. Die maag moet ook rus, so daar moet 5 uur tussen maaltye wees waartydens niks oor die lippe gaan nie, behalwe suiwer skoon water.
-
TWEEDE MAALTYD (Moet genuttig word 5 ure na ontbyt geëindig het.)
GEEN PEUSELHAPPIES TUSSEN DIE TWEE ETES NIE!
Berei 'n rou slaai voor om voor die gekookte (of gestoomde) groentemaaltyd te eet. Die rou groenteslaai verskaf lewende ensieme wat help met die afbreek van voedingstowwe. (Moenie vrugte en groente in een maaltyd meng nie).
Slaaibestanddele: Jong spinasieblare, blaarslaai, kruie (soos roket, waterkers, pietersielie en basiliekruid), jong beetblare, wortels, komkommer, tamaties, seldery, ui, knoffel (sterkste antibiotika!), Avokado, rooikool, groenkool, rooi en geel Soetrissies. Rou beet kan ook gerasper en fyn gesny en rooi ui bygevoeg word – Dis heerlik! Onthou! 100% van die voedingswaarde word behou wanneer dit rou geëet word.
Geur alle slaaie met SLEGS 'n klein bietjie sout en vars suurlemoensap of geniet soos dit is. Gestoomde groente is beter as gaar: 80% voedingswaarde word behou wanneer dit gestoom word, baie min wanneer dit gekook word en 0% wanneer dit gaargemaak word in die mikrogolf oond. Sover moontlik, stoom net jou groente, indien geen stoompot beskikbaar is nie, kook dit in die minste hoeveelheid water moontlik. Gebruik net sout en vars suurlemoensap om te geur. GEEN OLIE VAN ENIGE AARD NIE!
Ons liggame vaar beter met nie te veel verskillende soorte kos in een maaltyd nie. Hou maaltye eenvoudig maar voedsaam en smaaklik.
Herontdek die regte smaak van regte kos en leer om dit te geniet, jou liggaam en gees sal jou daarvoor bedank! Ons is almal gewoond aan wat ons “partytjiekos” noem. Dit is ok om af en toe 'n partytjie te hou en 'n sny koek of nagereg, beskuitjies met smeer en 'n paar speserye te hê, maar dit is sekerlik nie waarop ons liggame floreer nie. Om goeie gesondheid te geniet, het ons gesonde bloed nodig en gesonde bloed word saamgestel uit wat deur ons monde ingaan, dus moet ons eet om gesond en vreugdevol te lewe en nie eet om net 'n oomblik se plesier in smaak te bevredig nie. Wysheid in ons eetgewoontes maak 'n wêreld van verskil!
HIER VOLG 'N VOORBEELD VAN 'N GESOND DETOX EETPLAN VIR 2 VOLWASSENES EN 2 KINDERS. JY KAN GROENTE VERVANG VOLGENS BESKIKBAARHEID IN JOU OMGEWING. IN SEISOEN VRUGTE EN GROENTE IS DIE BESTE VIR VARSHEID EN PRYSGEWYS, MAAR HOU BY DIE BEGINSELS EN ONTHOU DIE EEN GROOT BASIESE BEGINSEL: OM ELKE TWEEDE ETE VAN DIE DAG 'N ROU SLAAI TE EET SAAM MET GEKOOKTE OF GESTOOMDE GROEN, ORANJE EN GEEL/WIT GROENTE, ELKE DAG. EET STADIG, KOU ELKE MONDVOL 20 KEER VIR BESTE VERTERING EN ABSORPSIE VAN VOEDINGSTOWWE.
DAG 1:
Ontbyt:
-
1 groot of 2 klein appels, 1 piesang en 1 lemoen. Berei vrugteslaai voor en voeg 1-2 eetlepels gemaalde 4 Saad-Mengsel vir elke persoon by. Geniet!
-
Berei vooraf die 4 Saad-Mengsel voor: 1 koppie Lynsaad, 1/3 koppie elk: Sonneblomsaad, Sesamesaad en Pampoenpitte. Maal dit op en hou in die yskas in 'n houer met ‘n digte deksel.
-
Berei Graanpap voor: 1 koppie Gars, voeg 3 koppies water by, kook vir 5-10 minute op sy eie, voeg dan 1 koppie Gerolde Hawer by aangesien Gars 'n bietjie langer neem om heeltemal gaar te wees. Jy kan jou pap soggens gaarmaak of die Hotbox-metode volg.
-
Voeg sout by 'n paar minute voor die pap gereed is. Voeg dadels en/of rosyne by as versoeter. Sny die dadels fyn en meng met rosyne van keuse, voeg by die pap. (Of 'n Dadel puree kan gemaak word en in die yskas gehou word: Sny 500gr Dadels op, sit in pot met so 1/3 koppie water. Bring dit stadig tot kookpunt en verlaag die hitte. Roer om dit fyn te maak. Hierdie versoeter kan suksesvol vir 2 weke in die yskas gehou word voordat nog 'n bondel voorberei word. Gebruik slegs 1 eetlepel versoeter.) Onthou om nog 1-2 eetlepels gemaalde 4-Saadmengsel oor pap te strooi.
2de Ete:
-
Berei 'n rou slaai voor om voor gekookte kos te geniet, dit verskaf lewendige ensieme en optimale voedingswaarde van die bestanddele: 1 koppie Spinasieblare, 1 koppie Blaarslaai, 1-2 Tamaties, 1/3 Engelse Komkommer, 1/2 Ui, 1 Wortel. Geur met baie min sout en vars Suurlemoensap, geen ander geurmiddels nie.
-
Groente: 1 heel Suikermielie per persoon. Sny 2 Botterskorsies in 4 stukke. 1 Heel blomkool vir die gesin. Die beste metode om optimale voedingswaarde te behou, is om in 'n stoompot te stoom, indien geen stoompot beskikbaar is nie, kook in so min water as moontlik op stadige hitte tot net gaar. Wanneer dit in te veel water gekook word, gaan voedingstowwe verlore in die oortollige water. Gebruik baie min sout en vars suurlemoensap om te geur. GEEN ander speserye vir die 10 Dae nie. Onthou die verhemelte moet aanpas by die smaak van eenvoudig voorbereide kos.
DAG 2:
Ontbyt:
-
Vrugteslaai: ½ Pynappel, 1 Piesang, 1 Lemoen. En onthou om die 4-saadmengsel op te strooi!
-
Graanpap: ½ k Bruinrys, 1 koppie Gars, voeg 3 koppies water by en kook tot sag. Die korrels moet goed gaar wees en voeg sout by aan die einde van die kooktyd. Behalwe vir die dadel puree en/of gesnyde dadels & rosyne mengsel, kan 1 eetlepel uitgedroogde klapper bygevoeg word. Onthou die 4-saadmengsel! Probeer om 'n verskeidenheid graan te gebruik, dit verskaf meer gebalanseerde voedingstowwe. As jy 'n beperkte aantal korrels beskikbaar het, gebruik wat beskikbaar is.
2de Ete:
-
Slaai: 1/3 Rooikool, 1/3 Groenkool en 1 Wortel, alles grof gerasper of fyn gesny.
-
Kook of Stoom: 1 Aartappel in skil per persoon. 1 hele Broccoli vir die gesin. 2 Wortels per persoon en ½ 'n Ui per persoon.
-
Drink voor 19:00 'n koppie rooibostee, berei op die stoof voor en voeg vars gemmerskywe of kruisementblare by om saam met die tee te kook. Of voeg vars suurlemoenskywe aan die einde by. Heerlik!
DAG 3:
Ontbyt:
-
Vrugteslaai: 1 Peer, 1 Appel, 1 Lemoen, 1 Piesang.
2de Ete:
-
Rouslaai: 1 koppie Spinasieblare, 1/3 Komkommer, ½ Ui, 1-2 Tamaties, 1 stingel Seldery. Maak 'n Avokado Mash: 1 ryp Avokado, Suurlemoensap en tikkie sout. Verdeel Avokadomengsel bo-op elke persoon se slaai. Sprinkel geroosterde sesamesaad bo-oor. Om sesamesaad te rooster: Verhit 'n droë pan (geen vloeistof nie) op die stoof, voeg 2 eetlepels sesamesaad by, rooster terwyl dit aanhoudend geroer word, verwyder van die stoof wanneer pitte begin verkleur, haal dit uit die pan en laat dit afkoel voor gebruik. Sonneblom- en pampoenpitte kan op dieselfde manier gerooster word en op slaai gebruik word. Die sade voeg by die Essensiële Vetsure (Omega 3, 6 en 9 natuurlike olies) wat ons daagliks nodig het, vandaar ook die sade op die Vrugteslaai elke oggend.
-
Kook of stoom vooraf: 2 medium Beet per persoon, laat afkoel voor ete. Beet kan sonder sout gaargemaak word, dit smaak heerlik en dit bevat sy eie suiker en kan gaar of geskil geëet word of rasper dit rou as ‘n slaai.
-
1 Heel Blomkool vir die gesin, 'n halwe Botterskorsie per persoon en 'n halwe Mielie per persoon.
-
Voor 19:00: Berei Rooibostee in 'n pot op die stoof: Voeg Lemoenskil van die oggend se ontbyt aan die einde van die kookperiode by en laat trek en die geur ontwikkel, 'n heerlike Lemoen Rooibostee!
DAG 4:
Ontbyt:
-
'n Spesiale bederf: 2 Medium Pawpaw, gehalveer en pitte verwyder. Berei nou 'n vrugteslaai voor met: 'n paar druiwe, ½ pynappel in blokkies, 1 piesang, 1 kiwivrug, 'n paar aarbeie en/of bloubessies. Vul elke Pawpaw-helfte met die verdeelde vrugteslaai. As nog 'n spesiale bederf: voeg 3-5 Rou Kasjoeneute bo-op vrugte, sprinkel dan die saadmengsel daaroor. Mmmm, 'n heerlike vrugte-ontbyt. Geen pap vanoggend nie.
2de Ete:
-
Groenslaai: Bedek eers en week 1 koppie Bevrore Ertjies in kookwater vir 10 minute, berei dan die res van slaai voor.
-
1 koppie Spinasie, 1 koppie Blaarslaai, 1 stingel Seldery, 1/3 Komkommer, 4 Broccoli Blomme fyn gesny, 1 Prei (Engels: Leek). Dreineer die Ertjies en laat dit heeltemal afkoel, voeg dit dan by die slaai. Jy kan bietjie geroosterde pampoenpitte byvoeg. Daar gaan jy, 'n volledige Groen Rouslaai!
-
Kook of Stoom: Berei 'n Spinasiebredie voor: 6 koppies fyn gesnyde Spinasie, 1 ui en 1 groot knoffelhuisie. Smoor gesnyde ui en knoffel vir 5 minute in 'n klein bietjie water, voeg 1 Aartappel in blokkies by en kook vir nog 10 minute, voeg die spinasie by en kook nog 5-7 minute. Skakel af, voeg bietjie sout en vars suurlemoensap by en roer goed. 1 Patat per persoon in die vel. 2 Wortels per persoon. As jy die wortels goed borsel voordat jy kook, hoef jy dit nie te skil nie. (Baie voedingstowwe gaan verlore as gevolg van skil. Dieselfde geld vir die rou slaaie.)
-
Voor 19:00: Geniet 'n koppie rooibostee met óf kruisement, gemmer óf suurlemoenskywe.
DAG 5:
Ontbyt:
-
Vrugteslaai: 1 Lemoen, 1 Kiwivrug of 1 Peer, 1/2 Pynappel, 'n paar druiwe of 'n Piesang. Onthou die saad mengsel!
-
1 Graanpap: 2 koppies GMO-vry Polenta Geelmieliemeel in 4 koppies water. Kook sowat 25 minute, voeg sout by en kies tussen dadels of rosyne as versoeter.
2de Ete:
-
Slaai: Rooster 1/2 koppie Sonneblomsaad vooraf en laat dit heeltemal afkoel. 1 koppie Slaaiblare, 1/2 rooikool, 1/2 rooi soetrissie, 1/3 komkommer, 1-2 tamaties, 1/2 rooi of wit ui of 1 prei. Voeg geroosterde sonneblomsaad by.
-
Berei 'n Wortelbredie: 1 Groot Ui, 1 Aartappel per persoon, 2 Wortels per persoon. Kook tot sag, voeg sout en vars Suurlemoensap by. 1 Broccoli vir gesin. Voeg geroosterde sesame- of pampoenpitte oor die Broccoli. Onthou om stadig te eet en die kos in sy eenvoudige geure te proe.
-
Voor 19:00. 1 koppie Rooibostee volgens jou voorkeur volgens die vorige voorstelle.
DAG 6:
Ontbyt in 'n glas:
-
Gebruik die grootste glas wat jy het vir hierdie heerlike en pragtige ontbyt. Lae vrugte met Granola/Muesli. Gebruik slegs 2 eetlepels Granola/Muesli per persoon om tussen die vrugte in lae te plaas, bv.: Appel en Lemoen onder, dan granola/muesli, dan pynappel en paar rooi druiwe, dan weer granola/muesli, dan kiwi/aarbei/piesang bo-op. Dan weer granola/muesli en bedek met vars kruisementblare indien moontlik. 'n Paar rosyne, 2 fyn dadels en vars kruisement kan ook met die vrugtelae gemeng word, dit is regtig heerlik. In die toekoms, na die vas, kan 'n paar rou neute ook by hierdie ontbyt gevoeg word. 'n Vrugteroom kan ook gemaak word met ryp peer of pawpaw, voeg 'n paar rou kasjoeneute by, meng tot glad en voeg by die lae. ‘n Goeie resep ook vir toekomstige ontbyte. Geen pap vandag nie, so maak die vrugte-ontbyt groter as gewoonlik.
2de Ete:
-
Slaai: 1/2 van 'n groot Groen Kool fyn gerasper, voeg 4 wortels fyn gerasper by. Geen sout nie, kan 'n bietjie suurlemoensap byvoeg. 2 Eetlepels geroosterde sesamesaad ingemeng is heerlik.
-
Groenboontjiebredie: 1 Ui, fyn gesny met 1 knoffelhuisie, fyn gesny. Droogbraai dit in ‘n pot en voeg druppels water by soos nodig om te braai. Voeg 3 koppies vars Groenbone by, vars en gesny na jou smaak. Kook vir 10 minute voor jy 1 aartappelblokkies per persoon byvoeg. Net genoeg water om alles te laat kook. Voeg sout by aan die einde van kook en 'n bietjie suurlemoensap. Suurlemoensap dien eintlik as 'n smaakversterker, probeer dit ook op ander kosse.
-
Gebruik 'n halwe medium pampoen, geskil en in groot blokke gesny. Kook stadig in ‘n bietjie water. Vandag kan 'n bietjie kaneel en uitgedroogde klapper aan die einde van die kooktyd bygevoeg word, geen versoeter op hierdie stadium nie. Botterskorsies werk ook goed.
-
1 heel Suikermielie per persoon, geur net met ‘n bietjie sout. Geniet dit!
-
Matigheid kom nie vanself nie, ons moet leer om goeie keuses te maak in matigheid, ooreet is nadelig vir ons gesondheid. Geen peuselhappie tussen maaltye nie. Vra ons Vader vir oorwinning, en as jy val, moenie moed opgee nie, ons het meesterskap oor eetlus nodig.
DAG 7:
Ontbyt:
-
1 Appel, 1 Piesang, 1 Lemoen per persoon. 1 Pynappel in blokkies vir die hele gesin. 4 Dadels per persoon. 1 koppie geroosterde ongesoute grondboontjies gemeng met ‘n ½ koppie rosyne, gedeel tussen die gesin na die vrugtemaaltyd.
2de Ete:
-
Rouslaai: 2 koppies blaarslaai, 2 tamaties, 1/2 ui, 1/3 komkommer, 1/2 rooi soetrissie, 1 sagte avokado in blokkies. Geroosterde pampoen en sonneblomsaad oor slaai. Slegs sout en suurlemoensap as geurmiddels.
-
1 Heel Patat gestoom of gaargemaak met die vel, per persoon. 2 Wortels per persoon, in skywe gesny, kook in so min moontlik water, wanneer gereed, voeg 1 x 250gram Ertjies by en maak net deurwarm. Hierdie groente het hul eie soetheid.
-
Rooibostee met vars gemmerskywe en 1 kaneelstokkie of 1/2 teelepel poeier, kook genoeg vir 'n yslike beker vir elkeen. Geniet voor 19:00.
DAG 8:
Ontbyt:
-
1 Vrug van keuse per persoon. Hou die lemoenskille vir môre.
-
Ontbytpoeding: Meng 1/2 koppie uitgedroogde klapper met 2 koppies gerolde hawermout met sout, sit onder in ‘n oondvaste glasbak. Sny 4 Appels met skil in dun skyfies en laag dit bo-op die Hawer en die Klapper. Voeg 1 koppie Rosyne bo-op en 'n bietjie kaneelpoeier. Voeg 'n dun lagie Rolled Oats bo-op. Meng dan 1 Piesang, 2 Appels en 1/3 Pynappel met 1 koppie water, laag dit bo-op en laastens 'n bietjie gedroogde klapper. Bak by 160 C vir 30-35 minute.
2de Ete:
-
1/2 Gekookte/gestoomde Botterskorsie met skil, per persoon, verwyder pitte. Droogbraai 1 fyn gesnyde ui, 1 knoffelhuisie, 1 stingel Seldery, 3 koppies Gesnyde Spinasie, voeg so min moontlik water by om net deur te kook. Voeg sout aan die einde by. Vul die botterskorsies met hierdie mengsel. ‘n 1/2 Suikermielie per persoon. 1/2 koppie Groenbone per persoon, pas gaargemaak met sout en suurlemoensap bygevoeg aan die einde, gebruik so min as moontlik water. Sprinkel geroosterde sade van keuse oor die groenbone.
-
Rooibostee met klapperstukke en kaneelstokkie. Verwyder geurmiddels en geniet!
DAG 9:
Ontbyt:
-
Vrugteslaai: Gebruik jou gunsteling 4 variëteite vrugte vir 'n ruim porsie vir elkeen. Onthou die gemaalde saad mengsel, selfs vir die toekoms, gebruik dit ten minste 4 keer per week. Voeg 2 eetlepels muesli vir elkeen by die vrugteslaai. Kook Millet-pap: 1 ½ koppie Ontdopte Millet, 3 koppies Water, ‘n knippie Sout. Kook ongeveer 20-minute tot sag, maar nie pap nie. Voeg 1 koppie rosyne en 5ml Vanielje-ekstrak by. Geniet dit! Millet is 'n perfekte alkaliese graan, en beveg dus suurheid in die liggaam.
2de Ete:
-
Slaai: Berei jou gunsteling keuse van slaaiblare en ander rou slaaigroente voor. Voeg geroosterde sade mildelik by met ‘n knippie sout en ‘n bietjie suurlemoensap.
-
Berei vir vandag jou gunsteling groentebredie volgens die aanwysings gegee. Gebruik ½ van 'n pampoen, skil dit en sny in groot blokke. Kook/stoom met 'n knippie kaneel en 'n bietjie uitgedroogde klapper, voeg lemoenskille en/of vars gesnyde gemmer by na smaak.
-
Na 19:00: Geniet jou gunsteling gegeurde rooibostee.
DAG 10:
Ontbyt:
-
As jy 'n blender het: Meng jou 5 gunsteling vrugte en voeg 1 koppie Rolled Oats by, meng tot baie fyn en romerig. Daar moet genoeg vir elkeen wees vir 'n groot glas/beker. So 'n vrugte en Oats smoothie kan hou tot die 2de ete en is 'n wonderlike ontbyt vir besige oggende.
2de Ete:
-
Berei jou gunsteling Gooislaai voor, maak seker daar is ook genoeg groen blare, kruie en rooi en geel groente.
-
Blomkool/Broccoli/ Zucchini (of Baby Marrow) is heerlik in 'n slaai. Selfs vars rou mielies kan bygevoeg word. Wees liberaal met jou geroosterde sade.
-
Bak in die oond: 2 Aartappels, in die helfte gesny, per persoon. Geur met uie en knoffelpoeier, asook 'n knippie borrie en sout.
-
Vryf die aartappels totdat almal goed bedek is met die gesonde geurmiddels. Sit in die oondpan en bak tot sag. Terselfdertyd, in 'n ander oondpan, rooster dik ongeskilde skywe Butternut, bedek met 'n klapper-en-kaneelmengsel met 'n paar druppels water bo-op. Kook 2 Mielies en sny die mielies af. Ontdooi 'n 250gr sakkie Gevriesde Ertjies, voeg die Mielies en ontdooide Ertjies by in 'n pot met 'n paar druppels water en gooi net 'n bietjie sout by. Warm dit op en geniet dit!
-
Na 19:00: Spesiale bederf: 'n Beker rooibostee met 2 skywe vars suurlemoenskywe by die beker gevoeg en 1 plat lepel rou heuning vir elk.
BAIE GELUK, JY HET DIT GEDOEN! DEUR ONS HERE SE GENADE IS 'N NUWE, GESONDER, MEER ENERGIEKE, MAERDER EN POSITIEWE JY DIE RESULTAAT!
Na die Detox kan peulgewasse, gesonde brode, gesonde tuisgemaakte smere en souse bygevoeg word. Dit is egter tot ons voordeel om 'n eenvoudiger leefstyl en eetplan te leef, en spesiale lekkernye te geniet (steeds binne die gesondheids beginsels). Onthou! Spesiale lekkernye is net dit, vir spesiale geleenthede en nie vir elke dag nie. Vir diegene wat reeds die voorbereiding van maaltye geniet, begin deur ou resepte aan te pas om gesonder opsies in te sluit. Selfs 'n spesiale bederf moet gemaak word met gesonde items. Onthou om jou gesondheid opgehef te hou as 'n spesiale gebed tot ons Vader en Sy Seun. Jesus het oorwin waar Adam en Eva gevaal het... deur NIE GOD TE VERTROU NIE… en toe te gee aan wat begeerlik gelyk het om te eet...al het God NEE gesê.
Moedig ander aan deur jou getuienis van algehele beter gesondheid… en kry die hele gesin betrokke by die voorbereiding van heilsame maaltye. Ons moet ons maaltye met danksegging geniet en die seëninge wat dit bring met ander deel. Dit is belangrik om te onthou dat die Gesondheidsboodskap nie die evangelie is nie, tog kan dit nie van die Evangelie van die waarheid geskei word nie. Ons Here is genadig en nie 2 persone is dieselfde nie, vir sommige is dit dalk makliker om aan te pas, vir ander sal dit langer neem. Ons moet egter biddend daarna streef om hoër en hoër uit te styg tot eer van ons Lewegewer. Eetlus is vir baie 'n groot struikelblok en ons moet bedagsaam teenoor mekaar wees, en nooit oordeel nie. Ons moet eerder mekaar bemoedig met liefde en gebed.
Ons Here sal vir ons doen wat onmoontlik lyk, Hy het vir ons die Gesondheidsboodskap gegee en kan en sal ons help om te oorwin soos Hy oorwin het toe Satan Hom in die woestyn versoek het. Mag ons voorberei om die 3 Engele Boodskappe te bring…, die basuin 'n duidelike klank te gee…, en vasstaan op die vaste fondament van Die Geloof.
As jy nie reeds jou eie groente plant nie, begin so gou as moontlik. Ons moet dit wat ons het met ander deel en dit wat ons het verruil vir ander produkte van ander.
“Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.” Judas 1:24-25 ♥
-