top of page
eso1208a.jpeg

1 John 5:7,8 - “Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.

VRAAG: Is dit waar dat 1 Johannes 5:7 nie in enige Griekse manuskripte voor die 1600s voorkom nie? As dit waar sou wees, hoekom is dit in die King James Bybel en die 1933/53 Afrikaanse Vertaling? (Sien hoekom die Authorized King James Version Bybel vertrou kan word)

ANTWOORD: 1 Johannes 5:7 hoort in die King James Bybel (en in die 1933/53 Afrikaanse Vertaling) en was deur getroue Christene deur die eeue bewaar. Die vers was wel uit menigte Griekse manuskripte verwyder omrede die probleme wat dit glo veroorsaak het.

Dit is waar dat daar ‘n klein hoeveelheid Skrif verwysings is wat nie dieselfde is wanneer die King James Bybel met die sogenaamde “Meerderheid” Griekse teks vergelyk word nie.

 

Daar is ‘n aantal redes hiervoor:

1. Die sogenaamde “Meerderheid” teks was nie werklik gebaseer op die meerderheid van tekste nie, maar eerder ‘n relatief klein hoeveelheid manuskripte. Die laaste persoon wat probeer het om die verskille tussen die meerderheid van Griekse manuskripte te bepaal, Dr Von Soden, het nie meer as 400 van die meer as 5000 Griekse tekste versamel nie. Met ander woorde, wat in die algemeen bekend staan as die “Meerderheid” Griekse teks is toe nie ‘n versameling van die meerderheid van manuskripte nie.

2. Die “Meerderheid” Griekse teks is ook die hoof Griekse teks in gebruik deur die Oos Ortodokse geloof. Hulle het ‘n gevestigde belang gehad in die verandering (of verwydering) van sommige tekste. Meer hieroor later.

3. Die hele 1 Johannes self is nie in ‘n groot hoeveelheid van bestaande Griekse manuskripte nie.

Waarom dan is 1 Johannes 5:7 in die King James Bybel, maar nie in baie van die bestaande Griekse manuskripte nie? Om die antwoord te verstaan moet ons in die geskiedenis gaan kyk wat gebeur het kort nadat die Bybel geskryf is.

DIE GRIEKSE EN ROMEINSE INSTELLINGS -

Gedurende die vroeë groei van die Christelike Kerk het leraars (gered of nie) leerstellings neergepen wat hulle gesê het Christelik en Bybels was. Na die dood van die Apostels (ongeveer 100 n.C.) het baie mense die leuen geleer dat Jesus nie God die Seun of Seun van God was nie, of dat Jesus eers God by Sy doping geword het, of die valse leering dat die Heilige Gees nie God was of nie ewigdurend is nie.

Die groeiende geloof wat bekend geword het as die Rooms-Katolieke het na baie debat uiteindelik saamgestem oor die leering van die Drie-Eenheid. Hulle het dus geen rede gehad om 1 Johannes 5:7 uit die Bybel te verwyder nie aangesien dit ondersteun het wat hulle geleer het.

Die Grieks-Oos Ortodokse geloof het egter die kettery genaamd “Sabellianisme” beveg, en sou dit makliker vind om hierdie kettery te beveg deur hierdie problematiese vers eenvoudig uit hulle Bybel te verwyder.

‘N PAD VAN LEIDRADE -

Gedurende dieselfde tyd vind ons tog melding van 1 Johannes 5:7, vanaf omtrent 200 n.C. tot by die 1500s.

 

Hier is ‘n tydlyn van verwysings na hierdie vers:

  200 nC - Tertullian het geskryf "hierdie drie is een" gebaseer op die verse in sy “Against Praxeas”, hoofstuk 25.

  250 nC - Cyprian van Carthage, skryf, "En weereens, van die Vader, Seun, en Heilige Gees is daar geskryf: "en hierdie drie is een" in sy “On The Lapsed, On the Novatians”, (sien notas vir Ou Latyns)

  350 nC - Priscillian verwys na dit [Corpus Scriptorum Ecclesiasticorum Latinorum, Academia Litterarum Vindobonensis, vol. xviii, p. 6.]

  350 nC - Idacius Clarus verwys na dit [Patrilogiae Cursus Completus, Series Latina by Migne, vol. 62, col. 359.]

  350 nC - Athanasius verwys na dit in sy “De Incarnatione”

  398 nC - Aurelius Augustine gebruik dit om die Drie-Eenheid leering te verdedig in “De Trinitate” teen die kettery van Sabellianisme

  415 nC - Die Raad van Carthage appelleer tot 1 John 5:7 tydens die debat teen die Ariaanse geloof (Ariane het nie geglo in die goddelikheid van Jesus Christus nie)

  450-530 nC - Verskeie Ortodokse Afrika skrywers haal hierdie verse aan met die verdediging van die Drie-Eenheid leerstelling teen die teësprekers van die Vandale. Die skrywers is:
A) Vigilius Tapensis in "Three Witnesses in Heaven"
B) Victor Vitensis in sy Historia persecutionis [Corpus Scriptorum Ecclesiasticorum Latinorum, Academia Litterarum Vindobonensis, vol. vii, p. 60.]
C) Fulgentius in "The Three Heavenly Witnesses" [Patrilogiae Cursus Completus, Series Latina by Migne, vol. 65, col. 500.]

  500 nC - Cassiodorus het dit aangehaal [Patrilogiae Cursus Completus, Series Latina by Migne, vol. 70, col. 1373.]

  550 nC - Ou Latyns ms r het dit

  550 nC - Die "Spekulum" het dit [Die Spekulum is ‘n verhandeling wat sommige goeie Ou Latynse skrifte bevat.]

  750 nC - Wianburgensis het daarna verwys

  800 nC - Jerome se Vulgaat het dit [Dit was nie in Jerome se oorspronklike Vulgaat nie, maar is bygevoeg in 800 nC vanaf goeie Ou Latynse manuskripte.]

  1000s nC - miniskule 635 het dit

  1150 nC - minuskule ms 88 het dit in die kantlyn

  1300s nC - miniskule 629 het dit

  157-1400 nC - Waldensiese (die Vaudois) Bybels het hierdie verse

  1500 nC - ms 61 het hierdie verse

Selfs Nestle se 26ste uitgawe Griekse Nuwe Testament, gebaseer op die korrupte Aleksandrynse tekste, erken dat hierdie en ander belangrike manuskripte hierdie verse het: 221 v.l.; 2318 Vulgate [Claromontanus]; 629; 61; 88; 429 v.l.; 636 v.l.; 918; l; r.

DIE VAUDOIS -

Nou, die "Waldensiese," of "Vaudois" Bybel strek van omtrent 157 tot die 1400s nC. Die feit is, volgens Johannes Calvyn se opvolger Theodore Beza, die Vaudois het die Geskrifte van sendelinge uit Antiochië in Sirië in die 120s nC ontvang, en het die vertaalwerk na hul Latynse taal voltooi teen 157 nC.

 

Hierdie Bybel was oorgedra vir geslagte, tot die reformasie van die 1500s, toe die Protestante die Vaudois Bybel in Frans, Italiaans en ander tale vertaal het. Hierdie Bybel dra groot gewig wanneer dit kom by wat God regtig gesê het. John Wesley en Jonathan Edwards het geglo, soos meeste van die Hervormers, dat die Vaudois die afstammelinge is van die ware Christene, en dat hulle die Christen geloof vir die Bybel-gelowige Christene van vandag bewaar het.

WIE HET DIE MEESTE OM TE WEN? WIE HET DIE MEESTE OM TE VERLOOR?

Die historiese bewyse wys ons dat die Rooms Katolieke geloof meedoënloos was in hulle pogings om die Vaudois en hul Bybel te vernietig. Dit het hulle tot die 1650s geneem om hul haatlike vervolging te voltooi. Maar die Vaudois was suksesvol in die bewaring van God se Woord tot en met die dae van die Hervormers.

Nou moet ons onsself afvra: Wie het die meeste gewen deur die byvoeging by of by die wegneem uit die Bybel? Het die Vaudois, wat vervolg en vermoor was omdat hulle hierdie Bybel gehad het, enigsins gebaat deur by te voeg of van God se Woorde weg te neem? Kompromie was wat die Roomse geloof wou gehad het! Sou die Vaudois net die pouse gevolg het, sou hul lewens soveel beter gewees het. Maar hulle het die koste bereken. Hierdie was nie politiek nie, dit was hul lewens en hul siele. Hulle, meer as enige ander mense, sou nie ‘n enkele letter wou verander van die woorde wat hulle vanuit Antiochië in Sirië ontvang het nie. En hulle het hiervoor met hulle lewens betaal.

Wat van die “geleerdes” te Alexandria, Egipte? Ons weet reeds van hulle. Hulle kon nie eers hulle paar (45) manuskripte kry om saam te stem nie. Hoe kan ons glo dat hulle God se woord bewaar het?

Die Herformers self skuld die Christene in die Franse Alpe geweldig baie. Nie net het hulle die Geskrifte bewaar nie, maar hulle het gewys tot watter uiterstes God sou gaan om Sy belofte te bewaar: “Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.” Psalm 12:7-8

Voetnota: Die 1952 SDA Bybel kommentaar het die moderne vertalers verkeerdelik nagevolg. Die 1952 SDA Bybel kommentaar sê die volgende oor 1 Joh 5:7 "...The passage as given in the KJV is in no Greek MS earlier than the 15th and 16th centuries. The disputed words found their way into the KJV by way of the Greek text of Erasmus (see Vol. V, p. 141). It is said that Erasmus offered to include the disputed words in his Greek Testament if he were shown even one Greek MS that contained them. A library in Dublin produced such a MS (known as 34), and Erasmus included the passage in his text. It is now believed that the later editions of the Vulgate acquired the passage by the mistake of a scribe who included an exegerical marginal comment in the Bible text that he was copying. The disputed words have been widely used in support of the doctrine of the Trinity, but, in view of such overwhelming evidence against their authenticity, their support is valueless and should not be used..."

 

Hierdie Bybel kommentaar vertolking, aan die hand van bostaande artikel se bewyse, is duidelik foutief. Daar is vandag genoegsame bewyse dat 1 Johannes 5:7 lank terug reeds in Bybel manuskripte bestaan het, lank voor die 1600s, sover terug as 157 nC. Die BRI (Bible Research Institute) het nou 'n paneel wat na hierdie einste onderwerp kyk - 'n versoek wat deur ware gelowiges ingedien is (Amazing Discoveries was glo deel hiervan gewees).

Meer oor hierdie onderwerp:

Bron: www.chick.com/ask/articles/1john57.asp

Sien ook: www.ecclesia.org/truth/manuscript_evidence.html

Sien ook: The Comma Johanneum Defended.

Sien hoekom die Authorized King James Version Bybel vertrou kan word

Terug na die "Drie-Enige God" studie

​​

bottom of page