top of page
gelykenissevJesus.jpg

Die Gelykenisse van Jesus

 

Voorwoord

CHRISTUS, die groot Leermeester, het veel van Sy onderrigting gegee onderwyl Hy saam met Sy dissipels tussen die heuwels en valleie van Palestina gereis of langs ‘n meer of ‘n rivier gerus het. In Sy gelykenisse het Hy Goddelike waarheid met alledaagse voorwerpe en gebeurtenisse verbind soos uit die verhale van die herder, die bouer, die boer, die reisiger en die huisvrou blyk. Bekende voorwerpe is met mooi en ware gedagtes in verband gebring-gedagtes oor Gods liefdevolle belangstelling in ons, oor die dankbare hulde wat Hom toekom en oor die belangstelling wat ons die een vir die ander moet hê. So het Hy lesse oor Gods wysheid en praktiese waarhede indrukwekkend gestel.

In hierdie bundel word die gelykenisse volgens hulle onderwerpe ingedeel, en hulle lesse word ontplooi en opgehelder. Die boek is deurspek met waarheidsjuwele en vir talle lesers sal dit groter betekenis gee aan die alledaagse voorwerpe waarmee hulle omring is. 

Die baie oplae van die verskeie uitgawes van Die Gelykenisse van Christus in Engels en in etlike van die ander vernaamste tale getuig van die gewildheid daarvan. Dat hierdie boekie sy doel sal bereik deur aan die leser ‘n beter begrip van die Heiland te gee en hom so nader aan sy Verlosser te bring, is die bede van die Uitgewers en DIE TRUSTEES VAN DIE ELLEN G. WHITE PUBLICATIONS. 

Gaan na: 1. Lesse Deur Middel van Gelykenisse

bottom of page