

Top 10 Redes Om Die Sabbat te Onderhou -
Vraag: "Hoekom onderhou miljoene Christene regoor die aarde 'n dag van rus en aanbidding op die Saterdag instede van op 'n Sondag?"
Die kort antwoord is dat hulle oortuig is dat die Bybel steeds die sewendedag van elke week verklaar as die ware Sabbat, die dag wat God vir Homself eenkant gesit het vir rus en aanbidding.
Baie meer redes kan aangevoer word, maar hier is die top tien redes om die Sabbat te onderhou:
10. Die Bybel noem deurgans dat die sewende dag van die week (Saturdag) die Sabbat is. Die eerste dag van die week (Sondag) word nooit die Sabbat genoem nie. Eerder, Sondag is die "dag na die Sabbat" (Mattheus 28:1)
9. Die sewendedag Sabbat dateer vanaf die begin van tyd. God het dit gestig gedurende die Skeppings week:
-
Hy het op die sewende dag "gerus" (opgehou) van al Sy werk (Genesis 2:2)
-
Hy het die sewende dag "geseën" (goedkeuring en guns toegereken) (v. 3)
-
Hy het die sewende dag "geheilig" (afgesonder vir spesiale gebruik) (v. 3)
8. Die Sabbat is die vierde onder die Tien Gebooie, wat twee keer in Skrif genoem word. In Exodus 20:8-11 word die Sabbat as die gedenkteken van die Skepping uitgewys - 'n tyd om God te eer as die Skepper: "Gedenk die Sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, maar die sewende dag is die Sabbat van die HERE jou God; dan mag jy geen werk doen nie...Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseen en dit geheilig."
In Deuteronomium 5:12-15 dien die Sabbat as 'n simbool van verlossing - 'n tyd om God te eer as Verlosser: "Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig...en jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou."
7. Jesus het geleer dat die Sabbat 'n Skepping instelling was wat gegee is om tot voordeel te strek vir die mensdom en nie net vir die Joodse volk nie: "Die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Sabbat nie." (Markus 2:27). Daarom is die Sabbat baie meer as 'n gebod; dit is 'n geskenk van God wat spreek van Sy sorg vir almal. God het aan die begin gerus, nie omrede Hy moeg was nie maar om 'n voorbeeld te stel vir ons wat rus nodig het.
6. Sabbat het 'n sleutel simbool van verlossing geword tydens Jesus se bediening en onderrig. Soos God die Hebreers rus gegee het uit hul Egiptiese slawerny netso gee Jesus rus van sonde slawerny aan diegene wat Hom vertrou: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee." (Mattheus 11:28). Om dit te illustreer het Jesus sewe aangetekende wonderwerke van genesing op die Sabbat verrig waardeur hy die "gevangenes kon vrylaat" en ons kon vry maak van 'n regulasie-oorheersde uitkyk op hierdie geseende dag (Mattheus 12:1-12). Hy kon dit doen want Hy was "Here ook van die sabbat" (Markus 2:28).
Soos die Sabbat die Hebreers herinner het aan hul verlossing uit Egipte, netso herinner dit Christene van hul verlossing uit sonde - die werk van God en nie deur mense nie. Die simbool van die Sabbat leer ons om ons werke neer te le en in Christus te rus: Al die verlossings werk is gedoen in Hom alleen.
5. Die Sabbat is 'n voorskou, 'n tipe, van die naderende koninkryk van God wanneer gelowiges 'n ewige Sabbatsrus sal geniet. (Hebreers 4:1-11; v. 9 praat van 'n toekomstige rus wat wag vir die volk van God). Elke weeklikse rusdag nou is 'n aardse voorsmakie van die hemelse rus, vrede, en gemeenskap wat kom.
4. Jesus se gebruik om die weeklikse Sabbat te onderhou, soos in die 10 Gebooie vervat, is 'n voorbeeld vir ons (Lukas 4:16). Die Apostel Paulus en die vroee kerk, heidene ingesluit, het ook elke sewende dag vergader om te aanbid, preek, bid, en te evangeliseer (Handelinge 13:42-44; 16:13; 17:2-4; 18:1, 4, 11). Hierdie gebruik van hulle verander nooit iewens in die Skrif nie.
3. Die Sabbat bevorder die mens se welstand deur fisiese, verstandelike, en emosionele rus. Die sewende dag van elke weeklikse siklus bevry ons van die onderdrukking en spanning van die moderne lewe: die horlosie, oortyd, die gejaag heen en weer, besigheid en besig-wees, koop en verkoop, produseer en verbruik, werk en bekommerd wees. Dit is 'n dag om vry te wees van die vereiste van doen, ten gunste van om net te wees. Die dag van Goddelike rus vir die mens se rusteloosheid is 'n geskenk wat beide die liggaam en die siel verkwik.
2. Die Sabbat bied die bykomende voordeel van tyd om menslike verhoudings beide te herstel en te kweek. Ons lewens het die meeste waarde en is mees bevredigend deur kontak en interaksie met ander. Gejaagde skedules maak egter dat die einste verhoudings wat noodsaaklik is vir ons menslike bestaan dikwels afgeskeep word. Die Sabbat laat ons genoegsaam bedaar om ander lewens op 'n blywende manier aan te raak. Dit maak kwaliteit tyd beskikbaar om vriendskappe met familie, vriende, en mede-gelowiges te verdiep. Dit nooi ons ook om uit te reik na die gemeenskap om enige fisiese, verstandelike, en emosionele behoeftes te verlig, soos Jesus konsekwent op die Sabbat gedoen het. Die Here is die een wat ons geleer het: "...dit is geoorloof om op die sabbat goed te doen" (Mattheus 12:12).
1. Die Sabbat bring ons gereeld nader aan die Here, aan Sy Woord, en Sy kerk op 'n manier wat min ander kan. Hierdie is die mees belangrikste verhoudings van ons lewens! Ons menslike geneigtheid is om deur die week te jaag en God net hier en daar vlugtig te erken. Die Sabbat, aan die ander kant, roep ons tot 'n doelgerigte keuse - om ander aktiviteite te staak en ons aandag op Hom te fokus. Deur kwaliteit tyd saam met God en Sy mense, leer ons weer dat ons hele bestaan toegedraai is in ons Skepper, Verlosser, en naderkomende Koning. Om die Sabbat vanuit die hart te onderhou word ons sensitief vir die waarheid dat ons aan God behoort. Dit is nie die Sabbat wat ons aanbid nie maar die God wat die Sabbat afgesonder en geheilig het tydens die Skepping.
Die Sabbat is 'n gedenkteken in tyd, 'n nuttige hulpmiddel om ons te help om ons aandag te fokus op ons Bron en ons bestemming. Soos ons na Hom kyk, sal alles hul behoorlike plek vind, en ons sal beter voorbereid wees vir tyd en vir ewigheid.
Vir diegene wat Hom nie ken nie kan ons Jesus Christus aanbeveel as die een ware Vriend wat jou uitnooi om na Hom te kom vir ware rus in tyd en in ewigheid. Vir diegene wat Jesus ken as Verlosser en Here beveel ons aan die blywende geskenk van Sy Sabbat.
GAAN NA:
