top of page
Haai-removebg-preview.png

REDDING UIT DIE HOOGTE -

 

Verbeel jou die verskrikking om drywend in die see te wees saam met honger, dodelike haaie... wat om jou sirkel! Verbeel jou verder hoe dankbaar en verlig jy sal wees om veilig uit die water gered te word!

Die waarheid is, elke persoon op hierdie planeet is verlore in ‘n oseaan gevul met gevaar.

Jesus red.jpg

Ons het dringend redding nodig, nie van ‘n boot of helikopter nie, maar van ons Hemelse Vader. God het jou lief! Soveel so dat Hy Sy Seun gestuur het om jou te red.

 

  • Jy het sekerlik dit al van tevore gehoor, maar is jy seker jy verstaan regtig waaroor dit alles gaan?

  • Wat beteken dit regtig vir jou, en kan dit regtig jou lewe verander?

 

Lees verder en vind uit!
 

1. Gee God regtig om vir my?

Dit is wat Hy sê: “Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is, omdat Ek jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, in ruil vir jou lewe” (Jesaja 43:4). “Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie” (Jeremia 31:3).

 

Antwoord: God se nimmereindigende liefde vir jou en vir my is ver verhewe bo ons verstand. Hy het jou lief asof jy die enigste verlore siel in die heelal is. Hy sou Sy lewe vir jou of my gegee het selfs as daar geen ander sondaars was om te verlos nie. Probeer om nooit hierdie feit te vergeet nie. Jy is kosbaar in Sy oë. Hy is lief vir jou.​​​

2. Hoe het God Sy liefde aan ons bewys?
God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Johannes 3:16). “Op hierdie manier het God sy volmaakte liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang. Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem” (1 Johannes 4:9-10).

Antwoord: Omdat Hy ons so innig liefhet, was Hy eerder gewillig dat Sy enigste Seun moes ly en sterf, as om van jou en my vir ewig geskei te wees. Ons sal dit nie kan begryp nie, maar Hy het dit gedoen – net vir jou, net vir my!

(Nooit was daar ‘n ander demonstrasie van liefde so groot soos die kruis nie. God gee persoonlik vir jou om. Wat ‘n fantastiese rede om te juig en bly te wees!)

3. Hoe kan Hy iemand soos ek liefhê?
God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was” (Romeine 5:8).

Antwoord: Verseker nie omdat ek daarvoor gewerk het of dit verdien nie. Nie een van ons verdien enigiets behalwe die loon van sonde nie: die dood (Romeine 6:23). Maar God se liefde is onvoorwaardelik. Hy is lief vir die dief, egbrekers, en moordenaars. Hy is ook lief vir die selfsugtige, die skynheilige, en die godslasteraar. Maar, die grootste van alles, Hy is lief vir my! En omrede Hy weet dat my sonde net tot ellende en die dood kan lei, wil Hy my red van my sondes. Dit is hoekom Hy gesterf het.

(Geen een het nog ooit geleef wat

Jesus nie liefgehad het nie.)

4. Wat doen Sy dood vir my?
“Kyk net hoe ‘n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem” (1 Johannes 3:1). “Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Johannes 1:12).

Antwoord: Christus het gesterf om die doodstraf teen my, te dra. Hy is as ‘n mens gebore sodat Hy die soort dood kon ly, wat ek verdien. Daarna kom bied Hy aan my die krediet vir wat Hy gedoen het. Met ander woorde, Sy sondelose lewe word gekrediteer in my rekening sodat ek as geregtig beskou word. Sy dood word aanvaar deur God as volledige betaling vir al my foute van die verlede, en deur te aanvaar wat Hy gedoen het, as ‘n geskenk, word ek opgeneem in God se familie as Sy kind. Dit is verbysterend om aan te dink!

6ure.png

(Jesus se dood was die volledige boete betaling vir elke sonde wat jy ooit kon pleeg. Wanneer jy hierdie fantastiese geskenk aanneem word jy deel van Jesus se persoonlike familie.)

5. Hoe neem ek Hom aan en hoe gaan ek van die dood oor na die lewe?

Erken slegs drie dinge:
1. Ek is ‘n sondaar, “Almal het gesondig” (Romeine 3:23).
2. Ek is veroordeel om te sterf. “Die loon van sonde is die dood” (Romeine 6:23).
3. Ek kan myself nie red nie. “Sonder My [Jesus] kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5).

Deur drie dinge te glo:
1. Hy het vir my gesterf. “Ja, Hy [Jesus] het…vir elke mens gesterf” (Hebreers 2:9).
2. Hy vergewe my. “As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe” (1 Joh 1:9).
3. Hy red my. “Wie in My glo, het die ewige lewe” (Joh 6:47).

 

Antwoord: Deur te vra, te glo, en deur te aanvaar dat God hierdie groot geskenk, die Here Jesus Christus, vir ons gee.

Dink na oor hierdie eenvoudige feite:

  • As gevolg van my sondes, is ek tot die dood veroordeel.

  • Ek kan nie daardie straf betaal sonder om die ewige lewe te verloor nie, want as ek dood gaan vir my sondes kan ek nie myself uit die dood uit opwek nie. Ek sal dood wees vir ewig.

  • Ek skuld iets wat ek nie kan betaal nie! Maar ‘n vriend kom, in die person van Jesus, en sê, “Ek sal betaal. Ek sal in jou plek sterf en vir jou die krediet daarvoor gee. Jy hoef nie te sterf vir jou sondes nie.

  • Ek moet hierdie aanbod aanvaar! Dis eenvoudig, nie waar nie? Ek erken openlik en eerlik en aanvaar Sy dood vir my sondes. Die oomblik wat ek dit doen word ek ‘n seun of dogter van God!

Betaal.jpg

(Jesus het Sy lewe gegee om die boete te betaal wat jy nie kan betaal nie.)

6. Wat moet ek doen om hierdie gawe van verlossing te ontvang?
Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant” (Romeine 3:24). “Ons is immers daarvan oortuig dat mense vrygespreek word deurdat hulle glo en nie deur wetsonderhouding nie” (Romeine 3:38).

Antwoord: Die enigste ding wat ek kan doen is om dit te aanvaar as ‘n suiwer geskenk. My werke van gehoorsaamheid sal my geensins baat tydens die regverdigmaking (vryspraak) ervaring nie. Almal wat in geloof vra na verlossing sal dit ontvang. Die grootste sondaar sal aanvaar word op dieselfde basis as die mees morele weldoener. Die verlede tel nie. Onthou, God lief almal dieselfde, en vergifnis kry mens as jy daarna vra. “Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie” (Efesiers 2:8-9).

(Verdrink jy in sonde? Jesus sal jou onmiddelik red sodra jy Hom vra.)

7. Wanneer ek deur geloof by Sy familie aansluit, watter verandering maak Jesus in my lewe?

Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier” (2 Korintiers 5:17).

 

Antwoord: Soos ek Christus in my hart ontvang, kom Hy en vernietig Hy die ou sondige self en verander my eintlik in ‘n nuwe geestelike skepping. Die ou lewe van sonde word verwerplik en onbegeerlik. Met vreugde begin ek ervaar, vir die eerste keer, heerlike vryheid van skuld en van veroordeling. Ek begin sien hoe leeg my lewe was sonder Christus. Eerder as om onder die tafel krummels te eet, smul ek by die banket van die Koning. Een minuut saam met God verskaf meer geluk as ‘n leeftyd van diens aan die duiwel. Wat ‘n ruiltransaksie!

 

Hoekom het ek so lank gewag om dit te aanvaar?

Verander.jpg

(Jesus se krag verander die afstootlike sondaar in ‘n liefdevolle heilige.)

8. Sal hierdie veranderde lewe regtig gelukkiger wees as die plesiere van die ou lewe?
Jesus het gesê: “Dit het Ek vir julle gesê sodat… julle blydskap volkome kan wees” (Johannes 15:11). “As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees” (Johannes 8:36). “Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het" (Johannes 10:10).

Antwoord: Menigte voel dat die Christen lewe nie gelukkig sal wees omrede beperkings en selfverloëning. Die presiese teenoorgestelde is egter waar. Wanneer jy die liefde van Jesus aanvaar sal vreugde uit jou begin borrel, en selfs wanneer moeilike tye kom het Christene ‘n Metgesel om te help in tye van nood. Die Christen kan hul “verbly en verheug” selfs in uitdagende omstandighede, en “dit louter vreugde ag” wanneer allerlei beproewings oor hul pad kom.

Veg.jpg

(Die mees kosbaarste geskenk wat ‘n ouer ‘n kind kan gee is om ‘n Christen te word.)

Gesin.jpg

(Geen vreugde op aarde kan vergelyk met die geluk en vreugde in ‘n Christen huis nie.)

9. Maar kan ek myself al die dinge maak doen wat ‘n Christen behoort te doen?

Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my” (Galasiers 2:20). “Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee” (Filippense 4:13).

 

Antwoord: Hier is waar die grootste wonderwerk van die Christelike lewe geopenbaar word. Jy dwing jouself glad nie om goed te wees nie! Wat jy doen as ‘n Christen is die spontane uitlewe van ‘n ander Persoon se lewe binne jou. Gehoorsaamheid is die natuurlike reaksie van liefde in jou lewe. Om uit God gebore te wees, as ‘n nuwe skepping, wil jy Hom gehoorsaam want Sy lewe het deel geword van jou lewe. Om iemand wat jy liefhet tevrede te stel is nie ‘n las nie, dit is ‘n vreugde. “Dis my begeerte om u wil te doen, My God, want u voorskrifte is in my hart” (Psalm 40:9).

Gehoorsaam.jpg

(Wanneer Jesus jou lewe betree transformeer sy wonderwerkende krag jou gehoorsaamheid aan Hom, van ‘n las na ‘n onuitspreeklike vreugde.)

10. Beteken dit dat selfs die 10 Gebooie nie moeilik sal wees om te gehoorsaam nie?

As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Johannes 14:15). “Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar” (1 Johannes 5:3). “Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword” (1 Johannes 2:5).

 

Antwoord: Die Bybel bind altyd gehoorsaamheid aan ‘n liefdes verhouding. Wedergebore Christene vind dit nie ‘n vermoeiende stryd om die Tien Gebooie te bewaar nie. Met al die sondes van die verlede wat gedek is deur Sy versoenende dood, is my huidige en toekomstige gehoorsaamheid gewortel in Sy oorwinnende lewe, binne in my. Die feit is, omdat ek Hom so innig liefhet omrede die verandering wat Hy in my lewe teweegbring, gaan ek verder as die vereistes van die Tien Gebooie. Daagliks soek ek in die Bybel na aanduidings van Sy wil, soek ek na nóg klein maniere om my liefde aan Hom te betuig. “Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak” (1 Johannes 3:22).

happywife.jpg

(Dit is nie moeilik om die een wat jy lief het tevrede te stel nie.)

11. Hoe kan ek seker wees dat die wetsonderhouding aspek, verwysend na God se volk in die Bybel, nie wettiesheid is nie?

Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openbaring 14:12). “En hulle [die heiliges] het hom [Satan] oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie” (Openbaring 12:11).

 

Antwoord: Moet nie die fout maak om gehoorsaamheid met wettiesheid te verwar nie. Wettiesheid probeer om verlossing te verdien deur goeie werke. Die heiliges word in die Bybel geidentifiseer deur vier eienskappe: (1) hulle bewaar die gebooie, (2) vertrou in die bloed van die Lam, (3) deel hul geloof met ander, en (4) kies om eerder te sterf as om te sondig. Hierdie is die ware merke van die persoon wie verlief is op Christus en wie ‘n lewenslange verbintenis gemaak het om Hom te volg.

Picture12.png

(Om die Tien Gebooie te doen om daarmee redding te verdien sal net hartseer en wanhoop meebring. Maar die persoon wat die geskenk van verlossing ervaar het put sy genot daaruit om in die weë van gehoorsaamheid teenoor God se wette te wandel.)

12. Watter betekenisvolle daad verseël die liefdes verhouding met Christus, en wat simboliseer dit?
Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ‘n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ‘n totaal nuwe lewe leef” … “sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word” (Romeine 6:4,6). “Want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel” (2 Korintiers 11:2).

Antwoord: Die doop simboliseer drie betekenisvolle gebeure in die lewe van die ware gelowige: (1) dood vir die sonde, (2) geboorte tot ‘n nuwe lewe in Christus, en (3) verbind in die huwelik met Christus, vir ewig. Hierdie geestelike verbintenis sal sterker groei en oor tyd ook soeter, dit solank die liefde aanhou groei. Soos in enige huwelik, kan kwynende liefde enige paradys in ‘n hel verander. Wanneer die liefde verdwyn bly die huis slegs staande deur die meganiese, gevorseerde plig wat uiteengesit word in die huweliks kontrak. Netso, wanneer die Christen ophou om Christus as sy eerste prioriteit lief te hê, sal sy godsdiens bestaan slegs as ‘n verpligte nakoming van ‘n stel reëls.

Doop.jpg

(Doop is die huwelik serimonie wat my aan Christus verbind.)

13. Hoe kan ek seker maak dat die geloof en liefde van my huwelik met Christus sal aanhou toeneem?
Ondersoek die Skrifte” (Johannes 5:39). “Bid sonder ophou” (1 Tessalonisense 5:17). “Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom” (Kolossense 2:6). “Ek sterf dag vir dag” (1 Korintiers 15:31).

Antwoord: Geen liefdesverhouding kan voorspoedig wees sonder kommunikasie nie. Gebed en Bybelstudie is absoluut noodsaaklik om die verhouding te laat groei. Sy Woord verteenwoordig ‘n liefdesbrief wat ek daagliks moet lees om die geestelike lewe te voed. Tyd saam met Hom in gebed verdiep die toewyding en open die verstand tot ‘n meer opwindende en intieme kennis van Sy besorgdheid vir my. Daagliks staan ek verwonderd om te ontdek die details van Sy ongelooflike voorsiening vir my geluk.

God Verseël Ons Geestelike Huwelik
Om ons geestelike huwelik vir die ewigheid te beseël, belowe Hy om my nooit te verlaat of te laat wankel nie (Psalm 55:23; Matteus 28:20; Hebreers 13:5), om vir my te sorg in siekte of in gesondheid (Psalm 41:4; Jesaja 41:10), en om te voorsien in elke moontlike behoefte wat in my lewe moontlik mag opduik (Matteus 6:25-34). Net soos ek Hom aanvanklik deur geloof ontvang het en bevind het Sy beloftes meer as voldoene is, netso bly ek Hom vertrou vir elke toekomstige behoefte, en Hy stel my nooit teleur nie.

Deel.jpg

(My liefde vir Jesus verdiep soos ek dit met ander deel)

Klop.jpg

("Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My." OPENBARING 3:20)

14. Wil jy Jesus in jou lewe in nooi en die nuwe geboorte ervaar? (Sien die stappe van redding onderaan hierdie bladsy)

VERDERE VRAE WAT JY MOONTLIK HET -

 

1. Hoe kan een Mens se dood betaal vir die sonde boetes van die hele mensdom? (Ek het ‘n verskriklike lewe van sonde geleef. Ek is bevrees God moet iets baie besonders en spesiaals doen om versoening te doen vir iemand só boos soos ek.)

Antwoord: Romeine 3:23 sê vir ons “almal het gesondig.” Omdat “die loon van die sonde … die dood” is (Romeine 6:23) en omdat “almal gesondig het”, daarom is “iets spesiaals” nodig vir elke persoon wat gebore is. Slegs Een wie se lewe gelyk is aan die hele mensdom kan sterf vir die sondes van die ras. Omdat Jesus die Skepper en die Outeur is van alles wat lewe, is die lewe wat Hy neergelê het gelykstaande aan die lewens van alle mense wat ooit sou leef. Nie net moes versoening gedoen word deur Een wie se lewe kon instaan vir alle geskape wensens nie, maar hierdie Een wie die soendood moes sterf moes ook weer uit die dood uit kon opstaan. Hoekom? Om sodoende die voordeel van die versoening te kon bedien aan diegene wat in geloof die versoening wou aanneem. “Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos. Ja, Hy leef vir altyd om hulle saak voor God te bepleit” (Hebreers 7:25).

2. As ek Christus en Sy vergifnis aanneem en dan weer val, sal Hy my weer vergewe?


Antwoord: Ons kan God vertrou om ons weer te vergewe as ons berou het vir ons sonde en dit bely. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reining.” (1 Johannes 1:9).

3. Hoe kan ek God benader in my sondige toestand? Sal dit nie beter wees vir ‘n Priester of Leraar om namens my te bid nie?

Antwoord: Omdat Jesus Christus in ons menslike vlees geleef het en “in alle opsigte versoek is net soos ons” (Hebreers 4:15), het ons ‘n God wat kan verstaan en wie werklik begeer om genadiglik teenoor ons te wees. Hebreers 4:16 sê ons kan “met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade [kan] vind.” Ons kan God direk deur Jesus Christus nader, sonder ‘n tussenganger; en terwyl ons in Sy genade glo kan ons “met vrymoedigheid” na Hom gaan in Jesus se naam (Johannes 14:14). 1 Timotheus 2:5 lees: “Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mens, die mens Christus Jesus.”

4. Is daar enigiets wat ek kan doen om God te help om my te red?

Antwoord: Nee. Sy plan van redding rus geheel en al net op genade (Romeine 3:24; 4:5); redding “is die gawe van God” (Efesiers 2:8). Dit is waar dat soos God ons genade skenk deur geloof, Hy ook vir ons die begeerte en krag skenk om Hom te gehoorsaam. Die resultaat is die nakoming van Sy wette. Dus is selfs hierdie gehoorsaamheid ‘n resultaat van Sy vrye genade. Gehoorsaamheid – die diens en trou aangedryf deur liefde – is die ware toets van dissipelskap en ‘n natuurlike vrug van geloof in Jesus Christus.

5. Sou God my sonde vergewe en my herstel tot Sy family, elimineer dit enige toekomstige straf vir my sondes, of is ek steeds genootsaak om enige vorm van boetedoening te doen?

Antwoord: Die Woord sê, “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie” (Romeine 8:1). Christus het die volle boete vir ons oortredings betaal, en diegene wat Hom in geloof aanneem skuld geen werke van boetedoening vir reiniging nie, maar word reeds beskou as “gewas” in die bloed van die Lam! Jesaja 43:25 bevat ‘n pragtige belofte oor vergifnis: “Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.” Miga 7:18-19 wys die pragtige gesindheid van die Verlosser-God teenoor Sy mense: “Wie is ‘n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan. Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ‘n welbehae in goedertierenheid. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.” ♥

TOETS JOU VERSTAAN -

 

Lees asseblief die studie deur voor jy hierdie opsomming blad voltooi. Alle antwoorde op die onderstaande vrae kan jy in die studie gids vind. Plaas ‘n regmerk langs die korrekte antwoord. Die nommer in hakkies (1) wys die hoeveelheid korrekte antwoorde.

1. God stort die hele hemel uit in watter groot geskenk aan die mensdom? (1)

1.1. Die Bybel.

1.2. Sy Kerk.

1.3. Jesus Christus.

1.4. Die wet.

 

2. Die grootste demonstrasie van liefde wat die wêreld nog ooit gesien het is (1)

2.1. Die broodjies en visse.

2.2. Jesus se dood aan die kruis.

2.3. Pinkster.

2.4. Petrus se belydenis.

 

3. Christus se offer aan die kruis was vir (1)

3.1. Almal.

3.2. Slegs die regverdiges.

3.3. Slegs die boses.

3.4. Die uitverkies vir verlossing.

 

4. Watter soort mens het God die meeste lief? (1)

4.1. Kerk lidmate.

4.2. Prostitute en diewe.

4.3. Almal gelyk.

4.4. Wedergebore Christene.

 

5. Christus was gebore in die menslike vlees om (1)

5.1. Te betaal vir die boete van sonde.

5.2. Te weet hoe swak ons is.

5.3. ‘n Goeie timmerman te wees.

 

6. Om verlossing te ontvang moet ‘n persoon (1)

6.1. ‘n Bybelkursus volg.

6.2. Aan ‘n Kerk behoort.

6.3. In tale kan praat.

6.4. Dit aanvaar as ‘n geskenk.

7. Ons word gered deur (1)

7.1. Goeie werke.

7.2. Genade.

7.3. Begeerte.

 

8. Vergifnis en aanvaarding lei ons om te voel (2)

8.1. Dat ons weer kan begin sondig.

8.2. Spyt vir ontneemde plesier.

8.3. Vreugde en vrede.

8.4. Sekerheid van ewige lewe.

9. Gehoorsaamheid moet gebaseer wees op (1)

9.1. Vrees vir die hel.

9.2. Begeerte vir die aanvaarding van vriende.

9.3. Liefde vir Jesus.

 

10. Christelike gedrag, of die hou van die gebooie, is (1)

10.1. Wettiesheid.

10.2. Een van die vrugte van ware bekering.

10.3. Onbelangrik.

 

11. Getroud aan Christus word gesimboliseer deur (1)

11.1. Sluit aan by ‘n klooster.

11.2. Doop.

11.3. ‘n Trouring gedra aan die regter hand.

11.4. Belofte van selibaatheid.

 

12. Die twee grootste maniere om lief vir God te bly is (2)

12.1. Daaglikse Bybel studie.

12.2. Gee ‘n ruim offergawe.

12.3. Eet nie vark nie.

12.4. Konstante ingesteldheid van gebed.

 

13. Dit is my begeerte om Jesus in my lewe in te nooi en die wedergeboorte te beleef.

13.1. Ja.

13.2. Nee.

13.3. Het alreeds

bottom of page