top of page
Couple-2.jpg

Die 10 Gebooie: 'n Pragtige Huwelikskontrak Tussen God en Sy Bruid -
Wat as die 10 Gebooie God se manier was om vir ons te sê "Ek is lief vir jou, sal jy met my trou?" Wat as ons nie na die wet kyk as wettiesheid, 'n klomp moets en moenies nie, maar instede daarna kyk as God se huwelikskontrak met ons?

Kyk mens na die gebeure wat gelei het tot die gee van die 10 Gebooie besef mens dat God die Hebreërs vir Homself wou hê. In Eksodus 6 sê die Bybel, dat Hy hulle verlos het, hulle uit Egipte gebring het, en hulle vir Homself gered het. Daarna het Hy hulle deur die woestyn gelei en tot by die berg Sinai gebring. In 'n sin was die woestyn die hofmakery tydperk want dit was waar hulle mekaar beter leer ken het. Toe die Israeliete by die berg Sinai aankom was hulle gereed vir die huweliksaanbod, troubeloftes en die huwelikskontrak.

Op verskillende maniere wys die Bybel dat die gebeure by Sinai gehandel het oor 'n huwelikseremonie. Wat sommige as wettiesheid beskryf, noem God Liefde. Ons het altyd daarna gekyk as 'n lys van moets en moenies, maar wat as ons ons gedagtes daaroor verander? Wat as ons dit sien as "God het ons so lief dat Hy met ons wou trou en by ons wees, en hier is wat elkeen van ons belowe om aan mekaar te doen binne die huweliks-ooreenkoms." In effek sê God in Eksodus 19:5 "As jy, dan sal Ek". Lees die 10 Gebooi weer vanuit hierdie sienswyse - God sê "Ek is lief vir jou bo al die ander nasies regoor die wêreld, en daarom":

  • "Wees lojaal aan My,"

  • "Moenie ander minnaars hê, standbeelde of prente nie,"

  • "Moenie my naam ydellik gebruik nie. Ek gee jou My Naam, so moenie skande oor ons bring en dit misbruik nie,"

  • "Kom my afsprake na om My lief te hê en My te leer ken vir wie Ek werklik is,"

  • "Kom oor die weg met die res van ons familie, moenie mekaar sleg behandel nie."


Ons het die Gebooie gereduseer tot wettisisme terwyl dit eintlik 'n manier is om aan God ons liefde te toon. Ons toon ons liefde deur ons liefdes verklarings aan Hom te vertel en deur dinge vir Hom te doen, netsoos jy aan jou huweliksmaat sou doen. Jy wil jou huweliksmaat gelukkig maak, nie waar nie? Om nie die Gebooie te hê nie, sou wees soos om 'n troue sonder geloftes te hê.

Ons het die voorreg om met die Almagtige God getroud te wees, want ons is ingeënt in God se olyfboom deur ons opregte geloof in Jesus Christus.

As jy die gebeure by die berg Sinai weer lees en nadink hoe geweldig God ons moes liefgehad het en oor alles wat Hy gedoen het om ons na Hom te trek, behoort dit ons te motiveer om hom te wil behaag. Dink terug aan jou huweliksdag en hoe mooi jou huweliksmaat was, hoe gelukkig julle was, en hoe graag julle mekaar wou behaag. Ons moet daardie liefdesverhouding, daardie gevoel, in ons verhouding met God herwin. Ons behaag hom deur hom te gehoorsaam. Jesus sê, as julle My liefhet, bewaar my Gebooie.

God het ons lief soos 'n bruid! Hy noem ons “segullah” - Sy kosbare besitting (sien Eksodus 19:5 and Deuteronomium 7:6). Huweliksmaats, gedurende hierdie tyd in die geskiedenis, sou aan mekaar 'n kosbare besitting gee as 'n simbool van die troue. Dit is die woord wat God gebruik om ons te beskryf - “segullah” - ons is Sy kosbare besitting!

Kyk met nuwe oë na die 10 Gebooie, Sy huwelikskontrak tussen Hom en Sy bruid. Sien hoe dit liefde uitspel - liefde teenoor God en liefde teenoor ons naaste. Wees oortuig dat dit die wil van God is, dat dit God se karakter weerspieël, en dien as standaard in die oordeels-uur om die ware bruid uit te ken, "...hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar." (Openbaring 14:12)

Meer oor die Tien Gebooie - Gaan na Gebod 1: Ek is die Here jou God -

Sien ook:

.

bottom of page