top of page
leer-om-meer-soos-jesus-te-wees.jpg

Hoe Beter Ons Jesus Leer Ken, Hoe Minder Sal Ons Die Verkeerde Wil Doen!

 

"...IMMERS, sy goddelike krag het ons ALLES GESKENK WAT TOT DIE LEWE EN GODSVRUG DIEN, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug..." 2 Petrus 1:3

Bedink Jesus se lewe hier op aarde, Sy sagtheid, nederigheid en onskuld. Hoe meer ons leer van Sy wysheid, Sy majestueuse geduld met ons, Sy moed en ywer en Sy liefde vir ons, hoe moeiliker sal dit wees om te sondig.

Hoe meer ons Hom leer ken, Sy simpatie en medelye met ons as mens verstaan, Sy nederigheid en hoe Hy uiterlike vertoon vermy en verafsku het, hoe moeiliker sal dit wees om Hom seer te maak.

Hoe meer ons verstaan hoe Jesus ons skuld op Hom geneem het, hoe Sy liefde vir die grootste sondaar op aarde grootter is as die dood, hoe moeiliker sal dit wees om teen Hom te sondig.

Hoe meer ons leer van Sy selfopoffering, Sy welwillendheid, Sy vlekkelose reinheid en waardigheid en Sy goddelike karakter oordink, hoe moeiliker sal dit wees om Hom seer te maak.

Hoe meer ons Sy ongelooflike vergewende genade leer ken en Sy onveranderlike liefde en eindelose jammerte vir ons, ten spyte van dit wat Hy moes ly ter wille van ons, raaksien, hoe makliker sal dit wees om ons identiteit in Hom te vind.

Hoe meer ons bedink hoe Hy, die God almagtige, trane gehuil het vir ons onthalwe, dat Hy ons vriend wil wees, wat ons vreugdes en hartseer met ons wil deel, hoe moeiliker sal dit wees om ongehoorsaam teenoor Hom te wees.

Hoe meer ons oordink hoe Hy, die koning van glorie, neerbuigend 'n dienskneg geword het om ons as sondaars te dien, en hoe Hy ons vrylik vergewe almal wat na Hom toe kom vir vergifnis en genesing, hoe moeiliker sal dit wees om Sy gees se stem stil te maak in ons lewens.

Hoe meer ons Sy onpylbare genade, Sy verlossende en selfverlonende liefde ervaar, hoe moeiliker sal dit wees om Hom te verloon.

Hoe meer ons verstaan hoe ernstig en tederlik Sy hart begeer om ons te help in al ons beproewinge en verdrukkings, hoe moeiliker sal dit wees om Hom nie in ons lewens in te nooi nie.

Hoe meer ons besef hoeveel Hy daarna smag om ons meer te gee as wat ons ooit voor kan vra, of eers aan kan dink, hoe meer sal ons liefde vir Hom groei.

Hoe meer ons leer hoe Sy medelydende hart simpatiseer en breek oor die armes en jammerlikes onder Sy aardse kinders, hoe moeiliker sal dit wees om bitterheid of woede teenoor Hom te koester.

Hoe meer ons bewus word van Sy intense begeerte om ons wonde te verbind en ons te verlos van ons ellende, hoe moeiliker sal dit vir ons wees om ons lewe weg van Hom af te lewe.

"As we meditate upon the perfections of the Savior we shall desire to be holy transformed and renewed in the image of His purity. There will be a hungering and thirsting of soul to become like Him whom we adore"

Hoe moet ek my lewe inrig en lei om te deel in die vreugde wanneer Jesus terugkeer? ...

 

bottom of page