top of page

WIE IS DIE KLEIN HORINKIE?

Daniël bied aan ons agt leidrade, wat ons in staat sal stel om die Klein Horinkie te ontmasker. Laat ons hulle biddend ondersoek.

- LEIDRAAD 1 -

Dan 7:24        
“En die tien horings - uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en ‘n ander een sal ná hulle opstaan, en hý sal verskillend wees van die voriges...”
 
Dit is 'n ANDER horing wat NA die Tien vorige Koninkryke verskyn.
a.    Die Klein Horinkie verskyn eers nádat die Romeinse Ryk verbrokkel het in die tien verskillende koninkryke van Wes-Europa.  M.a.w. die koninkryk sou eers ná 476 nC. ontstaan.

- LEIDRAAD 2 -

Dan 7:8        
“Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op...”

 Die Klein Horinkie kom TUSSEN die ander Horings op.
a.    Die Stelsel ontwikkel in Europa, in die teenwoordigheid van die 10 Koninkryke van Wes-Europa. In 330 n.C. verskuif keiser Konstantyn die hoofstad vanaf Rome (Italië) in die Weste, na Bizantium (nou Istanbul) in die ooste van sy Ryk.
b.    J. P. Conroy sê in die AMERICAN CATHOLIC QUARTERLY REVIEW, "Eeue gelede toe die nalatige Westerse Keisers Rome aan die genade van die Barbaarse lande oorgelaat het, het die Romeine hulle na een man gewend vir hulp en beskerming, en hom gevra om oor hulle te heers. So het die Burgerlike Heerskappy van die Pouse begin."

- LEIDRAAD 3 -

Dan 7:24        
“En die tien horings - uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en ‘n ander een sal ná hulle opstaan, en hý sal verskillend wees van die voriges...”

Dit is VERSKILLEND van die ander horings.
a.    Die Klein Horinkie is groter van gestalte (v.20), het oë soos die van 'n mens, en besit 'n mond wat verwaandhede uiter. Die ander koninkryke was POLITIEKE MAGTE.  Hierdie  koninkryk is verskillend, want dit is 'n GODSDIENSTIG-POLITIESE MAG. As GODSDIENSTIGE MAG bemoei hy hom met die politiek van die wêreld.
b.    Gordon Thomas en Max Morgan-Witts, PONTIFF, bl.332, gee die siening van Monsineur Noé Virgillio weer, oor die rol van die pous, soos uitgespreek in 1978: "Noé beskou die Kroon as 'n magtige simbool wat die Kerk gehelp het om triomfantlik uit te styg bo die plundering van Alaric die Wes-Goot, Genseric die Vandaal, Barbarossa van Pruise en Napoleon van Frankryk. Loe I het dit [die Kroon] gedra toe hy die ou Romeinse titel PONTIFEX MAXIMUS [OPPERSTE HOEPRIESTER / "SUPREME PONTIFF"] aangeneem het. Boniface VIII het dit op sy hoof geplaas op die dag wat hy die onsterflike woorde geuiter het: 'Die Kerk het een Liggaam en een Hoof, Christus en Christus se Plaasvervanger, Petrus en Petrus se Opvolger; in sy mag is daar twee swaarde, 'n geestelike en 'n burgerlike swaard; beide soorte van mag is in die hand van die Romeinse Pous."

- LEIDRAAD 4 -

Dan 7:8,20,24        
“Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel...  En oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het...  en ‘n ander een sal na hulle opstaan en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp.”

In sy stryd om mag en bestaansreg, sal die Klein Horinkie DRIE van die ander HORINGS / KONINKRYKE ONTWORTEL of VERNIETIG.
a.    Die Pousdom het drie koninkryke laat uitwis wat in stryd met sy Christelike leer was. Die drie Germaanse stamme was almal Ariane (hulle het geglo dat Christus nie God was nie, maar net 'n gewone mens soos ons).  
Die Heruli word in 493 nC. ontwortel. Die Vandale volg in 534 nC. en die laaste stam, die Oos-Gote word in 535 nC. vernietig.
b.    Edward B. Elliot sê in die boek HORAE APOCALYPTICAE, Vol.3, bl.134, nota 1. "Ek kan drie (koninkryke) uit die eersgenoemde lys noem, wat verdelg is voor die Pous, nl. die Heruli onder Odoacer, die Vandale, en die Oos-Gote."

- LEIDRAAD 5 -

Dan 7:8, 20,25    
“... en kyk in hierdie horing was oë soos mensoë, en ‘n mond wat groot dinge spreek. ...naamlik hierdie horing wat oë en ‘n mond gehad het wat groot dinge gespreek het...  En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste...”

Die Klein Horinkie spreek GROOT WOORDE TEEN DIE ALLER-HOOGSTE - Die NAV sê "allerhande verwaande dinge". Godslastering bestaan daarin dat 'n mens homself die gesag en voorregte van God toe-eien en hom daardeur as God  verklaar  Dit is waarvan die Jode Jesus beskuldig het (Joh. 10:33). Dit lei tot aanmatiging wat beteken dat hy sondes kan vergewe (Mark. 2:7; Luk 5:21). Let op die Godslasterlike dinge wat deur Rooms Katolieke skrywers self gemaak word:
a.    Catholique Nationale - die Kerklike blad van 13 Julie 1895, haal Pous Pius X aan, "Die Pous is nie alleen die Verteenwoordiger van Jesus Christus nie, maar hy is Jesus Christus Homself, wat onder die voorhangsel van die vlees verberg is."
b.    L. Ferraris in Prompta Bibliotheca, (deel 4, bl. 26, art. Papa) skryf: "Die Pous is met 'n Drievoudige Kroon gekroon, as Koning van die Hemel, die Aarde, en die Vagevuur... die Pous is van so 'n hoë waardigheid en so verhewe, dat hy nie 'n gewone mens is nie, maar so te sê God en die Plaasvervanger van God."
c.    Met die kroning van Leo X, as pous, is die volgende gesê: "Ontvang die Tiara, versier met drie krone en u weet dat  u die vader is van prinse en konings, oorwinnaar is van die hele wêreld onder die aarde, die plaasvervanger van ons Here Jesus Christus, aan wie behoort heerlikheid en eer, sonder einde." (Vry vertaal)  Morgan Thomas & Max Morgan-Witts PONTIFF, bl. 332.
d.    "Ons beklee op hierdie aarde die plek van God Almagtig." Great Encyclical letters of Pope Leo XIII, omsendbrief van 20 Junie 1894.
e.    "En God Self, is verplig om te bly by die oordeel van sy priesters, en om nie te vergewe of om te vergewe, volgens die weiering van hulle vryspraak, bygevoeg, indien die boetvaardige geskik is daarvoor." DIGNITY AND DUTIES OF THE PRIEST, deur Liguori, bl. 27.
f.    "Soek waar u ook al wil, deur die hemel en die aarde, en u sal alleenlik een geskape wese vind wat die sondaar kan vergewe, wat hom kan vrymaak van die kettings van die hel. Daardie buitengewone persoon is die priester, die Katolieke priester."
 
"Wie kan sondes vergewe behalwe God? Dit is die vraag wat hedendaagse Fariseërs vra, en ek antwoord: Daar is 'n man op die aarde wat sondes kan vergewe, en daardie man is die Katolieke priester. Ja, geliefde broeders, die priester verklaar nie alleenlik dat die sondaar vergewe is nie, maar hy vergewe hom werklik. Die priester lig sy hand, hy spreek die woord van vergifnis, en in 'n oomblik, blitsvinnig, word die kettings van die hel verbreek, en die sondaar word 'n kind van God. So groot is die mag van die priester, dat selfs die oordele van die Hemel onderworpe is aan sy besluit." Michael Muller, The Catholic Priest, Baltimore: Kreuzen Brothers, 1876.
 

Gaan na die volgende studie:  LEIDRAAD 6 - 8

bottom of page