top of page

- LEIDRAAD 6 -

Dan 7:21,25    
“Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin... En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel...”


Hy voer OORLOG met, OORWIN en MISHANDEL die HEILIGES.

a.    Die Pouslike Stelsel is verantwoordelik vir die dood van meer as 50 000 000 martelare. Die Inkwisisie (Teenhervorming) was beide die skepping en werktuig van die Pouslike Mag om "ketters" wat sy leer verwerp, mee uit te roei.
b.     William Lecky, in HISTORY AND INFLUANCE OF THE SPIRIT OF RATIONALISM IN EUROPE, Vol. 2, bl. 35, skryf dat: "Enige Protestant, wat 'n deeglike kennis van die geskiedenis het, sal erken dat die Kerk van Rome meer onskuldige bloed vergiet het, as enige ander instansie wat ooit onder die mensdom bestaan het."
c.    THE WESTERN WATCHMAN, 24 Des 1908. "Die Kerk (Rooms Katoliek) het vervolg. Slegs 'n groentjie in die geskiedenis sal dit ontken... Een honderd en vyftig jaar na Konstantyn was die Donatiste vervolg, en soms dood gemaak... Protestante was vervolg in Frankryk en Spanje, met volle goedkeuring van die kerkowerhede.  Ons het nog altyd die vervolging van die Hugenote (Franse Protestante) en die Spaanse Inkwisisie verdedig... Indien sy dit goed dink om fisiese mag te gebruik, dan sal sy dit gebruik... Sal sy absolute vryheid en gelykheid gee aan alle Kerke en alle Gelowe? Die Katolieke Kerk gee geen skuldbewys vir haar goeie gedrag nie."

- LEIDRAAD 7 -
 
Dan 7:25        
“En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander...”

"Hy sal probeer om TYE en WET te verander."  Die Klein Horinkie sal hom veral toespits op "DIE WET" (10 Gebooie).

a.    Om God se Wet van Tien Gebooie te wil verander, is ondenkbaar! Die Antichris het haar mag en gesag as so groot beskou, dat sy haarself waardig geag het om God se Wet te verander. Gedurende die donker tyd van die middeleeue is heidense gebruike die Kerk ingevoer, wat 'n wysiging van die Wet van God genoodsaak het.
b.    Die Tweede Gebod word weggelaat (aanbidding van beelde), die Vierde Gebod (die sewende dag, Sabbat - herdenking van die Skepping en Skepper - volmaakte getal) word verander na die Derde Gebod (die eerste dag Sondag - herdenking aan die songod - Dies Solis en later ook as opstanding van Christus). Die Tiende Gebod word in twee verdeel om weer Tien te verkry. Ook ander “heilige” feeste is ingebring, bv. Kersfees, Lent, Kersemisfees, Pase (eiers en paashase), ens.
d.    Ter verandering van die vierde gebod, verklaar die Poudom in A DOCTRINAL CATECHISM, bl. 174 deur Stephan Keenan: "Vraag: Het u enige ander manier om te bewys dat die Kerk mag het om voorskriftelike Feeste in te stel?"
"Antwoord: As sy nie sulke mag besit het nie, sou sy nie kon doen wat alle moderne dwepers (Protestante) met haar saamstem nie, sy sou nie die onderhouding van Saterdag, die sewende dag van die week, kon vervang met die onderhouding van Sondag, die eerste dag van die week, 'n verandering waarvoor daar geen Skriftuurlike bewys bestaan nie."
e.    Om te probeer om die Wet van God te verander, is direkte opstand teen God. God wil Self nie eers Sy Wet verander nie, want dit vorm die grondslag van Sy regering en weerspieël Sy eie karakter. (Matt 5:17-19; Ps. 89:35)

- LEIDRAAD 8 -

Dan 7:25        
“En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel;  en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd.”

Die Klein Horinkie sou regeer vir 'n TYD, TYE, en die HELFTE van 'n TYD. Die NIV-Bible, 3de SA uitgawe, 1985, (Leer omslag) bls 1003, verwys daarna as "'n Jaar, Twee Jaar en 'n ½ Jaar."  Die Moffat Bybelvertaling, Hodder & Stoughton, London, 1982, bl. 972 vertaal dit as “Drie Jaar en ‘n ½ Jaar.” Hier het ons dus te make met 'n PROFETIESE TYDPERK. Sewe keer (volmaakte getal) word daar na hierdie tydperk in die profesieë verwys, wat daarop dui dat dit 'n belangrike periode in die geskiedenis van die Kerk van God sou uitmaak.

Dan 7:25        
”En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd.”

Die Klein Horinkie sou die heiliges van die Allerhoogste mishandel, en probeer om Sy wet te verander. Vir hoe lank? - ‘n Tyd, Tye en ‘n ½ Tyd.

Dan 12:7        
Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende:  'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.
 
Die koning van die Noorde met die hulp van leërs, sou die heilige volk geheel en al verstrooi. Vir hoe lank? -  ‘n Tyd, Tye en ‘n ½ Tyd.

Openb 12:14    
maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, 'n tyd, tye en 'n halwe tyd.”

Die ware kerk van God, sal na die woestyn vlug om weg te kom van die Slang (Satan / Duiwel). Vir hoe lank? - ‘n Tyd, Tye en ‘n ½ Tyd.

Openb 11:2    
“Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uit laat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.”


Die heidense filosofie van die vroeë kerkvaders sou heidense praktyke die Christelike geloof binnebring en sal die gelowiges vertrap (Sien Hebr 12:22,23). Vir hoe lank? - 42 maande.      

Openb 13:5    
“En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.”

Die 1ste Dier uit die see sou groot en godslasterlike woorde uitspreek. Vir hoe lank? - 42 Maande lank.

Openb 11:3    
“En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.”
 
God het twee getuies wat sal rou, terwyl hulle profeteer teen die heidense praktyke wat die Kerk binnegekom het. Vir hoe lank? - 1260 dae lank.

Openb 12:6    
“En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend- tweehonderd-en-sestig dae lank.”

God sou sy ware Kerk in die woestyn onderhou, weggesteek van Satan se bose invloede om sodoende Sy suiwer Bybelwaarhede behoue te laat bly.  Vir hoe lank? - 1260 dae lank.
 
Op die oog af lyk dit na verskillende tydperke, maar by nadere ondersoek vind ons dat al die tye, na dieselfde tydperk verwys. Let daarop dat die Joodse kalender uit Maandae bestaan het (30 dae per maand).

TYD, TYE en ½TYD = 1 Jaar, 2 Jaar en ½ Jaar = 1260 Dae
                                  (360 +  720   +   180     =  1260 Dae)


TWEE-EN-VEERTIG MAANDE = 42 X 30 dae / maand = 1260 Dae


Ons moet nie vergeet dat ons met profetiese dae te doen het nie. Volgens die Jaar-dag-Beginsel van Bybelprofesie (Sien Eseg. 4:6), is een profetiese dag = een letterlike jaar.
 

Dus is:

Dit sou die tydperk wees waarin Satan deur Heidense Invloed, die Klein Horinkiemag sou gebruik om sy gesag oor die heiliges van God te laat geld.

a.    Die middeleeuse Pousdom het die troon bestyg in 538 nC. As ons 1260 Jaar by 538 nC. tel, dan bring dit ons tot by 1798 nC.  Is daar iets besonders wat in die jaar gebeur het?
b.    Op 10 Februarie 1798 nC. word die laaste Pous van hierdie tydperk, pous Pius VI, deur Berthier, generaal van Napoleon, gevange geneem en in Valenco opgesluit, waar hy weens swakheid sterwe. Die lang tydperk (1260 Jaar) van die Pousdom se politieke mag as ‘n koninkryk, was verby. Elke mens kon God nou in vryheid van gewete dien.

DIE ANTICHRIS EN OPENBARING

Daniël 7 het ons aandag gevestig op die middeleeuse Kerk - die heerskappy van die Pousdom (Antichris) wat sou regeer vir 1260 jaar. Openb 13 fokus ons aandag op die tyd van die einde, wanneer daar weer godsdienstige onverdraagsaamheid sal heers.  Hoe sal dit gebeur?

 

Gaan na die volgende studie:  SPESIALE LEIDRAAD 9 - 10

bottom of page