top of page

UITSPRAKE VAN DIE VROEË HERVORMERS

(Luister wat sê 'n Katoliek) "Want alle Katolieke glo só, dat die Antichris een besondere man sal wees, maar alle ketters leer dat daar uitdruklik van die Antichris gesê is dat hy nie een persoon sal wees nie, maar 'n individuele troon of 'n absolute koninkryk en 'n afvallige stelsel van die wat oor die Kerk heers." Kardinaal Bellarmine, DE SUMMO PONTIFICI, DISPUTATIONES. Bk. 5, hfst 2, bl 185.

(Protestant) "Ons is oortuig dat die Pousdom die setel van die egte en ware Antichris is." Dr. Martin Luther, WERKE, Ed Briefwechel, Vol 2, bl 16.

(Protestant) "Daniël en Paulus het voorspel dat die Antichris in die tempel van God sal sit. Sover dit ons aangaan, maak ons die Roomse Pous die leier en vaandeldraer van daardie goddelose en gruwelike koninkryk." J. Calvyn, INSTITUTE, bk 4, hfst 2, afd 12.

(Protestant) "Reeds voel ek 'n groter vryheid in my hart, want ten einde laaste weet ek dat die Pous die Antichris is, en dat sy troon die van Satan self is." D'Aubigne, HISTORY OF THE REFORMATION, Deel 6, hfst 9.

DIE AARDSE VOORBEELD VAN DIE HEMEL SE HEILIGDOM EN SY DIENSTE

Dan 8:13        
“Toe hoor ek 'n heilige spreek;  en 'n ander heilige het aan die een wat spreek gesê: Hoe lank sal die gesig duur - van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid - sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?”

Volgens die engel het ons hier met ‘n tweeledige oorlog te doen. Die oorlog behels eerstens die heiliges van God en tweedens, die heiligdom, wat die simbole van Verlossing verteenwoordig. Satan sou deur die Klein Horinkie Mag poog om die simbole en betekenis van die Verlossingsplan, nl. die Volk van God en die Heiligdom, te vernietig en te vervals.

DIE HEILIGDOM EN SY MEUBLEMENT

Ex 25,8:9    
“Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.  Volgens alles wat Ek jou laat sien - die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort - so moet julle dit maak.”

Die Tabernakel was volgens 'n hemelse voorbeeld gemaak en saam met sy aktiwiteite omhul deur 'n linnemuur (Ex 27:9,18).

1. DIE VOORHOF

Dit was die voorste gedeelte, of binneplaas van die Tabernakel. In die binneplaas, voor die ingang van die Tabernakel, het twee belangrike voorwerpe gestaan:

a.    'n Koper Brandoffer-altaar - dit is die plek waar alle brandofferdienste waargeneem was (Ex 27:1,2).

b.    'n Koper Waskom - dit het reg voor die ingang (1ste voorhangsel) van die Tabernakel gestaan. Die priester moes hom hierin reinig voor hy sy dienswerk in die Tabernakel kon behartig (Ex 30:18-20).

2. DIE TABERNAKEL

Hebr 9:2,3    
“Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste.”

Die Tabernakel was ‘n Tent (Later die tempel) wat uit twee vertrekke bestaan het, die Heilige en Allerheiligste Vertrekke:

1.  HEILIGE VERTREK

(Agter die 1ste Gordyn)  Dit het 'n goue kandelaar, tafel met toonbrode en ‘n wierookaltaar as meubelstukke gehad.

Die Goue Kandelaar (Menora) het die enigste lig in die Tabernakel verskaf. Dit het gedien as ‘n simbool van Jesus wat as die Lig vir die wêreld sou dien (Joh 1:9,10; 8:12).

Die Tafel met die Toonbrode - die brode was elke week vervang met 12 vars gebakte brode (twaalf stamme - 12 brode) en deur die dienende priester op die tafel geplaas. Dit het gedien as simbool van God se voorsiening in die volk se fisiese en geestelike behoeftes. Die brode het ook gedien as simbool van God se voorsiening van verlossing.

Jesus is gegee as die ware Brood, wat uit die hemel neergedaal het en wat ons sielehonger sou stil en aan ons die ewige lewe sou skenk (Lev 24:5,9; Joh  6:26-58; Hebr 7:25 ).

Die Wierook-altaar - Net die hoëpriester alleen moes elke aand en elke môre, wierook brand op dié altaar. Die welriekende reuk van die wierook het deur die lug oor die kamp getrek en almal het geweet dat daar iemand is wat nou voor God, vir hulle intree.   
Die wierookaltaar en sy wierook moes dien as simbool van ons Hoëpriester (Jesus) wat elke dag vir ons intree in die hemelse heiligdom (Ex 30:7,8; Hebr 8:5; 3:1). Die wierook (geregtigheid van Jesus) en gebede van die heiliges word vermeng deur die Heilige Gees, wat dit dan aan die Vader voorlê (Jes 61:10; Openb 5:8; 8:3,4; Rom 8:26,27).

2.  ALLERHEILIGSTE VERTREK

Hierdie tweede vertrek was agter die 2de voorhangsel / gordyn. Die enigste meubelstuk was die Verbondsark (met die twee kliptafels binne-in waarop God Self die Tien Gebooie geskryf het). Bo-op die Verbondsark was die Versoendeksel met twee Gerubs (engele). Bo-op die versoendeksel, en tussen die gerubs, het God met die hoëpriester (wat vir die volk ingetree het) gespreek. Die Verbondsark met sy Gerubs en Versoendeksel het gedien as die simbool van God se troon, vanwaar Hy die heelal regeer, met die 10 Gebooie as maatstaf. (Sien volgende bladsy vir 'n skets van die tabernakel)

 

Gaan na die volgende studie:  DIE DIENSTE VAN DIE HEILIGDOM

bottom of page