top of page

DIE ANTICHRIS SE AANSLAG OP JESUS SE HEMELSE BEDIENING

Dan 8:13        
“Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek gesê: Hoe lank sal die gesig duur - van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid - sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?”

Volgens die profesie van Dan 8, sou die Antichris, Pouslike Rome, ‘n belangrikste aanslag loods op Jesus se hemelse bediening.  Die Antichris sou "voorspoed hê" om Jesus se bediening ten behoewe van die mens, te verduister. Volgens Dan 8:24 sou hy dit nie uit eie krag kon vermag nie, iemand moes hom help.  Openb 13:2 sê dat die Draak aan die 1ste Dier sy krag, sy troon en groot mag sou gee!  D.m.v. Satan, sou die Pousdom sy bose werk verrig.  Wat het hy gedoen?

1.  VALSE HEILIGDOM - ST. PETER’S KERK TE ROME

‘n Verpligte eenheid in 'n sigbare kerk word deur die pousdom daar gestel, nl. die Rooms-Katolieke Kerk. Dit is streng gekant teen 'n vrywillige eenheid in Christus se ware Kerk van gelowiges. Deur dit toe te laat, sal die Pousdom sy mag oor die mensdom verloor.

"Die Kerk het die Heidense Filosofie geneem en dit die skild van die geloof teen die heidene gemaak. Hy het die heidense Romeinse Pantheon geneem, die tempel van al hul heidense gode, en dit heilig gemaak vir die martelare...” Gildea, W. L. CATHOLIC WORLD. nr. 58. [FRS nr. 100]

In ‘n offisiële nota van vier bladsye deur kardinaal Joseph Ratzinger, die magtige Duitse Prefek van die Vatikaan se “Congregation for the Doctrine of Faith” wat deur pous Johannes Paulus II op 9 Junie 2000 goedgekeur is, verduidelik hy dat “wanneer daar na die uitdrukking “susters kerke” verwys word in die werklike sin van die woord, die een, heilige, Katolieke apostoliese en Universele Kerk, nie suster [betekenis] maar “moeder” van alle spesifieke kerke verwys word. Dit is nie net ‘n saak van terminologie nie, maar bo alles ‘n basiese bewys van die Katolieke geloof: die van die enigheid van die Kerk van Jesus Christus. Die feit is, daar is net een enkele Kerk.”

Op Dinsdag, 5 September 2000, het kardinaal Joseph Ratzinger, die magtige Duitse Prefek van die “Congregation for the Doctrine of Faith” op die Nasionale Italiaanse TV Netwerk verder gegaan en tydens die vrystelling van die Vatikaanse Deklarasie Dominus Jesus, wat beteken, “Die Here Jesus,” die volgende gesê:

Die Deklarasie bevestig dat daar van “Katolieke getroues vereis word om te belei dat daar ‘n historiese kontinuïteits gevestigdheid is in die apostoliese opvolging van die kerk deur Christus gestig en die [Rooms] Katolieke kerk. ...Daar bestaan ‘n enkele kerk van Christus wat voortbestaan in die Katolieke Kerk, regeer word deur die Opvolger van Petrus en die [Roomse] Biskoppe in gemeenskap met hom.”

2.  VALSE PLAASVERVANGER VIR CHRISTUS - DIE POUS

Die stryd gaan hier oor die gesag van 'n sigbare hoof, die pous, teenoor die gesag van die onsigbare Hoof, naamlik Christus.
 
Catholique Nationale, Kerklike blad van 13 Julie 1895, haal Pous Pius X aan wat sê: "Die Pous is nie alleen die Verteenwoordiger van Jesus Christus nie, maar hy is Jesus Christus Homself wat onder die voorhangsel van die vlees verberg is."

“Ons beklee die posisie van God Almagtig op hierdie aarde.” Pous Leo XIII, The Great Encyclical Letters of Pope Leo XIII, 20 Junie 1894. bl. 304.

3.  VALSE PRIESTERDOM PRIESTERS, BISKOPPE EN KARDINALE

Die stryd gaan oor die skepping van 'n priesterlike hierargie waardeur die gelowige God moet nader, teenoor direkte en individuele toegang tot God, met Jesus Christus as ons enigste Middelaar.

John Wycliffe het beweer: "Die Pous is die Antichris op aarde" en "Kardinale is skarniere van die Duiwel se huis." Hfst 2 en 7 van DE PAPA, uit L. E. Froom, THE PROPHETIC FAITH OF OUR FATHERS, Deel 2, bl. 52.

"In die plek van die ware Evangelie, met die kern gesentreer in die eenmalige offer van Christus op Golgota, en Wie nou as Hoëpriester vir ons intree in die hemelse heiligdom, het 'n valse evangelie homself opgedring. Dit is gesentreer in 'n aardse heiligdom met sy hoofkantoor in Rome, en wat beman word deur 'n aardse priesterdom.  Hoe opreg die priesters ookal mag wees, die kerk het verklaar dat 'Christus elke dag op ons altare geoffer word.'" (Faber’s CATECHISM FOR THE CATHOLIC PAROCHIAL SCHOOLS, bl. 72) Roy Allen Anderson, UNFOLDING DANIEL'S PROPHECIES, bl. 106.

4.  ‘N VALSE VERLOSSING DEUR WERKE,GEBEDE, AFLAATBRIEWE EN PELGRIMSTOGTE

Jesus se geregtigheid word vervang met die Pousdom se valse verlossing deur werke, bv. gebede, aflaatbriewe, pelgrimstogte, ens.
 
"Die Christendom het geleidelik besoedel geraak tot 'n vreemde mengsel, waarin die oorspronklike evangelie-elemente, verander het tot die punt waar dit feitlik nie meer herkenbaar was in die middeleeuse kerk nie.   Berou het met tyd in boetedoening verander; die doop was verander in 'n hernuwingsrite, met besprinkeling in die plek van onderdompeling. Die nagmaal was geleidelik verander na 'n versoeningsoffer, aanhoudend bedien deur 'n aardse priester met die Mis, met middelaarswaarde toegeëien vir die lewendes en die dooies. Die teken van die kruis, gebede vir die dooies en die verering van martelare, alles erkennend as onskriftelik, het verder ontwikkel in die kruisbeeld ("crucifix"), vagevuur, heiliges- en beelde aanbidding." L. E. Froom, PROFETIC FAITH OF OUR FATHERS, Vol 1, bl 382, Review & Herald, Washington D.C., 1978.

'n Vlugskrif wat die spot dryf met Tetzel ('n handlanger van die pous) se aflaathandel in Duitsland lui as volg:

"O, julle Duitsers luister na my met reg,
ek is die heilige vader pous se kneg,
en bring tienduisend en negehonderd genades.
Vergiffenis en aflaat van sonde vir jul,  
jul ouers, vrou en kind, sal toegestaan word vir soveel as julle na die kassie bringt.
Sodra die gulde in die bakkie 'flingt' (gegooi word),
sal die siel in 'n kits ten hemel 'springt'"
G. S. Wegener, Die Lewende Kerk, (Afr. Uitgawe) Human & Rousseau, Kaapstad,1965, bl 158. [effe aangepas terwille van rym]

5.  VALSE MIDDELAARS IN DIE HEMEL

Hierdie laaste dwaling het die mens se gedagtes van Christus weggeneem en die mensdom dus beroof van die ewige voordele wat Jesus se bediening vir ons inhou.  

"Instede daarvan dat die verlore Mensdom na die heiligdom in die hemel verwys word, en die klem gelê word op Christus as ons enigste Middelaar tussen God en die mens, wat Homself eens en vir altyd vir ons opgeoffer het, het die pousdom die middelaarskapsgruwel opgerig, wat bestaan uit Maria en dooie heiliges in die hemel, aardse priesters en die offer van die Mis, wat daagliks vir Christus duisende kere herkruisig op altare op aarde, en so die verlossingswerk van Christus in die hemel vernietig."  F. C. Pelser, YOU AND YOUR FUTURE, Standard Press Ltd., Kaapstad, bl. 121.

6.  VALSE VERSOENINGSOFFER
 
Die belydenis voor die priester en die Misoffer, neem die plek van Jesus se middelaarsbediening in die hemelse heiligdom in. Die kruisdood van Jesus word afgemaak as, nie genoegsaam nie, en die priester móét Jesus elke dag op die altaar kruisig in 'n bloedlose offer.

Die vierde Lateraanse Konsilie was byeengeroep in 1215 nC. Twee uiters belangrike besluite was geneem.  Die een was die wettiging van die Inkwisisie teen die Hervormers, die ander was die presiese definisie en kanonisering van die Dogma van Transubstansiasie.
 
Enige afwykende definisie van dié Dogma van die Eucharistie (misbrood / Jesuskoekie), sou van nou af as kettery beskou word, en die oortreder daarvan sal deur die Inkwisisie vervolg word. Maar wat beteken die "Heilige Sakrament?"

"Die teologiese term "Transubstansiasie," beteken dat die werklike liggaam en bloed van Christus waarlik bevat word in die sakramente van die altaar, onder die eenvoudige vorms van brood en wyn, die brood word werklik verander in die liggaam en die wyn in die bloed van Christus, deur goddelike krag, soos deur die priester uitgeoefen. ... sodat die getroues mag deel in Sy werklike liggaam, waarsonder daar geen verlossing is nie.  Dus, word die 'sleutels' van die hemel en die hel in werklikheid in die hande van die priester geplaas. Dit is presies wat die kerk van toe af en nog steeds verkondig." L. E. Froom, THE PROPHETIC FAITH OF OUR FATHERS, Vol 1, bl. 672,673 , Review & Herald, Washington D.C., 1978.

"Indien enigeen wil ontken dat onse Here Jesus Christus nie waarlik en werklik en wesenlik bestaan uit die liggaam en bloed, tesame met die siel en goddelikheid, en daarom die hele Christus, in die sakrament van die mees Heilige Eucharistie nie; of sê dat Hy net in 'n teken of figuurlik daarin is, laat hom 'n vervloeking wees."  H. J. Schroeder, CANONS AND DECREES OF THE COUNCIL OF TRENT, bl. 79, Kanon 1., soos aangehaal uit Rebecca Brown, PREPARE FOR WAR, Whitaker House, Springdale, 1992, bl. 151.

"Indien enigiemand sê dat Christus, die eniggebore Seun van God, wat in die heilige sakrament van die Eucharistie is, nie vereer moet word nie ... en dat hy nie in die openbaar deur die mense aanbid moet word nie, en dat sy aanbidders afgodedienaars is, laat hom 'n vervloeking wees!" H. J. Schroeder, CANONS AND DECREES OF THE COUNCIL OF TRENT, bl. 80, Kanon 6., soos aangehaal uit Rebecca Brown, PREPARE FOR WAR, Whitaker House, Springdale, 1992, bl. 151.
 
DIE 2300 AANDE-EN-MôRE PROFESIE

Dan 8:13        
“Toe hoor ek 'n heilige spreek;  en 'n ander heilige het aan die een wat spreek gesê: Hoe lank sal die gesig duur - van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid - sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?”

Die groot vraag was: Wanneer sal God optree teen die Horing wat die Heiliges, die Waarheid en die hemelse Heiligdom se bedieninge vertrap? Sal God toelaat dat die sonde onverpoosd voortgaan?  

Dan 8:14        
“En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.”


Na 'n tydperk van 2300 Aande-en-Môres, dan sal God optree en die Heiligdom herstel. Dit verwys na die reinigingsproses waartydens die heiligdom van sonde gereinig sal word. Dit kom ooreen met die 2de fase van Jesus se hemelse bediening van Oordeel (Yom Kippur).


Hand 10:42    
“En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.”

Hierdie opgestane Jesus is volgens God bestem om as Regter op te tree vir lewendes en dooies en nie net as Voorspraak nie.

Joh 5:22,23    
“Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.”

God het die oordeel aan die Seun gegee. Jesus het die vloek van die  wet (straf van die ewige dood) namens die mensdom as geheel gedra. Weens Sy kruisdood en Middelaarskap as Verteenwoordiger van die mensdom is Hy ook die aangewese persoon om die Oordeel van die Mensdom te hanteer.
 
Hand 17:30,31    
“God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.”

God het 'n dag bepaal waarin Hy die Wêreld in geregtigheid gaan oordeel. Die opgestane Verlosser (Jesus Christus) is die waarborg van komende oordeel. Jesus is aangestel om as Regter te dien in die Hemelse Oordeel. (Dit word ook die “Ondersoekende Oordeel genoem, omdat die boeke van elke mens ondersoek sal word en waardeur hy dan vrygespreek of verdoem sal word. (Dan 7:9,10, 13,14, 22,26,27; Mal 3:16-18; Openb 20:11-15; 21:27)


Dan 8:26        
“En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms.”

2300 PROFETIESE DAE = 2300 LETTERLIKE JAAR


Aan Daniël was gesê dat die profesie van die 2300 Aande-en-Môres, (die Ondersoekende Oordeel) Waarheid is, dat dit op die Heiligdom betrekking het, en dat dit op die verre toekoms dui.  

Volgens die Jaar / Dag Beginsel (Eseg 4:6 - Een profetiese Dag = Een letterlike Jaar) beteken dit dat God sal optree na 'n tydsverloop van 2300 Letterlike Jaar.


    ?  Begindatum                            Einddatum ?

Indien ons die begindatum vir die 2300 Aande-en-Môre profesie kan vasstel, dan kan ons 2300 jaar by die geskiedenis tel, en weet wanneer Jesus met die 2de Fase van Sy hemelse Bediening (Oordeel) gaan begin.

Vir Daniël was die Oordeel (herstel of reiniging van die Heiligdom, en oordeel oor die Klein Horinkie) nog in die verre toekoms (Dan 8:19,26).
 
Vir Paulus in sy gesprek met Felix, was God se oordeel ook nog toekomstig (Hand 24:25).

Maar vir die 1ste Engel in Openb 14:6,7, wat sy wêreldwye boodskap aan alle volke, nasies, stamme en tale moes verkondig, het "die uur van Sy oordeel" alreeds aangebreek. Wanneer vind dit plaas? Is Jesus nou besig om die Wêreld in geregtigheid te oordeel?

Openb 22:12    
“En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.”


Jesus sal kom om elkeen sy loon by die wederkoms te gee. Ons lei dus af dat die Hemelse Oordeel beslis vóór die Wederkoms sal geskied.

Hand 17:30,31    
“God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.”

God kan nie toelaat dat sonde onverpoosd voortgaan om alles te besoedel en te vernietig nie. God het ‘n dag bepaal waarop Hy met die Oordeel sal begin. God is so seker van Sy saak dat Hy dit met ‘n teken verseël - Jesus Christus is uit die dood opgewek en Hy sal as Regter optree en Hy sal oordeel in geregtighied.

 

Gaan na die volgende studie:  GOD SE OORDEEL UITGESPREEK OP DIE ANTICHRIS

bottom of page