top of page
foggy3.jpg

Raad vir Wanneer Jy Geestelik Moeg en Bedruk is…

Was jy al ooit heeltemal verward? Emosioneel, geestelik, of in verhoudings verward? Wonder jy waar jy in die lewe is, hoe jy tot daar gekom het, waar God is, en wat om volgende te doen? Is jy nou daar? Jy is nie alleen nie, maar jy is kwesbaar.

Die lewe se grootste foute word gewoonlik gemaak daar waar jy nou verkeer. So, voor jy die verkeerde ding doen, stop, haal diep asem en oorweeg die volgende gedagtes:

1. God het nie van jou vergeet nie. Wonder jy waar Hy is? Dink jy jy het ver van Hom weggedwaal? Hy is by jou en Hy weet presies waar jy is. Draai na Hom en wag op Hom.

2. God werk in die stilte. Gereeld in Sy Woord is Hy werksaam juis wanneer mense die meeste in Hom getwyfel het. Dink aan Josef in die tronk. Jona in die vis. Johannes die Doper oomblikke voor hy onthoof word. Elia, uitgeput. David, wat skuil vir sy lewe, of die dissiples terwyl Jesus in die graf is... God werk terwyl dit lyk asof niks gebeur nie. Wag net!

3. God bewerk seëninge uit verbystering. Wanneer ons weier om Sy hand te los, maak nie saak hoe hopeloos dit voel nie, toon dit 'n spesiale soort geloof wat Hy altyd vergoed. Jou doring is 'n seën en God sal eendag dit gebruik op 'n manier wat jy nie nou kan indink nie!

4. God gebruik selfs jou verbystering op maniere wat jy nou nie kan insien nie. Eendag sal jy terugkyk op hoe jy nou voel en God dank vir wat Hy gedoen het, wat Hy jou geleer het, of hoe Hy dit, op een of ander manier, die moeite werd gemaak het.

5. God versterk ons deur tye van toetsing. Toekomstige seëninge benodig dat jy breër skouers sal hê. God mag moontlik jou geloof oefen om jou te versterk vir Sy toekoms planne.

6. God seën ons aan die anderkant van toets tye. Dis wat Hy doen. Hy vergoed geloof. Hy eer hulle wat Hom eer. Hy toets en dan seën Hy. Moenie tou opgooi voor die seëning nie!

7. God gaan jou die genade gee wat jy nou nodig het. Jy voel dalk oorweldig, maar stop vir 'n oomblik. Waarookal hierdie leesstuk jou mag vind - dink hieroor na: Jy lewe. Jy is gered (as jy Christus ken). Jy kan God loof en aanbid. Jy kan uitroep tot Hom. Jy het hoop. Op hierdie oomblik ondervind jy genade. En solank jy na Hom kyk sal Hy jou die genade gee wanneer jy dit nodig het!

8. God is met jou, of jy Hom aanvoel of nie. Hy is nie 'n gevoel of emosionele ervaring nie. Hy is. Hy is waarheid. Hy is absoluut. Hy is met jou op hierdie oomblik en sal altyd wees. Aanvaar Sy teenwoordigheid. Wees stil en weet Hy is God.

9. God verheug Hom oor jou. Hy is nie kwaad vir jou nie. Voel jy dat jy God teleurgestel het? Jy dink Hy is heel moontlik teleurgesteld in jou. Jy is verkeerd. As jy in Christus is, is jy in Sy genade - jy is VOLMAAK in Hom. God het sy Seun gekruisig sodat Hy oor jou verheug kan wees! Aanvaar dit. Dit is die waarheid!

10. God sal jou hierdeur kry. Wanneer is nie die probleem nie. Hoe is ook nie die probleem nie. In Sy tyd en op Sy manier - Hy sal. Hy sal! Moenie opgee, laat gaan, of iets selfvernietigends doen nie. Hy sal jou hierdeur kry! Amen!

Hier is 'n paar dinge om te doen terwyl jy op God wag om te weet "wat om volgende te doen."

a. Onthou dat emosies leuenaars is - gevoelens verander vinnig. Hulle is te afhanklik op ons fisiologiese samestelling, ons dieet, ons rus patrone, ons omgewing (soos die Kaapse weer!), en ons omstandighede. Moenie op gevoelens vertrou nie! Hulle vertel slegs soms die waarheid.

b. Hou vas aan waarheid eerder as aan emosies - waarheid maak ons vry. Emosies mislei ons. Gaan na God se Woord en bind jou daaraan vas, soos 'n man wat homself anker aan 'n paal in 'n sterk wind. Anker jouself aan wat God sê absoluut en waar is.

c. Luister na God eerder as na jou emosies - ja, gee uiting aan jou emosies. Laat jou gevoelens woed soos 'n middernag donderstorm. Deur dit alles sal God se fluistering jou in 'n vaste, veilige plek beskerm. Die storm sal verbygaan en uiteindelik sal jou emosies weer in lyn kom met waarheid - dan sal jy bly wees dat jy nie jou emosies toegelaat het om jou te lei nie!

d. Dink verder as jou emosies - Onthou jy 'n dag waar jy nie gevoel het soos jy nou voel nie? Seer seker, die dag sal weer kom dat jy sal terugkyk na vandag, en jy sal bly wees dat die gevoelens weg is. Die besluite wat jy egter vandag maak sal jou egter agtervolg. Dink verby vandag se emosies na die langdurige verwoestende impak wat verkeerde besluite sal hê. Lank na die emosies verby is sal die gruwelike gevolge van slegte besluite steeds voortduur.

e. Praat met God - God reageer op hoorbare versoeke vir Sy hulp! Maak oop jou mond, en praat hardop tot God. Ja, dit voel snaaks, maar dit is 'n Bybelse werklikheid dat God reageer op hierdie soort radikale geloof!

f. Praat waarheid met jouself - jy glo jouself meer as enigiemand anders. So, praat waarheid met jouself. Spreek God se Woord tot jouself. Oorweldig die interne negatiewe gesprek met 'n uiterlike eerlike gesprek. Skree jou emosies stil met waarheid!

g. Omring jouself met stabiliteit - Weerstaan die impuls om jouself te isoleer. Kom in aanraking met mense wat jou sal liefhê, saam met jou sal bid, en jou sal help om jou kop bo water te hou totdat die emosionele vloed bedaar.

h. Maak oop teenoor Christelike vriende - Laat diegene wat jou liefhet jou met liefde bedien. Vertrou hulle. Laat God ander gebruik om jou te salf en jou begelei tot jou lewe weer op koers is.

i. Verdra geduldig - Die Bybel het baie hieroor te sê. Dit is somtyds God se wil vir ons om net te verduur - om geduldig en getrou aan Hom vas te hou tot Hy die storms van ontberings laat bedaar. Hy stig en seën diegene wat verduur.

j. As jy alle moontlike geestelike oplossings probeer het, oorweeg dan 'n professionele mediese ondersoek. Baie Christene wil nie fisiologiese faktore met 'n diep of langdurige emosionele stryd verbind nie. Dit is nie wys nie. Soms kan emosionele wanhoop verbind word aan fisiologiese toestande, en in daardie gevalle kan mediese oplossings van baie groot waarde wees.

Geestelik bedruk? Geestelike moeg? Moenie iets doen wat jy oor spyt sal wees wanneer die toestand opklaar en waarheid weer vars in jou hart geopenbaar word nie.

 

Onthou: "...want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles." 1 Johannes 3:20

Vergemaklik die stryd teen die vlees! Hoe? Kyk hier!

bottom of page