top of page

KENMERKE VAN DIE ANTICHRIS IN OPENB 13

1.      SPREEK GODSLASTERLIK

    
Openb 13:5,6    
“En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.”


Hierdie 1ste Dier openbaar dieselfde kenmerke as die Klein Horinkie van Dan 7 & 8, en vervul dit tenvolle, wat bewys dat dit dieselfde Anti-christiese mag (Pousdom) is, wat godslasterlike dinge uiter.
 
"Die pous is die opperste beoordelaar van die wet van die land. ...Hy is die plaasvervanger van Christus, wat nie alleen Priester vir ewig is nie, maar ook Koning van die konings en Here van die here." La Civilta Cattolica, 18 Maart 1871, soos aangehaal in Leonard Woolsey Bacon, An Inside View of the Vatican Council, (American Tract Society-uitgawe), bl 229.

"Hulle [Roomse Priesters] het hulle onfeilbaarheid toegeëien, wat God alleen toekom. Hulle matig hulle die reg aan om sondes te vergewe, wat God alleen besit. Hulle gee voor dat hulle die hemel kan oop- en toesluit, wat God alleen die mag het om te doen. Hulle beskou hulself hoër as al die konings van die aarde, wat God alleen toekom. En hulle gaan verder as God deur voor te gee dat hulle hele volke kan vrystel van hulle eed van getrouheid aan hulle konings, wanneer sodanige konings hulle nie behaag nie. En hulle handel teen God wanneer hulle aflate vir die sonde gee. Dit is die ergste van alle godslastering." Adam Clarke, Commentary, oor Dan 7:25.
 
"Soek waar u ook al wil, deur die hemel en die aarde, en u sal alleenlik een geskape wese vind wat die sondaar kan vergewe, wat hom kan vrymaak van die kettings van die hel. Daardie buitengewone persoon is die priester, die Katolieke priester."

"Wie kan sondes vergewe behalwe God? Dit is die vraag wat hedendaagse Fariseërs vra, en ek antwoord, Daar is 'n man op die aarde wat sondes kan vergewe, en daardie man is die Katolieke priester. Ja, geliefde broeders, die priester verklaar nie alleenlik dat die sondaar vergewe is nie, maar hy vergewe hom werklik. Die priester lig sy hand, hy spreek die woord van vergifnis, en in 'n oomblik, blitsvinnig, word die kettings van die hel verbreek, en die sondaar word 'n kind van God. So groot is die mag van die priester, dat selfs die oordele van die Hemel onderworpe is aan sy besluit." Michael Muller, The Catholic Priest, Baltimore: Kreuzen Brothers, 1876.
 
2.      REGEER VIR 42 MAANDE
    
Openb 13:5    
“En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.”

Soos reeds bewys, is dit die tydperk van 1260 Jaar van Pouslike heerskappy. (Dan 7:25,12:7; Openb 12:6,14; 11:2,3)

3.      VERVOLG DIE HEILIGES
    
Openb 13:7    
“Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.”

Politieke koninkryke spits hulle op al hul onderdane toe. Die Pousdom spits hom spesifiek toe op Christene wat met sy leer verskil, wat hy dan vervolg, en selfs doodmaak, selfs sy eie lidmate, as dit moet (bv. Die Spaanse Inkwissisie).
 
"In werklikheid het die kerk aanvanklik toegeefliker teenoor ketters opgetree, hulle geban, hul eiendom gekonfiskeer, .. totdat hy eindelik verplig was om die hoogste straf uit te oefen, tweedens leer die ondervinding (verklaar Belarmine, "De Laicis," I, 3, c.21) dat daar geen ander redmiddel is nie, want die kerk het geleidelik verder gegaan en elke middel probeer, eers banning alleen, toe is 'n geldelike boete bygevoeg, toe verbanning, EINDELIK WAS HY VERPLIG OM HOM OP DIE DOODSTRAF TE VERLAAT [die hoofletters hier is deur die skrywer]. P. Marianus de Luca, S.J., Institutiones Juris Ecclesiastici Publici (Institute van Openbare Kerklike Reg), Deel 1, bl. 143, 1901. (Die skrywer was ‘n Rooms-Katolieke professor aan die Gregoriaanse Universiteit van Rome)
 
Pous Martin V (1417 - 1433 nC.) het die volgende opdrag aan die koning van Poland gegee ten opsigte van die navolgers van Johannes Huss: "Maak dit 'n opdrag om die Hussiete uit te roei. Onthou dat hierdie oneerbiedige mense dit waag om beginsels van vryheid te verkondig, hulle hou vol dat alle Christene broeders is...; hulle verkondig dat Christus na die aarde gekom het om slawerny af te skaf; hulle roep die mense tot vryheid...  Terwyl daar nog tyd is, draai jul aangesigte teen Bohemië; brand, vermoor, saai oral verwoesting, want niks kan meer aanvaarbaar wees vir God, of meer bruikbaar wees vir konings, dan die vernietiging van die Hussiete nie." L. M. Decormenin, THE PUBLIC AND PRIVATE HISTORY OF THE POPES OF ROME, Vol. II, bl. 116,117.

"Onder hierdie bloedige beginsels, is hierdie vervolging wat prominent in die geskiedenis geskrywe staan, voortgesit vanaf die elfde en die twaalfde eeu, tot in ons eie tyd.  Nadat die teken vir openlike marteling in die kerklike wette van Orleans gegee is, het daar in die gedaante van 'n kruistog gevolg: die uitdelging van die Albigense, die instelling van die Inkwisisie, die wrede pogings om die Waldense uit te roei, die marteling van die Lollarde, die wrede oorloë om die Bohemiërs uit te roei, die verbranding van Huss en Hiëronimus en 'n menigte ander belyers, voor die Hervorming; en daarna die afgryslike wreedhede wat in die Nederlande gepleeg is, die marteling onder die bewind van koningin Mary, die uitblussing van die Hervorming in Spanje en Italië deur vuur en die swaard, deur bedrog en openlike vervolging in Pole, die bloedbad van Bartholomeüs[nag], die vervolging van die Hugenote deur die Bond, ... en al die wreedhede en vervalsings in verband met die herroeping van die Edik van Nantes. Hier is die meer openlike en voor die hand liggende feite wat die profesie verklaar, afgesien van die geleidelike en geheime moorde van die heilige tribunaal van die Inkwisisie." T. R. Birks, The Four Prohetic Empires, and the Kingdoms of the Messiah, (1845-uitgawe), bl. 248, 249.

"Dat die Roomse Kerk meer onskuldige bloed vergiet het as enige ander instelling wat ooit onder die mense bestaan het, sal deur geen Protestant wat die geskiedenis behoorlik ken, betwyfel word nie. W. E. H. Lecky, History of the Rise and Influence of the Spirit of Rationalism in Europe (1910-uitgawe), Deel 2, bl. 32. (Met vergunning van Longmans, Green and Co.)

"Hierin, soos in alle ander leerstellige sake, moet die kerk alleen ons gids wees. Dat die kerk Protestante steeds as ketters beskou, ketters genoem, en soos ketters behandel het, is onmiskenbaar waar, en dit betaam ons nie om aan die kerk voor te skryf dat sy bewoordinge 'net gedeeltelik waar' en 'onnodig aanstootlik, is nie."  The Western Watchman (Rooms-Katoliek), 27 Jan. 1916.
 

Gaan na die volgende studie:  DIE GESKIEDENIS EN TOEKOMS VAN DIE ANTICHRIS

bottom of page