top of page

9. DIE DIER MET DIE SEWE KOPPE EN TIEN HORINGS

WIE IS DIE ANTICHRIS?

DIE KLEIN HORINKIE IN DANIEL 7


Dan 7:21-25    
“Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin, totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het. Só het hy gesê:  Die vierde dier - die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.  En die tien horings - uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en 'n ander een sal ná hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp.  En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd.”

AGT KENMERKE VAN DIE KLEIN HORINKIE SOOS BESKRYF IN DANIËL 7

1.    Kom na die ander horings te voorskyn - Verskyn ná die Westerse Romeinse Ryk reeds in 10 stamme verdeel het, m.a.w. na 476 nC.

2.    Kom tussen die ander horings te voorskyn - Dit verskyn, tussen die ander 10 stamme in Wes-Europa.
 
3.    Dit is verskillend van die ander horings - Die ander koninkryke was polities van aard, dié koninkryk is godsdienstig, maar sou hom met die politiek bemoei.

4.    Oorwin drie van die ander horings - Die koninkryk het die Heruli, Vandale en die Oos-Gote met staatshulp, (weermag van die keiser van die Oosterse Romeinse Ryk) uit die weg geruim.

 5.    Spreek groot woorde teen die Allerhoogste - Die koninkryk se leierskap maak op Goddelike eienskappe aanspraak (gee voor om sondes te vergewe en verwys na hulself as God se plaasvervangers op aarde.

6.    Voer oorlog en mishandel die heiliges - Die koninkryk het die gelowiges wat nie met sy leringe saamstem nie, gemartel, vervolg, en selfs probeer uitwis.

7.    Probeer tye en wet verander - Die koninkryk sou peuter aan God se Sedewet (die 2de Gebod word weggelaat, die 4de word verander en die 10de in twee verdeel) om sy gesag van Tradisie bokant die Bybel (God se gesag) aan te dui.

8.    Regeer oor heiliges vir Tyd, Tye en ½Tyd - Dit sou die Christelike Wêreld onderdruk vir 1260 jaar, vanaf  538 nC. tot en met 1798 nC.

Daar is slegs een Koninkryk / Mag / Stelsel, wat aan al hierdie vereistes van die Klein-Horinkie voldoen, nl:  DIE POUSDOM, AS STELSEL VAN DIE ROOMS-KATOLIEKE KERK, MET SY SETEL IN ROME.

DIE ANTICHRIS SE DRIE-DUBBELLE PROFETIESE TYDPERK VAN WÊRELDSE OORHEERSING

Uit die studie van Daniël 7, het ons ontdek dat die Klein Horinkie, die POUSDOM is, wat vir "3½ profetiese Tydperke," as Antichris oor die heilges sal regeer en die waarheid van God teen die grond sal werp en vertrap.

Sewe maal word na die tydperk verwys in die profesieë van Daniël en Openbaring. Ons moet onthou dat die getal, 7, God se volmaakte getal is, en dat dit in die geval verwys na ‘n tydperk wat vasgestel, presies en onveranderlik is. Dit word op drie verskillende maniere, uitgedruk. Die rede hiervoor is, om die heerskappy van die Antichris in die geskiedenis, vas te maak en te bevestig.

God wil seker maak dat niemand hoef te twyfel, of te wonder, oor wie die ware Antichris is, na wie Jesus verwys het nie (Matt 24:15; Dan 7 - 12; Openb 2 - 19).  Hierdie inligting oor die Antichris (sy oorsprong, sy werksaamhede, toekoms en uiteindelike vernietiging), is uiters noodsaaklik vir die vertolking van Openbaring se inligting oor die toekoms (hoe dit die mensdom in die geheel en God se Kerk (gelowiges) in die besonder raak).  Die drie tydperke waarna die profesieë 7 maal verwys, is:

TYD, TYE & ½TYD, of 42 MAANDE, of 1260 DAE. SEWE MAAL WORD DAAR NA DIé TYDPERK VERWYS

Dan 7:25        
“En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel;  en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd.”
 
Gedurende ‘n "Tyd, Tye en ½ Tyd" sal die Klein Horinkie (Antichris) groot woorde teen God spreek, probeer om Bybelse tye en God se wet van 10 Gebooie te verander en die heiliges mishandel.

Dan 12:7        
“Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende:  'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.”

Die heiliges van God moet eers totaal verstrooi word gedurende die 3½ Tydperke, voor God sal optree (oordeel) teen die verwaande koning van die Noorde (Klein Horinkie / Pousdom / Antichris).

Openb 12:14    
“...maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, 'n tyd en tye en 'n halwe tyd.”

Die Ware Kerk sou vir "3½ Tydperke" uit die gesig van die slang (die Draak / Satan) weggesteek word in afgeleë plekke en in die berge, waar sy deur God beskerming sou geniet.

Openb 12:6    
“En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.”
 
God sou sy Ware Kerk vir "1260 Dae" in die woestyn (afgeleë plekke) beskerm teen Satan se aanvalle en misleidings. Ons moet onthou dat Satan nooit alleen werk nie, maar deur assistente, mediums en volgelinge. In die geval was dit eers die keisers van Rome en daarna die Pousdom met sy afvalligheid van menslike tradisies en bygeloof.

Openb 11:3    
“En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.”

Gedurende ‘n tydperk van "1260 Dae" sal God se Woord (Ou & Nuwe Testament) in rou wees, want die heidene sal deur menslike Tradisies, God se Woord en Waarheid vervang.

Openb 11:2    
“Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.”

Die Antichris se valse leringe van menslike Tradisies, is so besoedelend, dat Johannes daarna verwys as heidene wat die voorhof van die Tempel vir "42 Maande" lank vertrap.

Openb 13:5    
“En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.”

Die 1ste Dier wat uit die see uitkom (Antichris / Pousdom / Klein Horinkie), sal groot en godslasterlike dinge teen God uitspreek vir "42 maande" lank.

Nou dat ons weet wat die betekenis van die tydperke is, kan ons, onsself die vraag afvra: wanneer begin die tydperk van Pouslike oorheersing, hoe lank sal dit duur en wanneer sal dit tot ‘n einde kom?
 
PROFETIESE JAAR-DAG BEGINSEL

Num 14:34    
“Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.”

Ons moet nooit vergeet, dat ons hier met profetiese tydperke te doen het nie. Dus moet ons van die Jaar-dag Beginsel gebruik maak, wat sê: Een profetiese dag = Een letterlike jaar. (Sien ook Eseg 4:4-6)

DRIE BENOEMINGS VAN DIESELFDE TYDPERK WAT POUSLIKE HEERSKAPPY BEVESTIG:

TYD, TYE EN ½ TYD / 42 MAANDE / 1260 DAE

1.    1260 PROFETIESE DAE  =  1260 LETTERLIKE JARE

2.    TYD, TYE & ½TYD - Die Hebreeuse Jaar het bestaan uit 360 dae, met maande wat elk uit 30 maandae bestaan het.
    "Tyd"         =    1 "Jaar"     of  360 "Profetiese Dae"
    "Tye"         =    2 "Jaar"     of  720 "Profetiese Dae"
    "½ Tyd"     =    ½ "Jaar     of  180 "Profetiese Dae"
                __________________________________
    Totaal        =    3½ “Jaar”    of 1260 “Profetiese Dae”

                                            of 1260  Letterlike Jare
 
3.    42 PROFETIESE MAANDE - Die Hebreeuse maand  bestaan uit 30 maandae / maand.

    42 X "30 Dae"    =    1260 “Profetiese Dae”
                                of 1260 Letterlike Jare
                                of 1260 Dae            
    Dus is:    
    Tyd, Tye & ½ Tyd = 260 LETTERLIKE JARE = 42 MAANDE               

Soos reeds gemeld in ‘n vorige lesing, het die Godsdienstige en Politieke heerskappy van die Pousdom in 538 nC. begin, nadat dit drie vorige koninkryke laat uitwis het, wat met sy eie Christelike sienings in stryd was (Sien lesing oor Daniël 7 - Die Antichris van Openbaring ontmasker).  Vir ‘n tydperk van 1260 jaar sou die Pousdom die bekende wêreld met sy lig van die heilsgeskiedenis (die Bybel), in duisternis dompel, en daaroor heers. Die tydperk sou eindig in 1798 nC. toe die Pousdom se Politieke heerskappy, hom ontneem sou word. Dit sou egter van korte duur wees!

 

Gaan na die volgende studie:  KENMERKE VAN DIE ANTICHRIS

bottom of page