top of page

GOD SE LAASTE WAARSKUWING AAN DIE WÊRELD

Openb 14:6-12    
“En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.  En hy het met 'n groot stem gesê:  Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.  En 'n ander engel het gevolg en gesê:  Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.  En 'n derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê:  As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie - hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.  Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas;  hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.”

God se laaste drie waarskuwingsboodskappe roep die wêreld tot [1] inkeer (Evangelie van Verlossing en Oordeel), [2] Skepper-aanbidding, [3] erkenning dat Babilon vals is, [4] om nie haar merk, getal of naam te ontvang nie (haar valse leringe te onderhou nie) en laastens [5] om van Babilon weg te breek en by God se ”Oorblyfsel” aan te sluit, hulle wat “die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openb 12:17; 14:17; 19:10).

Openb 18:4    
“En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”

God roep sy kinders om uit Babilon (godsdienstige verwarring) uit te kom, sodat ons haar plae kan vryspring. As gevolg van die aanname van valse leringe soos Preterisme, Futurisme, die Geheime Wegrapingteorie en andere, wat Protestante met Katolisisme deel, is Protestante besig om onder die moederlike vlerk van die Rooms-Katolieke Kerk in te beweeg (Ekumeniese beweging).

Openb 3:10,11    
“Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.  Kyk, Ek kom gou!  Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.”

Almal wat met volharding aan Gods woord vashou (klou aan Bybelse leer), sal bewaar word tydens die Groot Verdrukking, wat oor die wêreld kom. Die Draak, Dier en Valse Profeet, gaan die wêreld verenig onder een gesamentlike banier van bedrog, teen die God van die hemel en Sy verteenwoordigers op aarde. Ons word vermaan om ons geloof in Jesus en Sy gebooie tot die einde vas te hou.

Jesus is nou in die hemel besig met die Oordeel. Hierna gaan Hy terugkeer om “elkeen te vergeld soos sy werk sal wees." Hy is óf u Verteenwoordiger en Advokaat in die hemel, óf Hy is u Regter..?  

 

WIL U Hê DAT HY U ADVOKAAT IN DIE OORDEEL MOET WEES?


Babilon is besig om valse leringe van die kansel te verkondig, wat in stryd met God se Woord is. Vir Babilon, is die gesag van Tradisie, bo dié van die Bybel.

 

GLO U DAT GOD SE GESAG (DIE BYBEL) DIE HOOGSTE IS?

 

IS DIT VIR U DUIDELIK DAT OM "IN" TE WEES MET BABILON, U DIE GEVAAR LOOP OM OOK SY MERK OF TEKEN TE ONTVANG EN SODOENDE BY GOD úít TE WEES EN SY STRAF OP SONDE DEELAGTIG TE WORD?

 

HET U GEHOOR DAT GOD U ROEP OM UIT BABILON TE KOM SODAT U NIE VAN HAAR PLAE MOET ONVANG NIE?

 

IS U NOG GEWILLIG OM AL DIE PAD MET JESUS SAAM TE GAAN, AL BLYK DIT TEEN DIE STROOM VAN MODERNE WêRELDSE SIENINGS TE WEES?


Gaan na die volgende afdeling:  15. Die Groot Stryd tussen die Vrou, haar Oorblyfsel

bottom of page