top of page

DIE STANDAARD VAN GOD IN DIE OORDEEL

Pred 12:13,14

“Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is:  Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.  Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.”

God gaan die wêreld oordeel volgens ‘n Standaard - die 10 Gebooie. God se Sedewet (Morele wet), is daardie Standaard en Maatstaf. Dit is die weerspieëling van God se karakter. Die Wet is die uiterlike spieël van my innerlike verhouding met my Verlosser en met my medemens.

Jak 2:8-13

“As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself - dan doen julle goed.  Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders gestraf.  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie.  As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.”

Die Morele wet (Sedewet / 10 Gebooie) word in die oordeel ook die koninklike- of wet van vryheid, genoem. In die oordeel sal my verhouding met God en my medemens, gemeet word aan die karakter van God se wet. Is ek versoen met God, deur die geloof in Jesus Christus, of is ek in vyandskap met Hom, weens my verbintenis met Babilon (wat staan vir sonde, afvalligheid en valse leringe)? Dien ek my medemens met die liefde en vergifnis waarmee God my bedien, en vergewe het? Hierdie verhouding van gehoorsaamheid aan my Verlosser en diens vir my medemens, sal bepaal of die Oordeel van God in my guns sal wees, al dan nie. Die vraag sal wees: Hoe het ek die Wet van God uitgeleef teenoor God en teenoor my medemens (Matt 25)?

DIE TYD VAN DIE OORDEEL

Die boodskap van die 1ste Engel is verkondig ná die tydperk van Pouslike oorheersing (Tyd, Tye en ½Tyd wat in 1798 nC. geëindig het). 'n Spesiale verkondiging van die Evangelie is aan die hele wêreld gestuur, wat sê dat die Oordeel aangebreek het en dat almal die Skepper-God moet aanbid.

Die feite van die geskiedenis staaf hierdie uitleg van die profesie, want juis in hierdie tyd (1800 - 1844) is so 'n boodskap in verskillende dele van die wêreld verkondig. Dit was die begin van die verkondiging van die oordeel van God wat in die hemel ‘n aanvang geneem het en verkeerdelik as Sy Wederkoms beskou was. (Sien die lesing “God se oordeel bevestig deur ‘n wêreldwye Godsdienstige Herlewing.”)

Dan 8:14

“En hy het vir my gesê:  Tweeduisend-driehon-derd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.”

Die Oordeel het 'n aanvang geneem met die verstryking van die 2300 Aande-en-More Profesie in 1844 nC. Die hemelse Heiligdom sou dan met die 2de Fase van Christus se bediening (oordeel) in die hemel gereining word. Dit beteken dat daar met sonde, alle onreg en valsheid, afgereken word - en God is ‘n Regverdige Regter wat sal seker maak dat die sonde en sy volgelinge hul regverdige straf sal ontvang.

Dan 9:24

Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.

Die 70-Weke Profesie het die begindatum vir die Oordeel bepaal, wat 2300 Jaar later (1844) sou begin:

DIE BEGINDATUM VAN DIE 2300 JAAR PROFESIE

 

Die dekreet vir die opbou en herstel van Jerusalem, asook die erkenning van die Joodse Staat, was deur koning Artasasta in 457 vC. gegee. (457 vC. + 2300 Jaar = 1844 nC.  Onthou om 1 jaar by te tel omdat daar nie ‘n  “0" jaar is nie.) (Sien die lesing “Die Messias waarborg die 2300 Aande en Môres" Profesie)

Die Verlossingsplan van God, as Nuwe Verbond, is in 31 nC. bekragtig met die Kruisdood van Christus in die helfte van die 70ste week. Hierdie vervulling van die 70-Weke Profesie, sou dien as waarborg vir die 2300 Jaar Profesie.

Met die verstryking van die 2300 Jaar Profesie (1844 nC.) sou God teen sonde en goddeloosheid optree, deur die hemelse Heiligdom van sonde te reinig (boeke waarin sonde van die heiliges opgeteken is, skoon te maak en dit op Satan se boek te skryf.) (Dan 8:13,14; Openb 20:12,15; Matt 12:36,37; Rom 2:14-16, Lev 16; ens.)

OORDEEL VAN GOD OP DIE MENS EN AFVALLIGE GODSDIENSTIGE SISTEME
 
Menigte getroue gelowiges is deur die Antichris veroordeel, vervolg en doodgemaak, terwyl hulle gestaan het vir wat reg is. Nou sou God hul reg tevoorskyn bring, en hulle sal die ewige koninkryk in besit neem.

Hierdie Oordeel wie se uitspraak ten gunste van God se heiliges is, is terselfdertyd verdoemend teenoor die Klein Horinkie. Omdat die Klein Horinkie, egter net ‘n Godsdienstig-politiese Sisteem is, sal diegene wat lewe in die Sisteem geblaas het (valse leiers en diegene wat hul vuil werk gedoen het) geoordeel (verdoem) word tot die helse vuur. Dieselfde beginsel geld natuurlik ook vir die Dier en Valse Profeet Sisteme (Openb 18:5,8; 19:20,21).

Openb 17:1,5

“En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê:  Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,… en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe:  Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.”

Babilon as moeder van alle afvalligheid, sal ook veroordeel word omdat sy al die nasies met die wyn van haar valse leringe mislei het.

2 Thess 2:9-12

“Hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.”

Mense sal verlore gaan omdat hulle nie die waarheid van die Evangelie van Jesus aangeneem het nie. Hierdie evangelie van die waarheid het reddende krag. Mense wat dit verwerp, word aan die lot van Satan oorgegee.  Die wêreld met sy begeertes en ongeregtigheid het vir hulle swaarder geweeg as God se waarheid, soos geopenbaar in die Heilige Skrifte. Met die gees van die dwaling sal hy hulle mislei om die leuen te glo, sodat hulle geoordeel kan word, omdat hulle God se waarhede verwerp het vir die leuen.

OORDEEL VAN SATAN EN SY BOSE ENGELE

Judas 1:6

“En die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie, maar hulle eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar.”

Die bose engele word ook in bewaring gehou vir dieselfde oordeel. Hulle sal ook hul verdiende loon kry, omdat hulle in opstand teen God gekom het en agter Satan aan geloop het.


Matt 25:41,46

“Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. ...En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.”

Die hel se vuur is eintlik bedoel vir Satan en sy engele. Met hierdie vuur sal God se oordeel oor sonde, Satan en die goddelose voltrek wees. Nou kan Hy ‘n nuwe hemele en aarde skep waarin geregtigheid sal heers, soos in die res van die heelal.

OORDEEL TEN GUNSTE VAN DIE SEUN VAN DIE MENS

Dan 7:13,14

“Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.  En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.”

Die oordeel is ook ten gunste van die Seun van die Mens - Jesus. Hy sal as Regeerder (Koning van die konings) oor God se Ewige koninkryk van Geregtigheid aangestel word. Sy vyande sal ondergeskik aan Hom wees en met vuur vernietig word. (Ps 2:7-12; Dan 2:44,45;  7:13,14; Fil 2:9-11; Hebr 1:8,9; Openb 11:15-19; 19:6,11-16)

4.  OPROEP TOT SKEPPER-AANBIDDING
(OPENB 14:7c)


Openb 14:7

“En hy het met 'n groot stem gesê:  Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.”

Die ware Evangelie roep ons terug tot Skepper-aanbidding. Die lewende God is tog dié Een wat aan ons die lewe geskenk het. Terwyl die valse driemanskap ons mislei tot Dier en Draak aanbidding, is God se laaste boodskap (Ware Evangelie) daarop gerig om ons na ons Skepper toe terúg te bring. Enige “waarheid” wat nie hervorm (ons nie terugroep na die Bron van waarheid - die Skrif) nie, is misleidend en vals en sus ons in ons sonde, dwaling en rebellie.

Hand 17:23,24

“Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is:  Aan 'n onbekende God.  Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.  Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.”

Selfs die apostels het die evangelie verkondig wat ons terug roep tot Skepper-aanbidding. Dit dwing die mens om te kies tussen die ware God (Skepper) en die valse gode en hul leringe (met Satan as bron).

Hand 14:15

“...en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge?  Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.”

Die heidene wou Paulus en sy metgeselle aanbid as gode, maar die ware Evangelie verbied die aanbidding van enige mens, en god, buiten dié Lewende God. Die Evangelie beteken baie méér as om net te gló dat Jesus aan die Kruis gesterf het. Dit beteken om Jesus te aanbid en te gehoorsaam as die Skepper (Kol 1:15-17).  

Geloof in die Bybel is meer as net ‘n passiewe aanvaarding van Verlossing. Dit is ‘n aktiewe deelname (gehoorsaamheid) in ‘n aktiewe verbondsverhouding met Hom, om sodoende ‘n oorwinnende lewe oor die sonde te voer deur die inwonende Heilige Gees (Hand 2:38).

Openb 4:11

“U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.”
 
Vir hemelinge is die grondslag van hulle bestaan, Skepper-aanbidding. Hulle bring Hom die eer en die heerlikheid, nie net omdat Hy hulle geskape het nie, maar ook omdat Hy alle lewe in stand hou.

Ps 95:3-7

“Want die Here is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.  In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.  Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.  Kom, laat ons aanbid en neerbuk;  laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.  Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand.  Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!”

Vir aardbewoners behoort die grondslag van ons godsdiens ook Skepper-aanbidding te wees, want Hy het die Aarde en die See gemaak, waarin en waaruit óns ook bestaan. Die lewe wat aan hierdie stoflike aardse liggaam bestaansreg gee, is aan dieselfde Skepper van die aarde en die see, te danke.

Joh 14:15

“As julle My liefhet, bewaar my gebooie.”

Aangesien die 10 Gebooie die karakter van God weerspiëel, sal diegene wat wedergebore is, in harmonie met God se wet leef. Tydens die wedergeboorte skryf die Heilige Gees Sy wet in ons verstande as lewensreël vir die nuwe mens (Efe 2:10). Die feit dat ons op ‘n natuurlike wyse Sy gebooie onderhou, is ‘n teken dat ons nie in vyandskap met God leef nie, maar versoen is deur die bloed van Sy Seun en beheer word deur Sy Gees. Wetsonderhouding in dié geval het niks met werkheiligheid te doen nie, maar met liefde. Liefde vir Christus word gedemonstreer in die respek wat ons toon vir dit wat aan God behoort en die grondslag van Sy regering uitmaak.
 
Die woord “wet,” wek dikwels by ons ‘n gevoel van weerstand op... Die God van Sinai, die God van die Wet, en die God van Golgota, die God van die evangelie, is één en dieselfde God. Die God van die Ou Testament ís die God van die Nuwe Testament. Daar bestaan geen breuk tussen die Wet en evangelie nie. Die een is, om dit so te stel, die keersy van die ander. Om die volk van God te wees, beteken om die wil van God te doen, in die elkedagse lewe: Om die wet van die Here na te kom... Die sondige mens het nie meer die aanvoeling van wat God se wil is nie. En nou kom die Here en Hy sê: Hier, in-op-die-man-af, duidelike taal, hier is My wil. Leef só om My wil uit te voer, om vir My ‘n volk te wees!  Hier is My tien “woorde”... Hier is My wil kort saamgevat; doen dit só om My volk te wees; kom jou kant van die verbond só na...” Dr Fritz Gaum in Die Huisvrou, November, 1975.

Ex 20:8-11

 “Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.  Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.  Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.”

In die hart van die 10 Gebooie vind ons die teken (Seël) van die Lewende God. Dit is deur die Skepper van die hemele en die aarde daar geplaas as ‘n Gedenkteken van Sy skeppingsmag. Die betiteling, “Joodse Sabbat,” verskyn nêrens in die Skrif nie, en is ‘n Katolieke konsep, om die Bybelse (God se) Sabbat te onderskei van die Christelike (Pous se) Sondag.

Eseg 20:20

“En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.”

Die Sewendedag Sabbat dien ook as teken vir elke gelowige, dat hy die Skepper-God, as ware God aanbid. Ek kan nie sê: “Ek glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde,” terwyl ek Sondag as 1ste dag van die week as Opstandingsdag vier, in die plek van die Bybelse Sabbat nie. Sondag is die “Christelike” sabbat op bevel van die Rooms-Katolieke Kerk / Pousdom / Antichris (Middeleeus en herrese). Deur Sondag te hou as Sabbat of Opstandingsdag, is om die Draak te aanbid, wat die Dier mag gegee het om met God se gesag (Sy Morele wet) te peuter.

Eseg 20:12

“Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die Here, is wat hulle heilig.”


Weer eens moet ons daarop let, dat die SewendedagSabbat van Gód kom, en nie ‘n Joodse instelling is nie. Die Sabbat moet vir die gelowige as Teken dien van die Skepper-God se mág om sondaars te herskep tot heiliges, nuwe mense na Sý beeld (heiligmaking). (Efe 2:10)

 

Gaan na die volgende studie:  DIE LAASTE BEDROG

bottom of page