top of page

18. GOD SE 3 LAASTE WAARSKUWINGS - DIE TWEEDE ENGEL SE BOODSKAP

GOD SE LAASTE WAARSKUWING - BABILON IS 'N VALSE SISTEEM VAN AANBIDDING


Babilon mag voorgee om godsdienstig te wees, maar dit rig die mensdom nie tot Skepper-aanbidding nie.  Enige ander god kan aanbid word. Een Babiloniese siening van vandag, is dat alle godsdienste waarheid bevat, nie net die Christelike geloof nie. Die verskeie godsdienste van die wêreld het elkeen ‘n rol te speel in die verlossing van die mensdom en die uiteindelike skenking van die ewige lewe. Elke godsdiens, met sy eie “heilige” geskrifte, en metode van verlossing (deur werke) het glo elkeen toegang tot God.  

Indien dit waar is, dan is die evangelisering van die wêreld, deur die Christelike geloof onnodig; dan is Jesus se dood aan die Kruis onnodig; dan is Jesus se middelaarsbediening en die oordeel, ‘n vermorsing van tyd; Jesus se tweede koms sal dus nie ‘n werklikheid word nie. Dus is die Bybel ‘n valse Boek! Al hierdie sogenaamde sienings van verlossing is misleidend, vals en deel van Babilon se plan om soveel mense moontlik te bedrieg om Satan te aanbid en die verderf in te sleep! Om hierdie rede wend die Skepper, uit liefde vir sy skepsels, ‘n laaste poging aan om sondaars te red. Hy gaan Satan en sonde moet straf met ‘n goddelike vuur van ewige vernietiging (die tweede dood - Openb 20:10-14; 21:8) en daarna nuwe hemele en ‘n aarde skep waarin geregtigheid seëvier.

OPSOMMING VAN DIE EERSTE ENGEL SE BOODSKAP

Openb 14:6,7

“En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.”

Hierdie engel wat deur die Tweede Adventbeweging (mense van reg oor die wêreld wat spontaan die Bybel profesieë in erns begin bestudeer het en Jesus se Wederkoms tewagte was) van 1800 - 1850 voorgestel word, het 'n spesiale boodskap gehad om aan die wêreld te verkondig:

[1]    Dit verkondig die Ewige Evangelie van Verlossing aan alle nasies, dat Jesus Christus die enigste Weg tot Verlossing is (Hand 4:12), as ‘n getuienis, en dan sal Jesus kom (Matt 24:14).

[2]    Die Mensdom word geroep om God te vrees en Hom die heerlikheid te gee. As die Almagtige, is Hy alleen die Een ware God wat reg en geregtigheid in die heelal laat geskied. Hy is lof, eer en heerlikheid waardig. As God van geregtigheid, sal Hy nie toelaat dat sonde vir ewig sal bly bestaan nie (2 Pet 3:9,10). Die hemelse oordeel sal die sonde aan die kaak stel en God as regverdig verklaar (Openb 19:1,2). Elke lewende wese moet hom gereed maak om rekenskap te gee oor wat hy in en met sy lewe gedoen het (Rom 14:12). Jesus Christus, as Oorwinnaar oor die sonde, dien as Regter in die hemelse oordeel. Hy sal al God se vyande, Satan, bose engele, sonde en die sondige mensdom, in geregtigheid oordeel (Hand 17:30,31).

[3]    Die mens word gemaan tot Skepper-aanbidding, juis omdat Satan ook aanspraak maak op menslike aanbidding. Om twyfel uit te skakel oor wie die Meester van elke individu se hart is, het beide God en Satan, tekens of seëls, waaraan hulle onderskeie onderdane uitgeken kan word (Openb 7:3; 13:17). Die Sewendedag Sabbat, is die teken of seël van die Lewende God (Eseg 20:20). Die teenoorgestelde daarvan, is die teken of seël van die Draak en die Dier - Sondagsviering.  

Reg aan die einde, sal die Sabbatkwessie, die waterskeiding wees tussen wie aan God, en wie aan Satan behoort. Die Groot Stryd gaan oor aanbidding, gehoorsaamheid en kompromie. God laat geen ander god toe, wat met Hom mag meeding om besit van ons hart nie. Hy alleen is die Skepper en Verlosser van die mens (Jes 45:21,22), Satan is die Misleier en Vernietiger.

DIE TWEEDE ENGEL SE BOODSKAP

DIE OORSPRONG VAN BABILON - OPENB 14:8


Openb 14:8

En 'n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.”

Babilon word gesien as ‘n “stad,” verteenwoordigend van diegene wie se godsdienstige oortuigings, dié van die Dier (Pousdom / Antichris), die Draak (Satan / Heidens, Spiritisties), en die Valse Profeet (Afvallige Protestantisme) verteenwoordig.


“Rome, hoofstad van die wêreld, Florence, ‘n Nuwe Athene en Venicië. Bruid van die see... Al drie definisies trek ons aandag na die feit dat hierdie drie stede deel is van die erfenis van die hele wêreld en is nie net alleen die hoofstad van Italië met twee streekshoofstede nie... Rome, sê die legende, was gebou in 753 vC. Die Etruskaans-Latynse koningstad het ‘n konsulêre republiek geword en het ontwikkel in die mees luisteryke en florerende hoofstad van ‘n enorme koninkryk, wat die kuns en kultuur van die hele antieke Westerse wêreld binne sy mure bymekaar gemaak het... Maar in tyd, het Rome, as ligging van die martelaarskap van die Plaasvervanger van Christus, die geestelike leierskap van die Christendom ingeneem en is gevul met kerke van elke vorm en beskrywing, wat na amper twee duisend jaar van geskiedenis, ‘n onvergelykbare vertoon van Christelike argitektuur voorstel, wat wissel van die Basilika van Heilige Nereus en Achileus, in die katakombes van Domitilla, tot die eerbiedwekkende St. Sabina, gebou onder Pous Celestinus (422-432), tot die uitgestrekte Basilika van St. Petrus, wat gebou is oor die Sirkus arena van Gaius en Nero...” Rome and the Vatican Florence Venice, Bonechi Edizioni “Il Turismo,” Florence Italy, 1994, bl 3.

Ons moenie dat die kunste en kultuur van die stad ons vir die werklike betekenis daarvan verblind nie. Die Bybel sê dat die stad ook die fisiese plek is wat Satan se troon (Openb 13:2) op aarde weerspiëel (Openb 17:9,18; 18:2,10,16,18, 21; 16:19). Babilon het geestelik geval omdat sy die nasies verlei het met die wyn van haar hoerery (valse leringe).

Gen 10:6,8-10

“En die seuns van Gam was:  Kus en Misraim en Put en Kanaän.  Kus was die vader van Nimrod.  Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.  Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die Here.  Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die Here.  En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sinear.”
 
Nimrod was die seun van Kus, kleinseun van Gam, die seun van Noag. Nimrod was 'n geweldenaar, wreed en onbeheersd. Van al die stede wat hy gebou het, was die stad Babel seker die bekendste. Volgens Babiloniese Tradisie is die stad Babel gebou ter ere van die afgod Marduk.  

Volgens die Bybel, is Babel die oorsprong van die verskeidenheid van tale wat daar vandag in die wêreld is. God moes die mens se taal verwar, om hom in sy rebellie teen Hom, te stuit.

Gen 11:1-9

“En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.  En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sinear;  en daar het hulle gaan woon.  Daarop sê hulle vir mekaar:  Kom laat ons stene vorm en dit goed brand.  Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.  En hulle sê:  Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik;  en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.  Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.  En die Here sê:  Daar is hulle nou een volk en het almal een taal!  En dit is net die begin van hulle onderneming:  nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.  Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.  So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi;  en hulle het opgehou om die stad te bou.  Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.”

Die stad Babel is kort ná die Sondvloed, (± 2000 vC.) gebou. Die Tempel-Toring (Ziggurat) van Babel was ook die "Etemenanki"  genoem, wat in Sumeries "Die Fondasie-platformgebou van die Hemel en die aarde," beteken. Dit word ook met die Tempel van Marduk, Esagila geassosieer, wat "die Gebou wat se kruin in die Hemel is," beteken.

 

Gaan na die volgende studie:  KARAKTERTREKKE EN LEERSTELLINGS VAN LETTERLIKE BABILON

bottom of page