BABILON ERKEN SONDAG AS DIE MERKTEKEN VAN HAAR GESAG

A.    DRAAK (SPIRITISME EN HEIDENSE GODSDIENSTE) OPENB 16:13; 18:1,2


1.    Die meeste heidense godsdienste het die een of ander vorm van Songod in hul aanbidding. Ons noem slegs ‘n paar vir verwysing:

Die Noord Amerikaanse Indiane - Peublo stam se songod word die Son vader of Ou Man Son genoem. Ander Indiane, soos die Blackfoot en die Sioux het die son ‘n meer prominente plek as ander natuurvorme gegee. Vir die Pawnee was die son Tirawa (wat beteken vader of die krag van bo).*

Die Suid Amerikaanse Indiane - Vir die Aztek was die son die God van die Noodlot, hy was gedurig dors en die moes geles word deur mensbloed en mensharte (bl. 70,71). Die Inkas het geglo dat die son hulle vader was en dat hulle daardeur geregtig was om die hele aarde te regeer (bl. 74). Die Braziliaanse Indiane het geglo dat die son in die aand, die vorm van ‘n Jaguar aanneem (bl. 75).*
 
In Indië word die songod steeds aanbid as Surya (bl.64).*

In Egipte was die Son aanbid onder verskeie name, bv. Ra en Hores en ook ook in verskillende vorme, bv. as ‘n valk, ‘n miskruier, ‘n man met twee pluime en ‘n son op sy hoof ens. (bl. 87-94).*

In Mesopotamië was die songod deur die Sumeriërs aanbid in die oggend wanneer hy opkom, as Shamash en vir die ou Babiloniërs was hy Marduk (bl.102).*

Vir die antieke Grieke was die songod erken as Apollo en ook Zeus (bl.131,134), terwyl dit as Jupiter bekend gestaan het onder die Romeine (bl. 157).*

Die Ou Persiërs het die Son aanbid as Mithras, wat ook as Mithraïsme bekend gestaan het (bl. 161,162).*   

* Encyclopedia of World Mythology, voorwoord deur Rex Warner, Peerage Books, London, 1975.

Vir die Kontinentale Saksers was die songod eerstens, ‘n sý, Frigga, vir wie daar wilde varke geoffer was. Na haar verhouding met Jupiter (self ook ‘n songod) is hulle seun Balder (ook ‘n songod) gebore (bl. 99.100). Alexander Hislop, The Two Babylons, S.W. Partridge & Co., London, herdruk 1989.

2.    “Die woord ‘Sondag,’ kom tot ons van ons voorouers, uit die ou Germaanse stamme van Europa, wat eers heidene was. ...Sondag was vir hulle die dag waarop hulle voor die songod neergebuig het.” Ds. A. C. Stegman, Die Kindervriend, Maart 1945.

3.    “‘n Heidense Nalatingskap - Toe die week [in heidense Rome] ingebruik geneem was, met die name van planeetgode - Son, Maan, Mars, Mercurius, Jupiter, Venus en Saturnus - het dit versprei van Rome na die Teutoniese gebiede van Europa, waar ons Anglo-Saksiese voorvaders die name van hul heidense gode aan die dae gegee het - Son, Maan, Tiw, Woden, Thor, Friga en Saturnus - ooreenstemmend tot die van die Romeine. Sodoende noem die Engelssprekende mense [so ook Afrikaanssprekendes] die dae van die week volgens die planetêre titels: Sondag, Maandag, Dinsdag (Tuesday), Woensdag, Donderdag (Thursday), Vrydag (Friday) en Saterdag. Selfs nie deur tyd wat verstreke gegaan het, of deur die prediking van die Christendom, het die name van die heidense gode van die kalender verdwyn nie. In Bybelse tye het nie die Jode en ook nie die vroeë Christene, die dae van die week volgens die name van die hemelse liggame genoem nie. Woordeboeke, Ensiklopedieë en ander bronne van inligting is vir alle praktiese doeleindes eenstemmig in hul versekering dat die benoeming van die dae van die week, van heidense oorsprong is.” Robert Leo Odom, How did Sunday get its Name? Southern Publishing Association, Nashville,1972, bl 5 en 6.

Die Bybel erken dae, 1 tot 5, slegs met numeriese waardes, slegs twee dae was met name aangedui, nl. die Voorbereidingsdag (6de dag) en Sabbatdag (7de dag). (Ex 16:21-30; Luk 23:54-56)

4.    Wyle dr. William Mead Jones van London, het jare gelede ‘n “Tabel van die Week” opgestel, waarin hy die weeklikse kringloop en die verskillende name van die dae in honderd-en-sestig tale aangetoon het. Hierdie tabel toon duidelik dat die sewende dag in nie minder nie, as honderd-en-agt van die tale, as Sabbat, of heilige dag aangewys word.  
 
Ons ontleen die volgende aan genoemde tabel:

W. L. Emmerson, Die Bybel Spreek, Sentinel Uitgewery, Kaapstad, 1971, bl 242, 243


5.    "Konstantyn is tot held bevorder omdat hy oor sy heidense vel 'n dun nerfie christelikheid getrek het.  'n Kompromie tussen die Christelike Leerstellings en die heidense afgodediens is aangegaan. Op Konstantyn se muntstukke het die kruis, sowel as die sonnebeeld gepryk: Die Geheiligde Joodse Sabbat is in dié jaar offisieël deur die heidense DIES SOLIS - die dag van die son - vervang, terwyl die geboortedag van Christus vanaf Maart of April na die 25ste dag van Desember verskuif is om saam te val met een van die losbandigste heidenfeeste wat jaarliks ter ere van die Persiese songod, Mithras gevier is." Prof. Dr. C. J. Uys, [Hoogleraar in Geskiedenis, Univ. O.V.S.] in die blad SUID-AFRIKA, April 1944, bl. 15.
    
B.     DIE POUSDOM KLEIN HORINKIE (DAN 7 en 8) en 1ste DIER (OPENB 13)

1    “Die kerk het die heidense filosofie geneem en dit die skild van die geloof teen die heidene gemaak. Hy het die heidense Romeinse Pantheon geneem, die tempel van al hul heidense gode, en dit heilig gemaak vir die martelare. ...Hy het die heidense dag van die son geneem en dit die Christelike Sondag gemaak. ...Die heidense Sondag, gewy aan Balder (die pragtige Wit God, die Son) het die Christelike Sondag geword, heilig aan Jesus.” W.L. Gildea, Catholic World, nr 58. [FRS nr. 100]

2.    "Natuurlik maak die Katolieke Kerk aanspraak daarop dat die verandering [van die Sabbat] deur hom gemaak is... En die daad is 'n Merkteken van sy Kerklike Gesag."  'n Brief van 8 Februarie 1898, deur Kanselier H. F. Thomas, namens KARDINAAL GIBBONS

3.    "Op en vanaf volgende Sondag, 24 Desember 1972, sal 'n Saterdag Mis ingestel word, waarvan die bywoning die Sondag vereiste (bywoning) sal vervul. Soos deur die meerderheidstem van die gemeente bepaal, sal die Mis elke Saterdag om 5:15 n.m. plaasvind. Die Mis sal soos gewoonlik op Sondag gehou word, tot verdere kennisgewing..."

"SATERDAG LITURGIE - Sommige sê dat dit 'n nuwigheid is, feit is, dit is baie oud. Wanneer ons van die Sabbat praat, vergeet ons dat die Joodse Sabbat reeds teen sononder die vorige dag begin het. En wat miskien minder bekend is, is die feit dat die Kerk eeue gelede haar Sondag Liturgie [aanbieding van die erediens] reeds die vorige middag begin het. Verder is Sondag die eerste dag van die week en die Christelike Sabbat volgens dekreet van die Kerk self. Die oorspronklike Sabbat was Saterdag."
 
"Ons behoort aan hierdie dinge te dink en ons moet onthou dat wat die Kerk gewettig het, sy ook mag het om te verander. Rome gee haar goedkeuring. Waarom nie in alle nederigheid [jouself] onderwerp nie." Bulletin van die St Augustine's Katedraal, Port Elizabeth, THE SUNDAY BULLETIN, Pastorial Publications, Rustenburg, 17 Des 1972.

4.    "Protestante spot dikwels met die gesag van die Kerkoorlewering, en gee voor om net deur die Bybel gelei te word; nogtans word hulle ook deur die gewoontes van die Kerk van die ou tyd gelei, gewoontes wat geen grondslag in die Bybel het nie, maar wat net op Kerktradisie berus!  'n Treffende voorbeeld hiervan is die volgende: Die eerste positiewe bevel in die Bybel is: "Gedenk die Sabbat dat jy dit heilig," maar die Sabbatdag wat God ons beveel om heilig te hou, is ons Saterdag. En tog, wie van ons onder die Katolieke of Protestante, behalwe vir 'n sekte of twee... hou nog daardie Gebod? Niemand nie. Hoekom nie? Die Bybel en die Bybel alleen, soos Protestante graag sê, gee géén goedkeuring vir die vervánging van die sewende dag van die week met die eerste dag van die week nie. Deur watter geság het hulle dit dan gedoen? Dis baie duidelik: deur die geság van daardie sélfde Katolieke Kerk wat hulle verlaat het en wie se oorleweringe hulle verdoem." J. L. Stoddard, REBUILDING OF A LOST FAITH, P. J. Kennedy & Sons, New York, bl 80.

5.    'n Brief is op 8 Februarie 1898 deur mnr C. F. Thomas, kanselier van kardinaal Gibbons geskryf, in antwoord op 'n navraag wat aan die kardinaal gestuur is. In die brief word gesê:
 
"As Protestante die eerste dag van die week hou, erken hulle daarmee die gesag van die Katolieke Kerk? ...Waarskynlik: Aangesien die gebruik wat hulle hier nakom, van die Kerk en uit die Kerk is." Bybellesings vir die Gesin, Southern Publishing Association, Kenilworth, 1983, bl 330.

6.    Die amptelike nuusblad van die Clevelandse Bisdom sê: "Volgens watter gesag het die Kerk die viering van die Sabbat van Saterdag na Sondag verander?"

"Die Kerk het die viering van die Sabbat na Sondag verander deur die reg van die Goddelike, onfeilbare gesag, wat deur sy Stigter, Jesus Christus, aan hom gegee is. Die Protestant wat daarop aanspraak maak dat die Bybel die enigste handboek van die geloof is, het geen reg om die Sondag te vier nie.  In hierdie saak is die Sewendedag-Adventiste die enigste konsekwente Protestante..." The Catholic Universe Bulletin, 14 Augustus 1942, bl 4.

7.    "Dat Protestante die Sondag vier, is 'n onwillekeurige huldeblyk aan die gesag van die [Katolieke] kerk." Monsignor Louis Segur, Plain Talk About Protestantism of Today, (1868), bl 213.

8.    "Die staat erken onwetend die gesag van die Katolieke Kerk deur wette vir Sondagsheiliging deur te voer en die Kerk se voorskrifte min of meer getrou uit te voer."

"Sondag, as 'n dag van die week, wat afgesonder is vir gedwonge openbare aanbidding van die Almagtige God, 'n dag wat geheilig moet word deur alle slaafse werk te staak, nie handel te dryf nie, nie wêreldlike beroepe na te volg nie en die ure aan aanbidding te wy, is 'n suiwere skepping van die Katolieke Kerk " The American Catholic Quarterly Review, Januarie 1883, bl. 139,152.

C.      AFVALLIGE PROTESTANTISME 2de DIER of (VALSE PROFEET)

Indien Protestante erken dat hulle geen Bybelse gesag het vir Sondags-onderhouding nie, maar tog die dag as aanbiddingsdag in die plek van die Bybelse Sabbat onderhou, dan is hulle besig om die Pousdom slaafs na te volg, en so deel te vorm van die Afvallige Babilon Sisteem.

1.    "Daar is 'n Gebod om die Sabbatdag heilig te hou, maar daardie Sabbatdag was nie Sondag nie... Dit word gesê, en op triomferende wyse nogal, dat die Sabbat oorgedra is van die sewende na die eerste dag van die week... Waar kan die bewys van so 'n verslag gevind word? Beslis nie in die Nuwe Testament nie. Daar is geen Skriftelike bewys vir die verandering van die Sabbat-instelling van die sewende na die eerste dag van die week nie."

"Natuurlik weet ek dat Sondag reeds in gebruik was in die vroeë Christelike geskiedenis, as 'n godsdienstige dag, soos ons verneem van die Vroeë Kerkvaders en ander bronne. Maar wat 'n jammerte dat dit na ons toe moes kom, gebrandmerk as heidens, gedoop met die naam van die songod, aangeneem en bekragtig deur pouslike afvalligheid, en as heilige erfenis vir Protestantisme nagelaat is." Dr. Edward T. Hiscox, [outeur van THE BAPTIST MANUAL] soos aangehaal tydens 'n New Yorkse Predikante Konferensie, gehou op 13 Nov. 1893 en soos vervat in die NEW YORK EXAMINER.

2.    "John Ankotell, A.M. Priester van die bisdom van New York, skryf in die OUTLOOK van Julie 1889, en sê van Sondag, die dag van die Here: 'Ons meen dat dit deur onse Here Jesus gedurende die 40 dae ná Sy opstanding aan Sy dissipels gegee is, maar ons kan dit nie bewys nie.' Hy sit die Katolieke Leer presies uiteen, nl. dat die verandering deur Christus en die apostels teweeg gebring is, maar dat die Skrif op hierdie punt nie duidelik genoeg is om dit te bewys nie; dus, is ons [Protestante] verplig om ons op Rooms-Katolieke gesag te verlaat, wat sê dat dit in die Nuwe Testamentiese tyd gedoen is." Ds. H. C. J. Flemming, DIE GROOT SEKTE-VRAAGSTUK, bl 102.

3.    In sy skrywe oor die kinderdoop, maak Dr. Jac. J. Müller die volgende opmerking: "Voorts is dit nie die enigste saak waaroor Jesus swyg nie. Hy het byvoorbeeld ook geen gebod gegee oor die viering van Sondag in plaas van Saterdag nie." Dr. Jac. J. Müller, DIE KERKBODE, 4 Maart 1953, bl.281.

4.    'n Berig in die dagblad, Die Burger - "Ons het reeds die wet oortree deur dit [die Sabbat] die eerste dag van die week te maak, pleks van die sewende." Ds. J. S. Marais, [Hervormde Kerk] DIE BURGER, 13 Oktober 1963)

5.    "SONDAGVIERING - wat 'n mooi tradisie." Ds. G. T. Snyman, in DIE KERKBODE, 4 Desember 1963, bl.817.

Kyk hoe die 4de Gebod verdraai en vertap word.

 

Gaan na die volgende studie:  TRADISIE IN DIE LIG VAN GOD SE WOORD