top of page

BABILON SE GESAG ERKEN TRADISIE BO DIE SKRIF

Die gesag van God word in Sy Woord (die Bybel) weerspieël. Die merkteken van die Dier (Pousdom), berus nie op God se gesag nie, maar op sy eie gesag - naamlik Tradisie.  

1.    "Aartsbiskop Reggio het 'n toespraak gegee waarin hy openlik die Tradisies van die Kerk bo die Skrif gestel het. Omdat die Kerk die Sabbat verander het van Saterdag na Sondag - nie in opdrag van Christus nie, maar op die Kerk se eie gesag." CANON AND TRADITION. Holtzman, bl. 263.

2.    "Tradisie - nie die Skrif nie - is die Rots waarop die Kerk gebou is." CATHOLIC DOCTRINE AS DEFINED BY THE COUNCIL OF TRENT, bl. 157

3.    “So groot as wat ons eerbied vir die Bybel is, noodsaak rede en ondervinding ons om te sê dat die Bybel alleen, nóg bevoeg, nóg ‘n veilige riglyn is, vir wat ons moet glo. ‘n Geskikte riglyn vir die Christelike lewe moet die volgende drie kenmerke besit:

a.    Dit moet binne die bereik wees vir enige soeker na waarheid.
b.    Dit moet vir elkeen duidelik en verstaanbaar wees.
c.    Dit moet al die waarheid van die Christelike geloof bevat.

Luister nou versigtig na Rome se grondgedagte en finale gevolgtrekking: ‘Die Bybel,’ sê Rome, ‘besit geeneen van hierdie kwalifikasies nie." Finding Christ’s Church, Ave Maria Press, Notre Dame, 1950, bl. 18.  (Voorwoord deur Dr. John F. Noll)
 
MERKTEKEN VAN DIE DIER (POUSDOM)

Rom 6:16    
“Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie - óf van die sonde tot die dood, óf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?

Die een aan wie ons gehoorsaam is, die het ons meester geword. As ons Babilon en sy afvallige leringe (wat op die Tradisies van mense berus) gehoorsaam, is die gevolg daarvan, Dier en Draak aanbidding en die uiteinde daarvan, is die ewige dood!

Volgens Openbaring 13, werk die Draak (Spiritisme, New Age en heidense gelowe), die 1ste Dier (Pousdom) en die 2de Dier (Valse Profeet / Afvallige Protestantisme) saam as Moderne Babilon. Ons verwag dat hulle uit een mond sal praat, wanneer dit by hul gesag omtrent valse leringe kom, veral wat die merkteken van die Dier aanbetref.

Openb 13:2    
“En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos die van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.”
 
Die Dier (Pousdom) is ‘n saamgestelde godsdienstige mag. Dit bevat godsdienstige elemente van die antieke koninkryke van Babilon, Medo-Persië, Griekeland en Rome. (Sien Daniël 7 en lesings oor “Die Antichris van Openbaring ontmasker” en “Die Dier met die Sewe Koppe en Tien Horings.”)

Openb 13:3    
“En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees.  En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.”

 

Die enigste deel van die Dier wat herstel het na ‘n dodelike wond, was die Pousdom, wat weer sy politieke mag terug ontvang het na die ondertekening van ‘n verdrag tussen kardinaal Gasparri en Mussolini, op 12 Februarie 1929 (Sien lesing oor ”Die Dier met die sewe koppe en die tien horings.”).

Openb 13:4    
En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk?  Wie kan teen hom oorlog voer?”

Die Pousdom het so ‘n geweldige opgang in die Politiek en godsdiens van die Moderne Wêreld gemaak, dat niemand sy gesag en invloed onder die mensdom betwyfel nie. Die pous word so te sê, deur die meerderheid van die politieke leiers en godsdienste van die wêreld, beskou as die hoof van die Christelike Kerk (Katoliek en Protestant).

Openb 13:16,17    
“En hy [2de Dier] maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.”
 
Die 2de Dier (Valse Profeet / Afvallige Protestantisme, Openb 16:13) dwing die mensdom om die merk van die Dier (Pousdom) te aanvaar. Almal wat aan die Dier gehoorsaam is (met dwang of vrywillig), word 'n merk op die hand (doen / werke) en op die voorhoof (verstand / denke) gegee. Soos God sy onderdane deur sy Teken of Seël sal uitken, sal Satan ook sy eie uitken d.m.v die merkteken van die Dier, wat sy gesag, troon en mag verteenwoordig.

Die Sewendedag Sabbat is die Seël / Teken (Eseg 20:20) van die Skepper-God en het met aanbidding te doen. Ons kan dus verwag dat die merkteken van die Dier, ook met aanbidding te doen sal hê. Soos die Sewendedag-Sabbat, deur die Bybel beskou word as ‘n dag van aanbidding, gewy aan die Skepper-God, so word Sondagviering, deur Tradisie, ook beskou as ‘n dag van aanbidding, gewy aan die Dier (Pousdom) en die Draak (Satan).  

Soos die Sabbat die téken en seël van God se gesag is (Ex 20:8-11), so word Sondag ook beskou as ‘n téken of seël van Pouslike gesag, gegrond op Menslike Tradisie!

 

Gaan na die volgende studie:  BABILON ERKEN SONDAG AS DIE MERKTEKEN VAN HAAR GESAG

bottom of page