top of page

AANHANGSEL A:

VERKLARING VAN MOEILIKE TEKSGEDEELTES

 

(Lees elke skrif verwysing om die meegaande verduideliking te kan volg.)

LASARUS EN DIE RYK MAN (LUKAS 16:19 31)

 

I. ‘N WERKLIKE GEBEURTENIS OF ‘N GELYKENIS?

 

Matt 13:34, - Jesus het altyd in gelykenisse met mense gepraat.

Mark 4:33,34 - Jesus het mense deur gelykenisse laat verstaan.

Luk 16:14,19 21 - Fariseers was geldgierig en daarom vertel Jesus die gelykenis van Ryk Man.

II. PROBLEME IN VERHAAL BOTS MET DIE WERKLIKHEID

A. WAAR IS ABRAHAM EN LASARUS?

Luk 16:22 - Is Abraham in die Hemel of in die graf?
Gen 15:13 15 - Abraham is na die vaders in goeie ouderdom. Is hy Hemel toe?
Josua 24:2 - Abraham se vaders is nie hemel toe nie, hulle het afgode gedien.
Hebr 11:8 10,13 - Abraham het gesterwe sonder om die belofte te verkry.

B. WAAR IS DIE RYK MAN?

Luk 16:23,24 - Klink soos die Hel, maar eintlik in die doderyk.
Luk 16:30 - Bevestig dat hy, Abraham en Lasarus saam in die doderyk is.

C. WANNEER VERKRY DIE MENS SY LOON?

Joh 5:28,29 - Tydens die "Opstanding van die Lewe" en die "Opstanding van die Veroordeling".
Openb 22:12 - Met Jesus se Wederkoms ontvang elkeen sy loon.
Hebr 11:39,40 - Al die regverdiges ontvang gelyktydig Volmaaktheid.
1 Thess 4:16,17 - Dooie en die Lewende Regverdiges vaar saam op na Jesus.
Openb.20:5,7 9 - Die Goddelose ontvang hul loon eers aan die einde van die 1000 jaar.

III. DOEL EN BETEKENIS VAN DIE GELYKENIS

Luk 16:27,28 - Dit moet dien as 'n waarskuwing.
Luk 16:30 - Wonderwerke uit die dood sal mense nie bekeer nie.
Luk 16:31 - Jesus waarsku - die suiwere leer van Verlossing kom uit die Heilige Skrif. Verwerp Jesus en jy sal ook die Teken van die Opstanding verwerp.
Joh 5:39 47 - Die Skrifte vertel van Christus as die Ewige Lewe, verwerp die Skrifte en jy verwerp Christus.
Jes 8:19 20 - Die Heilige Skrifte is Hoogste Gesag tot Verlossing.

The Rich Man And Lazarus - Pr. Doug Batchelor

 

DIE DIEF AAN DIE KRUIS (Luk 23:42,43)

I.     JESUS SE BELOFTE AAN DIE BOETVAARDIGE DIEF

Luk 23:42,43 - “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”

II. GEBEURE BY DIE KRUIS EN DAARNA

Joh 19:32 34 - Jesus is alreeds voor die diewe dood en word begrawe en sy graf verseël, met sy liggaam daar binne-in.
Joh 20:17 - Op die derde dag na die kruis - Jesus was nog nie in die Paradys nie.
 
Het Jesus ‘n leuen vertel aan die dief? Nee

III. DIE BETEKENIS VAN JESUS SE WOORDE

2 Kor 12:2 4 - Paradys is waar God is.
1 Joh 5:12 - Hy wat die Seun het, het die Lewe.
Joh 11:25,26 - Jesus is die Waarborg van die Ewige Lewe.

IV. WANNEER ONTVANG GELOWIGES DIE EWIGE LEWE?

Hebr 11:39,40 - Al die regverdiges sal gelyk hul erfdeel (Paradys / Nuwe Jerusalem) ontvang, dit is nog nie ontvang nie.
1 Kor 15:51-54 - Onsterflikheid / onverganklikheid word eers by die laaste basuin ontvang, nie voor die tyd nie.
1 Thes 4:13-17 - Ons ontvang ons loon (ewige lewe) by die wederkoms, nie by afsterwe nie.

The Thief On The Cross, Did He Go To Heaven? Pr. Doug Batchelor

 

Gaan na die volgende afdeling:  24. Die Wederkoms in Openbaring

bottom of page