top of page

VALSE PROFETE EN VALSE CHRISTUSSE


JESUS WAARSKU SY VOLGELINGE TEEN VALSE PROFETE EN VALSE CHRISTUSSE


Matt 24:3-5    
“En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê:  Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?  En Jesus antwoord en sê vir hulle:  Pas op dat niemand julle mislei nie.  Want baie sal onder my Naam kom en sê:  Ek is die Christus!  en hulle sal baie mense mislei.”


Oor die vraag van Sy koms, het Jesus sy volgelinge streng aangespreek. Wees veral versigtig vir MISLEIDINGS. Die grootste gevaar waarmee Christene aan die einde te kampe sal hê, is nie net tekens in die natuur en die mensdom in die algemeen nie, máár tekens van godsdienstige aard.

Matt 24:23-25    
“As iemand dán vir julle sê:  Kyk, hier is die Christus! of:  Daar! - moet dit nie glo nie.  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.”

Valse christusse en valse profete is in die laaste tyd hard besig om die wêreld te mislei. Duiwel-agente probeer om mense van die ware Christus te verlok, na 'n valse algemene christus toe. Die wêreld volg verkeerde christusse (leermeesters / leiers / verlossers) na, met duiwelse gevolge!

Mark 13:21,22    
“En as iemand dán vir julle sê:  Kyk, hier is die Christus! of:  Kyk, daar! - moet dit nie glo nie.  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”

Valse “meesters / christusse,” veral onder die New Age Beweging, is besig om biljoene mense te mislei. Die “meesters” uit die geesteswêreld verskyn met verblindende lig en sneeuwit gewaad, aan heidene en aan Christene wat uit nuuskierigheid of onkunde, ondersoek instel na die werking van die die bonatuurlike. Die sekulêre mens word maklik deur die “meesters” se bonatuurlike voorkoms en vermoëns oorweldig. Voor die nuuskieriges dit besef, word hulle deur spiritisme ingesluk.

1.    Valse christusse:


a. David Coresh het homself beskou as die ware Christus uit die geslag van Dawid, en sterf in ‘n grusame selfmoord aksie met 'n klompie van sy volgelinge in 1993, net soos die "Jonestown" slagting die geval was.

b. Spiritistiese christus verskyn sedert Augustus 1987 (reeds +200 keer teen 1991) aan 'n sekere sr. Anna wat behoort aan die klooster van die "Orde van die Dogters van Jesus die Goeie Herder," net buite Rome. Die Pousdom het die saak ondersoek, die egtheid van die christus aanvaar en fotos van hom gepubliseer.

c. Rabbi Menachem Schneerson: Die 89-jarige man was deur baie Jode in die VSA beskou as die Messias wat op 11 September 1991 die troon van Dawid in Jerusalem sou bestyg. Dit het egter nooit gebeur nie en Israel gaan steeds gebuk onder die vloek van Dan 9 en Matt 27:25.

d. Maitreya: In 1982 verskyn wêreldwye advertensies in koerante (Rand Daily Mail - dubbelblad advertensie in RSA) wat sê dat die Wêreldleraar kom. Hy is sedert 1977 iewers in die Himalajaberge. Hy het glo mense in Afrika uit die dood opgewek, maar geen spoor kan van hom gevind word nie, want hy werk geheimsinnig.

"Die Jode wag op die Messias, Christene sien uit na die koms van Christus, Mohammedane glo in die koms van die Ihmam Madi, die Boedhiste verwag die 5de Boedha en die Hindoes 'n nuwe inkarnasie van Krishna. In werklikheid het hulle almal dieselfde persoon in die oog: Maitreya, die wêreldleraar." (Rapport, Afrikaanse weekblad, Mei 1982, art. "Christus adverteer hy kom in Junie" - Abraham Lückhoff.)
 
2.    Valse profete:  


a.    Nostradamus (1503-1566): Sy profesieë is deurmekaar en so simbolies dat amper enige gebeurtenis daaraan gekoppel kan word. Party is egter met absolute akkuraatheid vervul en het miljoene Christene daardeur mislei om te glo dat hy ‘n ware profeet van God is. Soos Bileam, het hy 'n mengel-godsdiens aangehang, in sy geval, Joodse-, Katolieke- en Mistisistiese idees.

b.     Guru-Ma: Elizabeth Claire, 'n New-Age priesteres (hoof van die "Church Universal and Triumphant") waarsku haar volgelinge op 9 April 1990, dat die wêreld deur 'n kernbom vernietig sou word. Haar boodskappe kom van 'n groep geeste, die "Ascended Masters." Toe dit nie plaasvind nie, was dit haar "getroue gebede," terwille van haar navolgers, wat dit afgeweer het.

 

c.     Rob Samuel: Hy druk en versprei meer as 120,000 pamflette om SA te waarsku oor die Geheime Wegraping wat op 15 óf 16 September 1993 sal plaasvind. Hy basseer sy inligting op die Bybel en 'n boek, "The Final Jubilee" van Malcom Isted. Honderde Christene in Suid Afrika se geloof in die Bybel se profetiese akkuraatheid was geskud toe dit nie gebeur nie.

d.    Benjamin Creme: 'n Skotse kunsskilder, beskou homself as "Johannes" wat die wêreld gereed moet kry vir die koms van die Matreya of Wêreldleraar (1982).

e.     Larry Wilson: In sy boek: "Warning! Revelation is about to be fulfilled," sê hy dat 'n reuse aardbewing die aarde in Nov 1994 sou tref en deur 2 reuse meteoriete gevolg sou word. Daarna volg die 7 laaste plae en die wederkoms in 1998. Nie een van die sogenaamde gebeurtenisse het ooit plaasgevind nie!

Maar dit is nie net enkelinge wat mense mislei nie. Satan se suksesvolste bedrog, was nog altyd van binne die kerklike Sisteem gewees. Hy het daarin geslaag om die kerk te besoedel d.m.v. die Antichris (Pousdom), en nou doen hy dit wéér d.m.v. die Valse Profeet (Afvallige Protestantisme).

 

Gaan na die volgende studie:  WEGRAPING TEORIE

bottom of page